DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Pinksterfees en Nagmaal
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

Sondag 4 Junie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer

PINKSTER 2023
Baie dankie aan al ons dames en heer vir die heerlike sop en broodjies vanaf Maandag tot Woensdag. Soos ons al gewoond is, het die tafels weer gekreun onder die broodjies en soppe. Ons kan altyd staatmaak op Suiderkruis se lidmate!! Dankie dat julle bereid was om te help nadat van julle nog hard gewerk het met die basaar ook. Ons maak weer so in 2024!

SUIDERKRUIS WHATSAPP-GROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

En kyk, Ek is met julle
al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.- Mattheus 28:20

GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Betsie Kuhn

ONDERDANIGHEID IS NOOIT VLOERLAPPIG-HEID NIE
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlap-pigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-inge-steldheid nie.
“Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederigheid. Nee, sulke diens¬baarheid geld nie net vir vroue teenoor hulle mans nie. Voordat Paulus dit van vroue in Efesiërs 5:22 vra, skryf hy eers in vers 21 dat mans en vroue beide dit aan mekaar moet bewys. Hulle moet wedersyds diensbaar aan mekaar wees. (Onge¬lukkig het die 1953-vertaling ’n opskrif tussen vers 21 en vers 22 ingeforseer, sodat dit die indruk skep dat slegs vroue diensbaarheid aan hul mans verskuldig is. Dit was ’n fout, want die oor¬spronklike taal se sinskonstruksie maak dit duidelik dat Paulus reeds in vers 21 verwys na wedersydse onderdanigheid aan mekaar!)
Diensbaarheid word van alle gelowiges in ver-skillende kontekste verwag. Of ons leiers is en of navolgers is, ons almal moet diensbaar wees aan mekaar wees. Nogmaals, dit is nie vloerlaptaal wat baas-klaas-verhoudings in stand hou nie. Jesus is ons voorbeeld hier. Soos wat Hy Homself ter wille van ons almal prysgegee het, offer ons ook ons eie gerief, voordeel en gemak tot voordeel van mekaar op. Ons is diensbaar teenoor ons huweliksmaats, gelowiges, kollegas en almal wat ons paaie kruis – vriende en vreemdelinge inkluis. Ons dien ander ter wille van Christus. Ons maak plek vir ander se laste op ons skouers, soos wat Galasiërs 6 ons leer om te doen. -Stephan Joubert [eKerk]

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Madeleine Oost¬huizen, Johanna Venter
29 Mei: Hannelie Blume, Johan le Roux, Vincent Vlok, Johan Yzelle
30 Mei: Geen verjaarsdae
31 Mei: Jeanette van Staden, Henry van Zyl
1 Junie: Janco Oosthuizen
2 Junie: Chris Botha, Suzette Dreyer
3 Junie: Aubrie Heymans, Magna Heymans, Abel van Staden

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.

Here, by U vind ons geborgenheid, vrede, blymoedigheid en vreugde.
-Fransiscus van Assisi (1182-1226)

WÊRELDCHAOS
Ons het die afgelope tyd gelees en op televisie gesien van ontsettende oorstromings, van geweld in Egipte – tot 1 miljoen mense wat op ‘n slag staak, klipgooiery, voortslepende oorlog in die Ooste, magshebbers wat nie van hulle trone wil afstand doen nie, CHAOS.
Die Skrif is baie duidelik hieroor. Die Skrif leer ons dat hierdie dinge sal gebeur in die laaste dae en dit des te meer namate die oordeelsdag naderkom. En al dink ons dit is baie erg, is dit maar net die geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.
Die grootste chaos is egter dat die Woord nie meer suiwer gebring word nie. Baie mense leef op “voorspoed boodskappies”. Predikers wat net preek en sê wat mense graag wil hoor: “God wil graag hê dat jy ryk moet wees”.
Die boodskap is dat Jesus Christus weer aarde toe kom en dan sal Hy kom om te oordeel. Is jy ge¬reed? Is jy reg en voorbereid? Is jou lamp vol olie? Ons moet onsself afvra ook as kerk: is daar by ons ‘n erns om die Blye Evangelie van verlossing aan almal te bring? Of raak ons bevrees vir die wêreldchaos? Skrik ons vir die oorstromings, die sake waaroor ons geen beheer het nie?
Dawid het gesê: Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur. Waarvoor is ons bang? Niks kan ons skei van die liefde van God in en deur Jesus Christus nie. Ons hoef nie bang te wees nie. God het ons juis duur gekoop met die bloed van sy eie Seun, Jesus Christus.
Kom ons hou in die geloof vas aan God en sy beloftes! Kom ons bly Hom dien van ganser harte! Kom ons leef en verkondig die evangelie!
Moet nie bang wees nie, God sal ons bewaar nou en vir altyd en oral waar ons gaan, al is dit deur swaarkry heen. -Gerrit Kruger

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

CategoryUncategorized
Follow us: