DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Marius de Beer
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

Woensdag 9 Augustus – Vrouedag

Sondag 13 Augustus
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Nagmaal
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

NAGMAAL
Ons nooi u almal uit na volgende Sondag se nagmaal om 09:00. Onthou asseblief u nagmaal-koevertjie.

PROJEKTE WAT LOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brande-wyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

LEKWENA STERREKYK 13 AUGUSTUS 2023
Ons is baie opgewonde om julle uit te nooi na ons volgende jeug aksie. Bring jou maats saam, almal is welkom, maak nie saak watter kerk jy is nie. Ouers kan kinders tussen 17:30 en 18:00 aflaai. Dit eindig om 20:00. Die kinders kom in die groot skuur bymekaar. Ouers is welkom om in die restaurant te kuier, dit is oop vir versnapperings. Daar mag nie eie eetgoed ingebring word nie, die kinders ontvang ‘n pakkie. Ons gaan in die skuur na sterrepraatjie luister waarna ons lekker na die dam gaan stap om sterre te kyk. Bring jou eie kombers en flits! Sien uit om julle daar te hê.

PROE-AAND
Ons nooi u uit om saam met ons te kom kuier Vrydagaand, 29 September, 18:00. Kaartjies kos slegs R50. Ons kan slegs 150 kaartjies verkoop en die kaartjies is elke jaar sommer gou uitverkoop. Daar gaan ‘n spesiale gaskunstenaar wees en die wenners van die bottel brandewyn sowel as die kwiltdeken gaan aangewys word.
Meer besonderhede en kaartjies volg binnekort. – Johanna Handford

TONEELGROEP UITNODIGING
Ons maak graag aan u bekend dat Suiderkruis gemeente nou ʼn toneelgroep het, wat goedgekeur is deur die kerkraad tydens die laaste vergadering. Ons gaan deur middel van musiek, mimiek, dans en vlae, bybeltemas uitbeeld en so die Woord op ‘n ander wyse, visueel aan die gemeente bring. Die groep kan slegs suksesvol wees indien daar genoeg gemeentelede asook nie-gemeentelede, betrokke raak by die uitsonderlike projek. Sonder voldoende lede kan die projek nie suksesvol uitgevoer word nie. Ons wil graag almal uitnooi om betrokke te raak by hierdie projek. Ons het nie nét akteurs nodig nie, so as jy nie in die kollig wil wees nie, benodig ons ook lede vir dekor/klere/bema¬rking/verhoogbestuur. Kom gooi jou talent in die mandjie!!! Kontak gerus vir Hein Fourie – 082 222 3844 as u betrokke wil raak by hierdie projek.

SO, WIE IS MY NAASTE?
“Wie is my naaste?” Wie van ons ken nie hierdie vraag nie. Dit word in Lukas 10 deur ’n skrifge¬leerde aan Jesus gevra. Toe antwoord Jesus hom deur die gelykenis van die Samaritaan. Hy vertel by name vir hom van ‘n man, wat op die pad tussen Jerigo en Jerusalem deur rowers aange¬rand en toe net daar agtergelaat is. ’n Priester en ’n Leviet het later by hierdie arme man verby¬gestap, maar hulle het hom nie gehelp nie. ’n Samaritaan het egter gestop en gehelp.
Nadat Jesus hierdie verhaal vertel het, vra Hy vir die skrifgeleerde: “Wie is die naaste van hierdie man, wat onder die rowers deurgeloop het?” Wat ’n teenvraag! Jesus verander die gesprek oor jou naaste dus vanaf teorie na praktyk en vanaf ‘n toeskouerperspektief na dié van die slagoffer se belewenis. Met ander woorde slegs die ontvangers van ander mense se hulp kan op die ou end die regte antwoord gee op die vraag: “Wie is my naaste?” Al kan ons nie self besluit wie is ons naaste nie, het ons altyd ’n morele verpligting teenoor ander. Ons kom dit na deur daagliks met die omgeehart van die Samaritaan te leef. Dan staan onsself enige oomblik die kans om ’n naaste te word vir iemand, wat ons pad kruis.
-Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Marco Oosthuizen
7 Augustus: Sarel Cilliers, David Neethling, Ettienne van Heerden
8 Augustus: Wian Thomas
9 Augustus: Dewald v Breda, Victor Visser
10 Augustus: Lena van Rooyen (80 jr), Ina Fourie
11 Augustus: Lientjie Botha, Petro Engelbrecht, Tasha Kok, Tersia Pretorius
12 Augustus: Karien du Preez

HENGELKOMPETISIE
Ons jaarlikse Hengelkompetisie vind die jaar plaas op Saterdag 14 Oktober 2023 te Klipdriftdam. Die kaartjies kos R180 per volw en R90 per kind onder 12 jaar. Pryse is soos volg:
• Swaarste karp – R2500
• 2e swaarste karp – R1000
• Swaarste baber – R750
• 2e swaarste baber – R500
Kinders onder 12 ding mee in eie afdeling en pryse
Kaartjies is reeds beskikbaar by Roelf v Aswegen (0844028728), of deur die week by die Kerkkan¬toor. Slegs 100 kaartjies is beskikbaar.
Die kaartjies verkoop alreeds vinnig, moenie uitmis op hierdie spesiale geleentheid nie. Daar is won-derlike trekpryse om te wen. Indien u ook kan help om ons te borg met kontant of enige prys, kontak asb vir Roelf (0844028728) of Thys (0722611661).

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

Maar in al hierdie dinge is ons meer
as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
Want ek is versekerd dat geen dood
of lewe of engele of owerhede
of magte of teenwoordige
of toekomende dinge of hoogte
of diepte of enige ander skepsel
ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus,
onse Here, is nie. – Rom 8:37-39

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa
Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005

—-

Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

CategoryUncategorized
Follow us: