Elektroniese Nuusbrief: Jy kan weekliks op hoogte bly van nuus en gebeure in Suiderkruis Gemeente. klik hier om te registreer...
|
DAGBOEK Vandag 09:00 Oggenddiens 09:00 Kinderkerke 18:00 Reguitstr 13+ 18:00 Belydenisklas Sondag 25 April 09:00 Oggenddiens WAAR WOORDE “dit is die bedoeling Dat elke mens ‘n karakter Het wat eie aan hom is – om Te wees wat niemand anders is nie, en te doen wat niemand anders kan nie.” FONDSINSAMELINGS • R2-projek (Neem ʼn pilhouertjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie. • Koperkruik-projek (gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan) • Tweedehandse snuffelwinkel (Indien u enigiets het wat sommer net in die pad is by die huis, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel (0729005005) - Elize GEBEDSLYS Hospitale • Tannie Pop Le Roux • Wynand Moolman Bid asseblief vir: • Wanda Steyn • Drienie Kriel • Schalk en Annemarie Mans – Annemarie se pa is verlede week oorlede LIGGAAM EN GAWES Die liggaam van Christus bestaan uit verskeie ledemate … so ook ons gemeente. Sonder jou gawes en talente kan ons as gemeente en geloofsfamilie, nie in heelheid funksioneer nie. Ons het jou nodig. Ons verwelkom ook voorstelle vir nuwe bedieninge, skakel Anneleen (0680268887). Kontak ook gerus die leier van dié bediening waarin jy belangstel vir meer inligting: • BOEKERY & DVD’S & BEGRAFNISSE: - Nunez van Zyl (0829229234) • DIENSWERKERS: - Gerda Jansen (0845147315) • HENGELKOMPETISIE: -Ben Kriel (0825590557) • JEUG: - Anton & Liza Nel (0832679080) • MUSIEKBEDIENING: - Elsabe van Aswegen (0829286626) • OUDE JEUG: - Johanna Handford (0825240383) • OMGEEGROEPE: CARITAS: - Roelf & Elsabe v Aswegen AGAPÉ: - Gerda Jansen MANNE: - Koos Swanepoel: ESTER (DAMES) - Annemarie Swanepoel SNUFFEL & SOEK WINKEL Baie dankie aan elkeen wat skenkings gedoen het vir hierdie projek! Dit is ‘n mooi poging om fondse vir ons gemeente te in. Wil jy graag ‘n skenking maak of ondersteun deur ‘n item te koop, kontak vir Jacoba(0729005005). VERJAARSDAGHOEKIE Vandag: Anneleen Schoeman 19 April: Wihan Aslett, André Jv Rensburg 20 April: Jannie Klopper, Rouxlinda Nieman, Christine Otto 21 April: Deon van Zyl 22 April: DJ Cloete, Ansonette Erasmus, Elmien Scheepers, Alta Teifel, Duvan van Niekerk, Rodger van Wyk 23 April: David Kruger 24 April: Hennie Cilliers NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. - Elize PASTA-AAND Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne, ons nooi julle hartlik uit na ons eerste fondsinsamelings-byeenkoms vir die jaar. Dit sal plaasvind op Vrydagaand 14 Mei om 18:00. Die kaartjies kos R50 per persoon wat die volgende insluit: Pasta, Mengelslaai/Beetslaai, Brood met botter en konfyt en Poeding. In die foyer is skenkingslyste waarop jy jou naam en skenking kan opskryf. Ons benodig groot asseblief julle hulp hiermee. Staan asb saam met ons om ons gemeente se fondse weer op te bou en terselfde tyd ‘n heerlike ontspanne aand saam met vriende te geniet. Baie dankie by voorbaat aan elkeen. Kaartjies is ook vanaf vandag (net na die oggenddiens in die foyer) en ook in die week by die kerkkantoor beskikbaar. -Johanna Handford & helpers ASEM “Do not bear needless burdens … they will only press upon your spirit and interfere with the movements of God … much remains to be accomplished … do not linger over what appears to be a new way … always keep moving … for God will accomplish His purpose from life to life. His Spirit will continue to strive though you give no further thought… in this way your mind shall be kept free and your path open, and it shall be a new way … and in the knowing be assured that God works all things together for the good to those who love and serve Him.” (F.R.) AS DIT DONKER IS OM MY: Hoop op die Here Die swaarkry het vir my te veel geword: ek vat al aan die doderyk, ek staan met een voet in die graf, ek het geen krag meer nie. U het my onder in die put laat beland, in diepe duisternis. – Psalm 88:4-5, 7 Hierdie psalm word deur sommige skrifverklaar¬ders as die swaarmoedigste in die hele Bybel beskou. Die digter se swaarkry het vir hom te veel geword, hy is aan die einde van sy krag, dit voel vir hom of God hom verlaat het. Hy wil weet waarom God hom verstoot het, waar hy van jongs af al so swaar moes kry. Die psalm digter gaan te gronde van swaarkry, hy “vat al aan die doderyk.” Die psalm vertel ons nie dat die Here sy gebede verhoor het nie. Tog bly flikker daar ‘n flou vlammetjie van hoop. Sy swaarmoedige gebed rig hy aan dié Here “wat my altyd help” (v 2). Dit neem gewoonlik ʼn lang tyd voordat ons heeltemal hoop verloor. En mense wat op die Here hoop, is nog nooit beskaam nie. Die profeet Jeremia kon uit ondervinding bely: “Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here,” maar net ses verse later getuig hy: “Ek sê vir myself: Die Here is my lewe daarom hoop ek hop Hom” (Klaagl 3:18, 24). As jy op die oomblik self op moedverloor se vlakte sit, kan jy aan die God “wat jou altyd help”, vashou en op Hom bly hoop. Hemelse Vader, U ken my so goed, en U weet dus ook hoe min my hoop op die oomblik is. Dankie dat ek nogtans aan U kan bly vashou, dat ek steeds kan glo dat U sal help. Maak dit vir my moontlik om op U te bly hoop. Amen - Nina Smit METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar. Koevert: Is in die voorportaal beskikbaar. Elektroniese betaling (eft): Bankbesonderhede: NG Kerk Potch-Suid Absa Tjekrekening, Nr 680580049 Takkode 632005 U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal. .................................. Ek wil graag my bydrae/debietorder verhoog, kontak my asb. Naam: .................................. Selno: ................................... -------------------------------------------------------------------------- KALENDER 2021 Nou beskikbaar by die kerkkantoor asook op ons webblad en in ons APP - KLIEK HIER. ------------------------------ skeur af --------------------------------- VRAELYS Ons wil graag mbt ons eredienste verbeter in 2020 en versoek graag julle gedagtes/voorstelle/kommentaar rondom die volgende sake: SANG EN MUSIEK: PREDIKING: FOYERDIENSTE: ENIGE ANDER KOMMENTAAR/VOORSTELLE: |
TERUGVOER
Ons sal graag van tyd tot tyd terugvoer oor die eredienste wil hê. Ons doel is nie om komplimente of raas te kry nie; ons wil regtig sinvolle terugvoer maar ook sinvolle voorstelle hê sodat ons dit wat ons doen nog beter kan doen. Daarom gaan ons van tyd tot tyd 'n klein terugvoervorm in die Onder Ons plaas. U is welkom om dit te voltooi en na afloop van die erediens in die kollektebord (by die deure) te plaas sodat ons dit tydens ons vergaderings in die week kan bespreek. Gee asb vir ons terugvoer/voorstelle rondom die liturgie/ prediking, die musiek of ander sake soos foyer, parkering, blomme, waaiers, ens. Daar is ook 'n spasie waar u dinge kan aanmeld wat aandag nodig het, bv 'n kraan wat lek, ens.
--------------------------------------
Terugvoer of voorstelle aan die liturg (dominee) mbt LITURGIE EN PREDIKING:
...........................................................................
...........................................................................
Terugvoer of voorstelle aan die musiekleier mbt SANG EN MUSIEK:
...........................................................................
...........................................................................
Ander terugvoer of voorstelle mbt die erediens:
...........................................................................
...........................................................................
Aanmelding van eiendom/toerusting wat aandag nodig het:
...........................................................................
...........................................................................
Naam en van:
Tel:
Ons waardeer positiewe en opbouende kommen-taar en sal dit graag in ag neem.