DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Vrydag 28 Julie
Pannekoek bak by Pick ‘n Pay
Saterdag 29 Julie
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay
Sondag 30 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
PROJEKTE WAT DEURLOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
SÊ DANKIE VIR ELKE NUWE PAAR SKOENE
Ek het myself uitasem geskrik, toe ek iewers ‘n grênd kar sien met nommerplate, wat uitroep: “Blessed.” Wat moet arm gelowiges dink, as hulle by sulke “geseënde” voertuie verbyloop? Dit het my herinner aan Mark Buchanan, wat iewers oor ‘n besoek aan ‘n dorpie in Uganda, genaamd Waraica, geskryf het. Een Sondag het hy ’n plaaslike samekoms van gelowiges bygewoon. Toe sê een van die vroue hardop: “Oh, brothers and sisters, I love Jesus so much!” “Tell us, sister, tell us!” het almal uitgeroep. “Oh, I love him so much I don’t know where to begin to tell you how good He is,” antwoord sy. Toe sê sy: “For three months I prayed to the Lord for shoes. And look!” Net daar wys die vroutjie toe haar doodgewone skoene vir almal. “Hallelujah, God is good,” het almal uitgeroep en saam feesgevier oor haar eenvoudige paar nuwe skoene. Mark sê hy was die enigste een, wat nie kon saamsing nie. In Kanada waar hy woon, bid niemand drie maande lank vir nuwe skoene nie. Nog minder sê enigiemand vir God hardop dankie, as hulle ’n stel nuwes kry.
Kom ons leer opnuut om dankbaar teenoor die Here te wees vir elke seëning uit Sy hand. Kom ons loof Hom vir elke paar skoene, elke bord kos en vir elke nuwe dag wat Hy ons gun.
-Stephan Joubert [eKerk]
Help my om vry te kom van haat en angs. Leer my om te vertrou dat
alles goed sal gaan selfs wanneer dit vir my onduidelik is hoe dit sal gebeur.
– Onbekend –
GEMEENTEKAMP – LAASTE KANS
Ons beplan om vanaf 15–17 September 2023 ‘n gemeentekamp te reël. Ons gaan weer hierdie jaar by Club Amigos (naby Ventersdorp) bespreek, dis gerieflik naby aan Potch. Daar is lekker visvang¬plek en ‘n onderdak warmwater swembad asook ‘n glybaan vir die “jongklomp”. Pryse is soos volg:
• R560 per naweek wat 2 persone insluit + R35 adminfooi
• R700 vir 3 persone + R35 adminfooi
• R840 vir 4 persone + R35 adminfooi
• R980 vir 5 persone + R35 adminfooi
• R1120 vir 6 persone (maks) + R35 adminfooi
Slegs een motor word toegelaat, vir ‘n ekstra motor is dit R50 per nag. Vir ‘n klein hondjie is dit R30 ekstra per nag.
Daar is ook chalets beskikbaar:
• 2 sleeper (slegs 2 persone) R1150 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito + R65 adminfooi – slegs 1 beskikbaar
• 5 sleeper (maks 5 persone) R2200 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito + R65 adminfooi – slegs 5 beskikbaar
Ek moet ongelukkig so gou as moontlik bespreek om te verseker ons kry staanplekke bymekaar. Daar is alreeds 10 staanplekke bespreek. Indien jul belangstel om saam te gaan, kontak asb die kerkkantoor en gee jou naam so gou as moontlik op. – Elize
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 28 en 29 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerkkantoor: 0182947939 / 0832976748.
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Wilma Wolfaardt
24 Julie: Zander Wolfaardt
25 Julie: Geen verjaarsdae
26 Julie: Stephan Smit
27 Julie: Elna Scholtz (80 jr)
28 Julie: Johan Klopper (84 jr), Mynhardt du Preez, Ruben Smith
29 Julie: Norah Viljoen
IS JY WIE JY MOET WEES?
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”
– Romeine 12:2.
Ons is soms geneig om ander mense na te volg sodat ons nie uitgesluit sal voel nie. Daarom dink en doen ons soos hulle. Dit word dan die norm waarteen ons onsself meet. En as jy dalk nie met alles saamstem nie, weerhou jy jou tog daarvan om jou eie beginsels voorop te stel. Jy is bang vir “wat die mense sal sê!” En hierdie “groepsdruk” mag dalk net ‘n bedreiging vir jou geestelike lewe inhou.
Maar die Woord van God laat jou anders na hierdie dinge kyk. As jy in die lig van God se Woord wandel, behoort jy te weet dat jy ‘n Hemelse Vader het wat die skat van die Heilige Gees aan jou gegee het, sodat sy wil voorop in jou lewe kan staan. Daarvoor het Hy sekere geestelike gawes aan jou gegee (1 Kor 12:7-11; Rom 12:6-8; 1 Pet 4:10-11; Gal 5:22). Verder weet jy dat wat vandag bestaan, dalk môre nie meer sal wees nie, omdat alles op aarde aan verganklikheid onderworpe is (Ps 39:6). Jy weet dat wat in die verlede gebeur het waaroor jy berou het, nie saak maak by God nie, omdat Hy in Christus Jesus al jou sondes vergewe het (Heb 10:17). Jy weet dat wat die Here aan jou geskenk het, jy vandag met vreugde kan geniet, maar dat daar ook ‘n verantwoordelikheid is om die Naam van God in alles te verheerlik (1 Tim 6:17). Jy weet dat die toekoms in God se hande is en dat Hy alleen weet wat op jou wag, omdat Hy die beskikker is van jou lewensweg – as jy maar net wil volg waarheen Hy jou lei (Ps 32:8). Jy weet dat ná hierdie aardse lewe daar ‘n nuwe lewe op jou wag in die heerlikheid van die Vaderhuis (Joh 17:24; Mat 25:34; Rom 8:17; 1 Tes 4:17; Open 21:4). Dít moet jou denke en dade bepaal en hoe jy met ander omgaan.
En omdat die Heilige Gees in jou woon, kan jy ook die waarheid van die leuen onderskei. Hy rig jou hart en jou verstand sodat dít wat vir God aanneemlik is, by jou meer gewig sal dra as dit wat die mense rondom jou sê en doen (Heb 13:21).
As jy leef na die wil van God en nie omgee oor wat mense sê nie, nie dink en doen soos hulle nie, dan kan jy wees wie jy werklik MOET wees, bevry van die groepsdruk en goedkeuring van ander mense wat jou optrede wil bepaal. Jy word dan ‘n sterk en vrygestelde persoonlikheid deur die krag van die Heilige Gees wat in jou woon. Jy raak jou ware self, soos God dit vir jou bestem het. -dw
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens en Doop
Teks: Genesis 25:19-34.
Tema: God se trou is meer as mense se
tekortkominge en sonde
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
Woensdag 19 Julie
18:00 GKF Vergadering
Vrydag 21 Junie
Pannekoek bak by Pick ‘n Pay
Saterdag 22 Julie
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay
Sondag 23 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
VERLOF – DS TIAAN
Ons is baie bly om te noem dat ds Tiaan weer van môre af aan diens is.
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
GEBEDSLYS
Hospitaal
• Marie Prinsloo
• Maritsa Botha
GOD HET GEEN KWOTASTELSEL IN PLEK NIE
God is nie soos ons nie. Hy het geen kwotastelsel vir vergifnis in plek nie. Anders gesê, nie een van ons het ooit so ver geval dat Jesus ons nie nogmaals kan in Sy greep van genade kan vang nie. Nie een van ons is ooit buite die reikwydte van Jesus se aanraking nie. Nooit bevind ons onsself buite die bandwydte van hemelse vergifnis nie. Vra vir Petrus. Volgens Matteus 18 het hy gemeen sewe keer se vergifnis vir oortredings teenoor mekaar, is ruim. Die godsdienstiges van sy dag het immers geglo drie maal is oorgenoeg. Dan was dit “game, set and match.” Daarna mag kwaad maar met kwaad vergeld word. Toe verras Jesus hom met ‘n nuwe hemelse formule: sewentig maal sewe, ad infinitum, oneindig, vir altyd en aanhou-dend! So werk vergifnis teenoor ander mense. Presies so werk hemelse vergifnis ook. God hou nie boek as dit by vergifnis kom nie. Hy tel nooit hoeveel keer jy Hom om vergifnis kom vra het nie. Hy het eerlikwaar nie ’n kwotastelsel vir vergifnis nie.
God is oneindig goed en eindeloos genadig. Dit is wie Hy is. Hy het ons lief ten spyte van wie ons is en wat ons doen. Hy het ons eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Hy het ons vir ewig lief, selfs al breek ons Sy hart. Nee, dit beteken nie Hy het aan ons ‘n lisensie gegee om in sonde rond te lê nie. God se ruim vergifnis is nie ‘n vrypas tot sonde nie. As ons wel die slag die pad byster raak, dan moet ons weet Jesus spesialiseer in droogmakers en struikelendes. Hy bring graag genadebedelaars se saak voor God in die reine. Hy begin graag oor met ons. Daarom nooi Hy ons opnuut na Hom toe uit. Christus se oop arms van genade is vandag vir ons bedoel. -Stephan Joubert [eKerk]
GEMEENTEKAMP
Ons beplan om vanaf 15–17 September 2023 ‘n gemeentekamp te reël. Ons gaan weer hierdie jaar by Club Amigos (naby Ventersdorp) bespreek, dis gerieflik naby aan Potch. Daar is lekker visvang¬plek en ‘n onderdak warmwater swembad asook ‘n glybaan vir die “jongklomp”.
Pryse is soos volg:
• R560 per naweek wat 2 persone insluit.
• R700 vir 3 persone
• R840 vir 4 persone
• R980 vir 5 persone
• R1120 vir 6 persone (maksimum)
Elke staanplek het dan ook ‘n R35 adminfooi betaalbaar. Slegs een motor word toegelaat, vir ‘n ekstra motor is dit R50 per nag. Vir ‘n klein hondjie is dit R30 ekstra per nag.
Daar is ook chalets beskikbaar:
• 2 sleeper (slegs 2 persone) R1150 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito plus R65 adminfooi – slegs 1 beskikbaar
• 5 sleeper (maks 5 persone) R2200 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito pus R65 adminfooi – slegs 5 beskikbaar
Ek moet ongelukkig so gou as moontlik bespreek om te verseker ons kry staanplekke bymekaar.
Daar is alreeds 10 staanplekke bespreek. Indien jul belangstel om saam te gaan, kontak asb die kerkkantoor en gee jou naam so gou as moontlik op. – Elize
PROJEKTE WAT DEURLOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor: 0182947939 / 0832976748.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Ellie Geldenhuys, Lize vd Heever, Antoinette Vosloo
17 Julie: Johan Kok, Jaco vd Merwe, Jan van Wyk
18 Julie: Marie Prinsloo (83jr), Elize Harber, Elisma Jacobs
19 Julie: Dries de Bruyn, Joyce le Roux, Chrisna Stoppel
20 Julie: Louis Spamer, Moniece du Plessis, Francois Blom
21 Julie: Geen Verjaarsdae
22 Julie: Marina Joubert (81jr), Tommie Botha
GOD IS LIEFDE
“God is liefde!” lees ons in 1 Johannes 4:8,16. Liefde is nie ‘n eienskap van God nie, maar dit is Wie God is. Hy is totaal en al liefde. God se wese is liefde. God se liefde is egter volmaak want God is volmaak. Alles wat God doen doen Hy uit ‘n hart van liefde.
Soms het ons vrae omdat alles op aarde nie so goed en glad en mooi verloop as wat ons graag wil hê nie. Dan word daar maklik gevra: “Is dit hoe ‘n God van liefde slegte dinge toelaat?” Ons vra dit omdat ons nie God se liefde verstaan nie. Ons erken egter nie maklik nie dat óns nie volmaak is nie, dat óns die oorsaak is van die gemors op aarde. Dit is óns wat dikwels liefdeloos handel teenoor ons medemens, ja selfs teenoor ons man of vrou of kinders of familie. Steeds wil ons egter die slegte dinge voor God se deur lê asof God die bewerker is van die slegte. Tog is God se liefde in Jesus Christus alles omvattend.
Ons lees in Efesiërs 3:17-19 dat ons liefde moet verstaan soos dit in Jesus Christus se liefde geopenbaar is. Jesus Christus het in volle gehoorsaamheid aan sy Vader vir ons aan die kruis gesterf. Hy het ten volle betaal vir al ons oortredinge en vir al ons sondes. Daarom kan ons net verstaan wat liefde werklik is as ons die versoeningswerk aan die kruis verstaan.
Nooit het God alles net goedgekeur wat die mens doen nie. Hy het ook die volk Israel gestraf vir hulle oortredinge. Hy het Homself geweldig vertoorn oor Israel se sondes en daarom is hulle in ballingskap weggevoer. God se liefde is egter so groot dat Hy barmhartigheid en genade in Christus aan ons betoon het. Hy het die Heilige Gees gestuur om ons te lei. Hy het die Woord gegee sodat ons daardeur God en sy wil kan leer ken.
Efesiërs 3:19: “Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.”
-Ds Gerrit Kruger, Centurion
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek:
Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek:
Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel:
Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Teks: Jeremia 45:1-5
Tema: Jy sal die lewe behou
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
Dinsdag 27 Junie
18:00 GKF Vergadering
Vrydag 30 Junie
Pannekoek bak by Pick ‘n Pay
Saterdag 1 Julie
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay
Sondag 2 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
VERLOF – DS TIAAN
Neem asb kennis dat ds Tiaan met verlof is vanaf 23 Junie tot 16 Julie 2023. Aangesien die perso¬neel aangemoedig word om hul verlof deur die jaar te neem, en nie te laat ophoop nie, word hy eintlik “vriendelik” verplig om verlof te neem. In dringende gevalle, kontak die kerkkantoor 0182947939 / 0832976748.
ONDER ONS
Hierdie is die laaste Onder Ons vir die 2e kwartaal. Die volgende Onder Ons sal weer op Sondag 16 Julie beskikbaar wees.
GEBEDSLYS
• Bid assebief vir Saartjie Gauché met die afsterwe van haar kleinseun verlede Maandag.
VERGEWE JOUSELF
RT Kendal, ‘n voormalige pastoor van Westminster Chapel in London, vertel hoe hy gesukkel het om homself te vergewe, omdat hy sy gesin tydens hul verblyf in London verwaarloos het. Hy het sy werk voorrang bo sy tyd met sy familie gegee. Ook het hy nie sy belofte gehou dat hulle as gesin na sy studies aan Oxford sou terugkeer Amerika toe nie. Eers jare later, terug in Amerika, het hy besef dat hy kosbare familietyd verspil het.
So sit menige Christen met teleurstelling, verwyte en skuldgevoelens oor wat hul vroeër in hul lewe gedoen het, of nagelaat het om te doen. Daar is die vrou wat sukkel met ‘n herinnering aan ‘n abor¬sie. Of die Christen wat die “ondenkbare” gedoen het en in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke geraak het en dit moeilik vind om haar- of homself te vergewe. ‘n Vriendin vertel dat sy haarself nie kan vergewe dat sy nie by haar pa se sterfbed was nie. Vasgevang in selfverwyt is dit moeilik om jouself te vergewe, veral wanneer jou foute ’n negatiewe impak op iemand anders gehad het.
In die Bybel is baie geskryf oor vergifnis, maar niks oor selfvergifnis spesifiek nie. Maar, soos met die vergifnis van ander, kom selfvergifnis uiteindelik uit ‘n diepe verstaan van God se kruisdood en vergifnis van my. Psalm 51 en Romeine 3:23 wys duidelik dat al ons verkeerde optrede in die eerste plek sonde teen God is.
Paulus het Christene genadeloos vervolg en Dawid was aanspreeklik vir die dood van Uria, na ‘n buite-egtelike verhouding met dié se vrou. Al lees ons nêrens dat hulle met selfverwyt of selfvergifnis gesukkel het nie, sien ons dat hulle God se genade en vergifnis vir hul sonde verstaan en hul eie gemaak het. Eerder as om te weier om hulself te vergewe, het Paulus en Dawid geredelik hulle sonde bely en God se vergifnis ontvang. Daarom kon hulle sonder skuldgevoelens en selfverwyte leef en vrugbaar in Sy koninkryk wees.
My standaarde vir ‘n goeie lewe is tog nie hoër as God s’n nie. Ek kan ook nie beter betaal vir my oortredinge as wat Jesus aan die kruis gedoen het nie. Ek sou myself elke dag kon kruisig oor wat ek verkeerd gedoen het, maar dit gaan geen verskil aan my situasie maak nie.
Ek kan eerder besluit om Jesus se soendood aan die kruis ten volle te aanvaar. Ek kan eerder fokus op en my verbly in God se liefdevolle genade, Sy skoonwas van my sonde met die bloed van Sy Seun. Ek kan eerder elke keer, wanneer ek wil begin tob oor my foute en sonde, myself herinner aan die wonder van Jesus se vergifnis en sommer hardop vir myself sê: “God het my vergewe – daarom vergewe ek myself.”
Romeine 8:1 “Daar is nou geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie” – wie is ek dan om myself aan te hou veroordeel?!
-Elmarie van der Westhuizen [eKerk]
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Potjiekoskompetisie: 25 Junie 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor: 0182947939 / 0832976748.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Hansie Engelbrecht, Sakkie de la Rey
26 Junie: Geen verjaarsdae
27 Junie: Yvonne Groenewald (81 jr), Paul Wessels (81 jr), Connie Deacon
28 Junie: Andreas Maré, Cecile Roets, Willie Schoeman, Liezel Vorster, Marina Wolfaardt
29 Junie: Geen verjaarsdae
30 Junie: Lazelle Stapelberg
1 Julie: Tom Green, Vicky Visser
2 Julie: Luan Cilliers, Jaco Nieuwoudt
3 Julie: Christa Prinsloo, DC Roodt
4 Julie: Mariaan de Klerk, Dirkie van Zyl
5 Julie: Carmen Botha, Alicia Davids, Willie van Zyl, Cherise Viviers
6 Julie: Aubrey van Niekerk
7 Julie: Danel Cloete, Lahniel Blom, Deidré du Toit
8 Julie: Molla Kearney, Corné Schoeman
9 Julie: Tannie Elsie Kok (100 jaar!!), Wilmi Brouwer, Ellen Cloete
10 Julie: Bertus Viljoen
11 Julie: Geen verjaarsdae
12 Julie: Lieze Fourie, Willem Groenewald
13 Julie: Susan Ellis, Drienie Kriel, Doreen vd Westhuizen
14 Julie: Hester vd Merwe (92 jr), Nick du Preez, Johandré Jacobs
15 Julie: Anita Dippenaar, Sonette Coetzer, Gert Conradie, Nico Vlok
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek:
Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek:
Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel:
Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
PROJEKTE WAT DEURLOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Sondag 11 Junie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Betsie Kuhn
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay:30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Potjiekoskompetisie: 25 Junie 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
DIE GROOT BELOFTE
“Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.” – Jesaja 7:14 (53-vert)
As die Here dit nie self doen nie, kom daar niks van nie, dan is daar geen hoop nie en ook geen heil nie….
Die Almagtige stuur, deur sy dienskneg Jesaja, die mees gerusstellende boodskap aan die benoude koning Agas wat in die benardste omstandighede verkeer het. Oor die dinge waarvoor die koning en sy volk vrees kom die boodskap: “Só sê die Here Here: Dit sal nie gebeur nie.” En indien Agas tóg daaroor sou twyfel, kon hy enige teken uit die hemel of die doderyk vra om sy geloof te versterk. Maar Agas doen dit nie. Liewer armsalige menslike pogings, liewer selfs angs en onsekerheid deurstaan, as om een keer in sy lewe dit met sy God te waag en volkome, maar dan ook volkome, op God se woord te vertrou. Intussen sal dit tog kom. God gaan sy koninklike weg. Sy raad bestaan en Hy doen na sy welbehae. Die verlos¬sing kom, die heil sal deurbreek – met of sonder Agas en sy kleingelowige, skynvrome bondgenote.
En wonderlik is dit wat God laat kom. Te midde van oorloë en gerugte van oorloë, te midde van menseangs en die radeloosheid van volkeleiers, gee God die visioen van ‘n moeder in blye verwagting, van ‘n kindjie wat gebore sal word, van ‘n naam en belofte wat die kindjie sal dra:
Immanuel: God met ons. God nie teen ons nie, nie onbewoë hoog en ver bo ons nie; maar met ons, naby ons, naas ons, vir ons; en dít nieteenstaande al ons sonde en oortredinge.
Hoe kosbaar, waaragtig verlossend en reddend is hierdie Godsbelofte in Bethlehem vervul (vgl Matt 1:22). Niemand in Jesaja se dae sou kon dink dat dit op so ‘n manier vervul sou word nie. Jesaja self het dit nie so kon verstaan nie.
Nou nog staan bo oorloë en gerugte van oorloë, bo menseangs en radeloosheid van volkeleiers die Godsgesig, die Christusbelofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde waar geregtigheid sal woon en God alles in almal sal wees.
Hoe dit sal kom en wanneer dit sal kom – God weet dit alleen. Vir ons persoonlik is die vraag of ons soos Jesaja daarin sal deel, of soos Agas daarbuite sal staan. En die toets is: die geloof.
-Prof dr B Gemser [Bybelse Dagboek]
Reds: ds JGM Dreyer en drs B Gemser,
JH Greyvenstein en HP Wolmarans
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Chris Scholtz (82jr), Vasti vd Spuy, Kaliah Burger
5 Junie: Willem Otto, Chantelle Viljoen
6 Junie: Charl Marais
7 Junie: Willem Botes
8 Junie: Carlizette Oberholzer, Bruno Schoenfeld, Emmerentia Visser
9 Junie: Elsie vd Linde
10 Junie: Geen verjaarsdae
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
ONS LEER BY NUWE CHRISTENE VAN GASVRYHEID
Ek dink met nostalgie terug aan my kinderjare, toe gaste soms ongenooid by ons huis opgedaag het en met liefde en gasvryheid oorval is. Ek dink terug aan my liewe ma, wat met haar oop hart gaste ontvang en bederf het. Almal het na die kuier ‘n bossie blomme uit die tuin, groente uit die groentetuin of tuisgebakte koekies gekry om saam te neem huis toe. Deesdae is daar ook baie gasvrye mense, maar ons is dikwels suinig met ons tyd, omdat ons lewens so gejaagd is.
Ons kan by nuwe Christene leer van gasvryheid. In Lukas lees ons die verhaal van Saggeus, die hooftollenaar. Jesus het homself uitgenooi om by Saggeus te gaan kuier, nadat hy hom in die vyeboom gesien sit het. Net daar kom Saggues tot bekering en sy hele huisgesin word gered. Wat ‘n wonderlike einde vir ‘n ongenooide kuier! In Handelinge 16 lees ons van die purperverkoopster, Lydia. Paulus het met haar gesels oor Jesus en sy het haar hart oopgemaak. Toe is sy en die ander lede van haar huishouding gedoop. In Handelinge 16:15 sê sy: “Aangesien julle daarvan oortuig is dat ek in die Here glo, kom bly dan by my oor.”Toe Lydia se hart vir die Here oopgegaan het, het haar hart ook vir mense oopgegaan.
In Handelinge 2:44 lees ons van die besielende voorbeeld van die eerste gemeente in Jerusalem: Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom en hulle het alles, wat hulle besit het, met mekaar gedeel.
Volgens die woordeboek beteken “gasvryheid” om ‘n goeie ontvangs en verwelkoming te bied aan diegene, wat dit nodig het. As ‘n mens die woord “gasvryheid” direk uit Grieks vertaal, beteken dit ‘n liefde vir vreemdelinge. Dit is met ander woorde om ‘n gevoel van goedgesindheid te hê en dit met woord en daad uit te dra.
Om ‘n gevoel van goedgesindheid en warmte by jou vriende te skep, is redelik maklik, maar om vreemdelinge met liefde en respek te ontvang, vereis dat jy dit doelgerig moet doen. Bid dat jou huis en ook jou hart oop sal wees vir vriend en vreemdeling. Bid dat almal, wat oor jou drumpel by jou huis of jou werk tree, ‘n gevoel van warmte sal ervaar. Maak seker dat jy tyd maak vir vriend of vreemdeling, wat van jou tyd en aandag nodig het. As die kuier ‘n maaltyd vereis, maak dit met liefde en sit dit met sorg voor. Al was die kuier onverwags en jou bestanddele maar karig, sal gaste soos konings eet, as jy hulle laat welkom voel. Luister aandagtig na hulle gesprekke en onthou om nie na te laat om, soos die eerste gemeentelede, tydens jul kuier oor Jesus te praat nie! -Helena Smith [eKerk]
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Pinksterfees en Nagmaal
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
Sondag 4 Junie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke net na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
PINKSTER 2023
Baie dankie aan al ons dames en heer vir die heerlike sop en broodjies vanaf Maandag tot Woensdag. Soos ons al gewoond is, het die tafels weer gekreun onder die broodjies en soppe. Ons kan altyd staatmaak op Suiderkruis se lidmate!! Dankie dat julle bereid was om te help nadat van julle nog hard gewerk het met die basaar ook. Ons maak weer so in 2024!
SUIDERKRUIS WHATSAPP-GROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
En kyk, Ek is met julle
al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.- Mattheus 28:20
GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Betsie Kuhn
ONDERDANIGHEID IS NOOIT VLOERLAPPIG-HEID NIE
Die Griekse woord “hupotassomai” word dikwels in Afrikaanse Bybelvertalings met onderdanigheid vertaal. Nee, “hupotassomai” beteken nie vloerlap-pigheid nie. Of slaafse onderdanigheid nie. Of opinieloosheid nie. Of ’n ekskuus-dat-ek-leef-inge-steldheid nie.
“Hupotassomai” veronderstel ’n ingesteldheid van diensbaarheid teenoor ander. Dit gaan daaroor dat jy doelbewus jou eie idees, behoeftes en belange nie bo dié van iemand ander ag nie. Dit is sinoniem met opoffering en nederigheid. Nee, sulke diens¬baarheid geld nie net vir vroue teenoor hulle mans nie. Voordat Paulus dit van vroue in Efesiërs 5:22 vra, skryf hy eers in vers 21 dat mans en vroue beide dit aan mekaar moet bewys. Hulle moet wedersyds diensbaar aan mekaar wees. (Onge¬lukkig het die 1953-vertaling ’n opskrif tussen vers 21 en vers 22 ingeforseer, sodat dit die indruk skep dat slegs vroue diensbaarheid aan hul mans verskuldig is. Dit was ’n fout, want die oor¬spronklike taal se sinskonstruksie maak dit duidelik dat Paulus reeds in vers 21 verwys na wedersydse onderdanigheid aan mekaar!)
Diensbaarheid word van alle gelowiges in ver-skillende kontekste verwag. Of ons leiers is en of navolgers is, ons almal moet diensbaar wees aan mekaar wees. Nogmaals, dit is nie vloerlaptaal wat baas-klaas-verhoudings in stand hou nie. Jesus is ons voorbeeld hier. Soos wat Hy Homself ter wille van ons almal prysgegee het, offer ons ook ons eie gerief, voordeel en gemak tot voordeel van mekaar op. Ons is diensbaar teenoor ons huweliksmaats, gelowiges, kollegas en almal wat ons paaie kruis – vriende en vreemdelinge inkluis. Ons dien ander ter wille van Christus. Ons maak plek vir ander se laste op ons skouers, soos wat Galasiërs 6 ons leer om te doen. -Stephan Joubert [eKerk]
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Madeleine Oost¬huizen, Johanna Venter
29 Mei: Hannelie Blume, Johan le Roux, Vincent Vlok, Johan Yzelle
30 Mei: Geen verjaarsdae
31 Mei: Jeanette van Staden, Henry van Zyl
1 Junie: Janco Oosthuizen
2 Junie: Chris Botha, Suzette Dreyer
3 Junie: Aubrie Heymans, Magna Heymans, Abel van Staden
POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
Here, by U vind ons geborgenheid, vrede, blymoedigheid en vreugde.
-Fransiscus van Assisi (1182-1226)
WÊRELDCHAOS
Ons het die afgelope tyd gelees en op televisie gesien van ontsettende oorstromings, van geweld in Egipte – tot 1 miljoen mense wat op ‘n slag staak, klipgooiery, voortslepende oorlog in die Ooste, magshebbers wat nie van hulle trone wil afstand doen nie, CHAOS.
Die Skrif is baie duidelik hieroor. Die Skrif leer ons dat hierdie dinge sal gebeur in die laaste dae en dit des te meer namate die oordeelsdag naderkom. En al dink ons dit is baie erg, is dit maar net die geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.
Die grootste chaos is egter dat die Woord nie meer suiwer gebring word nie. Baie mense leef op “voorspoed boodskappies”. Predikers wat net preek en sê wat mense graag wil hoor: “God wil graag hê dat jy ryk moet wees”.
Die boodskap is dat Jesus Christus weer aarde toe kom en dan sal Hy kom om te oordeel. Is jy ge¬reed? Is jy reg en voorbereid? Is jou lamp vol olie? Ons moet onsself afvra ook as kerk: is daar by ons ‘n erns om die Blye Evangelie van verlossing aan almal te bring? Of raak ons bevrees vir die wêreldchaos? Skrik ons vir die oorstromings, die sake waaroor ons geen beheer het nie?
Dawid het gesê: Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur. Waarvoor is ons bang? Niks kan ons skei van die liefde van God in en deur Jesus Christus nie. Ons hoef nie bang te wees nie. God het ons juis duur gekoop met die bloed van sy eie Seun, Jesus Christus.
Kom ons hou in die geloof vas aan God en sy beloftes! Kom ons bly Hom dien van ganser harte! Kom ons leef en verkondig die evangelie!
Moet nie bang wees nie, God sal ons bewaar nou en vir altyd en oral waar ons gaan, al is dit deur swaarkry heen. -Gerrit Kruger
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….