DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Teks: Jeremia 45:1-5
Tema: Jy sal die lewe behou
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

Dinsdag 27 Junie
18:00 GKF Vergadering

Vrydag 30 Junie
Pannekoek bak by Pick ‘n Pay

Saterdag 1 Julie
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay

Sondag 2 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

VERLOF – DS TIAAN
Neem asb kennis dat ds Tiaan met verlof is vanaf 23 Junie tot 16 Julie 2023. Aangesien die perso¬neel aangemoedig word om hul verlof deur die jaar te neem, en nie te laat ophoop nie, word hy eintlik “vriendelik” verplig om verlof te neem. In dringende gevalle, kontak die kerkkantoor 0182947939 / 0832976748.

ONDER ONS
Hierdie is die laaste Onder Ons vir die 2e kwartaal. Die volgende Onder Ons sal weer op Sondag 16 Julie beskikbaar wees.

GEBEDSLYS
• Bid assebief vir Saartjie Gauché met die afsterwe van haar kleinseun verlede Maandag.

VERGEWE JOUSELF
RT Kendal, ‘n voormalige pastoor van Westminster Chapel in London, vertel hoe hy gesukkel het om homself te vergewe, omdat hy sy gesin tydens hul verblyf in London verwaarloos het. Hy het sy werk voorrang bo sy tyd met sy familie gegee. Ook het hy nie sy belofte gehou dat hulle as gesin na sy studies aan Oxford sou terugkeer Amerika toe nie. Eers jare later, terug in Amerika, het hy besef dat hy kosbare familietyd verspil het.
So sit menige Christen met teleurstelling, verwyte en skuldgevoelens oor wat hul vroeër in hul lewe gedoen het, of nagelaat het om te doen. Daar is die vrou wat sukkel met ‘n herinnering aan ‘n abor¬sie. Of die Christen wat die “ondenkbare” gedoen het en in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke geraak het en dit moeilik vind om haar- of homself te vergewe. ‘n Vriendin vertel dat sy haarself nie kan vergewe dat sy nie by haar pa se sterfbed was nie. Vasgevang in selfverwyt is dit moeilik om jouself te vergewe, veral wanneer jou foute ’n negatiewe impak op iemand anders gehad het.
In die Bybel is baie geskryf oor vergifnis, maar niks oor selfvergifnis spesifiek nie. Maar, soos met die vergifnis van ander, kom selfvergifnis uiteindelik uit ‘n diepe verstaan van God se kruisdood en vergifnis van my. Psalm 51 en Romeine 3:23 wys duidelik dat al ons verkeerde optrede in die eerste plek sonde teen God is.
Paulus het Christene genadeloos vervolg en Dawid was aanspreeklik vir die dood van Uria, na ‘n buite-egtelike verhouding met dié se vrou. Al lees ons nêrens dat hulle met selfverwyt of selfvergifnis gesukkel het nie, sien ons dat hulle God se genade en vergifnis vir hul sonde verstaan en hul eie gemaak het. Eerder as om te weier om hulself te vergewe, het Paulus en Dawid geredelik hulle sonde bely en God se vergifnis ontvang. Daarom kon hulle sonder skuldgevoelens en selfverwyte leef en vrugbaar in Sy koninkryk wees.
My standaarde vir ‘n goeie lewe is tog nie hoër as God s’n nie. Ek kan ook nie beter betaal vir my oortredinge as wat Jesus aan die kruis gedoen het nie. Ek sou myself elke dag kon kruisig oor wat ek verkeerd gedoen het, maar dit gaan geen verskil aan my situasie maak nie.
Ek kan eerder besluit om Jesus se soendood aan die kruis ten volle te aanvaar. Ek kan eerder fokus op en my verbly in God se liefdevolle genade, Sy skoonwas van my sonde met die bloed van Sy Seun. Ek kan eerder elke keer, wanneer ek wil begin tob oor my foute en sonde, myself herinner aan die wonder van Jesus se vergifnis en sommer hardop vir myself sê: “God het my vergewe – daarom vergewe ek myself.”
Romeine 8:1 “Daar is nou geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie” – wie is ek dan om myself aan te hou veroordeel?!
-Elmarie van der Westhuizen [eKerk]

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Potjiekoskompetisie: 25 Junie 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor: 0182947939 / 0832976748.

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Hansie Engelbrecht, Sakkie de la Rey
26 Junie: Geen verjaarsdae
27 Junie: Yvonne Groenewald (81 jr), Paul Wessels (81 jr), Connie Deacon
28 Junie: Andreas Maré, Cecile Roets, Willie Schoeman, Liezel Vorster, Marina Wolfaardt
29 Junie: Geen verjaarsdae
30 Junie: Lazelle Stapelberg
1 Julie: Tom Green, Vicky Visser
2 Julie: Luan Cilliers, Jaco Nieuwoudt
3 Julie: Christa Prinsloo, DC Roodt
4 Julie: Mariaan de Klerk, Dirkie van Zyl
5 Julie: Carmen Botha, Alicia Davids, Willie van Zyl, Cherise Viviers
6 Julie: Aubrey van Niekerk
7 Julie: Danel Cloete, Lahniel Blom, Deidré du Toit
8 Julie: Molla Kearney, Corné Schoeman
9 Julie: Tannie Elsie Kok (100 jaar!!), Wilmi Brouwer, Ellen Cloete
10 Julie: Bertus Viljoen
11 Julie: Geen verjaarsdae
12 Julie: Lieze Fourie, Willem Groenewald
13 Julie: Susan Ellis, Drienie Kriel, Doreen vd Westhuizen
14 Julie: Hester vd Merwe (92 jr), Nick du Preez, Johandré Jacobs
15 Julie: Anita Dippenaar, Sonette Coetzer, Gert Conradie, Nico Vlok

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek:
Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek:
Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel:
Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

PROJEKTE WAT DEURLOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

CategoryUncategorized
Follow us: