DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

Sondag 3 September
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

FOYERDIENSTE TERUG BY DIE KERK
Die Kerkraad het goedgekeur dat die Foyerdienste weer in die Kerkgebou sal plaas¬vind maar net op sekere Sondae en dan op ‘n vroeër tydgleuf van 17:00. Dit is weens veiligheids¬redes, sodat lidmate nie te laat na hulle huise hoef terug te keer nie. Die tema van die Foyerdienste is Christelike leierskap en ons gaan die boek van Nehemia in die Ou Testament bestudeer. Nehemia was nie net ‘n gebedskryger nie, maar ook ‘n man van aksie. As Christene is ons almal leiers waar ons ookal beweeg en ons kan baie by Nehemia leer hoe ons moet optree. Die subtemas vir elke geleentheid is as volg:
• 10 Sep: Kenmerke van ‘n Christelike leier
• 15 Okt: Hoe om God se mense te lei
• 26 Nov: Uitdagings van Christelike leierskap

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Annemarie Mans
• Dolores Erasmus
• Willem Botes
• Mettie vd Heever

Suiderkruis Vroueprojek:
Ons herinner weer ons dames wat deelneem aan hierdie projek waar ons nou trek met ons pakkies:
Die lysie is as volg :-
Jan – Boks tissues
Feb – 2x Tandepasta
Mrt – 2x Tandeborsels🪥🪥
April – 1 paar Sokkies🧦
Mei – Waslap & seep🧼
Junie – Roll-on of Deodorant
Julie – Shampoo💆🏻‍♀️
Aug – Lyfroom🧴
Sept – koffiebeker☕ met 1 sakkie cappuccino
Okt – Koekies🍪🍪🍪
Nov – Lekkers🍬🍬of n sjokolade 🍫& Woolworths sak🛍️ (alles gaan dan in die sak)

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Geen verjaarsdae
28 Augustus: Geen verjaarsdae
29 Augustus: Maritsa Botha, Schalk le Roux (jnr), Johanet Nieman, Marie Nieman
30 Augustus: Danelle Goedhals, Annie Kriel, Jerry Mommsen
31 Augustus: Petro Doman, Pat Ellis, Tertius Goedhals
1 September: Roelf van Aswegen, Carin Botha
2 September: Yvonne Malan, Nita Kok, Nileen du Preez

PROE-AAND
Ons nooi u uit om saam met ons te kom kuier Vrydagaand, 29 September, 18:00.
Kaartjies kos slegs R50. Ons kan slegs 150 kaartjies verkoop en is die kaartjies elke jaar sommer gou uitverkoop. Daar gaan ‘n spesiale gaskunstenaar wees en gaan die wenner van die lootjie kaartjies aangewys word. Ons benodig dan ook weer heerlike geregte van ons bobaas kokke (manne sowel as dames). Agter in die foyer is lyste beskikbaar waarop u vir ons kan aandui watter gereg u vir ons gaan maak. Omdat ons 4 opskeppunte het, vra ons asb dat daar vir elke gereg 4 bakkies vd spesifieke gereg gemaak word. Die grootte vd bakkies is 20cm x 15cm x 4cm. Die kaartjies is reeds beskikbaar by die kerkkantoor. – Johanna Handford

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Proe-aand: 29 September
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

HENGELKOMPETISIE
Ons jaarlikse Hengelkompetisie vind die jaar plaas op Saterdag 14 Oktober 2023 te Klipdriftdam. Die kaartjies kos
R180 per volw en R90 per
kind onder 12 jaar.
Pryse is soos volg:
• Swaarste karp – R2500
• 2e swaarste karp – R1000
• Swaarste baber – R750
• 2e swaarste baber – R500
Kinders onder 12 ding mee in eie afdeling en pryse
Kaartjies is reeds beskikbaar by Roelf v Aswegen (0844028728), of in die week by die Kerkkantoor.
Slegs 100 kaartjies is beskikbaar.
Die kaartjies verkoop alreeds vinnig, moenie uitmis op hierdie spesiale geleentheid nie. Daar is won-derlike trekpryse om te wen. Indien u ook kan help om ons te borg met kontant of enige prys, kontak asb vir Roelf (0844028728) of Thys (0722611661).

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

TONEELGROEP UITNODIGING
Ons maak graag aan u bekend dat Suiderkruis gemeente nou ʼn toneelgroep het, wat goedgekeur is deur die kerkraad tydens die laaste vergadering. Ons gaan deur middel van musiek, mimiek, dans en vlae, bybeltemas uitbeeld en so die Woord op ‘n ander wyse, visueel aan die gemeente bring. Die groep kan slegs suksesvol wees indien daar genoeg gemeentelede asook nie-gemeentelede, betrokke raak by die uitsonderlike projek. Sonder voldoende lede kan die projek nie suksesvol uitgevoer word nie. Ons wil graag almal uitnooi om betrokke te raak by hierdie projek.
Ons het nie nét akteurs nodig nie, so as jy nie in die kollig wil wees nie, benodig ons ook lede vir dekor/klere/bemarking/verhoogbestuur. Kom gooi jou talent in die mandjie!!!
Kontak gerus vir Hein Fourie – 082 222 3844 as u betrokke wil raak by hierdie projek.

DIE LEGKAART
Soos ’n legkaart lê die stukke verspreid op Sy tafel van Barmhartigheid. Met bedrewe hand van liefde word elke stukkie perfek op sy plekkie geplaas.
Sommige stukke belangrik want dit vorm die raamwerk van die legkaart beeld. Ander nie so belangrik en opsigtelik nie maar steeds voltooi hul die geheel van die skouspelagtige beeld wat Vader in Sy Grootheid ontvou.
Die perfektheid sal ontbreek in die afwesigheid van slegs een ou stukkie en dus is daar in Vader se legkaart prentjie geen stukkie wat misbaar is nie. Sy prentjie is totaal volledig.
Verbly jou in die deel wat jy daarin het sonder om jouself te verhef na ‘n belangriker status as waarvoor jy bestem is. Want jy is gemaak vir die plek waar jy moet inpas in die legkaart en so is dit gewil deur God. Skrywer onbekend

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa
Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005

Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

CategoryUncategorized
Follow us: