Laai volkleur Onder Ons (pdf) HIER af
16 JANUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Kinderdiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
MA-WO: WEEK VAN GEBED (Uitdeelstukke by die deure)
SONDAG 23 Januarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Reguitstraat 13+
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens (aanlyn)
Here ons God,
Hier aan die begin van die nuwe jaar wil ons geborgenheid en troos by U kom soek.
Daar is so baie dinge wat ons nie weet nie,
so baie dinge wat vir ons nuut sal wees in die nuwe jaar, dinge wat op ons wag.
Dankie dat Ú weet wat dit is, Here.
Dankie dat U voor ons uitgaan,
en agter ons aankom.
Dankie dat u liefde en trou ons omring,
dat U ons bewaar,
dat ons skuiling by U kan vind,
troos daarin kan vind dat U die Almagtige is,
dat U van ewigheid tot ewigheid God is.
Dankie dat U vanjaar opnuut weer u ewige arms oopmaak om ons te versorg.
Dankie dat ons rus kan vind by u altare,
Here van die Leërskare.
Wil U ons dan in hierdie jaar toevou in u liefde,
ons geloof versterk deur u Gees
en ons hoop gee deur u Woord. Amen. -Jaco
VERLOF – DS COENIE
Ds Coenie is met verlof vanaf Maandag 21 Januarie tot en met 30 Januarie. In dringende gevalle kontak asseblief die kerkkantoor (0182947939/0832976748).
BELANGRIKE DATUMS
16 – 19 Januarie:
Gebed, Toewydings- en Aanmeldingsweek
MOOISTE JAAR
Elke dag, week, maand en jaar is ʼn groot geskenk van uit die Vader se hand. Ons is bevoorreg om in die jaar 2022 te mag leef. Mag die Here jou vashou en bewaar en seën. My gebed is dat die Here hierdie jaar Psalm 103 vir jou sal waar maak: dat Hy al jou sondes sal vergewe, al jou siektes genees, jou red van die graf, jou die goeie in oorvloed sal laat geniet en jou die oorvloedige krag van ʼn arend sal skenk.
–ds Coenie
Elke jaar is ʼn nuwe tyd en dit bring nuwe uitdagings. Saam met die uitdagings kom daar ook weer nuwe drome en nuwe geleenthede. Hierdie jaar, soos alle ander jare, sal ook groot uitdagings aan Suiderkruis Gemeente bring. ʼn Groot deel van die pad is nog baie onseker. Maar wat vasstaan, is dat die Here hierdie gemeente in 2022 wil gebruik om ʼn lig te wees in ons omgewing; om balsem te smeer op wonde; om gebrokenes van hart op te tel en aan verlore mense die Goeie Nuus (Evangelie) te bring. Dit is die doel van ons gemeentewees. Wil jy nie asb in hierdie jaar kies om getrou te wees in jou deelname en inskakeling in die gemeente nie? Maak vandag ʼn keuse om by een van die groepe of bedieninge in die gemeente aan te meld en ʼn verskil te maak? Hoe meer mense betrokke is, hoe lekkerder is dit vir almal. Ons kort helpers by die jeug en kinderkerke; in die foyer met die bediening van koffie en tee voor en na eredienste; by die beeld- en klankspan; by die musiekgroep, selgroepe, dienswerkers in die erediens, ens. Dalk wil die Here jou daarvoor gebruik – meld aan en maak ʼn verskil! –ds Coenie
WEEK VAN GEBED
Ons begin elke jaar ons gemeentejaar met ʼn tyd van stilword (4 gebedsdae). Gebedsprogramme sal Sondag 16 Januarie by die deure beskikbaar wees. Neem asb ʼn gebedsprogram en gebruik elke dag 10 minute om saam met ons na te dink oor die Woord, ons lewens, ons roeping, ens. Bid elke dag saam met ons vir die sake wat genoem word. Ons droom is dat pappas en mammas en kinders in hierdie 4 dae sal moeite doen om saam Bybel te lees en te bid. Gebruik hierdie paar dae om sommer net as gesin stil te word voor die Here… -ds Coenie
PAK DIE BUL BY DIE HORINGS!
Ons wens dikwels die lewe se rowwe tye was soos ’n “mechanical bull”. Wanneer jy so ’n bul ry, ruk hy jou so ’n paar keer rond terwyl jy kyk hoe lank jy kan vashou, en almal lag hulle slap. Jy weet iemand gaan enige oomblik die stop-knoppie druk sodat die volgende ou ’n beurt kan kry, en as jy afval, is dit op sagte spons reg rondom die speel-speel bul. Maar in die regte lewe is ons eerder in ’n arena met ’n kwaai gedierte wat aanhoudend op ons afstorm. Ek was nie heeltemal voorbereid daarop nie. Ek het nie die tawwe tye verwag nie!
M. Scott Peck skryf in sy boek THE ROAD LESS TRAVELLED: Die lewe is moeilik. Die lewe is eintlik een lang probleem wat opgelos moet word. As ons dit net eers verstaan en aanvaar, is die lewe nie meer moeilik nie. Wat die lewe moeilik maak, is die proses om hierdie probleme te konfronteer en op te los. Die lewe kry betekenis soos ons probleme teëkom en oplos, want probleme roep ons dapperheid en wysheid na vore. Dít is hoe ons groei en leer. M. Scott Peck sê dit sodat ons realisties kan wees, want as jy probleme begin sien as ’n geleentheid en soms selfs as ’n geskenk, dan gryp jy dit aan en jy gebruik dit!
Hou vas aan Paulus se woorde in Romeine 5:3-5: “Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm. En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag. Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde.”
Ek kan nie vir ewig die bul probeer “side step” en dink hy gaan nie weer terugkom nie. Pak die bul by die horings – gryp die groeigeleentheid met al twee hande aan. Spring op sy rug en ry hom tot sy gô uit is! -Lindie Strydom
101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE [CUM]
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Coenie Nel (89 jr), Derick Burgers, Marietjie v Breda
17 Januarie: Jimmy Duncan (85 jr), Marie Marx, Hannes Meintjies
18 Januarie: Amelia Erasmus, Dieter Stoppel
19 Januarie: Theuns Louw, Johline Steenkamp
20 Januarie: Geen verjaarsdae
21 Januarie: Jan-Lucas Kanes, Hannes Prinsloo, Lize-Mari Smit
22 Januarie: CJ Bouwer
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
Hoe lank nog?
Hoe lank sal dit nog aanhou, Here. Sal U toorn vir altyd duur, U woede soos ʼn vuur bly brand? –Psalm 79:5
In hierdie psalm betreur die psalm¬digter die verwoesting van Jerusalem deur God se vyande. Die gevolg hiervan was dat God se volk deur hulle buurlande bespot is. Maar God se woede vir sy ongehoorsame volk het steeds nie bedaar nie. Die psalmdigter wil nou weet hoe lank God se toorn teen Sy volk nog sal aanhou. Hy pleit dat God Hom tog weer oor Israel sal ontferm ter wille van die eer van sy Naam. Hy sluit sy gebed met ʼn belofte af: As die Here hulle sal red, onderneem die volk om hulle dankbaarheid met hulle dade te bewys.
As ons swaarkry vir ʼn lang ruk aanhou, maak dit ons sielsmoedeloos. Tog, as ons weet dat daardie swaarkry nie vir altyd sal aanhou nie, is dit makliker om te verduur. Soos die psalmdigter is ons ook geneig om na God te hardloop as ons in die noute is. Ons smeek Hom om genade en ons maak beloftes oor wat ons onderneem om te doen as Hy sy kant bring. Gelukkig lewe ons anderkant die kruis. Ons weet dat Jesus reeds God se toorn oor ons sonde aan die kruis afgeweer het sodat ons sonde nou vergewe kan word. Ons weet ook dat ons swaarkry nie vir altyd sal aanhou nie. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ʼn heerlikheid wat ewig bly, skryf Paulus aan die gemeente in Korinte (1 Kor 4:17).
Vader, dankie vir die versekering dat my swaarkry van die oomblik nie vir altyd sal aanhou nie, maar dat dit uiteindelik vir my sal uitloop op ʼn heerlikheid wat ewig bly. Amen. -Nina Smit
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.