VANDAG

08:00  Koffie en tee in die foyer

09:00  Oggenddiens (ds Coenie)

10:00  Koffie en tee in die foyer

Geen jeugbyeenkomste agv skoolvakansie

SONDAG 17 Oktober

08:00  Koffie en tee in die foyer

09:00      Oggenddiens (Ds Elzeth)

09:00      Kinderkerke

10:00      Koffie en tee in die foyer

18:00      Reguitstr 13+

18:00      Belysel

18:00      Foyerdiens (slegs aanlyn)

 

BELANGRIKE DATUMS

20 Oktober     :     Personeelbeplanning

30 Oktober     :     Suidwes Basaar

7 November   :     Gemeente feesnaweek

11 November :     Senior Burger Ete

14 November :     Kinderkerssangdiens

21 November :     Kerssangdiens

DANKIE, DANKIE, DANKIE

Die hengelkompetisie laas Saterdag was ʼn reuse sukses met meer inkrywings as ooit tevore – so gewens oom Ben kon daar wees om dit saam met ons te beleef. ʼn GROOT dankie aan Roelf en sy span vir puik reëlings en ʼn heerlike dag! –ds Coenie

 

GEBEDSLYS

Hospitale

  • Wanda Schoonen
  • Dina Ludick
  • Gerhard van Tonder

Ander:

  • Ons dank die Here dat die derde golf van die virus amper verby is en dat meeste dinge redelik normaal kan voortgaan.
  • Ons bid vir die komende verkiesings: dat die Here die regte leiers sal aanwys.

VERJAARSDAGHOEKIE

Vandag: Rohan Botha, Riekert Jacobs, Delene Smit, Anneke Viljoen

11 Oktober: Rina de Beer, Lizette du Plessis, Bekkie Theron

12 Oktober: André van Zyl

13 Oktober: Amelia Venter

14 Oktober: Danie Beukes, Emmelike du Preez, Elize van Deventer

15 Oktober: Herman Maré, Stiaan van Eeden

16 Oktober: Daan Prinsloo

NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars­daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

 

SUID WORD 65

Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!

Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.

Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees.

Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname!         -ds Coenie

 

SUIDWES BASAAR

Ons hou basaar! 30 Oktober hou Suiderkruis en Wes saam basaar by Wes se kerkterrein. Wil jy nie asb aanmeld om te help by een van die stalletjies nie? Kontak asb die sameroeper van die stalletjie:

Stalletjie

Sameroepers

Pannekoek

Maryna Marais

0828079954

Poeding

Johanna Handford

0828061809

Stil-veiling

Jacoba Ras

0729005005

Koeldrank

Pieter en Jacoba Ras

0729005005

Koffiestalletjie

Nunez van Zyl

0829229234

Kerrie en Rys

Petro Kriel

0843012497

Springkasteel

Die belydenisklasse

Lekkergoed

Lisa Nel

0847603198

Worsbroodjie

Coenie Calitz

0845670410

Koeke

Kerkkantoor

0182947939

Om hierdie dag ’n sukses te maak benodig ons asb. die volgende:

  • Koekmeel    Rys
  • Eiers    Lekkers
  • Kaneel    Kondensmelk
  • Suiker    Jellie
  • Boksies vla    Klapper
  • Maalvleis    Kleinkoekies/
  • Olie    Beskuit
  • Gemengde groente    Kontant donasies

Bly op hoogte van die basaarreëlings by www.suiderkruis.com/basaar

CategoryUncategorized
Follow us: