DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

Sondag 11 Junie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Betsie Kuhn

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay:30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Potjiekoskompetisie: 25 Junie 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

DIE GROOT BELOFTE
“Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.” – Jesaja 7:14 (53-vert)
As die Here dit nie self doen nie, kom daar niks van nie, dan is daar geen hoop nie en ook geen heil nie….
Die Almagtige stuur, deur sy dienskneg Jesaja, die mees gerusstellende boodskap aan die benoude koning Agas wat in die benardste omstandighede verkeer het. Oor die dinge waarvoor die koning en sy volk vrees kom die boodskap: “Só sê die Here Here: Dit sal nie gebeur nie.” En indien Agas tóg daaroor sou twyfel, kon hy enige teken uit die hemel of die doderyk vra om sy geloof te versterk. Maar Agas doen dit nie. Liewer armsalige menslike pogings, liewer selfs angs en onsekerheid deurstaan, as om een keer in sy lewe dit met sy God te waag en volkome, maar dan ook volkome, op God se woord te vertrou. Intussen sal dit tog kom. God gaan sy koninklike weg. Sy raad bestaan en Hy doen na sy welbehae. Die verlos¬sing kom, die heil sal deurbreek – met of sonder Agas en sy kleingelowige, skynvrome bondgenote.
En wonderlik is dit wat God laat kom. Te midde van oorloë en gerugte van oorloë, te midde van menseangs en die radeloosheid van volkeleiers, gee God die visioen van ‘n moeder in blye verwagting, van ‘n kindjie wat gebore sal word, van ‘n naam en belofte wat die kindjie sal dra:
Immanuel: God met ons. God nie teen ons nie, nie onbewoë hoog en ver bo ons nie; maar met ons, naby ons, naas ons, vir ons; en dít nieteenstaande al ons sonde en oortredinge.
Hoe kosbaar, waaragtig verlossend en reddend is hierdie Godsbelofte in Bethlehem vervul (vgl Matt 1:22). Niemand in Jesaja se dae sou kon dink dat dit op so ‘n manier vervul sou word nie. Jesaja self het dit nie so kon verstaan nie.
Nou nog staan bo oorloë en gerugte van oorloë, bo menseangs en radeloosheid van volkeleiers die Godsgesig, die Christusbelofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde waar geregtigheid sal woon en God alles in almal sal wees.
Hoe dit sal kom en wanneer dit sal kom – God weet dit alleen. Vir ons persoonlik is die vraag of ons soos Jesaja daarin sal deel, of soos Agas daarbuite sal staan. En die toets is: die geloof.
-Prof dr B Gemser [Bybelse Dagboek]
Reds: ds JGM Dreyer en drs B Gemser,
JH Greyvenstein en HP Wolmarans

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Chris Scholtz (82jr), Vasti vd Spuy, Kaliah Burger
5 Junie: Willem Otto, Chantelle Viljoen
6 Junie: Charl Marais
7 Junie: Willem Botes
8 Junie: Carlizette Oberholzer, Bruno Schoenfeld, Emmerentia Visser
9 Junie: Elsie vd Linde
10 Junie: Geen verjaarsdae

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.

ONS LEER BY NUWE CHRISTENE VAN GASVRYHEID
Ek dink met nostalgie terug aan my kinderjare, toe gaste soms ongenooid by ons huis opgedaag het en met liefde en gasvryheid oorval is. Ek dink terug aan my liewe ma, wat met haar oop hart gaste ontvang en bederf het. Almal het na die kuier ‘n bossie blomme uit die tuin, groente uit die groentetuin of tuisgebakte koekies gekry om saam te neem huis toe. Deesdae is daar ook baie gasvrye mense, maar ons is dikwels suinig met ons tyd, omdat ons lewens so gejaagd is.
Ons kan by nuwe Christene leer van gasvryheid. In Lukas lees ons die verhaal van Saggeus, die hooftollenaar. Jesus het homself uitgenooi om by Saggeus te gaan kuier, nadat hy hom in die vyeboom gesien sit het. Net daar kom Saggues tot bekering en sy hele huisgesin word gered. Wat ‘n wonderlike einde vir ‘n ongenooide kuier! In Handelinge 16 lees ons van die purperverkoopster, Lydia. Paulus het met haar gesels oor Jesus en sy het haar hart oopgemaak. Toe is sy en die ander lede van haar huishouding gedoop. In Handelinge 16:15 sê sy: “Aangesien julle daarvan oortuig is dat ek in die Here glo, kom bly dan by my oor.”Toe Lydia se hart vir die Here oopgegaan het, het haar hart ook vir mense oopgegaan.
In Handelinge 2:44 lees ons van die besielende voorbeeld van die eerste gemeente in Jerusalem: Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom en hulle het alles, wat hulle besit het, met mekaar gedeel.
Volgens die woordeboek beteken “gasvryheid” om ‘n goeie ontvangs en verwelkoming te bied aan diegene, wat dit nodig het. As ‘n mens die woord “gasvryheid” direk uit Grieks vertaal, beteken dit ‘n liefde vir vreemdelinge. Dit is met ander woorde om ‘n gevoel van goedgesindheid te hê en dit met woord en daad uit te dra.
Om ‘n gevoel van goedgesindheid en warmte by jou vriende te skep, is redelik maklik, maar om vreemdelinge met liefde en respek te ontvang, vereis dat jy dit doelgerig moet doen. Bid dat jou huis en ook jou hart oop sal wees vir vriend en vreemdeling. Bid dat almal, wat oor jou drumpel by jou huis of jou werk tree, ‘n gevoel van warmte sal ervaar. Maak seker dat jy tyd maak vir vriend of vreemdeling, wat van jou tyd en aandag nodig het. As die kuier ‘n maaltyd vereis, maak dit met liefde en sit dit met sorg voor. Al was die kuier onverwags en jou bestanddele maar karig, sal gaste soos konings eet, as jy hulle laat welkom voel. Luister aandagtig na hulle gesprekke en onthou om nie na te laat om, soos die eerste gemeentelede, tydens jul kuier oor Jesus te praat nie! -Helena Smith [eKerk]

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

CategoryUncategorized
Follow us: