DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Sondag 11 Junie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Betsie Kuhn
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay:30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Potjiekoskompetisie: 25 Junie 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
DIE GROOT BELOFTE
“Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.” – Jesaja 7:14 (53-vert)
As die Here dit nie self doen nie, kom daar niks van nie, dan is daar geen hoop nie en ook geen heil nie….
Die Almagtige stuur, deur sy dienskneg Jesaja, die mees gerusstellende boodskap aan die benoude koning Agas wat in die benardste omstandighede verkeer het. Oor die dinge waarvoor die koning en sy volk vrees kom die boodskap: “Só sê die Here Here: Dit sal nie gebeur nie.” En indien Agas tóg daaroor sou twyfel, kon hy enige teken uit die hemel of die doderyk vra om sy geloof te versterk. Maar Agas doen dit nie. Liewer armsalige menslike pogings, liewer selfs angs en onsekerheid deurstaan, as om een keer in sy lewe dit met sy God te waag en volkome, maar dan ook volkome, op God se woord te vertrou. Intussen sal dit tog kom. God gaan sy koninklike weg. Sy raad bestaan en Hy doen na sy welbehae. Die verlos¬sing kom, die heil sal deurbreek – met of sonder Agas en sy kleingelowige, skynvrome bondgenote.
En wonderlik is dit wat God laat kom. Te midde van oorloë en gerugte van oorloë, te midde van menseangs en die radeloosheid van volkeleiers, gee God die visioen van ‘n moeder in blye verwagting, van ‘n kindjie wat gebore sal word, van ‘n naam en belofte wat die kindjie sal dra:
Immanuel: God met ons. God nie teen ons nie, nie onbewoë hoog en ver bo ons nie; maar met ons, naby ons, naas ons, vir ons; en dít nieteenstaande al ons sonde en oortredinge.
Hoe kosbaar, waaragtig verlossend en reddend is hierdie Godsbelofte in Bethlehem vervul (vgl Matt 1:22). Niemand in Jesaja se dae sou kon dink dat dit op so ‘n manier vervul sou word nie. Jesaja self het dit nie so kon verstaan nie.
Nou nog staan bo oorloë en gerugte van oorloë, bo menseangs en radeloosheid van volkeleiers die Godsgesig, die Christusbelofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde waar geregtigheid sal woon en God alles in almal sal wees.
Hoe dit sal kom en wanneer dit sal kom – God weet dit alleen. Vir ons persoonlik is die vraag of ons soos Jesaja daarin sal deel, of soos Agas daarbuite sal staan. En die toets is: die geloof.
-Prof dr B Gemser [Bybelse Dagboek]
Reds: ds JGM Dreyer en drs B Gemser,
JH Greyvenstein en HP Wolmarans
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Chris Scholtz (82jr), Vasti vd Spuy, Kaliah Burger
5 Junie: Willem Otto, Chantelle Viljoen
6 Junie: Charl Marais
7 Junie: Willem Botes
8 Junie: Carlizette Oberholzer, Bruno Schoenfeld, Emmerentia Visser
9 Junie: Elsie vd Linde
10 Junie: Geen verjaarsdae
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
ONS LEER BY NUWE CHRISTENE VAN GASVRYHEID
Ek dink met nostalgie terug aan my kinderjare, toe gaste soms ongenooid by ons huis opgedaag het en met liefde en gasvryheid oorval is. Ek dink terug aan my liewe ma, wat met haar oop hart gaste ontvang en bederf het. Almal het na die kuier ‘n bossie blomme uit die tuin, groente uit die groentetuin of tuisgebakte koekies gekry om saam te neem huis toe. Deesdae is daar ook baie gasvrye mense, maar ons is dikwels suinig met ons tyd, omdat ons lewens so gejaagd is.
Ons kan by nuwe Christene leer van gasvryheid. In Lukas lees ons die verhaal van Saggeus, die hooftollenaar. Jesus het homself uitgenooi om by Saggeus te gaan kuier, nadat hy hom in die vyeboom gesien sit het. Net daar kom Saggues tot bekering en sy hele huisgesin word gered. Wat ‘n wonderlike einde vir ‘n ongenooide kuier! In Handelinge 16 lees ons van die purperverkoopster, Lydia. Paulus het met haar gesels oor Jesus en sy het haar hart oopgemaak. Toe is sy en die ander lede van haar huishouding gedoop. In Handelinge 16:15 sê sy: “Aangesien julle daarvan oortuig is dat ek in die Here glo, kom bly dan by my oor.”Toe Lydia se hart vir die Here oopgegaan het, het haar hart ook vir mense oopgegaan.
In Handelinge 2:44 lees ons van die besielende voorbeeld van die eerste gemeente in Jerusalem: Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom en hulle het alles, wat hulle besit het, met mekaar gedeel.
Volgens die woordeboek beteken “gasvryheid” om ‘n goeie ontvangs en verwelkoming te bied aan diegene, wat dit nodig het. As ‘n mens die woord “gasvryheid” direk uit Grieks vertaal, beteken dit ‘n liefde vir vreemdelinge. Dit is met ander woorde om ‘n gevoel van goedgesindheid te hê en dit met woord en daad uit te dra.
Om ‘n gevoel van goedgesindheid en warmte by jou vriende te skep, is redelik maklik, maar om vreemdelinge met liefde en respek te ontvang, vereis dat jy dit doelgerig moet doen. Bid dat jou huis en ook jou hart oop sal wees vir vriend en vreemdeling. Bid dat almal, wat oor jou drumpel by jou huis of jou werk tree, ‘n gevoel van warmte sal ervaar. Maak seker dat jy tyd maak vir vriend of vreemdeling, wat van jou tyd en aandag nodig het. As die kuier ‘n maaltyd vereis, maak dit met liefde en sit dit met sorg voor. Al was die kuier onverwags en jou bestanddele maar karig, sal gaste soos konings eet, as jy hulle laat welkom voel. Luister aandagtig na hulle gesprekke en onthou om nie na te laat om, soos die eerste gemeentelede, tydens jul kuier oor Jesus te praat nie! -Helena Smith [eKerk]
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Pinksterfees en Nagmaal
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
Sondag 4 Junie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
PINKSTER 2023
Baie dankie aan al ons dames en heer vir die heerlike sop en broodjies vanaf Maandag tot Woensdag. Soos ons al gewoond is, het die tafels weer gekreun onder die broodjies en soppe. Ons kan altyd staatmaak op Suiderkruis se lidmate!! Dankie dat julle bereid was om te help nadat van julle nog hard gewerk het met die basaar ook. Ons maak weer so in 2024!
SUIDERKRUIS WHATSAPP-GROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
En kyk, Ek is met julle
al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.- Mattheus 28:20
GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Betsie Kuhn
ONDERDANIGHEID IS NOOIT VLOERLAPPIG-HEID NIE
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlap-pigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-inge-steldheid nie.
“Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederigheid. Nee, sulke diens¬baarheid geld nie net vir vroue teenoor hulle mans nie. Voordat Paulus dit van vroue in Efesiërs 5:22 vra, skryf hy eers in vers 21 dat mans en vroue beide dit aan mekaar moet bewys. Hulle moet wedersyds diensbaar aan mekaar wees. (Onge¬lukkig het die 1953-vertaling ’n opskrif tussen vers 21 en vers 22 ingeforseer, sodat dit die indruk skep dat slegs vroue diensbaarheid aan hul mans verskuldig is. Dit was ’n fout, want die oor¬spronklike taal se sinskonstruksie maak dit duidelik dat Paulus reeds in vers 21 verwys na wedersydse onderdanigheid aan mekaar!)
Diensbaarheid word van alle gelowiges in ver-skillende kontekste verwag. Of ons leiers is en of navolgers is, ons almal moet diensbaar wees aan mekaar wees. Nogmaals, dit is nie vloerlaptaal wat baas-klaas-verhoudings in stand hou nie. Jesus is ons voorbeeld hier. Soos wat Hy Homself ter wille van ons almal prysgegee het, offer ons ook ons eie gerief, voordeel en gemak tot voordeel van mekaar op. Ons is diensbaar teenoor ons huweliksmaats, gelowiges, kollegas en almal wat ons paaie kruis – vriende en vreemdelinge inkluis. Ons dien ander ter wille van Christus. Ons maak plek vir ander se laste op ons skouers, soos wat Galasiërs 6 ons leer om te doen. -Stephan Joubert [eKerk]
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Madeleine Oost¬huizen, Johanna Venter
29 Mei: Hannelie Blume, Johan le Roux, Vincent Vlok, Johan Yzelle
30 Mei: Geen verjaarsdae
31 Mei: Jeanette van Staden, Henry van Zyl
1 Junie: Janco Oosthuizen
2 Junie: Chris Botha, Suzette Dreyer
3 Junie: Aubrie Heymans, Magna Heymans, Abel van Staden
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
Here, by U vind ons geborgenheid, vrede, blymoedigheid en vreugde.
-Fransiscus van Assisi (1182-1226)
WÊRELDCHAOS
Ons het die afgelope tyd gelees en op televisie gesien van ontsettende oorstromings, van geweld in Egipte – tot 1 miljoen mense wat op ‘n slag staak, klipgooiery, voortslepende oorlog in die Ooste, magshebbers wat nie van hulle trone wil afstand doen nie, CHAOS.
Die Skrif is baie duidelik hieroor. Die Skrif leer ons dat hierdie dinge sal gebeur in die laaste dae en dit des te meer namate die oordeelsdag naderkom. En al dink ons dit is baie erg, is dit maar net die geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.
Die grootste chaos is egter dat die Woord nie meer suiwer gebring word nie. Baie mense leef op “voorspoed boodskappies”. Predikers wat net preek en sê wat mense graag wil hoor: “God wil graag hê dat jy ryk moet wees”.
Die boodskap is dat Jesus Christus weer aarde toe kom en dan sal Hy kom om te oordeel. Is jy ge¬reed? Is jy reg en voorbereid? Is jou lamp vol olie? Ons moet onsself afvra ook as kerk: is daar by ons ‘n erns om die Blye Evangelie van verlossing aan almal te bring? Of raak ons bevrees vir die wêreldchaos? Skrik ons vir die oorstromings, die sake waaroor ons geen beheer het nie?
Dawid het gesê: Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur. Waarvoor is ons bang? Niks kan ons skei van die liefde van God in en deur Jesus Christus nie. Ons hoef nie bang te wees nie. God het ons juis duur gekoop met die bloed van sy eie Seun, Jesus Christus.
Kom ons hou in die geloof vas aan God en sy beloftes! Kom ons bly Hom dien van ganser harte! Kom ons leef en verkondig die evangelie!
Moet nie bang wees nie, God sal ons bewaar nou en vir altyd en oral waar ons gaan, al is dit deur swaarkry heen. -Gerrit Kruger
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….
DAGBOEK
Vandag – Moedersdag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Donderdag 18 Mei
18:00 Hemelvaartdiens
Sondag 21 Mei
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Pinksterdiens
GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Annemarie Swanepoel
• Daan Prinsloo
DIE WAARDE VAN ‘N MA
Wat is liefde nou werklik? Vra ʼn ouma en ʼn ma, en jy vind die antwoord. As ek terugkyk op my lewens-pad en terug dink aan al die kere wat my ma onvoorwaardelik sonder enige voorbehoud net daar was vir my, in hartseer, blydskap, moeilike en maklike tye. Met die mees opregste bedoelinge en ware omgee wat net ʼn ma kan gee en sal verstaan. ‘n Engel van God gevul met ‘n aardse moederlike instink wat meer as net mens is, iets vanuit God se geestes skepping, deel van die prag van God se liefde en die toonbeeld van Sy genade, dit is wat ʼn ma is. Die vloei van ʼn moeder se gees is omvangryk en haar sagtheid en onwrikbare veggees is onverklaarbaar. ʼn Ma se liefde is soos ʼn pleister vir jou siel, en soms deur net aan haar omgee en liefde te dink, vind ek genesing tot in my diepste wonde. Haar stem, die trek van haar mond en beweging van haar oë tydens ons gesprekke sal ewigdurend in my leef. Haar onbaatsugtige gee en self vergenoegheid is die mooiste deel van haar menswees en ʼn blywende lewensles. Waar ware liefde, omgee en opoffering nooit te veel is nie, en nie gedryf word deur ʼn gewete nie maar ʼn opregte hart, gevul met liefde.
Dankie God, dat U dit goed gedink het, om my te seën met my ma se moederskoot, dat U my gekies om een van haar kinders te mag wees. Vir meer, beter en die voorreg om haar mamma te kan noem dank ek U. Vader, ek pleit dat U oor haar sal waak, haar sal seën en haar elke oomblik van die dag styf vas sal hou in U skeppings hand. Uit genade, deur genade met dankbaarheid. Amen
-SêNet – Opinie
PINKSTER
Ons Pinksterdienste begin reeds Sondagaand 21 Mei om 18:00. Hierdie week se tema is:
Jesus se Hoëpriesterlike gebed
– Johannes 17:1-26
In Johannes 17 ontsluit Jesus baie van hom¬self en van ons eie lewens. Jesus deel met ons hoedat ons as God se mense deel uitmaak van Gods se groot ewige plan: Deur gelowiges te versamel in Sy naam, om te deel in die rykdom van Sy ewigheid.
Mens is beïndruk met Jesus se gebed, en dit laat mens tog wonder hoe pas dit in die res van Johannes se evangelie as ʼn geheel? Is Johannes se doel ʼn meer omvattende kyk in die werke en persoon van Jesus? Is sy doel daarmee om ons geloof te versterk in uitdagende tye. Dit help mens tog verstaan hoe ʼn persoon ʼn gelowige word, en een bly in gemeenskap met die lewende Here.
Die belangrikste temas van hierdie gebed is die verheerliking van God en die welsyn van Christus se dissipels en gelowiges. Die heerlikheid van God is ʼn tema wat dwarsdeur hierdie Evangelie loop. Ons sien dit in die inleiding (vgl. 1:14), vóór die Diskoers in die Bo-kamer (12:28) en dit is ook deel van die Diskoers (13:31-32). Oppad na Getsémané toe (vgl 18:1), bid Jesus in die eerste deel van hierdie gebed vir homself, maar die fokus is nog steeds die verheerliking van God (17:1-5). In Johannes 17:6-19 bid Jesus vir die apostels voordat die fokus op toekomstige gelowiges val (17:20-26).
Ontdek saam met ons deur die Gees die hart van Jesus in hierdie gebed, wat temas aanraak soos God se glorie, gestuur wees, geloof, die wêreld en liefde.
Sondag: 21 Mei 2023 Johannes 17:1-8
Maandag: 22 Mei 2023 Johannes 17:9-19
Dinsdag: 23 Mei 2023 Johannes 17:20-23
Woensdag: 24 Mei 2023 Johannes 17:24-26
PINKSTER SOP EN BROODJIES
Ons benodig groot asseblief weer sop en broodjies vir die aande van 22, 23 en 24 Mei. Die manne en vroue wat kan help, skryf asb jou naam op die pienk lyste agter in die foyer. Ons benodig ongeveer 5-6 potte sop per aand en ongeveer 5 brode se broodjies per aand.
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
VLEISBESTELLINGS
Bestellings vir die vleis kan reeds gemaak word by Elsabé (082 928 6626) of Elize (083 297 6748). Daar gaan ook snitte beskikbaar wees. Pryse sal deurgegee word, maar sal beslis goedkoper as die slaghuise wees. As beurtkrag ons kans gee, kan die vleis dan reeds die Woensdag voor die basaar afgehaal word.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Helena Jacobs
15 Mei: Elsabé van Aswegen
16 Mei: Barbara Kok,
Jakkie Louw
17 Mei: Jannie Delport,
David Maree
18 Mei: Wimpie van Graaff
19 Mei: Mariska Thomas
20 Mei: Geen verjaarsdae
Geloof is nie die vermoë om in ‘n verre en onduidelike toekoms te glo nie. Dit is eenvoudig om op God te vertrou en die volgende stap te neem. – Joni E Tada
BASAAR
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne,
Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Onder-steun ons asb en skryf jou skenking daarop.
Wen ‘n pragtige kwiltdeken: Baie dankie aan Jacoba Ras wat vir ons hierdie pragtige kwiltdeken geskenk het. Vir slegs R30 per nommer, staan u ‘n kans om hierdie deken te wen! Skryf u naam langs enige nommer of nommers van u keuse om u wenkans te vergroot. Die deken kan besigtig word op die verhoog.
Wen ‘n unieke bottel brandewyn: Baie dankie ook aan Johanna Handford wat vir ons ‘n unieke bottel brandewyn, wat al die pad van die Kaap af kom, geskenk het. Vir slegs R10 per nommer staan u ‘n kans om hierdie bottel te wen. Koop ook meer as een nommer om u wenkans te vergroot. Dis ‘n 5-jaar oue brande¬wyn en is glad nie in Noordwes beskikbaar nie.
Ondersteun ons asseblief hiermee, die fondse is ook ten bate van ons basaar. Die lyste is beskikbaar in die foyer.
NB: Daar gaan ‘n spesiale item gelewer word aan die einde van die basaar wat julle nie moet mis nie!!
Overvaal Stereo gaan ook ‘n buite-uitsending vanaf die kerk doen.
WORSBROODJIES BESTELLING
Op Vrydagaand 19 Mei gaan daar reeds worsbrood¬jies @ R25 per worsbroodjie verkoop word. Dit sal vanaf 17:00 beskikbaar wees. Ongelukkig moet ons asb met bestellings werk. Indien jy belangstel om sommer vir aandete te koop, bestel so gou as moontlik by Elize 0832976748 of die kerkkantoor 0182947939.
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay:
30 Junie en 1 Julie;
21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Dinsdag 9 Mei
18:00 Kerkraadsvergadering
Woensdag
09:30 Oudejeugaksie
Vrydag 12 Mei
Pannekoek-bak Pick ‘n Pay
Saterdag 13 Mei
Pannekoek-bak Pick ‘n Pay
Sondag 14 Mei – Moedersdag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer
SIEKTEVERLOF – DS TIAAN
Liewe gemeente, goeie nuus: ds Tiaan begin weer werk op Dinsdag 9 Mei. Ons is baie dankbaar hy kom terug. Ons almal het hom baie gemis!
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke.
GEBEDSLYS
• Baie sterkte aan Lorraine Jonker, Lana, Hannes en kleinkinders met die afsterwe van Koos verlede week.
• Baie sterkte ook aan Elize van Deventer met die afsterwe van haar broer verlede week.
PINKSTERDIENSTE
Agv Ds Tiaan se operasie en alles wat plaasvind voor daardie week, sal die Pinksterdienste plaasvind vanaf Sondag 4 Junie tot Donderdag 8 Junie. Die Nagmaal en Pinksterfees sal dan ook plaasvind op Sondag 11 Junie.
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Anna-Marie Oberholzer, Pieter le Roux, Anton Nel
8 Mei: Christelle Britz, Pat vd Merwe
9 Mei: Retha Bekker, Hester Brits
10 Mei: Carel Oberholzer, Amanda Theron, Victor Vlok
11 Mei: Hester Delport, Gerhardt Erasmus, Eloff Muller, Basjan Wolfaardt
12 Mei: Waldo Franken, Louis Jansen
13 Mei: Ben Beukes, Anita Swanepoel
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek.
Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
BASAAR
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne,
Die tyd kom nou vinnig nader. Ons wil bitter graag van daardie dag ‘n groot sukses maak. Soos jul reeds weet, Overvaal Stereo gaan daardie dag ‘n direkte uitsending vanaf die gemeente kom doen. Baie dankie aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het dat Overvaal Stereo die hele oggend kan kom uitsaai.
Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Ondersteun ons asb en skryf jou skenking daarop. Daar is van die lyste wat nog niks op het nie, sonder julle hulp kan ons nie ‘n sukses van hierdie basaar maak nie.
Leë koeldrankbottels: Ons benodig asb leë 2-liter koeldrankbottels vir die lekkergoedtafel. Bring dit asb op ‘n Sondag saam, of kontak vir Drienie 061 545 1107
Wen ‘n pragtige kwiltdeken: Baie dankie aan Jacoba Ras wat vir ons hierdie pragtige kwiltdeken geskenk het. Vir slegs R30 per nommer, staan u ‘n kans om hierdie deken te wen! Skryf u naam langs enige nommers van u keuse om u wenkans te vergroot. Die deken kan besigtig word op die verhoog.
Wen ‘n unieke bottel brandewyn: Baie dankie ook aan Johanna Handford wat vir ons ‘n unieke bottel brandewyn, al die pad van die Kaap af ingevoer het. Vir slegs R10 per nommer staan u ‘n kans om hierdie bottel te wen. Koop ook meer as een nommer om u wenkans te vergroot. Dis ‘n 5-jaar oue brande¬wyn en is gladnie in Noordwes beskikbaar nie.
Ondersteun ons asseblief hiermee, die fondse is ook ten bate van ons basaar. Die lyste is beskikbaar in die foyer.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 12 en 13 Mei; 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
DRIE HONDE
By die swart traliehek gewaar ek die hond, wat so wild en wakker vir my blaf. Die Jack Russell staan op sy agterpote en gluur my aan. Sy een voorpoot raak-raak aan die traliehek. Met elke blaf hop die voorkant van die pootjie, terwyl sy een oortjie nogal ewe saam op en af wip.
Ek stop en praat met die outjie. Hy staar my eers wantrouig aan. “Wil jy saamdraf?” vra ek. Ek is nie seker of hy my verstaan nie, maar hy gaan sit ewe kordaat en daar gly rillings teen sy ruggie af. Na twee of drie sinne groet ek maar en draf verder. Jack blaf nie meer nie. Sy voorpootjie is weer op die traliehek wanneer ek om die draai verdwyn.
Dit is nie lank nie of ʼn volgende hond se geblaf begroet my. Die Golden Retriever blaf opgewonde. Sy is duidelik baie lus vir ʼn bietjie aksie. Hoe nader ek aan haar erf kom, hoe wilder raak die hondege-luide. Ook hierdie een verwelkom ʼn sin of twee. Sy word nie heeltemal rustig nie, maar maak dit wel met haar stert duidelik dat sy nie ʼn vyand is nie.
Die derde hond langs die pad is egter ʼn ander saak. Ek kan nie sien of dit ʼn reun of ʼn tefie is nie. Ek kan ook nie die woef se oë sien nie. Die Malteser-bloed loop sterk in die wolbolletjie se are, maar dit het vriende ook by. Ek probeer met haar ook gesels, maar hierdie keer is die reaksie die teenoorgestelde van wat ek wou hê. Haar geblaf skiet die hoogte in. Harder, skerper en angstiger. Hoe meer ek praat en paai, hoe wilder raak die wolbol. Uiteindelik gaan sit ek ʼn bietjie, net om te sien wat die uitwerking is. Dit maak hoegenaamd geen verskil nie. Die hond het ʼn desibeloorlog verklaar en ek is besig om te verloor.
Uiteindelik gee ek maar moed op en draf verder, terwyl die skril geblaf agter my voortwoed. Ek is eers teleurgesteld oor ek toe nou nie Franciscus van Assissi of Sneeuwitjie se dierevaardighede het nie. Daardie laaste hond wou op geen manier vrede tussen ons hê nie. Dit is eers later, op sosiale media, wat ek iets tussen mense se gesprekke raaksien. Sommige mense is aktief op soek na konneksies, ordentlike gesprekke en nuwe oplossings. Hier en daar is daar egter wolbolle wat net graag wil blaf. Dit maak nie saak wie op watter manier antwoord nie, die trant van die gesprek ontaard telkens rampspoedig. Hulle het geen bedoeling om ordentlik te probeer wees nie.
Van toe af kyk ek ook sommer anders na die men¬se rondom my en nie net op sosiale media nie. Soms is daar eenvoudig diegene wat nooit die bedoeling het om vrede of voorspoed vir mekaar te soek nie. Hulle bakleiery is nie met my of met jou nie, maar met iets anders in hulleself. Ek en jy hoef dit egter nie altyd aan die gang te hou nie. Soms kan ons maar voortdraf en oper geselskap soek.
Jesus illustreer dat Hy graag met mense gesprek¬ke voer. Ons leer sulke wonderlike dinge oor God en die lewe wanneer ons Jesus se wyse ant¬woorde op strikvrae lees. Hy sien egter ook raak wanneer mense nie die intensie het om iets by Hom te leer nie, maar eintlik net moeilikheid soek. Een so ʼn voorbeeld is in Mark 11:27-33. Jesus se styl met moeilikheidmakers wys dat ons soms die veglustiges moet antwoord (Spr 26:5) en ander kere liewer nie moet antwoord nie (Spr 26:4). Kom ons soek daardie wysheid in ons lewens. Dalk het jy meer tyd en energie beskikbaar as jy sekere bakleierigheid kan laat gaan.
-Siegfried Louw [eKerk]
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Opstandingsfees
Geen kinderkerke agv die skole langnaweek
10:00 Koffie en tee in die foyer
Sondag 7 Mei
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Opstandingsfees
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer
SIEKTEVERLOF – DS TIAAN
Liewe gemeente, goeie nuus: ds Tiaan begin weer werk op Dinsdag 9 Mei. Die pyn is nog nie heeltemal weg nie, maar hy sien alweer kans om aan te gaan. Baie dankbaar hy kom terug. Ons almal het hom baie gemis!
GEBEDSLYS
Hospitaal
• Koos Jonker
• Christine Thomas
• Glaudi Hefer
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
BASAARTYD!!!!!
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne, ons: Johanna, Gerda en Hermien, het weer ons Staatmaker baaskokke se hulp nodig vir die gebak en poeding tafels met die komende basaar. Begin asb dink wat jy vir ons gaan voorberei vir die dag om te verkoop en kom skryf dit op ons basaar-lyste wat in die Foyer beskikbaar is. Enige gebak, brode, koeke, beskuit, klein gebak ens, asook dan gebakte poeding, jellie, vla, wat jy ookal wil maak. Ek dink nou aan Marie se GROOT RONDE SKOTTEL vol bruin poeding … lekerrr.
Byvoorbaat baie dankie vir julle bydraes, sonder julle is ons hande afgekap.
Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Onder-steun ons asb en skryf jou skenking daarop.
Leë koeldrankbottels: Ons benodig asb leë 2-liter koeldrankbottels vir die lekkergoedtafel. Bring dit asb op ‘n Sondag saam, of kontak vir Drienie 061 545 1107
-Johanna, Gerda en Hermien
DIE OORDEEL IS AF
Lees Romeine 8:1
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellek-tuele berekenings bekend te maak nie. Nee, God het gesing toe Hy die skepping aanmekaar geweef het. Hy was in ‘n simfonie-orkessaal, toe Hy geskep het. Hy het gehuil toe Sy Kind daar aan Golgota se kruis gesterf het. Daardie Vrydag teen twaalfuur het Hy die son afgeskakel, toe Jesus se lyding ‘n laagtepunt aan die kruis bereik het. (‘n Mens kan dit seker nie ‘n hoogtepunt noem nie!)
Paulus het die omvang en impak van God se genade in Christus die heel beste van ons almal gesnap. Daarom besing hy dit so aangrypend in die Romeinebrief. Die hoogtepunt binne hierdie aardskuddende brief is ongetwyfeld Romeine 8. Dis ‘n loflied oor die Heilige Gees se werk. Dit besing Sy impak in ons lewens vanuit baie hoeke, maar dit begin alles by God se aardskuddende waarborg in Romeine 8:1 dat God se oordeel opgehef is. Dit geld vir elkeen, wat in Christus is. Diegene, wat in Hom glo en ingelyf is in Sy familie, se rekening by God is silwerskoon. Die vonnis is opgehef. Die tronkdeure staan oop. Nou het die Gees carte blanche, ‘n oop pad en ‘n skoonge¬skraapte land, waarin Hy Sy wonderwerke in ons lewens kan doen.
Gebed: Hoe wonderlik, Heer Jesus, dat U sterwe die tronkdeure van die dood voor my oopgeswaai het. Amen. -Stephan Joubert [eKerk]
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Jacques Barnard, Hettie Basson, Anel Breedt,
PJ Hefer, Egbert Hendrikse, Arno Moolman, Llwellen Pieterse, Liezel vd Merwe, Hettie vd Merwe
1 Mei: Annamarie Mans, Rina Matthee, AJ Oosthuizen
2 Mei: Adriaan Pretorius, Jaco van Zyl
3 Mei: Riekie Broodryk, Elouise Cloete
4 Mei: Werner Bruhns (84 jr), Reney Bronkhorst, Hannes Conradie, Schalk Mans
5 Mei: Shimmy Tesnaar, Mientjie Tesnaar, Anelle Aslett, Yolandé Grobler, Jean Nieman, Anette Niemand, Lois Sauer
6 Mei: Logan Botha, Olivia Sandrock, Marietjie vd Leeuw
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
WEN ‘N PRAGTIGE KWILTDEKEN EN UNIEKE BOTTEL BRANDEWYN
• Baie dankie aan Jacoba Ras wat vir ons hierdie pragtige kwiltdeken geskenk het.
Vir slegs R30 per nommer, staan u ‘n kans om hierdie deken te wen! Skryf u naam langs enige nommer of nommers van u keuse om u wenkans te vergroot.
• Baie dankie ook aan Johanna Handford wat vir ons ‘n unieke bottel brandewyn, al die pad van die Kaap af ingevoer het.
Vir slegs R10 per nommer staan u ‘n kans om hierdie bottel te wen. Koop ook meer as een nommer om u wenkans te vergroot. Dis ‘n 5-jaar oue brandewyn en is gladnie in Noordwes beskikbaar nie.
Ondersteun ons asseblief hiermee, die fondse is ook ten bate van ons basaar. Die lyste is beskikbaar in die foyer.
RADIO OVERVAAL
Baie dankie aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het dat Overvaal Stereo die hele oggend van die basaar ‘n direkte uitsending vanaf ons kerkterrein gaan doen. Nooi al jul vriende en familie om dié dag te kom geniet by ons Basaar!!
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 12 en 13 Mei; 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie.
Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie.
Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou al op soek na persone wat sal inskryf om ‘n Pot te maak vir daai dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
….….….….….….….….
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….