6 FEBRUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (ds Coenie se huis)

DINSDAG
17:45 Pre-advieskommissie

WOENSDAG
09:30 Oudejeugaksie

SONDAG 13 Februarie
Belydenisklaskamp
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Nagmaal (ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Uitreik – maak ʼn verskil

OUDEJEUG VERGADERING – 9 FEBR
Johanna Handford en Martie Nel nooi graag alle Oudejeug hartlik uit na ons eerste vergadering op Woensdag 9 Febr 2022 om 09:30 vir 10:00 in die klein-saaltjie.
Kom geniet saam met ons tee en doen saam beplanning vir die maande vorentoe en neem deel aan heerlike geselskap terwyl jy ontspan! Groetnis
-Johanna & Martie

GEBEDSLYS
Hospitale
• Louis Spamer
• Frikkie Eloff
• Nelia Neethling (kanker)

DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ‘n wenslysie. Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor kan afgegee word.

GEBED OM OPENHEID VIR MEKAAR
Here! Ons loof U omdat U so vreeslik wonderlik is,
omdat U luister as ons met U praat –
nie net na ons woorde nie, maar ook na die diepste versugtinge van ons hart.
Gee ons die genade, Here, om met daardie selfde openheid na mekaar te luister
– sodat ons werklik sal hoor.
Skep U self ʼn stilwees in ons,
– sodat ons mekaar kan verstaan.
Te dikwels, Here, kan ander nie hoor wat ons sê nie, omdat ons te moedeloos of te gejaagd is om die regte woorde te probeer vind … en dan verwag ons dat familie en vriende en ander bevolkingsgroepe of nasies moet weet hoe ons voel of wat ons standpunt is!
Ons formuleer nie duidelik nie, en ons luister ook nie.
Here, ek weet ek is self hieraan skuldig. Verander my gesindheid.
Lê U self die liefde in my hart en die regte woorde in my mond.
Help my sodat my idees oor U, of oor ander mense, nie in die weg staan van die werklikheid nie.
O, Heilige Gees, verander my en maak my nuut.
Skep in my ʼn hart wat kan hoor en begryp.
Ons gesinne verbrokkel, o Here, omdat ons nie werklik kommunikeer nie.
Verhoudinge tussen die groepe in ons land kwyn omdat ons vaskyk teen karikature
wat ons self opgebou of deur die media geabsorbeer het.
In die Naam van ons Here, Jesus Christus, bid ek:
Here, gee ons oë om mekaar werklik raak te sien, en ore om te hoor sodat ons saam na U kan luister, ons hande na mekaar kan uitsteek en saam kan werk aan ʼn beter toekoms vir almal. Here, kom ons ongeloof tot hulp! –Annemie Bosch
(Uit Die Groot Gebedeboek,
saamgestel deur Piet Naudé,uitgegee deur Lux Verbi BM)

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Mariette Breytenbach, Alda de Villiers, Schalk du Plessis, Marina Fourie
7 Februarie: Hester Green (87jr), Wilna Fick, Juandré Scheepers
8 Februarie: Jolene Theron
9 Februarie: Corniël Calitz, Elbé vd Merwe
10 Februarie: Jolandie Kriel, Elmary Oosthuizen, Brenden van Niekerk
11 Februarie: Talida Ludick, Ansuné Smit
12 Februarie: CJ Viljoen, Mia Viljoen
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
Jy mag maar kla
Kyk tog, Here, en sien tog raak hoe verag ek is. -Klaagliedere 1:11
Die boek Klaagliedere bestaan uit vyf liedere wat die profeet Jeremia geskryf het terwyl die volk Israel ballinge in Babel was en baie swaar gekry het. In hierdie boek verwoord Jeremia sy verwar¬ring en seerkry oor die lot van sy volk. Hy pleit by die Here om die volk se swaarkry raak te sien en vir hulle weer uitkoms te tee.
Vir kinders van die Here help dit altyd om te praat oor die dinge wat pla. In krisissituasies mag jy ook, soos Jeremia, vir God vra: “Help tog, Here, sien tog raak.” Want God se kinders spring nie swaarkry vry nie: elkeen van ons kry sy porsie. Gelowiges hanteer hierdie swaarkry heel anders as ongelowiges. Hulle het ʼn onlosmaaklike band met God omdat Hy hulle uitgekies het as sy kinders en omdat Hy hulle van die mag van sonde verlos het.
Hulle weet dat krisisse hulle nie van God kan wegruk nie. Inteendeel, soms is krisisse juis die oorsaak van ʼn dieper en inniger verhouding met God. Soms gebruik die Here seerkry en swaarkry in jou lewe om jou weer ʼn slag nader aan Hom te bring. Hierdie feit kan jou, jou eie krisisse anders laat beleef. Alhoewel jy weet dat die swaarkry in jou lewe nie uitgevee gaan word nie, weet jy ook dat jy ʼn God het wat jou sal bystaan in krisissituasies. Hierdie wete gaan jou persoonlike stuk swaarkry baie makliker maak om te verdra.
Hemelse Vader, baie dankie dat ek seker mag weet dat u arms om my sal wees in elke krisis. Help my om nooit paniekerig te raak nie, maar my probleme na U toe te bring. Amen –Nina Smit

DIE KONING KOM, ONS HOOR SY VOET¬STAPPE, SELFS IN DIE NATUUR
“Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskil¬lende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ʼn begin van die smarte” -Mark 13:8 (53-vertaling)
Wanneer die natuurkragte in felle hewigheid losbreek, is God besig om sy oordeel te begin voltrek. Die tekens in die natuur is ook die uiting van die doodsworsteling van die skepping, wat op pad is na die einde. Maar meer nog: dit is die openbaring van die worsteling tussen lig en duisternis, tussen God en Satan. Aan die een kant sien ons daarin die mag en majesteit van God. Selfs die natuur werk mee in die verbreiding van die evangelie.
Natuurrampe en ellende bring die mens op die knieë voor die hoë God. Aan die ander kant woel en werk die mag van die sonde om mense weg te trek van God. Steeds skerper en feller word die stryd teen God. Uiteindelik vloek en skel die verharde mens teen die Skepper wanneer die rampe en nood in die skepping hom tref.
Aardbewings versteur die rustige bestaan van die mens. Die aarde wankel onder hom. Stede en dorpe verdwyn. Duisende mense sterwe. Merk op die naderende voetstappe. Moenie dat dit by jou verbygaan nie.
Hongersnood maai duisende af. Dit is asof die natuur self sat is van die las om die mensdom te dra en te voed. Aan die ander kant word duisende tonne graan en voedsel vernietig, want daar is geen mark daarvoor nie. Enkelinge lewe in weelde en swelg in wellus. So gaan die Skrif in vervulling. Luister maar: “’n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie” (Openb. 6:6; 53-vertaling). Aan die een kant die groot skaarste en nood, aan die anderkant groot weelde en voorspoed. Mense bekommer hulle nog oor olie en wyn – rykmansgenot – terwyl duisende veg om ‘n stukkie brood te koop.
In die katastrofes van die ontwrigte ekonomiese en maatskaplike lewe klink die klokkegebeier wat die koms van die Koning aandui.
-Ds M J Booyens
[Tel die sterre]

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.

 

 

 

Laai volkleur Onder Ons HIER af

 

DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel

SONDAG 6 Februarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens (aanlyn)

KUIER SAAM MET DIE LEIERS
Ons nooi alle kerkraadslede, leiers, voorsitters en enige ander lidmaat uit na ‘n Bring-en-braai op Vrydagaand 4 Februarie. Vure sal voorsien word. Bring asb net eie eetgerei. Bevestig asb by Elize (0832976748) wie gaan bywoon sodat ons net idee kan hê van die hoeveelheid persone.

GEBEDSLYS
Hospitale
• Ria Louw
• Louis Spamer gaan môre, 31 Januarie vir ‘n knievervanging
Spesiale voorbidding word gevra vir Tannie Hester Green.

LIEWE SUIDERKRUIS GEMEENTE,
Dis met baie gemengde emosies dat ons Maan-dagaand gehoor het dat ons beroep is na Onrusrivier gemeente by Hermanus. Dit was vir jare lank ons droom om eendag Kaap toe te gaan, maar ons het nie gedink dit sal ooit realiseer nie. Die afgelope 26 jaar in Suid was vir ons die beste tyd van ons lewe: soveel geleer en soveel wonderlike mense ontmoet en hulle lewens gedeel. Ons is dankbaar en opgewonde oor die kans en roeping wat vir ons wag, maar ons is baie (baie, baie) hartseer om weg te gaan uit Suid – dis ons familie. Ons is gelukkig nog twee maande hier en sal DV eers op 1 April in Onrusrivier begin. In hierdie twee maande moet ons pak, huis verkoop, oral kuier waar ons kan en ook afskeid neem – afskeid is nooit lekker nie. Oom Marius het reeds in die afgelope twee maande (vandat ons genooi was vir die eerste onderhoud) die beroepingsproses in Suid in detail beplan vir ingeval dit sou nodig wees. Die kerkraad vergader Dinsdagaand om die beroepingsproses te beplan en ‘n pre-advieskom¬missie saam te stel. Ons beplan om die vakature landwyd te adverteer en glo dat die Here ons sal lei om die regte leraar vir Suid te beroep. Bid asb saam met ons vir die proses (omskrywing, advertensie, sifting, onderhoude, preekbeurte, beroeping) – wat ongeveer 6 weke sal duur – en dat die Here ons duidelik hierin sal lei. Suid is ‘n wonderlike unieke gemeente en ons glo die Here sal ons lei om die dominee te beroep wat die Here vir ons sal aanwys. Groete, -Coenie

DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ‘n wenslysie. Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor afgegee word. (Dis groot behoefte by hulle).

KRY JOU KOP REG
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,
– Kolossense 3:2
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s dit hoog tyd dat jy jou kop vars instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig. Net dit. Dis regtig so eenvoudig én so lewensveranderend soos dit. Dan maak Hy ons harte op Sy beurt vol met Sy Gees. Dan dink en praat ons oor Christus tot eer van Sy Gees.
Ons moet ‘n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry. Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op Sy reispad te stap en as ons Sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink.
Vul jou kop nou dadelik met die regte dinge… nee, vul dit met die regte Persoon! Dan is jou lewe oorvol. Dan maak sy Gees jou terselfdertyd bewus van almal, wat na Hom smag sodat jy hulle met jou gawes kan dien.
Gebed: Rig my hart op U, Christus. Laat my gedagtes en woorde vir U mooi wees. Amen.
-Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Geen verjaarsdae
31 Januarie: Duard Barnard, Maritsa Mommsen, Adél van Staden
1 Februarie: Blikkies Bosman, Riané Jacobs, Lynn Preston
2 Februarie: Kobus Jv Rensburg, Jean Nieman
3 Februarie: Jana, Juan en Leon vd Merwe (ons ander 3-ling in die gemeente)
4 Februarie: Ricarlo Ras, Martin Smit, Ivan Smit, Dyllan vd Heever
5 Februarie: Nita Botha, Boeta Burgers, Yvonne Groenewald, Christel Hope
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
Dorings het ʼn pluspunt
Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ont-berings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. 2 Kor 12:
2 Korintiërs 12:10
Dieselfde doring waarteen Paulus so geskop het, was op die ou end ʼn positiewe krag in sy lewe. Dit het hom geleer dat sy eie krag nie genoeg was vir die dorings en struikelblokke in sy lewe nie, maar God sʼn wel.
Sonder die struikelblokke en dorings in jou lewe staan jy dalk ook gevaar om te dink dat jy self kan regkom, dat jy nie regtig vir God nodig het nie. Maar deur dorings in jou lewe toe te laat, wys God vir jou dat jy nie sonder Hom kan klaarkom nie, dat jy Hom elke dag van jou lewe nodig het. Hy wil sy krag tot jou beskikking stel sodra jy bereid is om jou afhanklikheid van Hom te erken.
Op die ou end is Paulus bly oor sy doring: “Hierdie doring in my vel het skielik die krag in my lewe geword. Ek het ontdek dat swaarkry en swakhede deel van die Here se plan met my lewe is” (2 Kor 12:10, Die Boodskap).
Wil jy nie vandag ʼn blaadjie uit Paulus se boek neem nie? Kyk ʼn slag met ander oë na die struikelblokke waarvan jy ontslae wil raak. Heel waarskynlik het die Here ʼn doel met elkeen van hulle. Hy wil hulle gebruik om jou te leer om vaster op Hom te vertrou. Soos Paulus kan jy ontdek dat jou swakheid jou geleer het om heeltemal op god staat te maak.
Hemelse Vader, vandag wil ek vir U kom dankie sê vir die dorings in my lewe omdat hulle my leer om volkome afhanklik van U te lewe. – Nina Smit

FONDSINSAMELINGS
• R2-projek (neem ʼn pilhouertjie in die portaal, vul dit met R2-stukke & gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek (gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan).
• Tweedehandse snuffelwinkel (Indien u enigiets het wat sommer net in die pad is by die huis, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel. – Elize

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005

U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

Laai volkleur Onder Ons (pdf) HIER af

16 JANUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Kinderdiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

MA-WO: WEEK VAN GEBED (Uitdeelstukke by die deure)

SONDAG 23 Januarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Reguitstraat 13+
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens (aanlyn)

Here ons God,
Hier aan die begin van die nuwe jaar wil ons geborgenheid en troos by U kom soek.
Daar is so baie dinge wat ons nie weet nie,
so baie dinge wat vir ons nuut sal wees in die nuwe jaar, dinge wat op ons wag.
Dankie dat Ú weet wat dit is, Here.
Dankie dat U voor ons uitgaan,
en agter ons aankom.
Dankie dat u liefde en trou ons omring,
dat U ons bewaar,
dat ons skuiling by U kan vind,
troos daarin kan vind dat U die Almagtige is,
dat U van ewigheid tot ewigheid God is.
Dankie dat U vanjaar opnuut weer u ewige arms oopmaak om ons te versorg.
Dankie dat ons rus kan vind by u altare,
Here van die Leërskare.
Wil U ons dan in hierdie jaar toevou in u liefde,
ons geloof versterk deur u Gees
en ons hoop gee deur u Woord. Amen. -Jaco

VERLOF – DS COENIE
Ds Coenie is met verlof vanaf Maandag 21 Januarie tot en met 30 Januarie. In dringende gevalle kontak asseblief die kerkkantoor (0182947939/0832976748).

BELANGRIKE DATUMS
16 – 19 Januarie:
Gebed, Toewydings- en Aanmeldingsweek

MOOISTE JAAR
Elke dag, week, maand en jaar is ʼn groot geskenk van uit die Vader se hand. Ons is bevoorreg om in die jaar 2022 te mag leef. Mag die Here jou vashou en bewaar en seën. My gebed is dat die Here hierdie jaar Psalm 103 vir jou sal waar maak: dat Hy al jou sondes sal vergewe, al jou siektes genees, jou red van die graf, jou die goeie in oorvloed sal laat geniet en jou die oorvloedige krag van ʼn arend sal skenk.
–ds Coenie

Elke jaar is ʼn nuwe tyd en dit bring nuwe uitdagings. Saam met die uitdagings kom daar ook weer nuwe drome en nuwe geleenthede. Hierdie jaar, soos alle ander jare, sal ook groot uitdagings aan Suiderkruis Gemeente bring. ʼn Groot deel van die pad is nog baie onseker. Maar wat vasstaan, is dat die Here hierdie gemeente in 2022 wil gebruik om ʼn lig te wees in ons omgewing; om balsem te smeer op wonde; om gebrokenes van hart op te tel en aan verlore mense die Goeie Nuus (Evangelie) te bring. Dit is die doel van ons gemeentewees. Wil jy nie asb in hierdie jaar kies om getrou te wees in jou deelname en inskakeling in die gemeente nie? Maak vandag ʼn keuse om by een van die groepe of bedieninge in die gemeente aan te meld en ʼn verskil te maak? Hoe meer mense betrokke is, hoe lekkerder is dit vir almal. Ons kort helpers by die jeug en kinderkerke; in die foyer met die bediening van koffie en tee voor en na eredienste; by die beeld- en klankspan; by die musiekgroep, selgroepe, dienswerkers in die erediens, ens. Dalk wil die Here jou daarvoor gebruik – meld aan en maak ʼn verskil! –ds Coenie

WEEK VAN GEBED
Ons begin elke jaar ons gemeentejaar met ʼn tyd van stilword (4 gebedsdae). Gebedsprogramme sal Sondag 16 Januarie by die deure beskikbaar wees. Neem asb ʼn gebedsprogram en gebruik elke dag 10 minute om saam met ons na te dink oor die Woord, ons lewens, ons roeping, ens. Bid elke dag saam met ons vir die sake wat genoem word. Ons droom is dat pappas en mammas en kinders in hierdie 4 dae sal moeite doen om saam Bybel te lees en te bid. Gebruik hierdie paar dae om sommer net as gesin stil te word voor die Here… -ds Coenie

PAK DIE BUL BY DIE HORINGS!
Ons wens dikwels die lewe se rowwe tye was soos ’n “mechanical bull”. Wanneer jy so ’n bul ry, ruk hy jou so ’n paar keer rond terwyl jy kyk hoe lank jy kan vashou, en almal lag hulle slap. Jy weet iemand gaan enige oomblik die stop-knoppie druk sodat die volgende ou ’n beurt kan kry, en as jy afval, is dit op sagte spons reg rondom die speel-speel bul. Maar in die regte lewe is ons eerder in ’n arena met ’n kwaai gedierte wat aanhoudend op ons afstorm. Ek was nie heeltemal voorbereid daarop nie. Ek het nie die tawwe tye verwag nie!
M. Scott Peck skryf in sy boek THE ROAD LESS TRAVELLED: Die lewe is moeilik. Die lewe is eintlik een lang probleem wat opgelos moet word. As ons dit net eers verstaan en aanvaar, is die lewe nie meer moeilik nie. Wat die lewe moeilik maak, is die proses om hierdie probleme te konfronteer en op te los. Die lewe kry betekenis soos ons probleme teëkom en oplos, want probleme roep ons dapperheid en wysheid na vore. Dít is hoe ons groei en leer. M. Scott Peck sê dit sodat ons realisties kan wees, want as jy probleme begin sien as ’n geleentheid en soms selfs as ’n geskenk, dan gryp jy dit aan en jy gebruik dit!
Hou vas aan Paulus se woorde in Romeine 5:3-5: “Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm. En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag. Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde.”
Ek kan nie vir ewig die bul probeer “side step” en dink hy gaan nie weer terugkom nie. Pak die bul by die horings – gryp die groeigeleentheid met al twee hande aan. Spring op sy rug en ry hom tot sy gô uit is! -Lindie Strydom
101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE [CUM]

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Coenie Nel (89 jr), Derick Burgers, Marietjie v Breda
17 Januarie: Jimmy Duncan (85 jr), Marie Marx, Hannes Meintjies
18 Januarie: Amelia Erasmus, Dieter Stoppel
19 Januarie: Theuns Louw, Johline Steenkamp
20 Januarie: Geen verjaarsdae
21 Januarie: Jan-Lucas Kanes, Hannes Prinsloo, Lize-Mari Smit
22 Januarie: CJ Bouwer
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
Hoe lank nog?
Hoe lank sal dit nog aanhou, Here. Sal U toorn vir altyd duur, U woede soos ʼn vuur bly brand? –Psalm 79:5
In hierdie psalm betreur die psalm¬digter die verwoesting van Jerusalem deur God se vyande. Die gevolg hiervan was dat God se volk deur hulle buurlande bespot is. Maar God se woede vir sy ongehoorsame volk het steeds nie bedaar nie. Die psalmdigter wil nou weet hoe lank God se toorn teen Sy volk nog sal aanhou. Hy pleit dat God Hom tog weer oor Israel sal ontferm ter wille van die eer van sy Naam. Hy sluit sy gebed met ʼn belofte af: As die Here hulle sal red, onderneem die volk om hulle dankbaarheid met hulle dade te bewys.
As ons swaarkry vir ʼn lang ruk aanhou, maak dit ons sielsmoedeloos. Tog, as ons weet dat daardie swaarkry nie vir altyd sal aanhou nie, is dit makliker om te verduur. Soos die psalmdigter is ons ook geneig om na God te hardloop as ons in die noute is. Ons smeek Hom om genade en ons maak beloftes oor wat ons onderneem om te doen as Hy sy kant bring. Gelukkig lewe ons anderkant die kruis. Ons weet dat Jesus reeds God se toorn oor ons sonde aan die kruis afgeweer het sodat ons sonde nou vergewe kan word. Ons weet ook dat ons swaarkry nie vir altyd sal aanhou nie. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ʼn heerlikheid wat ewig bly, skryf Paulus aan die gemeente in Korinte (1 Kor 4:17).
Vader, dankie vir die versekering dat my swaarkry van die oomblik nie vir altyd sal aanhou nie, maar dat dit uiteindelik vir my sal uitloop op ʼn heerlikheid wat ewig bly. Amen. -Nina Smit

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.

Skrywe aan die gemeente van Suiderkruis. 

Paulus het aan die gemeente van Korinthe `n brief geskryf waarin hy hulle bemoedig het om te volhard in die geloof en daarom skryf ek ook vandag `n brief.

Ds. Coenie, kerkraad, broers en susters, ooms en tannies en kinders. Ek glo ek het almal hier genoem. Vir die afgelope 18 jaar wat ek in die gemeente van Suiderkruis is, het hier groot manne die amp van Leier Ouderling gedra. Ek dink aan oom Blackie, oom Charl en oom Ben Kriel. Dit gaan nie maklik wees om hierdie skoene vol te staan nie, maar as daar een ding is wat ek wel weet is dat die Here vir my die krag en leiding sal bied. In 2 Sam.22:29 & 30 staan daar geskryf – “Met my God loop ek `n bende storm en spring ek oor `n muur”. In my hart is die Met om saam aan `n uitdaging te werk. En ja dit gaan ook `n uitdaging wees in die tyd wat kom. So ek glo dat ek MET elkeen van julle sal kan saam werk. Die toekoms gaan beslis baie uitdagings vir Suiderkruis gemeente bring, en ons sal almal saam hande moet vat om die regte besluite en voorbeelde te stel. Ek is ook dankbaar om in `n gemeente soos Suiderkruis hierdie amp te aanvaar, want julle is net ongelooflike mense. Al die eer kom aan die Here toe en ek bid vir leiding en vra dat julle ook aan my sal dink in gebed, dat die pad wat ons sal stap die regte pad sal wees en dat hierdie gemeente van krag tot krag sal gaan. Ongeag wat die pandemie wil maak, glo ek dat hierdie gemeente sy stem sal laat hoor in die gemeenskap en dat ons altyd trots sal wees op elke lidmaat en mense in die samelewing.

Ons staan voor Kersfees 2021 en `n nuwejaar 2022. Ek wil namens my huisgesin aan elkeen van julle `n vreugdevolle Christus fees en `n baie voorspoedige nuwe jaar toewens. My gebed is dat ons saam MET God oor al die hindernisse sal kom en op die einde van die dag sal seëvier as Sy gehoorsame kinders. Voel asseblief welkom om my te kontak indien U `n besoek verlang of enige noodgevalle wil aanmeld. Groete en liefde. JvW.

Kontak besonderhede:

  • Sel: 071 676 8679
  • Huis: 018 297 5386
  • e-pos: jm.vanwyk@vodamail.co.za

Aan die einde van die oujaar kom ons bymekaar om na te dink oor die oujaar maar ook om die nuwe jaar aan die Here op te dra. Dis een van die spesiaalste dienste in die jaar. Kom kuier en aanbid saam met ons…

Page 8 of 11 1 6 7 8 9 10 11
Follow us: