NG Gemeente
Suiderkruis

Aanlyn sangprogram

Aanlyn sangprogram

NUUS / AFKONDIGINGS

 So 5 Julie

Aanlyn-erediens 9:00 (ds Elzeth)

 DISSIPELSKAP KURSUS

Sondagaande op Youtube / Facebook

Besoek ons op facebook

Laai ons TOEP / APP hier af

Valid XHTML 1.0 Transitional Valid CSS!

KERKKANTOOR
Tel: 018-2947939
Faks: 0865475830
Epos: elize@suiderkruis.com
Hervorming: 1517-2017
500 jaar van genade

Luister preke:

Sondag-oggend:

Video-erediens 9:00 op Facebook / Klankopname op soundcloud

Klik hier vir meer inligting oor COVID-19 en inligting/skrywes ontvang

 

Foyerdiens (Dissipelskap)

Sondagaande vanaf 17:00 op Facebook & Youtube

templatemo.com

TERUGVOER 5 JUNIE 2020


Lees hierby die aanbevelings van die Sinode - KLIER HIER

Ons het in die afgelope week baie nagedink oor die bediening in ons gemeente in die volgende weke. Ons besluite word beïnvloed deur die aankonding deur die president mbt kerke, die verslag van die minsiter in die staatskoerant, die aanbevelings van die Sinode, konsultasie met die ringsleraars in Potchefstroom en gesprekke en vergaderings binne ons eie gemeente.

Hiermee ons beplanning vir bediening in die volgende weke:
  • Ons gaan nie nou al terugbeweeg na normale eredienste en ander byeenkomste in die kerkgebou nie. Dit beteken dat ons voortgaan om eredienste (oggenddienste & Foyerdienste) digitaal aan te bied en op die verskillende platvorms van Youtube, Facebook, Souncloud en Whatsapp te verprei.
  • Ons gaan ook nie nou al terugbeweeg kerkgebou toe vir jeugbyeenkomste nie. Alle jeugbyeenkomste sal ook vir die volgende weke digitaal aangebied en versprei word: Kleuters, Graad 1-3, Graad 4-6, Reguitstraat en Belydenisklas.
  • Die personeel groep werk weer normale tye vanaf/by die kerkgebou alhoewel sekere take nie nou al uitgevoer kan word nie.
  • Ons mag nog nie voortgaan met normale huisbesoek nie maar besoek graag lidmate in krisisse soos wat dit by ons aangemeld word - met nakoming van streng reëls soos maskers dra en hande was en veilige afstand.
  • Hospitaalbesoeke en ouetehuisbesoeke word gedoen in dringende gevalle en waar ons toegelaat word om dit te doen.
  • Selgroepe in die gemeente kan self besluit of hulle voortgaan met byeenkomste alhoewel ons dit nie wil aanboedig nie. Selgroepe moet ook stren hou by die voorgeskrewe reëls vir veiligheid.

Groete en baie seën vir elkeen van julle in hierdie tyd. Mag die Here ons almal genadig wees. -ds Coenie

templatemo.com

 

Meer oor ons:

Oggenddiens
Sondae om 09:00 in die hoofgebou.

Jeugdiens @Reguitstraat
Sondagaand om 18:00 vir alle 13+ jongmense in die kleinsaal

Volwasse Groeigroepe
Sondag-aande om 18:00 in die kerkgebou of foyer.

Kinderkerke
Die 3 kinderkerke vergader weekliks om 9:00. Daar is 'n Voorskoolse groep, Graad 1-3 en Graad 4-6. Klik hier vir info en fotos...

Weekprogram / Nuusbrief
Klik hier vir Onder Ons
Klik hier vir weekprogram

Belydenisselle
Sondae 18:00 (Ds Coenie & Anneleen Schoeman)

Suiderkruis APP
Laai Suiderkruis se APP af in die Windows PlayStore - soek onder Suiderkruis.

Suiderkruis Oase
Kom vind rus by Suiderkruis Oase...(meer)

Elektroniese Nuusbrief
Jy kan weekliks op hoogte bly van nuus en gebeure in Suiderkruis Gemeente. klik hier om te registreer...

Fotos
Besoek gerus ons fotoblad vir 'n foto-oorsig...dis net 'n paar foto's uit die honderde wat geneem is...

Unieke muur skildery
Phillip Martin het in 2010 by ons gekuier en 'n unieke muur skildery gemaak...(meer)

 

templatemo.com

Wat kan ons vir jou bied...

Ons wil graag 'n veskil maak in mense se lewens. Ons kan die volgende bied:

  • Ons kan (deur ons weeklikse samekomste) jou help om die Here beter te leer ken. Ons het self nie naastenby al die antwoorde nie maar ons sal saam met jou soek na antwoorde en sin.
  • Ons kan jou kinders op hulle eie vlak leer van die Here en van die lewe.
  • Ons kan jou leer ken en jou laat deel voel en word van ons familie.
  • Ons kan jou bystaan en ondersteun in al die verskillende seisoene van jou lewe.
  • Ons kan saam met jou die lewe vier en geniet.
  • Ons kan aan jou geleenthede bied om uit te reik na ander mense.

 

templatemo.com