26 SEPTEMBER 2021
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
Geen jeugbyeenkomste agv langnaweek
VRYDAG – Skole sluit
SONDAG 3 Oktober
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 18:00 Foyerdiens (slegs aanlyn)
BELANGRIKE DATUMS
1 Oktober : Wegneemetes
2 Oktober: Hengelkompetisie
WEGNEEM-ETES: Vrydag 1 Okt 2021
Op Vrydag 1 Okt 2021 is daar heerlike Kerrie & rys R30 en Rib-burgers R25 te koop. Help ons asb met hierdie fondsinsa¬melingsprojek deur bestellings by u werk en vriende te neem. Ons benodig ook hulp en donasies vir hierdie projek. Kontak asseblief vir Annemarie Swanepoel 082 253 1448 om u bestelling te plaas of as u kan help met die voorbereiding en aflewering.
POPI-WET
Volgens die Suid-Afrikaanse Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting [POPI-wet], moet ons toestemming van lidmate hê om persoonlike inligting te publiseer.
Indien u voel dat u nie enige persoonlike inligting in die Onder Ons gepubliseer wil hê nie, soos byvoorbeeld verjaarsdae, siekte, hospitaal opname, sel- & telefoonnommers, stel die kerkkantoor 018 294 7939 asseblief onmiddellik in kennis. – Elize
SUID WORD 65
Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!
Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.
Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie
HENGELKOMPETISIE
2 OKTOBER 2021 – Laaste kans!!!!
Die Gemeente se hengelkompetisie vind plaas op 2 Okt 2021 by die Klipdrifdam. Die kaartjies kos R150 per volwassene en R50 vir kinders onder 12 jaar (ding mee in eie afdeling en pryse) en is reeds beskikbaar by die kerkkantoor asook by Elsabé net na die oggenddiens.
Die wenpryse is soos volg:
• Swaarste karp R2500
• 2e swaarste karp R1000.00
• Swaarste baber R750
• 2e swaarste baber R500
Daar gaan ook heelwat gelukkige trekkings wees.
Ondersteun ons asseblief met hierdie projek. Ons benodig ook nog borge vir hierdie fondsinsamelingsprojek. Kontak persone: Roelf van Aswegen 084 402 8728 of Chris Kok 082 783 9499.
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Emile Calitz, Zehan de Jongh, Judy Heymans, Charmaine le Roux, Annemarie Swanepoel, Roelof vd Spuy
27 September: Geen verjaarsdae
28 September: Blikkies Alberts
29 September: Rika Nieuwoudt, Hendrik van Heerden, Christelle van Wyk
30 September: Willie Blom, Dot van Rensburg
1 Oktober: Elizabeth vd Merwe
2 Oktober: Annatjie Groenewald (86 jr)
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY:
God sien jou trane raak
Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp. Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. – Jesaja 30:19
God onderneem hier om genade aan die mense in Jerusalem te betoon. Hy sê vir hulle dat hulle nie langer hoef te huil nie omdat Hy hulle genadig sal wees as hulle na Hom roep.
Terwyl ons gesin op ʼn keer deur groot trauma is, het hierdie teks vir my ʼn besondere betekenis gekry.
Toe ek dit lees, het ek die Here self met my hoor praat. “Toemaar, my kind,” kon ek Hom duidelik hoor sê, “jy hoef nie meer te huil nie, Ek sal jou genadig wees en jou gebede verhoor”.
Wanneer ʼn klein kindjie val en seerkry, is daar altyd emmers vol trane. En ʼn kind wat seergekry het, ken net een pad: reguit na sy ma toe. Hy weet goed dat Ma hom sal optel en troos en die trane sal afvee. Net so kan jy as jy hartseer is, reguit na jou hemelse Vader gaan met jou seerkry; by Hom is daar altyd troos. Hy kan selfs die trane positief in jou lewe gebruik.
As dit op die oomblik baie moeilik met jou gaan, wil God ook vandag vir jou persoonlik kom sê: Droog maar af daardie trane.
Ek het elkeen van hulle raakgesien en Ek onderneem nou wel nie altyd om die swaarkry weg te neem nie, maar om jou te troos en by jou te wees.
Hemelse Vader, dankie dat U van elkeen van my trane weet en dat U altyd daar is vir my wanneer ek troos nodig het.Amen
-Nina Smit
FONDSINSAMELINGS
• R2-projek (Neem ʼn pilhouertjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek (gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan)
• Tweedehandse snuffelwinkel (Indien u iets het wat sommer net in die pad is by die huis, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel. -Elize
PRAAT REG, PRAAT MET WYSHEID
• Praat eerlik. Jy skuld ander mense altyd ’n stuk eerlikheid, veral as daar fout is in hulle lewe. Prediker 7:5 sê die eerlike woorde van ’n wyse is kosbaarder as die vleitaal van ’n dwaas. Nee, jy praat nie eerlik op ongeskikte maniere nie. Met sagmoedigheid wys jy ander tereg, as dit nodig is.
• Praat hartlangs. Leer by John Woolman (1720 – 1772). Hierdie kleremaker, wat ook gehelp het om slawerny af te skaf binne Amerikaanse Quaker-gemeenskappe, moes een keer met ’n klomp Indiane gaan gesels. Toe staan ’n plaaslike leier op en sit sy hand op Woolman se bors. “Ek wil voel waar sy woorde vandaan kom,” sê hy. Na ’n ruk gee hy toe ‘n teken dat die aanwesiges maar na Woolman kan luister. Sy woorde kom uit die hart. Vir die Here tel sulke tipe hartstaal ’n ewigheid meer as dooie lippetaal. Praat sulke woorde.
• Praat opbouend. Moenie mense afkraak en afbreek nie. Moenie ander slegsê of verneder nie. Bou hulle op deur jou bemoedigende woorde. Laat jou woorde altyd iets begeerliks wees omdat dit deurdrenk is met hoop en lewe. Laat dit soos die fynste silwer wees, soos wat Spreuke 10:20 sê.
– Stephan Joubert
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.