VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
Geen jeugbyeenkomste agv skoolvakansie
SONDAG 17 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Elzeth)
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Reguitstr 13+
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens (slegs aanlyn)
BELANGRIKE DATUMS
20 Oktober : Personeelbeplanning
30 Oktober : Suidwes Basaar
7 November : Gemeente feesnaweek
11 November : Senior Burger Ete
14 November : Kinderkerssangdiens
21 November : Kerssangdiens
DANKIE, DANKIE, DANKIE
Die hengelkompetisie laas Saterdag was ʼn reuse sukses met meer inkrywings as ooit tevore – so gewens oom Ben kon daar wees om dit saam met ons te beleef. ʼn GROOT dankie aan Roelf en sy span vir puik reëlings en ʼn heerlike dag! –ds Coenie
GEBEDSLYS
Hospitale
- Wanda Schoonen
- Dina Ludick
- Gerhard van Tonder
Ander:
- Ons dank die Here dat die derde golf van die virus amper verby is en dat meeste dinge redelik normaal kan voortgaan.
- Ons bid vir die komende verkiesings: dat die Here die regte leiers sal aanwys.
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Rohan Botha, Riekert Jacobs, Delene Smit, Anneke Viljoen
11 Oktober: Rina de Beer, Lizette du Plessis, Bekkie Theron
12 Oktober: André van Zyl
13 Oktober: Amelia Venter
14 Oktober: Danie Beukes, Emmelike du Preez, Elize van Deventer
15 Oktober: Herman Maré, Stiaan van Eeden
16 Oktober: Daan Prinsloo
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
SUID WORD 65
Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!
Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.
Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees.
Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie
SUIDWES BASAAR
Ons hou basaar! 30 Oktober hou Suiderkruis en Wes saam basaar by Wes se kerkterrein. Wil jy nie asb aanmeld om te help by een van die stalletjies nie? Kontak asb die sameroeper van die stalletjie:
Stalletjie | Sameroepers |
Pannekoek | Maryna Marais 0828079954 |
Poeding | Johanna Handford 0828061809 |
Stil-veiling | Jacoba Ras 0729005005 |
Koeldrank | Pieter en Jacoba Ras 0729005005 |
Koffiestalletjie | Nunez van Zyl 0829229234 |
Kerrie en Rys | Petro Kriel 0843012497 |
Springkasteel | Die belydenisklasse |
Lekkergoed | Lisa Nel 0847603198 |
Worsbroodjie | Coenie Calitz 0845670410 |
Koeke | Kerkkantoor 0182947939 |
Om hierdie dag ’n sukses te maak benodig ons asb. die volgende:
- Koekmeel Rys
- Eiers Lekkers
- Kaneel Kondensmelk
- Suiker Jellie
- Boksies vla Klapper
- Maalvleis Kleinkoekies/
- Olie Beskuit
- Gemengde groente Kontant donasies
Bly op hoogte van die basaarreëlings by www.suiderkruis.com/basaar