6 MAART 2022
DAGBOEK
VANDAG
2e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)

WOENSDAG
09:30 Oudejeugaksie

SONDAG 13 MAART
3e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)

KERKKANTOOR
Die kerkkantoor is vir Maartmaand slegs op die volgende dae en tye oop: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08:00–11:00. Baie dankie aan Jacoba wat vir my gaan instaan. -Elize

GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Elize van Niekerk (knievervanging)
• Wanda Steyn
• Nelia Neethling
• Jaap Theron
Bid asb ook vir die beroepingsproses in Suid:
• Duidelike leiding vir die pre-advieskom-missie en dat die Here die regte persoon sal aanwys;
• Dat die gemeente een sal wees en sal saam-staan in die maande wat kom;
• Dat ons almal die nuwe dominee sal aanvaar en vir hom/haar ruimte sal gee om sy/haar roeping uit te leef;
• Dat Suid sal groei el al hoe meer word soos die Here ons wil hê.

DIENSWERKERS VERKIES
Op die Kerkraadsvergadering gehou 1 Maart is die volgende lidmate as Dienswerkers verkies:
• Jaco Oosthuizen
• Mariska van Wyk
• Christelle van Wyk
• GROOT dankbaarheid dat Sonette Coetzer se kankertoetse mooi skoon is.

KOFFIE/TEE IN DIE FOYER
Indien enigeen dalk kans sien om ons te help op ʼn Sondag met die bediening van koffie en tee in die foyer, skakel asb vir Jacoba (0729005005). Die koppies word vooraf reggesit, die helpers moet net sorg dat die flesse vol kookwater is en die melkbekertjies vol bly. Help ons asb ook met hierdie projek.

DIE PAD VORENTOE
ʼn Spesiale kerkraadsvergadering is gehou op 1 Februarie waarby ʼn pre-advieskommissie aangewys is om die vakature wat op 1 April ontstaan, te bespreek.
Die pre-advieskommissie bestaan uit die volgende lede: Marius Dippenaar (voorsitter), Jan van Wyk (leier-ouderling), Gerda Jansen (leier-diaken), Antoinette Vosloo (finansies), Sarel Cilliers (visionêr), Anton Nel (jeug), Roelf van Aswegen (eiendom¬me), Wendri Eloff en Jolene Steenkamp (kundiges) en myself.
Elke vergadering word van ringskant af ook bygewoon deur Ds Marius de Beer (Grimbeekpark). Die pos is via Kerknuus geadverteer op 11 en 18 Febr 2022. Verskeie aansoeke is ontvang voor/op die sluitingsdatum van 27 Febr 2022. Die pre-advieskommissie het Donderdag vergader om die aansoeke te weeg en te sif en ʼn voorlopige groslys saam te stel. Die twee kandidate wat uitgesoek is sal DV in die volgende weke genooi word vir ʼn onderhoud en/of preekbeurt. Bid asb saam met ons dat die Here die regte leraar vir Suiderkruis Gemeente sal aanwys en dit duidelik vir ons bevestig. Groete, -ds Coenie

TYDSRAAMWERK
Hier is ʼn voorlopige tydsraamwerk vir die tyd wat voorlê:
• 27 Mrt: Afskeidspreek en demissie (Ds Coenie)
• Einde Maart: beroeping van nuwe leraar na Suid.
• April & Mei: Ds Terence Cooke neem leiding in Suid totdat nuwe leraar bevestig word – na alle waarskynlikheid teen 1 Junie 2022 (of soos ooreengekom).
Kom ons vat in hierdie tyd hande en droom saam, werk saam en bid saam ter wille van hierdie spesiale gemeente … -ds Coenie

UIT DIE KERKRAAD
Gedurende die afgelope week het ons eerste gewone kerkraadsvergadering vir 2022 plaasgevind – dit was soos altyd baie spesiaal en baie aangenaam. In my hart is ek so dankbaar (en tevrede) vir hierdie leierspan wat die gemeente help bestuur. Hier is ʼn paar sake uit die kerkraadsvergadering:
• Jan van Wyk en Sarel Cilliers sal saam met die jeugleiers dinkskrum oor die jeugbediening in Suid.
• Jaco Oosthuizen, Mariska van Wyk en Christelle van Wyk word as dienswerkers verkies – by voorbaat baie geluk!
• Die kerkraad keur die begroting en aanbevelings rondom finansies goed vir 2022/23. ʼn Finansiële oorsig sal mettertyd aan die ge¬meente gegee word. Groot dank aan Antoinette Vosloo vir reuse werk op hierdie gebied.
• Die DVK het enkele wysigings rondom personeelsake voorgestel – dit word so aanvaar deur die kerkraad.
• Die Kerkraad neem kennis dat die sinodesitting (10 Maart) onbepaald uitgestel is.
• Die Kerkraad keur Ds Coenie se bedanking as leraar van Suiderkruis gemeente goed.
• Die kerkraad neem kennis van die vordering in die beroepingsproses asook van die beplanning vir die tussenperiode.
ʼn Groot dankie aan elke kerkraadslid wat help om hierdie gemeente te bestuur.
–ds Coenie

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Tydens ʼn aangename vergadering gehou op 21 Februarie het ons op die volgende projekte besluit:
• Spaanse aand: 23 September (Johanna Handford)
• Hengelkompetisie: 20 Augustus (Roelf van Aswegen)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s saloon: 21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay: 4/5 Maart, 8/9 April, ¾ Junie, 23/24 Julie, 9/10 September, 7/8 Oktober (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
• Mandjieprojek: (Erika Pieterse)
• Snuffelwinkel: (Jacoba Ras)
Skakel asb in en help ons om van elke projek ʼn groot sukses te maak. –ds Coenie

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Geen verjaarsdae
7 Maart: Anna du Toit (87jr), Maryna Marais, Heleen Ras
8 Maart: Steve Kuhn, Anton Matthee
9 Maart: Theron Booyens, Karli Botha, Sonia Minnaar
10 Maart: GD Burgers, Anneke du Toit, Marie Esterhuizen, Annelie Fouché, Dawid van Vuuren
11 Maart: Johanna Handford (83jr), Cilia du Plessis
12 Maart: Hannes vd Merwe, Pieter van Zyl
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
ʼn Demonstrasiemodel
Toe antwoord die Satan: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.” –Job 1:9-11
Die duiwel merk baie gou dat Job ʼn model-Christen is. Hy sê dan ook vir God dis omdat dit so goed gaan met hom.
En dan gebruik God Job as ʼn demonstrasiemodel: Hy neem eers sy besittings dan sy kinders en dan sy gesondheid van hom weg. Job kan hierdie rampe wat hom tref nie verstaan nie, omdat hy geweet dat hy nie teen God gesondig het nie.
Met Job se verhaal wil die Here ons eintlik bederf: Hy gee vir ons ʼn kykie agter die gordyn. Job se getuienis is baie meer werd wanneer dit baie sleg met hom gaan as in die dae toe dit nog goed gegaan het. God toets Job om te sien of hy die geloofseksamen sal slaag en die duiwel verkeerd bewys. Dit is interessant dat die boek Job nie histories gedateer kan word nie, ook is die ligging van die stad waar hy gewoon het onbekend. Miskien is die rede hiervoor dat ons elkeen ons eie naam hier kan inskryf. Met die swaarkry in jou lewe maak God van jou ook ʼn demonstrasiemodel vir Hom; Hy wil Hy jou geloof toets. Juis omrede hierdie swaarkry wil Hy van jou ʼn beter getuie van Hom maak as in die tye tot dit net goed met jou gegaan het.
Hemelse Vader, vergewe my dat ek maar die meeste van die tyd ʼn swak demonstrasiemodel vir U is. Help my om juis wanneer ek swaarkry, ʼn helder getuie vir U te wees. Amen –Nina Smit

 

 

 

CategoryUncategorized
Follow us: