DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Foyerdiens
DINSDAG 15 November
18:00 GKF
SONDAG 20 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Kerssangdiens

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
Hospitaal:
• Mientjie Tesnaar
• Anton Smit
• Anneke Noeth
Bid asseblief ook vir Jan en Amanda van Wyk met die afsterwe van Amanda se suster verlede week.

MY BEKER LOOP OOR: NOVEMBER 2022
Baie dankie vir die bydraes wat alreeds inbetaal is. U kan nog steeds u bydrae maak vir hierdie projek!
Maak gebruik van die volgende metodes om u bydrae in te betaal:
• Koevertjie in die voorportaal wat gemerk is “My beker loop oor”
• Eft in die kerk se bankrekening (sien bank-besonderhede elders) – merk net “Beker loop oor”
• Zapper
• Yoco kaartmasjien

Geloof bring vir ons antwoorde op die vrae waarvoor die intellek geen oplossings het nie.
– Leo Tolstoy (1828–1910)

NIE DEUR SKULDGEVOELENS NIE, MAAR DEUR CHRISTUS
Skuldgevoelens is ’n gewilde hefboom. Baie mense gebruik dit om ander te beweeg om sleg of skuldig te voel,of om dankbaar te wees of betrokke te raak. Hulle vertel graag vir jou hoe arm, siek, en benadeeld ander mense is. Hierna sê hulle vir jou dat jy moet dankbaar wees jy staan nie in daardie mense se skoene nie.
Voordat jy my verkeerd hoor – natuurlik moet ons empatie hê met mense, wat swaarkry. Dit is tog deel van die normale Christelike lewe dat ons ’n hart vir mense in nood het, maar om ander se goor omstandighede gedurig met ons eie situasies te vergelyk en om ons dan te laat sleg voel hieroor, is nie die beste manier om deernis aan te wakker nie. Dis ook nie die regte manier nie. Die evangelie roep ons op tot ’n baie ruimer roete as dié van skuldgevoelens. Die Here se goedheid en genade moedig ons aan om ’n lewe van medelye teenoor mekaar te leef.
In 2 Korintiërs 8:9 verduidelik Paulus hierdie beginsel aan die hand van Christus se grenslose goedheid, daardie soort, wat gemaak het dat Hy Sy hemelse rykdom agtergelaat het en soos ’n slaaf hier op aarde kom leef het. Hoor net hoe mooi stel Paulus dit: “Julle ken die goedheid en genade van ons Here, Jesus Christus. Hy, wat van ewigheid af skatryk is, het dit alles prysgegee. Hy het arm geword ter wille van julle. Hy het dit gedoen sodat julle ryklik geseën kan word uit Sy armoede.”
Ons Heer se selflose opoffering is ons belangrikste kompas, wanneer dit gaan oor dankbaarheid en omgee. Sy hart klop nou in ons binneste. Sy deernis lek uit in ons eie lewe. Daarom gee ons nie net om vir ander, wanneer dit ons pas nie of wanneer ons skuldig voel nie. Ons gee om altyd en orals, want dit is die regte ding om te doen. Ons bewys aanhoudend medelye. Ons gee áltyd om. Ons offer voortdúrend op. Ons dra permanént ander se laste. Ons reik gedurig uit. Ons help sonder ophou in die Heer se Naam.
– Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Henry Nieuwoudt
14 November: Coenraad Viljoen
15 November: Anton Smit, Chantelle Nienaber
16 November: Annette Marais (80jr), Renier Nel
17 November: Geen verjaarsdae
18 November: Geen verjaarsdae
19 November: Trompie Burger (80jr), Cor du Toit, Johan Klopper
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

GEBED VIR VANDAG
Hemel Vader,
laat ons nie net saai sodat ons ‘n oes kan sien nie, en laat ons nie net deur menslike idees van sukses gemotiveer word nie.
Daar waar ons vandag beweeg en saai en werk, hou ons klein en maak U naam groot.
Laat ons bly jubel al sien ons nie altyd die vrug van die sweet van ons aangesig nie. Amen!
-Skrywer Onbekend

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

JESUS – DIE GROOT WAARHEID
“Ek skryf hierdie dinge aan jou hoewel ek hoop om gou na jou toe te kom. Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid. En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is: As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is, aan die engele het Hy verskyn; aan die heidennasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem.” – 1 Timoteus 3:14-16.
By sy verhoor wat op die kruisdood uitgeloop het, het Jesus gesê: ““Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” Daarop het goewerneur Pontius Pilatus gereageer: “Wat is WAARHEID?” (Joh 18:37,38). Dit is ‘n vraag wat baie mense daagliks vra: Wat is waarheid? Wat is ware godsdiens? Wat is waar oor Jesus? Is daar ‘n waarheid wat oor eeue dieselfde bly, of pas dit aan by die gees van die tyd? Hierdie waarheidsvraag oor die man van Nasaret, wat Homself as Messias bekengemaak het, was van die vroegste tye af aktueel. Was Hy net ‘n Joodse rabbi (leraar)? Was Hy werklik Seun van God?
Wanneer die apostel Paulus as ou man aan die jong prediker en herder van die gemeente in Efese skryf, formuleer hy sy roeping soos volg:
“Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid. En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid (geheimenis) van ons godsdiens groot is: As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is, aan die engele het Hy verskyn;
aan die heidennasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem.” (1 Timoteus 3:15-16)
Dit is ‘n kort opsomming van die misterie (gehei-menis) rondom die persoon Jesus. Die waarheid staan vas, die gemeente of kerk van Christus is die pilaar en fondament daarvan. Hy het mens geword, opgetree in hierdie wêreld, is daarna in heerlikheid opgeneem. Johannes skryf dat Hy die heerlikheid van God kom bekend maak het, vol van genade en waarheid. Van Homself sê Jesus: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” (Joh 14:6).
Kom ons wees ook vandag as kerk van Jesus Christus getuies van die waarheid:
 Hy is as mens uit die maagd Maria gebore
 Die Gees bevestig met sy opstanding uit die dood dat Hy God is (Rom 1:1-4)
 As oorwinnaar is Hy in die hemel opgeneem
 Teen alle vyandigheid en vervolging in is die evangelie uitgedra na die nasies en mense kom tot geloof in Hom
 Swakke mense staan met krag op en oorwin saam met Jesus die mag wat sonde en die duiwel oor hulle gehad het
Die magte van die Bose dra die leuen uit, en dit sal nog intenser word in hierdie tyd. Voed jou met die waarheid van die Woord, dat Jesus waarlik Christus is, ons enigste Verlosser en Koning. Leef met Hom, laat jou lei deur sy Gees. In Hom is lewe en oorwinning. -Dr Callie Opperman

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
SONDAG 30 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

SENIOR BURGER ETE
(PERSONE 60 JAAR EN OUER)
Ons nooi u hartlik uit na ons Senior Burger Ete op Donderdag 10 Nov 2022 om 11:00. Indien u gade jonger as 60 jaar is, is hy/sy welkom om saam te kom. Dit beloof om weer ‘n wonderlike oggend te wees. Laat weet asb voor of op 7 Nov 2022 die kerkkantoor (018 294 7939) of u die funksie gaan bywoon.

GEMEENTEKUIER
Op 6 November, na afloop van die oggenddiens en nagmaal, kuier ons saam onder die bome in die voortuin. Dis ‘n feestelike dag waar ons die Here kom grootmaak en dankie sê vir Sy liefde en sorg vir ons. Ons nooi alle lidmate vir ons bring en braai op 6 Nov om 11:00. Bring jou vleis, drinkgoed, eetgerei & stoele (bykosse en roomys sal voorsien word) en kom kuier saam met ons. Die vure sal 12:00 gereed wees vir braai. Dis altyd spesiaal om na afloop van die nagmaal saam met mekaar te kuier (vir oulaas in 2022)! Ons nooi julle hartlik uit! Bespreek asb nou reeds by Elize (018 294 7939 of 083 297 6748) ter wille van getalle.

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Trompie Burger
• Anneke Noeth
• Chris Kok
• Willem en Jakkie Botes

HELPERS SENIOR BURGER ETE
Soos elke jaar maak ons weer staat op ons “onder 60’s” om ons te help met die funksie. Indien daar van ons dames (en manne) onder 60 jr is wat ons kan help, kontak asseblief die kerkkantoor.
Clarise Mostert gaan vir ons die leiding neem, kom ons help haar en maak van hierdie funksie ‘n reuse sukses. Ons maak staat op julle.

VIR DIE KRISISTYE
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” – Jakobus 1: 5-6.
Ons almal kom op ‘n stadium voor ‘n krisis te staan. Onverwags en sonder vooraf waarskuwing word jy met situasies of omstandighede gekon¬fronteer wat jou bestaande wêreld onderstebo keer. Jy weet jy moet iets daaraan doen, maar jy besef ook dat dinge dalk nooit weer dieselfde sal wees nie.
Dit is in sulke tye dat die angs jou hart omklem en jy voel dat jy selfs die beheer oor jou emosies gaan verloor. Hoe groter die krisis, hoe meer verg dit van jou om beheer oor jou gedagtes en emosies te behou. Want as jy toelaat dat jou gedagtes en emosies met jou op loop gaan, sal jy uiteraard ook beheer oor jou omstandighede verloor, met moontlike rampspoedige gevolge. Die oomblik wanneer paniek toeslaan het jy jou stryd dalk klaar verloor. Die beste is: gaan sit, probeer ontspan, haal stadig en diep asem en luister na wat Dawid vir jou sê: “Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep. As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!” (Ps 4: 4-5) en “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.” (Ps 62:6-7). “Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!” (Ps 62:6 53-vertaling).
Hoekom moet jy stil word? Sodat jy alle kanale oop kan hou om die volle krag van die gebed tot jou beskikking te hê. Gebed is nog altyd die asem van die siel genoem. En jy kan nie asemhaal as jy in paniek verkeer nie.
Moenie dat die krisissituasies en omstandighede jou volkome oorgawe en toewyding aan God oorskadu nie, hoe oorweldigend dit ook al mag wees. Jy kan dalk so oorweldig wees deur die gebeure dat jy niks anders kan uitkry as ‘n paar onsamehangende woorde nie. “Wees maar net stil tot God”: laat die leiding aan God oor en wag en luister wat Hy aan jou wil sê. As die krisis dreig om jou te oorweldig, maak tyd om alleen met jou Vader te wees omdat Hy in jou lewe groter is as die dreigende krisis.
Gebed: Dankie Here dat ek kan weet dat U teenwoordigheid groter is as enige krisis. Amen.
-dw

MY BEKER LOOP OOR: SONDAG 6 NOV 2022
‘n Beker wat oorloop is ‘n simbool van genoeg; van dankbaarheid; van oorvloed en van God se sorg. Ons nooi almal wie se bekers oorloop om dit te doen op 6 November tydens ons gemeentefees. Kom sê vir die Here dankie vir jou oorloop-beker en verrtou Hom dat in die toekoms jou beker ook weer sal oorloop. As jy regtig ‘n leë-beker-jaar gehad het, moenie sleg voel as jy nie iets kan gee nie. Ons sien saam met jou uit na die dag wat jou beker oorloop. Alle eer aan die Here vir elke beker wat oorloop!
Maak gebruik van die volgende metodes om u bydrae in te betaal: Koevertjie in die voorportaal wat gemerk is: “My beker loop oor”; Eft in die kerk se bankrekening (sien bankbesonderhede elders – merk “Beker loop oor”); Zapper; Yoco kaartmasjien

BAIE GELUK
Baie geluk aan Schalk le Roux (snr) wat 19 Oktober vir die eerste keer Oupa geword het van ‘n pragtige kleindogter. Geluk ook aan Schalk (jnr) en Suné.

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Jeanette Bronkhorst, André Kruger, Mary-Anne Loots
24 Oktober: Natasha Bosman
25 Oktober: Angelique Breytenbach, Belinda Kleynhans, Marcia Kriel
26 Oktober: Pieter le Roux, Anel Lemmer, Ansie Steyn
27 Oktober: Andriëtte Kruger, René Kruger, Johan Loots
28 Oktober: Janetta de Villiers, Johan Joubert, Martie Theron
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

Twee is beter as een, vertel die Prediker vir ons. Hy skryf in Prediker 4:9 – 12 dat wanneer twee mense saam is en een van hulle val, dan kan die ander een hom ophelp. Of as twee mense langs mekaar slaap, kan hulle mekaar warm hou. Twee kan ook beter weerstand bied, as hulle aangeval word. Uiteindelik kom die Prediker dan tot die gevolgtrekking dat ’n driedubbele tou nie maklik breek nie. Kortom, hy leer ons dat ons nie gemaak is om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het mekaar nodig.
In die filmwêreld mag die helde dalk die wêreld man-alleen of vrou-alleen red, maar ons is definitief nie hulle nie. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie. Of om die ganse wêreld se laste op ons eie skouers te dra nie. Of om die antwoord op elke krisis te wees nie. Die Here het ons geskep om daar te wees vir mekaar. In Genesis 2:18 het Hy reeds gesê dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Van die begin af het Hy ons gemaak vir saamwees. Ons kan en moet minstens die volgende vir mekaar as gelowiges, familie, vriende en vreemdelinge doen:
• Ons moet mekaar se laste dra. Paulus skryf in Galasiërs 6:2: “Laai mekaar se swaarkry en seerkry op julle skouers. So leef julle volgens die wet, wat Christus vir julle gegee het.”
• Ons moet mekaar se vreugdes en swaarkry deel. Paulus skryf in Romeine 12:15: “Wees baie bly saam met almal, wat baie bly is. Huil en treur saam met elkeen wat huil en treur.”
• Ons moet mekaar help wat lewensmiddele betref. Johannes skryf in 1 Johannes 3:17-18: “Sê nou iemand het genoeg om van te leef en sien sy mede-Christen in die nood en kry hom nie jammer of help hom nie, hoe kan hy waag om te sê dat die liefde van God sy lewe beheers? My liewe kinders, julle liefde moenie bestaan uit ‘n klomp gepratery nie, maar uit dade, wat in ware opregtheid gedoen word.”
• Ons moet kies om goeie vriende vir ons vriende te wees, en om betrokke te wees by ons kerke. Om te wag op ander mense om die eerste tree na ons toe te gee, is nie hoe dit gedoen moet word nie. Omgee en uitreik begin altyd by onsself.
-Stephan Joubert [eKerk]

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005

U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Teks: Jeremia 29:1-14
Tema: Dra vrug daar waar jy is
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstr 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belydenisklas

DINSDAG 27 September
18:00 GKF

VRYDAG 30 September – Skole sluit

SONDAG 2 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

POEDINGVERKOPE
Liewe gemeente, Ons beplan om weer poeding te verkoop om geld in te samel vir die kinderkerke. Ons het egter hulp nodig met die maak van die poedings. Sal almal wat bereid is om ‘n skenking ten opsigte van enige poeding, vla of jellie asb vir Sylvia Botha kontak na ure op haar selfoon nr 083 292 5096. Baie dankie byvoorbaat.
– Liza Nel

Die HERE is goed,
Hy is ‘n toevlug in tyd van nood,
Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
– Nah 1:7


GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Lisa vd Westhuizen
• Elsa Bruhns

EK HET OORGENOEG VAN ALLES WAT SAAK MAAK
Wanneer laas het jy gehoor dat mense sê hulle het genoeg?
Ek bedoel genoeg geld, genoeg kos, genoeg inkomste, genoeg klere, veiligheid, vriende, tyd, vakansie, geloof, besittings, geleenthede, kennis, vryheid, geluk, gesondheid …?
Elke keer wanneer die vraag van genoeg ter sprake is, het niemand genoeg nie. Mense kort altyd nog iets … net nog ’n bietjie meer geld … net nog ’n bietjie meer tyd … net nog ’n ekstra kans. Net nog iets.
Ons moet Psalm 23 opnuut gaan lees. Ons moet dit van voor af ernstig opneem. Psalm 23 begin met daardie tydlose woorde: “Die Here is my herder.” Die meeste van ons ken hierdie woorde uit die kop, maar amper niemand van ons ken die woorde wat direk hierna volg nie: “Ek kom niks kort nie.”
As jy Psalm 23 se eerste vers in geheel lees en as jy regtig glo die Here is jou herder, dan moet dit uitmond in die belydenis dat jou grootste tekorte in die lewe agter die rug is. Dan het jy oorgenoeg hemelse lewe, oorgenoeg hemelse krag, oorge¬noeg hemelse genade, oorgenoeg hemelse versor¬ging en oorgenoeg hemelse gawes van God ontvang om jou aardse lewe sinvol te leef.
Hoekom beleef baie gelowiges nooit sulke hemelse oorvloed nie? Wel, omdat hulle nie voltydse skape van die Here is nie. Hulle wil eerder geestelike leeus wees. Of geestelike reuse. Hulle wil selfversorgend en onafhanklik wees. Maar Psalm 23 is helder en duidelik: Die Here is die herder van Sy skape. Hy sorg vir brose, feilbare mense, wat gekies het om skape in Sy kraal te wees.
Ons moet ophou om sulke selfversekerde gelowi¬ges te wees. Ons is nederige skape van die hemelse Herder. As ons dit besef en dit ook uitleef, sal ons weet ons het altyd meer as genoeg van dit wat regtig saak maak. -Stephan Joubert [eKerk]

GRIEKWA – PSALM 23
Die Jirre is my skawagter wat my nou
innie dradewerke wan sy proewe hou.
Hy sal my nooit verloor lat lê nie
en sal ek ok niks oor my hê nie
en al wei ek wyd warie wind begin:
Hy lei my na waterse tissenie deine in;
Hy sit my siel in my lyf in trig;
Hy breekslat slang se hoepelrig!
U melk my beker vol wa ek loop lê:
in my land wa ek meneer moet sê,
maak u opslagstrale van my tegeparty,
ma ek en U, ons sal onder die doringse bly
– Uittreksel uit: Innie skylte vannie Jirre
deur Prof. Hans du Plessis
uitgegee deur Lapa Uitgewers

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Lieb Koekemoer
26 September: Judy Heymans, Charmaine le Roux, Annemarie Swanepoel, Roelof vd Spuy
27 September: Geen verjaarsdae
28 September: Blikkies Alberts
29 September: Rika Nieuwoudt, Hendrik van Heerden, Christelle van Wyk
30 September: Willie Blom, Leon en Geon McCabe, Dot van Rensburg
1 Oktober: Elizabeth vd Merwe
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Pannekoek by Pick&Pay: 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

OM OOR JOU BEPROEWINGS TE TRIOMFEER
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard” – Jakobus 1:2-3
Margaret Bottome (1827 – 1906) het gesê: “’n Mens se godsdiens is net so diep as wat hy dit in beproewings toon.” Dit is ook die voorbeeld wat die manne in die vuuroond aan die toenmalige wêreld gestel het. Deur hulle geloof in God het Hy hulle sonder letsel en ook sonder hul boeie uit die vuuroond laat kom, sodat sy Naam daardeur verheerlik kon word. Dit het Nebukadnesar laat sê: “Aan die God van Sadrag, Mesag en Abednego kom die eer toe, Hy wat sy engel gestuur het en sy dienaars gered het. Hulle het op hulle God vertrou en het die koninklike bevel verontagsaam en hulle was bereid om hulle lewe te verloor eerder as om enige god behalwe húlle God te dien of te aanbid”( Dan 3:28).
Net so moet elke Christen ook soms deur ‘n vuurproef gaan. Jakobus sê tereg dat die beproewings ‘n toets is vir ons geloof. Hierdie beproewings toets ook nie net ons geloof nie, maar dit maak ons ook geestelik sterk. Wanneer ons geestelik sterk geword het, stel dit ons in staat om te kan volhard tot die einde toe. “Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee” (Openb 2:26).
Elke beproewing wat deurstaan word is ‘n triomf (oorwinning) vir die Christen. Daar is baie beproewings wat oor ons pad kan kom. Daar is die vervolging van Christene soos in die tyd waarin Jakobus sy brief geskryf het en wat vandag ook nog voorkom. Nader aan ons is dit die omstan¬dighede waarin ons lewe. Ons kan finansiële probleme ondervind, of ernstige siekte of selfs die liggaamlike dood kan op ons wag. Maar as ons tot die einde toe in ons geloof volhard, is ons meer as oorwinnaars deur Jesus Christus (Rom 8:37). Deur die geloof behaal ons die oorwinnings, en elke oorwinning wat ons behaal, versterk ons geloof net meer. Ons lewe bestaan uit laagtepunte (dale) en hoogtepunte (hoogtes). ‘n Dal is die tyd van beproewing. Maar dan is daar ook weer die hoogte waarvandaan ons kan afkyk na die weg wat ons afgelê het en vanwaar ons ons triomflied tot eer van God kan aanhef. “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig” (Ps 23:4).
Is daar nie iets betowerends in die gesig van ‘n man of ‘n vrou wat, nieteenstaande moeilike omstandighede, elke dag blymoedig aanpak nie? Is daar nie iets aansteekliks in die loflied van iemand wat as oorwinnaar uit ‘n swaar beproewing kom nie? Is dit nie bemoedigend om iemand te sien wat, alhoewel gebroke na die liggaam, tog nog die glans van die geloof behou nie? Hulle lewens getuig van die genade wat die geloof in Jesus Christus in sy mense werk! -dw
Gebaseer op ‘n gedagte in:
Streams in the desert
deur Mev Charles E Cowman

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiensl
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstr 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belydenisklas
18:00 Foyerdiens (aanlyn)

SONDAG 4 September
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstr 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belydenisklas

GEBED OM TE VERGEWE
Leer ons vergewe Heer
sewentig maal sewe keer.
U het ons vergewe – ja
al ons skuld vir ons gedra.
Aan die kruis het U ons vergewe,
uit die dood verlos, laat herlewe;
met ‘n liefde diep en ryk
teer op ons sondaars neergekyk.
Vader vergeef hul wat hul doen —
so is ons met U versoen;
vir my het U betaal
vir my wat faal en faal.
Ek bid vir liefde in die lewe
om mekaar só te vergewe.
Ons kniel vol eerbied voor U neer
om elke dag weer te probeer.
Amen. -Nannie du Plessis

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
Anneke Noeth – Hospitaal
Henry Davis en familie met die afsterwe van Tannie Graaitjie.

HOEKOM GLO EK IN GOD?
Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so “awesome” en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê. Dan is dit Hy!
Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys. Iemand moes dit gemaak het. Dis Hy!
Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seer maak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis. Dan weet ek Iemand huil saam met my. Dis Hy!
Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys. Dan is Hy daar!
Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke “stupid” goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer. En dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring. Dan is Hy daar!
Hy maak heel wat ek self verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het!
Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in ‘n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie. En dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy’s daar! Heeltyd! Altyd! Maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. Hy is daar!
As jy jou kop kan optel met ‘n glimlag op jou mond en regtig dankbaar is vir jou seëninge, is jy gelukkig, want meeste mense kan, maar doen dit nie.
As jy hierdie boodskap kan lees, het jy dubbele seën ontvang, iemand het aan jou gedink en jy is voorgetrek bo miljarde mense wat glad nie kan lees nie. TEL JOU SEËNINGE!

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Pannekoek by Pick&Pay: 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)

GEBED OM TE VERGEWE
Leer ons vergewe Heer
sewentig maal sewe keer.
U het ons vergewe – ja
al ons skuld vir ons gedra.
Aan die kruis het U ons vergewe,
uit die dood verlos, laat herlewe;
met ‘n liefde diep en ryk
teer op ons sondaars neergekyk.
Vader vergeef hul wat hul doen —
so is ons met U versoen;
vir my het U betaal
vir my wat faal en faal.
Ek bid vir liefde in die lewe
om mekaar só te vergewe.
Ons kniel vol eerbied voor U neer
om elke dag weer te probeer.
Amen. -Nannie du Plessis

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Geen verjaarsdae
29 Augustus: Johanett Nieman, Marie Nieman, Maritsa Botha
30 Augustus: Danelle Goedhals, Jerry Mommsen
31 Augustus: Tertius Godhals, Petro Doman
1 September: Roelf van Aswegen, Carin Botha
2 September: Nileen du Preez, Nita Kok, Yvonne Malan, Alexa Steyn
3 September: Susan Vlok, Philllip Marais, Marno Moolman
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

VANDAG IS ’N NUWE DAG IN JESUS SE NABYHEID
Vandag is ’n nuwe dag. Vandag verskuif die wêreld in die regte rigting. Vandag is die Here se nuwe dag. So vertel die Lukas-evangelie ten minste vier keer vir ons. Hierdie nuwe vandag breek aan, wanneer die engele in Lukas 2:10 bokant Betlehem uitroep: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Jesus se koms lei God se vandag in. Die Messias en die Verlosser van die wêreld se koms is gelyk aan God se nuwe vandag!
God se nuwe vandag gebeur in die tweede plek ook daar in die sinagoge van Nasaret in Lukas 4, wanneer Jesus goeie nuus voorlees uit die profeet Jesaja. Nadat Hy dit gedoen het, sê Hy vir almal: “Vandag is hierdie Skrifwoord vervul!” Jesus self bring hierdie goeie nuus vandag na armes en stukkendes en verlorenes toe.
Derdens gebeur ’n goeie vandag in Lukas 19, wanneer Jesus by Saggeus tuis gaan in Jerigo. Hierdie tollenaar se dramatiese bekering, asook sy besluit om 50 persent van sy besittings voortaan weg te gee, laat Jesus uitroep dat ’n goeie vandag vir hom en sy huis aangebreek het. God se nuwe vandag bring bekering en hoopvir armes.
In Lukas 23 hoor die man aan die kruis langs Jesus vierdens ook van ’n nuwe vandag, ’n ewige een. Hy hoor hoe hy vandag nog saam met Jesus in die paradys gaan wees. Hoor asseblief die goeie nuus saam met hom: ’n Goeie vandag is op hande vir elkeen, wat paaie met Jesus kruis. Gryp hierdie kans van ’n ewigheid aan. Glo in Hom. Volg Hom. Leef naby aan Hom. Gister is oor en verby. Dit is vir altyd agter die rug. Alles het vandag nuut geword. Jesus se teenwoordigheid is sinoniem met ’n nuwe vandag, tot vandag nog!
-Stephan Joubert (eKerk)

Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie,
het ons vrymoedigheid
om na God te gaan;
en wat ons vra,
kry ons van Hom
omdat ons sy gebooie gehoorsaam
en doen wat Hy goedvind.
En dít is sy gebod:
Ons moet in sy Seun,
Jesus Christus, glo
en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod
wat Hy ons gegee het.
– 1 Johannes 3:21-23 –

OORSKIET WOL
Indien daar van ons dames is wat sit met oorskiet wol wat nie gebruik word nie en van dit ontslae wil raak, kontak asb vir Jacoba Ras of bring dit op ‘n Sondag kerk toe of lewer dit in die week by die kerkkantoor af.

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Teksgedeelte: Habakuk
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstr 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belydenisklas

SONDAG 28 Augustus
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstr 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belydenisklas
18:00 Foyerdiens (aanlyn)

NAGMAALKOEVERTJIES
Onthou asseblief u is welkom om dit enige Sondag in die kollektebord te gooi.
Niemand het God nog ooit gesien nie,
maar as ons mekaar liefhet,
bly God in ons en het sy liefde in ons
sy doel volkome bereik.
Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly
en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee.
En ons ken die liefde wat God vir ons het,
en ons glo daarin.
God is liefde; wie in die liefde bly,
bly in God en God bly in hom.
– 1 Johannes 4:12 – 16 –

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Wilna Fick

GOD IS ALOMTEENWOORDIG!
Die Boodskap vertaal Psalm 139:7 so: “U is oral. Daar is nie ‘n plek waar ek heen kan gaan waar U nie is nie.” Iemand het gesê God is juis in sy volle wese teenwoordig, oral!
“God is not a substance spread out in a thin layer all over the earth. All of Him is in Chicago, in Calcutta, in Cairo, and in Cape Town…, at once and the same time.”
Deuteronomium 31:6 sê: “Die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”
Die vroeë Indiane in die Amerikas het hul jong vegters uniek opgelei. Op ‘n seun se dertiende verjaarsdag is hy in die nag alleen ver in die digte en onherbergsame bos in gelei, geblinddoek. Wanneer die oomblik reg was kon hy self, in die pikdonker, die blinddoek afhaal terwyl hy heeltemal alleen is… Gewoonlik het vrees die jong vegters beetgepak, vir wilde roofdiere, slange en ander giftige insekte. Die onbekende geluide was ook vreesaanjaend. Wanneer die dag breek, het die jongman meteens ‘n Indiaanse krygsman gesien wat volledig gewapen eenkant wag gehou het, regdeur die nag. Die seun het dan met groot opgewondenheid gesien dat dit niemand anders as sy pa is nie! Hy was die hele nag daar!
Dit is hoe dit ook met God ons Vader is! Hy is nooit ver van ons af nie. Hy is Immanuel! God met ons! Matteus 1:23.

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Pannekoek by Pick&Pay: 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)

OORSKIET WOL
Indien daar van ons dames is wat sit met oorskiet wol wat nie gebruik word nie en van dit ontslae wil raak, kontak asb vir Jacoba Ras of bring dit op ‘n Sondag kerk toe of lewer dit in die week by die kerkkantoor af.

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Monique van Graaff, Ettienne Bezuidenhout
22 Augustus: Wilna Hall (82jr)
23 Augustus: Petri Schutte, Rina Steyn, Carel vd Merwe
24 Augustus: Hardus Botha, Henk Cilliers, Tina Jv Rensburg, Francois Vivier
25 Augustus: Judy Burger, Jaco Conradie, Yolandie Groenewald, Bella van Zyl
26 Augustus: Mareli Viljoen
27 Augtustus: Geen verjaarsdae
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
Eind goed, alles goed
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens Sy besluit geroep is. Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dit: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?- Romeine 8:28, 31
God gebruik lyding om die lewe van sy kinders te vorm. Dit is nooit God se wil dat sy kinders swaarkry nie, maar soms laat God dit wel toe sodat ons nader aan Hom kan groei. Swaarkry is altyd die gevolg van die sondeval, maar kan deur God ten goede tgebruik word in Sy volmaakte plan met jou lewe. As jy aan God behoortk, kan jy daarvan seker wees dat Hy aan jou kant is, en as dit waar is, is daar heeltemal niks wat werklik teen jou kan wees nie.
Wanneer dit ekstra sleg gaan met jou, soos wanneer jy finansiële terugslae beleef of ernstig siek word, bid jy mos meer as gewoonlik sodat die negatiewe omstandighede in jou lewe jou nader aan God bring. God is altyd volkome in beheer van jou lewe. “God is not the author of all events but the Master of all events,” lui ʼn bekende Engelse gesegde.
Jou swaarkry van die oomblik is dus nie God se wil nie. God veroorsaak nie jou swaarkry nie. Hy beheer dit wel sodat dit op die ou end tot jou beswil kan meewerk. As jy op die oomblik met ʼn krisis worstel, kan jy gerus die belofte in Psalm 138:8 vir jou neem: “Die Here sal vir my alles ten goede laat afloop. Aan U liefde, Here, is daar geen einde nie.”
Vader, hoe wonderlik is u raadsplan! Dankie vir die wete dat U nie my swaarkry veroorsaak nie, maar dat U dit beheer en gebruik om my nader aan U te trek. Amen. -Nina Smit

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

HEILIGE HARTE
“Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien” – Matteus 5:8.
Die Here is altyd besorg oor wat in jou hart omgaan. Wat in jou hart omgaan, raak ook jou verstand en jou emosies en jou besluite (jou wil). Hier word dus jou persoonlikheid bedoel. Jou hart bepaal jou hele lewe.
En waar ons as sondaars in die wêreld kom, is dit juis nodig dat jy jou hart bekeer! As iemand ‘n gelowige word, dan verander jou hart en dus ook jou persoonlikheid. Al die onrein dinge word dan uit die hart geweer. Uit die hart kom die motiewe vir moord en leuens en slegte dade. Dus moet die hart rein gehou word.
Daarvoor moet jy eerstens ernstig bid, omdat jy dit nie alleen kan regkry nie. Jy het die krag van die Heilige Gees nodig om jou hart te reinig en te bekeer! Jou wil en begeerte kan slegs deur die krag van sy Gees verander word om te wil doen en te wil wees wat Hy van ons vra. Heilige harte, gedagtes en wense. Besig bly met die heilige dinge van God en sy koninkryk. Besig met Jesus, jou Verlosser en Redder.
Die belofte daarby is dat jy dan God sal sien. Geen onheilige kan God ooit sien nie. God kan en wil niks met onreinheid te doen hê nie. Daarom moet jy maar weer biddend vra dat die bloed van Christus jou daagliks reinig van jou sondige hart – dan dra jy die belofte … jy sal God sien!
-Ds Maarten van Helden

Page 5 of 11 1 3 4 5 6 7 11
Follow us: