DAGBOEK
Vandag – Moedersdag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer

Donderdag 18 Mei
18:00 Hemelvaartdiens

Sondag 21 Mei
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Pinksterdiens

GEBEDSLYS
Hospitaal:
• Annemarie Swanepoel
• Daan Prinsloo

DIE WAARDE VAN ‘N MA
Wat is liefde nou werklik? Vra ʼn ouma en ʼn ma, en jy vind die antwoord. As ek terugkyk op my lewens-pad en terug dink aan al die kere wat my ma onvoorwaardelik sonder enige voorbehoud net daar was vir my, in hartseer, blydskap, moeilike en maklike tye. Met die mees opregste bedoelinge en ware omgee wat net ʼn ma kan gee en sal verstaan. ‘n Engel van God gevul met ‘n aardse moederlike instink wat meer as net mens is, iets vanuit God se geestes skepping, deel van die prag van God se liefde en die toonbeeld van Sy genade, dit is wat ʼn ma is. Die vloei van ʼn moeder se gees is omvangryk en haar sagtheid en onwrikbare veggees is onverklaarbaar. ʼn Ma se liefde is soos ʼn pleister vir jou siel, en soms deur net aan haar omgee en liefde te dink, vind ek genesing tot in my diepste wonde. Haar stem, die trek van haar mond en beweging van haar oë tydens ons gesprekke sal ewigdurend in my leef. Haar onbaatsugtige gee en self vergenoegheid is die mooiste deel van haar menswees en ʼn blywende lewensles. Waar ware liefde, omgee en opoffering nooit te veel is nie, en nie gedryf word deur ʼn gewete nie maar ʼn opregte hart, gevul met liefde.
Dankie God, dat U dit goed gedink het, om my te seën met my ma se moederskoot, dat U my gekies om een van haar kinders te mag wees. Vir meer, beter en die voorreg om haar mamma te kan noem dank ek U. Vader, ek pleit dat U oor haar sal waak, haar sal seën en haar elke oomblik van die dag styf vas sal hou in U skeppings hand. Uit genade, deur genade met dankbaarheid. Amen
-SêNet – Opinie

PINKSTER
Ons Pinksterdienste begin reeds Sondagaand 21 Mei om 18:00. Hierdie week se tema is:
Jesus se Hoëpriesterlike gebed
– Johannes 17:1-26
In Johannes 17 ontsluit Jesus baie van hom¬self en van ons eie lewens. Jesus deel met ons hoedat ons as God se mense deel uitmaak van Gods se groot ewige plan: Deur gelowiges te versamel in Sy naam, om te deel in die rykdom van Sy ewigheid.
Mens is beïndruk met Jesus se gebed, en dit laat mens tog wonder hoe pas dit in die res van Johannes se evangelie as ʼn geheel? Is Johannes se doel ʼn meer omvattende kyk in die werke en persoon van Jesus? Is sy doel daarmee om ons geloof te versterk in uitdagende tye. Dit help mens tog verstaan hoe ʼn persoon ʼn gelowige word, en een bly in gemeenskap met die lewende Here.
Die belangrikste temas van hierdie gebed is die verheerliking van God en die welsyn van Christus se dissipels en gelowiges. Die heerlikheid van God is ʼn tema wat dwarsdeur hierdie Evangelie loop. Ons sien dit in die inleiding (vgl. 1:14), vóór die Diskoers in die Bo-kamer (12:28) en dit is ook deel van die Diskoers (13:31-32). Oppad na Getsémané toe (vgl 18:1), bid Jesus in die eerste deel van hierdie gebed vir homself, maar die fokus is nog steeds die verheerliking van God (17:1-5). In Johannes 17:6-19 bid Jesus vir die apostels voordat die fokus op toekomstige gelowiges val (17:20-26).
Ontdek saam met ons deur die Gees die hart van Jesus in hierdie gebed, wat temas aanraak soos God se glorie, gestuur wees, geloof, die wêreld en liefde.
Sondag: 21 Mei 2023 Johannes 17:1-8
Maandag: 22 Mei 2023 Johannes 17:9-19
Dinsdag: 23 Mei 2023 Johannes 17:20-23
Woensdag: 24 Mei 2023 Johannes 17:24-26

PINKSTER SOP EN BROODJIES
Ons benodig groot asseblief weer sop en broodjies vir die aande van 22, 23 en 24 Mei. Die manne en vroue wat kan help, skryf asb jou naam op die pienk lyste agter in die foyer. Ons benodig ongeveer 5-6 potte sop per aand en ongeveer 5 brode se broodjies per aand.

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

VLEISBESTELLINGS
Bestellings vir die vleis kan reeds gemaak word by Elsabé (082 928 6626) of Elize (083 297 6748). Daar gaan ook snitte beskikbaar wees. Pryse sal deurgegee word, maar sal beslis goedkoper as die slaghuise wees. As beurtkrag ons kans gee, kan die vleis dan reeds die Woensdag voor die basaar afgehaal word.

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Helena Jacobs
15 Mei: Elsabé van Aswegen
16 Mei: Barbara Kok,
Jakkie Louw
17 Mei: Jannie Delport,
David Maree
18 Mei: Wimpie van Graaff
19 Mei: Mariska Thomas
20 Mei: Geen verjaarsdae

Geloof is nie die vermoë om in ‘n verre en onduidelike toekoms te glo nie. Dit is eenvoudig om op God te vertrou en die volgende stap te neem. – Joni E Tada

BASAAR
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne,
 Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Onder-steun ons asb en skryf jou skenking daarop.
 Wen ‘n pragtige kwiltdeken: Baie dankie aan Jacoba Ras wat vir ons hierdie pragtige kwiltdeken geskenk het. Vir slegs R30 per nommer, staan u ‘n kans om hierdie deken te wen! Skryf u naam langs enige nommer of nommers van u keuse om u wenkans te vergroot. Die deken kan besigtig word op die verhoog.
 Wen ‘n unieke bottel brandewyn: Baie dankie ook aan Johanna Handford wat vir ons ‘n unieke bottel brandewyn, wat al die pad van die Kaap af kom, geskenk het. Vir slegs R10 per nommer staan u ‘n kans om hierdie bottel te wen. Koop ook meer as een nommer om u wenkans te vergroot. Dis ‘n 5-jaar oue brande¬wyn en is glad nie in Noordwes beskikbaar nie.
Ondersteun ons asseblief hiermee, die fondse is ook ten bate van ons basaar. Die lyste is beskikbaar in die foyer.
NB: Daar gaan ‘n spesiale item gelewer word aan die einde van die basaar wat julle nie moet mis nie!!
Overvaal Stereo gaan ook ‘n buite-uitsending vanaf die kerk doen.

WORSBROODJIES BESTELLING
Op Vrydagaand 19 Mei gaan daar reeds worsbrood¬jies @ R25 per worsbroodjie verkoop word. Dit sal vanaf 17:00 beskikbaar wees. Ongelukkig moet ons asb met bestellings werk. Indien jy belangstel om sommer vir aandete te koop, bestel so gou as moontlik by Elize 0832976748 of die kerkkantoor 0182947939.

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay:
30 Junie en 1 Julie;
21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005


Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer

Dinsdag 9 Mei
18:00 Kerkraadsvergadering

Woensdag
09:30 Oudejeugaksie

Vrydag 12 Mei
Pannekoek-bak Pick ‘n Pay

Saterdag 13 Mei
Pannekoek-bak Pick ‘n Pay

Sondag 14 Mei – Moedersdag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer

SIEKTEVERLOF – DS TIAAN
Liewe gemeente, goeie nuus: ds Tiaan begin weer werk op Dinsdag 9 Mei. Ons is baie dankbaar hy kom terug. Ons almal het hom baie gemis!

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke.

GEBEDSLYS
• Baie sterkte aan Lorraine Jonker, Lana, Hannes en kleinkinders met die afsterwe van Koos verlede week.
• Baie sterkte ook aan Elize van Deventer met die afsterwe van haar broer verlede week.

PINKSTERDIENSTE
Agv Ds Tiaan se operasie en alles wat plaasvind voor daardie week, sal die Pinksterdienste plaasvind vanaf Sondag 4 Junie tot Donderdag 8 Junie. Die Nagmaal en Pinksterfees sal dan ook plaasvind op Sondag 11 Junie.

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Anna-Marie Oberholzer, Pieter le Roux, Anton Nel
8 Mei: Christelle Britz, Pat vd Merwe
9 Mei: Retha Bekker, Hester Brits
10 Mei: Carel Oberholzer, Amanda Theron, Victor Vlok
11 Mei: Hester Delport, Gerhardt Erasmus, Eloff Muller, Basjan Wolfaardt
12 Mei: Waldo Franken, Louis Jansen
13 Mei: Ben Beukes, Anita Swanepoel

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek.
Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n pot te maak vir daardie dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.

BASAAR
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne,
Die tyd kom nou vinnig nader. Ons wil bitter graag van daardie dag ‘n groot sukses maak. Soos jul reeds weet, Overvaal Stereo gaan daardie dag ‘n direkte uitsending vanaf die gemeente kom doen. Baie dankie aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het dat Overvaal Stereo die hele oggend kan kom uitsaai.
 Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Ondersteun ons asb en skryf jou skenking daarop. Daar is van die lyste wat nog niks op het nie, sonder julle hulp kan ons nie ‘n sukses van hierdie basaar maak nie.
 Leë koeldrankbottels: Ons benodig asb leë 2-liter koeldrankbottels vir die lekkergoedtafel. Bring dit asb op ‘n Sondag saam, of kontak vir Drienie 061 545 1107
 Wen ‘n pragtige kwiltdeken: Baie dankie aan Jacoba Ras wat vir ons hierdie pragtige kwiltdeken geskenk het. Vir slegs R30 per nommer, staan u ‘n kans om hierdie deken te wen! Skryf u naam langs enige nommers van u keuse om u wenkans te vergroot. Die deken kan besigtig word op die verhoog.
 Wen ‘n unieke bottel brandewyn: Baie dankie ook aan Johanna Handford wat vir ons ‘n unieke bottel brandewyn, al die pad van die Kaap af ingevoer het. Vir slegs R10 per nommer staan u ‘n kans om hierdie bottel te wen. Koop ook meer as een nommer om u wenkans te vergroot. Dis ‘n 5-jaar oue brande¬wyn en is gladnie in Noordwes beskikbaar nie.
Ondersteun ons asseblief hiermee, die fondse is ook ten bate van ons basaar. Die lyste is beskikbaar in die foyer.

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 12 en 13 Mei; 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

DRIE HONDE
By die swart traliehek gewaar ek die hond, wat so wild en wakker vir my blaf. Die Jack Russell staan op sy agterpote en gluur my aan. Sy een voorpoot raak-raak aan die traliehek. Met elke blaf hop die voorkant van die pootjie, terwyl sy een oortjie nogal ewe saam op en af wip.
Ek stop en praat met die outjie. Hy staar my eers wantrouig aan. “Wil jy saamdraf?” vra ek. Ek is nie seker of hy my verstaan nie, maar hy gaan sit ewe kordaat en daar gly rillings teen sy ruggie af. Na twee of drie sinne groet ek maar en draf verder. Jack blaf nie meer nie. Sy voorpootjie is weer op die traliehek wanneer ek om die draai verdwyn.
Dit is nie lank nie of ʼn volgende hond se geblaf begroet my. Die Golden Retriever blaf opgewonde. Sy is duidelik baie lus vir ʼn bietjie aksie. Hoe nader ek aan haar erf kom, hoe wilder raak die hondege-luide. Ook hierdie een verwelkom ʼn sin of twee. Sy word nie heeltemal rustig nie, maar maak dit wel met haar stert duidelik dat sy nie ʼn vyand is nie.
Die derde hond langs die pad is egter ʼn ander saak. Ek kan nie sien of dit ʼn reun of ʼn tefie is nie. Ek kan ook nie die woef se oë sien nie. Die Malteser-bloed loop sterk in die wolbolletjie se are, maar dit het vriende ook by. Ek probeer met haar ook gesels, maar hierdie keer is die reaksie die teenoorgestelde van wat ek wou hê. Haar geblaf skiet die hoogte in. Harder, skerper en angstiger. Hoe meer ek praat en paai, hoe wilder raak die wolbol. Uiteindelik gaan sit ek ʼn bietjie, net om te sien wat die uitwerking is. Dit maak hoegenaamd geen verskil nie. Die hond het ʼn desibeloorlog verklaar en ek is besig om te verloor.
Uiteindelik gee ek maar moed op en draf verder, terwyl die skril geblaf agter my voortwoed. Ek is eers teleurgesteld oor ek toe nou nie Franciscus van Assissi of Sneeuwitjie se dierevaardighede het nie. Daardie laaste hond wou op geen manier vrede tussen ons hê nie. Dit is eers later, op sosiale media, wat ek iets tussen mense se gesprekke raaksien. Sommige mense is aktief op soek na konneksies, ordentlike gesprekke en nuwe oplossings. Hier en daar is daar egter wolbolle wat net graag wil blaf. Dit maak nie saak wie op watter manier antwoord nie, die trant van die gesprek ontaard telkens rampspoedig. Hulle het geen bedoeling om ordentlik te probeer wees nie.
Van toe af kyk ek ook sommer anders na die men¬se rondom my en nie net op sosiale media nie. Soms is daar eenvoudig diegene wat nooit die bedoeling het om vrede of voorspoed vir mekaar te soek nie. Hulle bakleiery is nie met my of met jou nie, maar met iets anders in hulleself. Ek en jy hoef dit egter nie altyd aan die gang te hou nie. Soms kan ons maar voortdraf en oper geselskap soek.
Jesus illustreer dat Hy graag met mense gesprek¬ke voer. Ons leer sulke wonderlike dinge oor God en die lewe wanneer ons Jesus se wyse ant¬woorde op strikvrae lees. Hy sien egter ook raak wanneer mense nie die intensie het om iets by Hom te leer nie, maar eintlik net moeilikheid soek. Een so ʼn voorbeeld is in Mark 11:27-33. Jesus se styl met moeilikheidmakers wys dat ons soms die veglustiges moet antwoord (Spr 26:5) en ander kere liewer nie moet antwoord nie (Spr 26:4). Kom ons soek daardie wysheid in ons lewens. Dalk het jy meer tyd en energie beskikbaar as jy sekere bakleierigheid kan laat gaan.
-Siegfried Louw [eKerk]

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Opstandingsfees
Geen kinderkerke agv die skole langnaweek
10:00 Koffie en tee in die foyer

Sondag 7 Mei
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Opstandingsfees
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer

SIEKTEVERLOF – DS TIAAN
Liewe gemeente, goeie nuus: ds Tiaan begin weer werk op Dinsdag 9 Mei. Die pyn is nog nie heeltemal weg nie, maar hy sien alweer kans om aan te gaan. Baie dankbaar hy kom terug. Ons almal het hom baie gemis!

GEBEDSLYS
Hospitaal
• Koos Jonker
• Christine Thomas
• Glaudi Hefer

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

BASAARTYD!!!!!
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne, ons: Johanna, Gerda en Hermien, het weer ons Staatmaker baaskokke se hulp nodig vir die gebak en poeding tafels met die komende basaar. Begin asb dink wat jy vir ons gaan voorberei vir die dag om te verkoop en kom skryf dit op ons basaar-lyste wat in die Foyer beskikbaar is. Enige gebak, brode, koeke, beskuit, klein gebak ens, asook dan gebakte poeding, jellie, vla, wat jy ookal wil maak. Ek dink nou aan Marie se GROOT RONDE SKOTTEL vol bruin poeding … lekerrr.
Byvoorbaat baie dankie vir julle bydraes, sonder julle is ons hande afgekap.
 Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Onder-steun ons asb en skryf jou skenking daarop.
 Leë koeldrankbottels: Ons benodig asb leë 2-liter koeldrankbottels vir die lekkergoedtafel. Bring dit asb op ‘n Sondag saam, of kontak vir Drienie 061 545 1107
-Johanna, Gerda en Hermien

DIE OORDEEL IS AF
Lees Romeine 8:1
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellek-tuele berekenings bekend te maak nie. Nee, God het gesing toe Hy die skepping aanmekaar geweef het. Hy was in ‘n simfonie-orkessaal, toe Hy geskep het. Hy het gehuil toe Sy Kind daar aan Golgota se kruis gesterf het. Daardie Vrydag teen twaalfuur het Hy die son afgeskakel, toe Jesus se lyding ‘n laagtepunt aan die kruis bereik het. (‘n Mens kan dit seker nie ‘n hoogtepunt noem nie!)
Paulus het die omvang en impak van God se genade in Christus die heel beste van ons almal gesnap. Daarom besing hy dit so aangrypend in die Romeinebrief. Die hoogtepunt binne hierdie aardskuddende brief is ongetwyfeld Romeine 8. Dis ‘n loflied oor die Heilige Gees se werk. Dit besing Sy impak in ons lewens vanuit baie hoeke, maar dit begin alles by God se aardskuddende waarborg in Romeine 8:1 dat God se oordeel opgehef is. Dit geld vir elkeen, wat in Christus is. Diegene, wat in Hom glo en ingelyf is in Sy familie, se rekening by God is silwerskoon. Die vonnis is opgehef. Die tronkdeure staan oop. Nou het die Gees carte blanche, ‘n oop pad en ‘n skoonge¬skraapte land, waarin Hy Sy wonderwerke in ons lewens kan doen.
Gebed: Hoe wonderlik, Heer Jesus, dat U sterwe die tronkdeure van die dood voor my oopgeswaai het. Amen. -Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Jacques Barnard, Hettie Basson, Anel Breedt,
PJ Hefer, Egbert Hendrikse, Arno Moolman, Llwellen Pieterse, Liezel vd Merwe, Hettie vd Merwe
1 Mei: Annamarie Mans, Rina Matthee, AJ Oosthuizen
2 Mei: Adriaan Pretorius, Jaco van Zyl
3 Mei: Riekie Broodryk, Elouise Cloete
4 Mei: Werner Bruhns (84 jr), Reney Bronkhorst, Hannes Conradie, Schalk Mans
5 Mei: Shimmy Tesnaar, Mientjie Tesnaar, Anelle Aslett, Yolandé Grobler, Jean Nieman, Anette Niemand, Lois Sauer
6 Mei: Logan Botha, Olivia Sandrock, Marietjie vd Leeuw

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

WEN ‘N PRAGTIGE KWILTDEKEN EN UNIEKE BOTTEL BRANDEWYN
• Baie dankie aan Jacoba Ras wat vir ons hierdie pragtige kwiltdeken geskenk het.
Vir slegs R30 per nommer, staan u ‘n kans om hierdie deken te wen! Skryf u naam langs enige nommer of nommers van u keuse om u wenkans te vergroot.
• Baie dankie ook aan Johanna Handford wat vir ons ‘n unieke bottel brandewyn, al die pad van die Kaap af ingevoer het.
Vir slegs R10 per nommer staan u ‘n kans om hierdie bottel te wen. Koop ook meer as een nommer om u wenkans te vergroot. Dis ‘n 5-jaar oue brandewyn en is gladnie in Noordwes beskikbaar nie.
Ondersteun ons asseblief hiermee, die fondse is ook ten bate van ons basaar. Die lyste is beskikbaar in die foyer.

RADIO OVERVAAL
Baie dankie aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het dat Overvaal Stereo die hele oggend van die basaar ‘n direkte uitsending vanaf ons kerkterrein gaan doen. Nooi al jul vriende en familie om dié dag te kom geniet by ons Basaar!!

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 12 en 13 Mei; 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie.
Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie.
Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou al op soek na persone wat sal inskryf om ‘n Pot te maak vir daai dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
….….….….….….….….
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer

Maandag 17 April
18:00 Basaarvergadering

Dinsdag 18 April
18:00 GKF Vergadering

Sondag 23 April
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke vind plaas net na die diens
10:00 Koffie en tee in die foyer

SIEKTEVERLOF – DS TIAAN
Liewe gemeente, ds Tiaan is tans nog met siekverlof en ons wil vra dat u hom sal kans gee om ten volle te herstel. Dankie vir almal se ondersteuning en gebede. In dringende gevalle, of indien u ‘n dominee benodig, kontak die kerkkantoor 0182947939 of 0832976748. Alle gemeente-aktiwiteite gaan aan soos normaal.

GEBEDSLYS
Hospitaal
• Jakkie Botes
• Koos en Lorraine Jonker
• Christine Thomas – gaan Donderdag 20 April vir nekoperasie

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie, slegs belangrike inligting sal deurgegee word.

BASAARTYD!!!!!
Liewe Suiderkruis vriende en vriendinne, ons: Johanna, Gerda en Hermien, het weer ons Staatmaker baaskokke se hulp nodig vir die gebak en poeding tafels met die komende basaar. Begin asb dink wat jy vir ons gaan voorberei vir die dag om te verkoop en kom skryf dit op ons basaar-lyste wat in die Foyer beskikbaar is. Enige gebak, brode, koeke, beskuit, klein gebak ens, asook dan gebakte poeding, jellie, vla, wat jy ookal wil maak. Ek dink nou aan Marie se GROOT RONDE SKOTTEL vol bruin poeding … lekerrr.
Byvoorbaat baie dankie vir julle bydraes, sonder julle is ons hande afgekap.
 Basaarlyste: In die foyer lê basaarlyste waarop al die benodigdhede vir die basaar is. Onder-steun ons asb en skryf jou skenking daarop.
 Leë koeldrankbottels: Ons benodig asb leë 2-liter koeldrankbottels vir die lekkergoedtafel. Bring dit asb op ‘n Sondag saam, of kontak vir Drienie 061 545 1107
-Johanna, Gerda en Hermien

OMPAAIE IS GOED VIR ONS GROEI
Ek en my vrou ry nou die Sondag terug na ‘n naweek weg. Ons ry gereeld dié pad. Die rit neem gewoonlik bykans twee en ‘n kwart uur op die pad. Ons weet nou al dat wanneer ons op die snelweg naby ‘n sekere afrit is, is die huis slegs twintig minute weg. Ons was moeg en wou regtig net by die huis kom, toe ons skielik gedwing word om af te draai van die snelweg en met ‘n ompad weer terug te keer na dieselfde snelweg. Dít was op sigself alreeds ‘n teleurstelling. Dis egter nie al nie. As deel van die ompad moes ons deur ‘n voorstedelike buurt ry. Toe ons egter ewe onskul¬dig dié buurt binnegaan, sien ons dit: toue karre, wat staan weens dooie verkeersligte. Beurtkrag! Die effek is toe, dat in plaas van om binne twintig minute by die huis te kom, arriveer ons toe ‘n hele uur later as verwag.
Ek dink toe aan wat ek al self baie gepreek het: ons hier in Afrika moet enige iets verwag as ons ons varkies wil behou. Verwag ompaaie en geniet hulle. Dit help nie om elke keer in stomme verbasing en ontnugtering hande in die lug te gooi en tekere te gaan nie. Ek besef toe ook dat ek geheel en te veel in my eie gemak en roetine vasgevang is. Ek gaan baie meer buigbaar en geduldig moet raak. Ek weet beurtkrag vind as gevolg van wanbestuur plaas. Dit ís so, maar ons weet dit mos nou reeds. Gaan ons nou elke keer van voor af ‘n vloermoer gooi en ons siel vergiftig?
Ek kom ook agter dat baie mense al so gewoond aan iets geraak het dat hulle uiterlik geduldig met die omstandighede saamgaan, terwyl hulle aan die binnekant kook en smeul van woede.
Om Jesus op die troon te sien, behels ‘n paar belangrike kopskuiwe aangaande ‘n plek soos Suid-Afrika:
• Verwag enige iets. Hierdie is Suid-Afrika. Die meeste mense hier het nie Westerse waardes nie, veral nie in terme van tyd nie. Alhoewel dit ons frustreer, is dit nie noodwendig verkeerd nie.
• Om vrede te maak en enige iets te verwag, beteken nie ons keer die korrupsie en wan-bestuur goed nie. Dit beteken ook nie dat ons nie probeer help en regmaak nie. Dit beteken net dat ons in vrede met God leef en dat hierdie vrede in vredevolle verhoudings met Suid-Afrika en al sy mense en omstandighede moet uitdrukking kry.
• Geniet die ompaaie. Wanneer jy verras word deur ompaaie, waaraan jy niks kan doen nie, help dit nie jy konformeer slegs uiterlik en sit nou maar in die verkeer, terwyl jy innerlik middelvingers na Eskom gooi nie. Laat die omstandighede in ons land toe om onvolmaak te wees. Ons is nog nie in die hemel nie. Wees genadig.
• Wanneer jy ‘n bydrae kan maak om dinge verbeter, doen dit. Dis goed. Ek is egter nie so seker of die uitsorteer van beurtkrag só hoog op die Here se agenda is nie, ten spyte van al die ongemak en skade. Ek het ongelukkig heelte¬mal te gemaklik geraak om my eie voor-keure en begeertes blitsvinnig te vervul, sonder enige uitstel. Dit maak my aanmatigend oor die spoed waarteen ek dink dinge moet beweeg. Dit is dalk waarom ons verhoudings so arm is, want ons beweeg nie meer teen die spoed van verhoudings nie. Miskien is die Here veel meer hierin geïnteresseerd: dat ek en my vrou ‘n om-pad neem, terwyl ons die wêreld se tyd het om diep te gesels oor dinge, wat werklik saak maak.
Dit help nie ons sing Sondae liedere van God se liefde en kners ons tande Maandag op die pad nie. Iemand, wat in vrede met God, homself en ander leef, sing op die pad ook, in die verkeer, op die ompad in ‘n vreemde buurt, tydens beurtkrag.
-Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Frikkie Eloff, Saartjie Gauché, Ilomi van Zyl
17 April: Gerda Jansen, Henry Venter
18 April: Geen verjaarsdae
19 April: Wihan Aslett, André Jv Rensburg
20 April: Jannie Klopper, Rouxlinda Nieman, Christine Otto
21 April: Geen verjaarsdae
22 April: DJ Cloete, Ansonette Erasmus, Elmien Scheepers, Alta Teifel, Duvan van Niekerk, Rodger van Wyk

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay:
12 en 13 Mei;
30 Junie en 1 Julie;
21 en 22 Julie;
6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie.
Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie.
Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek. Hulle is nou al op soek na persone wat sal inskryf om ‘n Pot te maak vir daai dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, skakel asb vir Jakkie by 076 263 7050.

OU KLERE
Indien u ou klere het wat u nie meer gebruik nie, kontak asb vir Nunez van Zyl, 082 922 9234.

 

DAGBOEK
Vandag – 6e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

Vrydag 31 Maart
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay

Saterdag 1 April
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay

Sondag 2 April – 7e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

KERKKANTOOR
Die Kerkkantoor open weer Maandag 3 April. Baie dankie ook aan almal se oproepe, whatsaps en ge-bede na my operasie. Dit gaan goed met my en is ek haastig om weer terug te keer werk toe.– Elize

ONDER ONS
Hierdie is die laaste Onder Ons vir die eerste kwartaal. Die volgende Onder Ons verskyn weer op Sondag 16 April.

SIEKTEVERLOF – DS TIAAN
Liewe gemeente, ds Tiaan ervaar tans nog baie pyn. Hy is vir 6 weke met siekverlof en ons wil vra dat u hom sal kans gee om ten volle te herstel. Dankie vir almal se ondersteuning en gebede. In dringende gevalle, of indien u ‘n dominee benodig, kontak Elize, 0832976748. Alle gemeente-aktiwiteite gaan aan soos normaal.

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Ds Tiaan wat nog baie pyn ervaar.
• Kinders en familie van Kalahari Roodt wat verlede week oorlede is.

OU KLERE
Indien u ou klere het wat u nie meer gebruik nie, kontak asb vir Nunez van Zyl, 082 922 9234.

BELANGRIKE DATUMS
6 April – 18:00 Paassang en Nagmaal
7 April – Goeie Vrydag
9 April – 09:00 Opstandingsfees
12 April – 09:30 Oudejeugaksie
12 April – Skole open

POTJIEKOSKOMPETISIE
Baie dankie aan Willem en Jakkie Botes wat vir ons ‘n Potjiekoskompetisie beplan vir Sondag 25 Junie. Daar gaan selfs ‘n trofee wees vir die wenner van die kompetisie. Kaartjies gaan ook verkoop word as deel van ‘n fondsinsamelings¬projek. Hulle is nou op soek na persone wat sal inskryf om ‘n Pot te maak vir daai dag. Dit sal bepaal hoeveel kaartjies verkoop kan word. As jy kans sien om jou “wen-pot”in te skryf, bly asb vir ‘n oomblik na die diens vanoggend agter sodat hulle net die name kan kry. Julle is ook welkom om vir Jakkie te skakel by 076 263 7050.

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Indien jy nog nie op die ge¬meente se Whatsapgroep is nie, stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize (0832976748) en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas.
Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie, slegs belangrike inligting sal deurgegee word.

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR:
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 12 en 13 Mei; 30 Junie en 1 Julie; 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Mini-basaar: 19/20 Mei
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie
• Vleisprojek
• Potjiekoskompetisie
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor en gee vir ons idees deur: 0182947939 / 0832976748.

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize

VERTROU DIE HERE OOK MET JOU SLAAP
Wie van ons het nie al vir ’n paar oomblikke inge-sluimer tydens ’n lesing, ’n opvoering, of ’n fliek nie? Of dalk tydens ’n kerkdiens? Maar dit kos moed om te doen wat die skaakkampioen van die wêreld, Magnus Carlsen, gedoen het. In 2014, tydens ‘n skaakwedstryd teen Viswanathan Anand om die wêreldkroon, het hyself ’n vinnige uiltjie geknip. Fotos en video’s hiervan het wêreldwyd opslae gemaak.
Dit lyk my ons almal kort meer slaap. Rus is noodsaaklik vir ons elkeen se fisiese gesondheid. Dit maak ook ’n belangrike deel uit van ons geestesgesondheid.
Psalms 3 en 4 leer by name vir ons dat om rustig te slaap, ook dui op ons vertroue in die Here. In Psalm 3 skryf Dawid dat hy deur vyande omring is. Nogtans bely hy hier in vers 5 dat die Here hom goed laat slaap en dat Hy hom ook weer laat wakker word.
In Psalm 4:8 skryf Dawid weer dat hy in die aand rustig aan die slaap kan raak, omdat sy vertroue in die Here geanker is.
Doen asseblief dieselfde. Plaas jou lewe in God se hand en gaan slaap elke aand in vrede.
-Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Petro Killian (88jr), Adri Engelbrecht, Eric Scheepers
27 Maart: Aretha Bouwer, Heino, Marno en Ruandro Minnaar
28 Maart: Ella Burgers (91 jr), Retha du Toit, Ronel Kruger, Nicolene Vlok
29 Maart: Louis Cloete, Jors Naudé, Amelia Pretorius, Mornette Schoenfeld
30 Maart: Kyla Smit, Chella Venter
31 Maart: Carinne Botha, Magda Jacobs, Adri Smit
1 April: Gerda Deacon, Marita Jacobs
2 April: Sylvia Botha, Monique de Jager, Janine Engelbrecht, Sandra Joubert, Alta van Eck, Jean Viljoen
3 April: Clarise Mostert, Juané Erasmus, Marizan Nel, Michael Stander, Jacques Vosloo
4 April: Kaitlin Smit
5 April: Tooi du Toit, Charles Duncan, Thys Grobbelaar, Heinrich Kok, Andria Pretorius, Elna van Heerden
6 April: Ds Tiaan Mostert, Elsa Minnie
7 April: Aline Steenberg
8 April: Anna van Rooyen (88jr), Kobus Theron (81 jr), Julie vd Merwe, Bessie Vorster
9 April: Dawie Fourie, Riaan van Wyk
10 April: Robert Thomas (81 jr)
11 April: Neil Smit, Anneska vd Merwe, Wessie vd Westhuizen, Lienke van Eeden
12 April: Geen verjaarsdae
13 April: Lynn Cilliers, Wilna Joubert, Amanda Kruger, Marinda Nell, Robert Wilson
14 April: Gerhard van Tonder
15 April: Jos Bosman, Daantjie Jv Rensburg, Lize-Marie van Eeden

Om in God te glo,
weet jy dat jy goeie dae sal hê, ook slegte dae sal hê,
maar geen dag
sonder God sal hê nie!

Page 3 of 9 1 2 3 4 5 9
Follow us: