Laai volkleur Onder Ons HIER af

 

DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel

SONDAG 6 Februarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens (aanlyn)

KUIER SAAM MET DIE LEIERS
Ons nooi alle kerkraadslede, leiers, voorsitters en enige ander lidmaat uit na ‘n Bring-en-braai op Vrydagaand 4 Februarie. Vure sal voorsien word. Bring asb net eie eetgerei. Bevestig asb by Elize (0832976748) wie gaan bywoon sodat ons net idee kan hê van die hoeveelheid persone.

GEBEDSLYS
Hospitale
• Ria Louw
• Louis Spamer gaan môre, 31 Januarie vir ‘n knievervanging
Spesiale voorbidding word gevra vir Tannie Hester Green.

LIEWE SUIDERKRUIS GEMEENTE,
Dis met baie gemengde emosies dat ons Maan-dagaand gehoor het dat ons beroep is na Onrusrivier gemeente by Hermanus. Dit was vir jare lank ons droom om eendag Kaap toe te gaan, maar ons het nie gedink dit sal ooit realiseer nie. Die afgelope 26 jaar in Suid was vir ons die beste tyd van ons lewe: soveel geleer en soveel wonderlike mense ontmoet en hulle lewens gedeel. Ons is dankbaar en opgewonde oor die kans en roeping wat vir ons wag, maar ons is baie (baie, baie) hartseer om weg te gaan uit Suid – dis ons familie. Ons is gelukkig nog twee maande hier en sal DV eers op 1 April in Onrusrivier begin. In hierdie twee maande moet ons pak, huis verkoop, oral kuier waar ons kan en ook afskeid neem – afskeid is nooit lekker nie. Oom Marius het reeds in die afgelope twee maande (vandat ons genooi was vir die eerste onderhoud) die beroepingsproses in Suid in detail beplan vir ingeval dit sou nodig wees. Die kerkraad vergader Dinsdagaand om die beroepingsproses te beplan en ‘n pre-advieskom¬missie saam te stel. Ons beplan om die vakature landwyd te adverteer en glo dat die Here ons sal lei om die regte leraar vir Suid te beroep. Bid asb saam met ons vir die proses (omskrywing, advertensie, sifting, onderhoude, preekbeurte, beroeping) – wat ongeveer 6 weke sal duur – en dat die Here ons duidelik hierin sal lei. Suid is ‘n wonderlike unieke gemeente en ons glo die Here sal ons lei om die dominee te beroep wat die Here vir ons sal aanwys. Groete, -Coenie

DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ‘n wenslysie. Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor afgegee word. (Dis groot behoefte by hulle).

KRY JOU KOP REG
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,
– Kolossense 3:2
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s dit hoog tyd dat jy jou kop vars instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig. Net dit. Dis regtig so eenvoudig én so lewensveranderend soos dit. Dan maak Hy ons harte op Sy beurt vol met Sy Gees. Dan dink en praat ons oor Christus tot eer van Sy Gees.
Ons moet ‘n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry. Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op Sy reispad te stap en as ons Sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink.
Vul jou kop nou dadelik met die regte dinge… nee, vul dit met die regte Persoon! Dan is jou lewe oorvol. Dan maak sy Gees jou terselfdertyd bewus van almal, wat na Hom smag sodat jy hulle met jou gawes kan dien.
Gebed: Rig my hart op U, Christus. Laat my gedagtes en woorde vir U mooi wees. Amen.
-Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Geen verjaarsdae
31 Januarie: Duard Barnard, Maritsa Mommsen, Adél van Staden
1 Februarie: Blikkies Bosman, Riané Jacobs, Lynn Preston
2 Februarie: Kobus Jv Rensburg, Jean Nieman
3 Februarie: Jana, Juan en Leon vd Merwe (ons ander 3-ling in die gemeente)
4 Februarie: Ricarlo Ras, Martin Smit, Ivan Smit, Dyllan vd Heever
5 Februarie: Nita Botha, Boeta Burgers, Yvonne Groenewald, Christel Hope
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
Dorings het ʼn pluspunt
Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ont-berings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. 2 Kor 12:
2 Korintiërs 12:10
Dieselfde doring waarteen Paulus so geskop het, was op die ou end ʼn positiewe krag in sy lewe. Dit het hom geleer dat sy eie krag nie genoeg was vir die dorings en struikelblokke in sy lewe nie, maar God sʼn wel.
Sonder die struikelblokke en dorings in jou lewe staan jy dalk ook gevaar om te dink dat jy self kan regkom, dat jy nie regtig vir God nodig het nie. Maar deur dorings in jou lewe toe te laat, wys God vir jou dat jy nie sonder Hom kan klaarkom nie, dat jy Hom elke dag van jou lewe nodig het. Hy wil sy krag tot jou beskikking stel sodra jy bereid is om jou afhanklikheid van Hom te erken.
Op die ou end is Paulus bly oor sy doring: “Hierdie doring in my vel het skielik die krag in my lewe geword. Ek het ontdek dat swaarkry en swakhede deel van die Here se plan met my lewe is” (2 Kor 12:10, Die Boodskap).
Wil jy nie vandag ʼn blaadjie uit Paulus se boek neem nie? Kyk ʼn slag met ander oë na die struikelblokke waarvan jy ontslae wil raak. Heel waarskynlik het die Here ʼn doel met elkeen van hulle. Hy wil hulle gebruik om jou te leer om vaster op Hom te vertrou. Soos Paulus kan jy ontdek dat jou swakheid jou geleer het om heeltemal op god staat te maak.
Hemelse Vader, vandag wil ek vir U kom dankie sê vir die dorings in my lewe omdat hulle my leer om volkome afhanklik van U te lewe. – Nina Smit

FONDSINSAMELINGS
• R2-projek (neem ʼn pilhouertjie in die portaal, vul dit met R2-stukke & gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek (gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan).
• Tweedehandse snuffelwinkel (Indien u enigiets het wat sommer net in die pad is by die huis, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel. – Elize

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005

U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

CategoryOnder Ons
Follow us: