DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Dinsdag 1 Augustus
18:00 Kerkraadsvergadering
Sondag 6 Augustus
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
PROJEKTE WAT LOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn:
Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie.
By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!!
Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken:
Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen.
Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
MAAK TYD VIR STILTE IN ‘N BESIGE, RASE-RIGE WÊRELD
Op ‘n yskoue wintersoggend voor ek moet opstaan vir werk, dink ek aan baie verskonings om ‘n bietjie later in my warm bed te lê. Dan bestee ek ook soms minder tyd aan stiltetyd en soms kom ek glad nie daarby uit nie. Dit is opvallend hoe dit dan vir my voel asof alles in die dag skeefloop en ek mis die vreugde en vrede, wat ek ondervind, nadat ek genoeg tyd saam met die Here spandeer het.
“Learning to be quiet before the Lord is one of the greatest challenges we face in our quest to enter in an experience of true intimacy with Him,”
sê James Goll. Baie van ons het besige lewens. Ons staan vroeg op, jaag werk toe, jaag huis toe, verrig ‘n paar huistake en val doodmoeg in die bed. By sommige van ons versteur die geraas van die TV, radio of sosiale verpligtinge ons alleentyd met God.
Om alleentyd met God deur te bring in ‘n gejaagde en raserige wêreld verg doelgerigtheid en selfdissipline. In die Bybel lees ons ‘n paar keer hoe Jesus homself afgesonder het om te gaan bid. Na die vermeerdering van die brode lees ons in Matteus 22:23: “Daana het Hy teen die berg uitgeklim om te gaan bid.” Voordat Jesus gevange geneem is, was Hy en Sy dissipels in die tuin van Getsemane. In Matteus 26:36 lees ons: “Hy sê: ‘Sit julle hier, terwyl ek daar anderkant gaan bid.” Dit is vir my opvallend dat Jesus daarvan gehou het om eenkant en in stilte met Sy Vader te praat.
Dikwels probeer ons om ons laksheid om tyd met die Here deur te bring, regverdig deur besigheid (busyness) en moegheid voor te hou. Dit is egter verbasend hoe verfris en gemotiveerd ‘n mens voel nadat jy ‘n tydjie alleen saam met God deurgebring het, al moes jy ‘n paar minute vroeër opstaan. Soms is dit nodig om jou eie behoeftes en begeertes op te offer om kwaliteit tyd met God te spandeer. In Psalm 5:4 lees ons dat Dawid sy dag met gebed begin het: “Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.” As jy ‘n aandmens is, wat eerder saans ‘n tydjie kan afstaan, skakel daardie TV of rekenaar af en maak die Bybel oop. As jy in die erge verkeer op pad werk toe ry, is daar hope tyd om jou hart oop te maak voor die Here.
Terwyl jy tyd in gebed en met die Woord deurbring, leer jy God beter ken en jou verhouding met God versterk. Vir enige verhouding moet ‘n mens tyd maak as jy wil hê dit moet floreer. Jou verhouding met God sal net floreer as jy doelgerig tyd vir Hom maak. – Helena Smith [eKerk]
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Pieter v Deventer
31 Julie: Hennie Kriel, Erika Botha, Henry Harber
1 Augustus: Alta Beukes, Louise Engelbrecht, Corné Kleynhans, Desiré Moolman, Zane Nell, Michelle Vlok
2 Augustus: Alpha Marais
3 Augustus: Joey Botha, Erika Pieterse, Liefbertus vd Berg
4 Augustus: Liani de Jongh, Melissa Theron
5 Augustus: Kamiska Botha, Kayleigh Smit
Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: Sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.
Werklike liefde is dít:
nie die liefde wat ons vir God het nie,
maar die liefde wat Hy aan ons bewys het
deur Sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. – 1 Joh 4:9-14
PASTORALE BERADINGSKURSUS
TRAUMA AS `N VERWOESTER – PASTORALE PERSPEKTIEWE
Dinsdag 15 Augustus 2023
Zoom aanbieding – Prof Wentzel Coetzer
In hierdie kursus word daar gefokus op die pastorale begeleidingsproses tot heling en herstel na traumatiese ervarings soos plaasmoorde, motorkapings, aanranding, verkragting, bankrowe, geweldsmisdaad, ens. Talle praktiese voorbeelde sal bespreek word aan die hand van aspekte soos die volgende:
Wat gebeur wanneer ʼn persoon trauma beleef?
Post-traumatiese stresversteuring
Die noue verband tussen liggaam, gees en emosies
Faktore wat die genesingsproses kan bevorder
Hoe bid ons saam met ʼn getraumatiseerde persoon?
Die sin-vraag na trauma.
ʼn Pastorale model vir die begeleiding van trauma slagoffers
Toegerus om toekomstige trauma te hanteer
Die kursus word gerig enersyds op persone met ‘n belangstelling in berading (leraars, maatskaplike werkers, jeugwerkers, beraders, ens), en ander¬syds ook op diegene wat moontlik self op soek is na antwoorde na traumatiese ervarings.
Datum: Dinsdag 15 Augustus 2023 – sluit in sleutelnotas en PowerPoint
Tyd: 09.00 – 13.00
Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R250 pp (egpare: R400)
Navrae: 0836600409 of e-pos: wentzelc@gmail.com
Handboek te koop (opsioneel): R200 (plus R120 koerier koste)
Om te bespreek: Klik op die volgende skakel vir registrasie: https://forms.gle/VkoZxDh24oEZrrzb9
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
MIKRO SD KAARTE TE KOOP
Vergroot jou slimfoon se kapasiteit om foto’s, video’s en dokumente te te stoor met ʼn mikro SD kaartjie. Beperkte voorraad.
64Gb Maxell Micro SD – R120
32Gb Sandisk Micro SD – R100
Kontak Hes by 0724929811
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa
Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005