DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
SONDAG 30 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
SENIOR BURGER ETE
(PERSONE 60 JAAR EN OUER)
Ons nooi u hartlik uit na ons Senior Burger Ete op Donderdag 10 Nov 2022 om 11:00. Indien u gade jonger as 60 jaar is, is hy/sy welkom om saam te kom. Dit beloof om weer ‘n wonderlike oggend te wees. Laat weet asb voor of op 7 Nov 2022 die kerkkantoor (018 294 7939) of u die funksie gaan bywoon.
GEMEENTEKUIER
Op 6 November, na afloop van die oggenddiens en nagmaal, kuier ons saam onder die bome in die voortuin. Dis ‘n feestelike dag waar ons die Here kom grootmaak en dankie sê vir Sy liefde en sorg vir ons. Ons nooi alle lidmate vir ons bring en braai op 6 Nov om 11:00. Bring jou vleis, drinkgoed, eetgerei & stoele (bykosse en roomys sal voorsien word) en kom kuier saam met ons. Die vure sal 12:00 gereed wees vir braai. Dis altyd spesiaal om na afloop van die nagmaal saam met mekaar te kuier (vir oulaas in 2022)! Ons nooi julle hartlik uit! Bespreek asb nou reeds by Elize (018 294 7939 of 083 297 6748) ter wille van getalle.
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Trompie Burger
• Anneke Noeth
• Chris Kok
• Willem en Jakkie Botes
HELPERS SENIOR BURGER ETE
Soos elke jaar maak ons weer staat op ons “onder 60’s” om ons te help met die funksie. Indien daar van ons dames (en manne) onder 60 jr is wat ons kan help, kontak asseblief die kerkkantoor.
Clarise Mostert gaan vir ons die leiding neem, kom ons help haar en maak van hierdie funksie ‘n reuse sukses. Ons maak staat op julle.
VIR DIE KRISISTYE
“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.” – Jakobus 1: 5-6.
Ons almal kom op ‘n stadium voor ‘n krisis te staan. Onverwags en sonder vooraf waarskuwing word jy met situasies of omstandighede gekon¬fronteer wat jou bestaande wêreld onderstebo keer. Jy weet jy moet iets daaraan doen, maar jy besef ook dat dinge dalk nooit weer dieselfde sal wees nie.
Dit is in sulke tye dat die angs jou hart omklem en jy voel dat jy selfs die beheer oor jou emosies gaan verloor. Hoe groter die krisis, hoe meer verg dit van jou om beheer oor jou gedagtes en emosies te behou. Want as jy toelaat dat jou gedagtes en emosies met jou op loop gaan, sal jy uiteraard ook beheer oor jou omstandighede verloor, met moontlike rampspoedige gevolge. Die oomblik wanneer paniek toeslaan het jy jou stryd dalk klaar verloor. Die beste is: gaan sit, probeer ontspan, haal stadig en diep asem en luister na wat Dawid vir jou sê: “Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep. As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!” (Ps 4: 4-5) en “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.” (Ps 62:6-7). “Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!” (Ps 62:6 53-vertaling).
Hoekom moet jy stil word? Sodat jy alle kanale oop kan hou om die volle krag van die gebed tot jou beskikking te hê. Gebed is nog altyd die asem van die siel genoem. En jy kan nie asemhaal as jy in paniek verkeer nie.
Moenie dat die krisissituasies en omstandighede jou volkome oorgawe en toewyding aan God oorskadu nie, hoe oorweldigend dit ook al mag wees. Jy kan dalk so oorweldig wees deur die gebeure dat jy niks anders kan uitkry as ‘n paar onsamehangende woorde nie. “Wees maar net stil tot God”: laat die leiding aan God oor en wag en luister wat Hy aan jou wil sê. As die krisis dreig om jou te oorweldig, maak tyd om alleen met jou Vader te wees omdat Hy in jou lewe groter is as die dreigende krisis.
Gebed: Dankie Here dat ek kan weet dat U teenwoordigheid groter is as enige krisis. Amen.
-dw
MY BEKER LOOP OOR: SONDAG 6 NOV 2022
‘n Beker wat oorloop is ‘n simbool van genoeg; van dankbaarheid; van oorvloed en van God se sorg. Ons nooi almal wie se bekers oorloop om dit te doen op 6 November tydens ons gemeentefees. Kom sê vir die Here dankie vir jou oorloop-beker en verrtou Hom dat in die toekoms jou beker ook weer sal oorloop. As jy regtig ‘n leë-beker-jaar gehad het, moenie sleg voel as jy nie iets kan gee nie. Ons sien saam met jou uit na die dag wat jou beker oorloop. Alle eer aan die Here vir elke beker wat oorloop!
Maak gebruik van die volgende metodes om u bydrae in te betaal: Koevertjie in die voorportaal wat gemerk is: “My beker loop oor”; Eft in die kerk se bankrekening (sien bankbesonderhede elders – merk “Beker loop oor”); Zapper; Yoco kaartmasjien
BAIE GELUK
Baie geluk aan Schalk le Roux (snr) wat 19 Oktober vir die eerste keer Oupa geword het van ‘n pragtige kleindogter. Geluk ook aan Schalk (jnr) en Suné.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Jeanette Bronkhorst, André Kruger, Mary-Anne Loots
24 Oktober: Natasha Bosman
25 Oktober: Angelique Breytenbach, Belinda Kleynhans, Marcia Kriel
26 Oktober: Pieter le Roux, Anel Lemmer, Ansie Steyn
27 Oktober: Andriëtte Kruger, René Kruger, Johan Loots
28 Oktober: Janetta de Villiers, Johan Joubert, Martie Theron
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
Twee is beter as een, vertel die Prediker vir ons. Hy skryf in Prediker 4:9 – 12 dat wanneer twee mense saam is en een van hulle val, dan kan die ander een hom ophelp. Of as twee mense langs mekaar slaap, kan hulle mekaar warm hou. Twee kan ook beter weerstand bied, as hulle aangeval word. Uiteindelik kom die Prediker dan tot die gevolgtrekking dat ’n driedubbele tou nie maklik breek nie. Kortom, hy leer ons dat ons nie gemaak is om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het mekaar nodig.
In die filmwêreld mag die helde dalk die wêreld man-alleen of vrou-alleen red, maar ons is definitief nie hulle nie. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie. Of om die ganse wêreld se laste op ons eie skouers te dra nie. Of om die antwoord op elke krisis te wees nie. Die Here het ons geskep om daar te wees vir mekaar. In Genesis 2:18 het Hy reeds gesê dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Van die begin af het Hy ons gemaak vir saamwees. Ons kan en moet minstens die volgende vir mekaar as gelowiges, familie, vriende en vreemdelinge doen:
• Ons moet mekaar se laste dra. Paulus skryf in Galasiërs 6:2: “Laai mekaar se swaarkry en seerkry op julle skouers. So leef julle volgens die wet, wat Christus vir julle gegee het.”
• Ons moet mekaar se vreugdes en swaarkry deel. Paulus skryf in Romeine 12:15: “Wees baie bly saam met almal, wat baie bly is. Huil en treur saam met elkeen wat huil en treur.”
• Ons moet mekaar help wat lewensmiddele betref. Johannes skryf in 1 Johannes 3:17-18: “Sê nou iemand het genoeg om van te leef en sien sy mede-Christen in die nood en kry hom nie jammer of help hom nie, hoe kan hy waag om te sê dat die liefde van God sy lewe beheers? My liewe kinders, julle liefde moenie bestaan uit ‘n klomp gepratery nie, maar uit dade, wat in ware opregtheid gedoen word.”
• Ons moet kies om goeie vriende vir ons vriende te wees, en om betrokke te wees by ons kerke. Om te wag op ander mense om die eerste tree na ons toe te gee, is nie hoe dit gedoen moet word nie. Omgee en uitreik begin altyd by onsself.
-Stephan Joubert [eKerk]
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………