DAGBOEK
VANDAG
3e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds. Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)
SONDAG 20 MAART
4e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (prof Fika van Rensburg)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
KERKKANTOOR
Die kerkkantoor is vir Maartmaand slegs op die volgende dae en tye oop: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08:00–11:00. Baie dankie aan Jacoba wat vir my gaan instaan. -Elize
KOFFIE/TEE IN DIE FOYER
Indien enigeen dalk kans sien om ons te help op ʼn Sondag met die bediening van koffie en tee in die foyer, skakel asb vir Jacoba (0729005005). Die koppies word vooraf reggesit, die helpers moet net sorg dat die flesse vol kookwater is en die melkbekertjies vol bly. Help ons asb ook met hierdie projek.
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Wanda Steyn
• Jimmy Duncan
• Llewellen Pieterse
• Dawid Neethling na Nelia se afsterwe.
• Johan Loots na Wikus se afsterwe.
Bid asb ook vir die beroepingsproses in Suid:
• Duidelike leiding vir die pre-advieskommissie en dat die Here die regte persoon sal aanwys;
• Dat die gemeente een sal wees en sal saam-staan in die maande wat kom;
• Dat ons almal die nuwe dominee sal aanvaar en vir hom/haar ruimte sal gee om sy/haar roeping uit te leef;
• Dat Suid sal groei el al hoe meer word soos die Here ons wil hê.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Tydens ʼn aangename vergadering gehou op 21 Februarie het ons op die volgende projekte besluit:
• Spaanse aand: 23 September (Johanna Handford)
• Hengelkompetisie: 20 Augustus (Roelf van Aswegen)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s saloon:
21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay: 4/5 Maart, 8/9 April, ¾ Junie, 23/24 Julie, 9/10 September, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
• Mandjieprojek: (Erika Pieterse)
• Snuffelwinkel: (Jacoba Ras)
Skakel asb in en help ons om van elke projek ʼn groot sukses te maak. –ds Coenie
LAAT STAAN DAARDIE MINDERWAARDIGHEIDS-KOMPLEKS
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n baie ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ‘n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy aan jouself behoort te heg, is pure lyding. Boonop is dit ook onnodig. Hierdie kompleks steel die vreugde van die lewe onder jou uit.
Hoor hier, jy is nie minder werd as enigiemand anders hier op die planeet nie. Moenie dat die lewe of ander mense jou dit probeer wysmaak nie. Trouens, jou waarde is so hoog dat Jesus jou raakgekyk het, toe Hy ons almal se seer en oortredings op Sy eie skouers by Golgota gelaai het. Jou waarde is so hoog dat God jou op jou naam ken, omdat jy in Hom glo. Praat van kosbaar! God self gee hierdie hoë waarde aan jou. Moenie langer ly onder daardie kompleks, wat vir jouself probeer wysmaak jy is minderwaardig nie. Pak dit vir altyd weg, want dis nie die waarheid nie. – Stephan Joubert [eKerk]
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Luhan Erasmus, Stephan Steyn, Dulan vd Merwe
14 Maart: Petrus Jacobs, Hendrik Theart
15 Maart: Bettie Coetzer (88jr), William Erasmus, Marieta Fourie
16 Maart: Nellie Jackson (85jr)
17 Maart: Kobus van Deventer, Sonia van Zyl
18 Maart: Andrew Kruger
19 Maart: Tharina Jacobs
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY:
Is swaarkry straf op jou sonde?
As jy vir God sou sê: “Leer U my wat ek self nie weet nie; as ek verkeerd gedoen het, sal ek dit nie weer doen nie,” sal God jou dan nog straf?
– Job 34:31-33
Job se vriende is van mening dat sy swaarkry eintlik sy sonde se skuld is en dat dit sal verdwyn sodra hy sy sonde bely. Maar Job weier, want hy weet dat hy onregverdig gestraf word. Ironies genoeg is Job glad nie so onskuldig soos hy dink nie, want voor God is elke mens sondig en verdien almal van ons God se straf.
In die Ou Testament is mense swaar gestraf vir hulle sonde. Ons leef, anders as Job, anderkant die kruis en ons weet dat ons swaarkry in hierdie wêreld nie verband hou met ons sonde nie. Aan die kruis het Jesus reeds eens en vir altyd die straf op my en jou sonde gedra. Alhoewel God se kinders nog by geleentheid tug om hulle te wys dat hulle op die verkeerde pad is, straf Hy ons nie meer omdat ons sondaars is nie.
Job is in sy eie oë ʼn “regverdige” man en tog tref die straf van God hom. Nie soseer omdat hy sondig is nie, maar omdat God sy almag aan Job wil demonstreer. In die laaste hoofstuk kry Job uiteindelik die boodskap en hy hou summier op om sy eie onskuld te proklameer.
Gelukkig straf God jou nie vanweë jou sonde nie; Hy leer jou wel daardeur. As daar weer probleme oor jou pad kom, vra jou af wat God jou daardeur wil leer.
Here Jesus, baie dankie dat U God se straf vir my sonde aan die kruis gedra het. Amen –Nina Smit
FONDSINSAMELINGS PROJEKTE VIR 2022
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollekte¬sakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat sommer net tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel (0729005005) – Elize
KYK EN SIEN!
“Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.” – Psalm 53:6 (53-vertaling).
Ons het die vorige keer gepraat van ons lewensdoelwitte en hoe Jesus Christus die sentrale plek moet inneem. Maar dan moet ons ook duidelik besef dat dit nie is wat die wêreld van ons verlang nie; inteendeel, ‘n mens kan baie maklik onder druk geplaas word om jou Christenskap te verloën! Dit lei dan tot innerlike spanning en konflik met die ongelowige wêreld.
Dawid het iets soortgelyks in sy lewe ondervind toe hy Psalm 54 gedig het. Ons sien ‘n bitterheid by hom omdat hy van alle kante bedreig word: “want vreemdes het teen my opgestaan en gewelddadige mense soek my lewe” (v 5; 2020 vertaling). Maar hy soek sy hulp by God en dit loop uit op die belydenis: “Kyk, God is my helper” – “Hy is die Een wat my lewe ondersteun” (2020 vertaling).
“Kyk!” sê Dawid vir homself. “Kyk” – hoe dikwels sien ons in ons lewe nié die hand van die Here raak nie! Dan word ons vasgevang in ons eie vrees en bekommernisse. Wanneer die Bybel praat van “kyk” bedoel dit daarmee ook “sien.” Jy moet nie net kyk nie, maar ook sien – raaksien.
Voordat jy na die aanslae van die wêreld kyk, moet jy eers introspeksie neem. Dit bestaan daarin om in diepte te besin oor jou eie optrede, oortuigings, emosies en gevoelens. Kyk na binne en sien met die oë van die hart dít wat diep in jou innerlike aangaan. Dan sal jy ook God raaksien.
“Kyk,” sê Dawid in sy neerdrukkende situasie. “Kyk, God is met my.” Soms vat dit lank voordat ons sien. Soms moet ons eers terugkyk op ons lewenspad om God se hulp en heilsame voetspoor in ons lewens raak te sien. En kyk, Hy is elke dag en elke nag by ons tot aan die voleinding van die wêreld (Mat 28:20; 53-vertaling). “Kyk!”
-Lukas du Preez
Die Weg
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………