DAGBOEK
VANDAG
3e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds. Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)
SONDAG 20 MAART
4e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (prof Fika van Rensburg)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
KERKKANTOOR
Die kerkkantoor is vir Maartmaand slegs op die volgende dae en tye oop: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08:00–11:00. Baie dankie aan Jacoba wat vir my gaan instaan. -Elize
KOFFIE/TEE IN DIE FOYER
Indien enigeen dalk kans sien om ons te help op ʼn Sondag met die bediening van koffie en tee in die foyer, skakel asb vir Jacoba (0729005005). Die koppies word vooraf reggesit, die helpers moet net sorg dat die flesse vol kookwater is en die melkbekertjies vol bly. Help ons asb ook met hierdie projek.
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Wanda Steyn
• Jimmy Duncan
• Llewellen Pieterse
• Dawid Neethling na Nelia se afsterwe.
• Johan Loots na Wikus se afsterwe.
Bid asb ook vir die beroepingsproses in Suid:
• Duidelike leiding vir die pre-advieskommissie en dat die Here die regte persoon sal aanwys;
• Dat die gemeente een sal wees en sal saam-staan in die maande wat kom;
• Dat ons almal die nuwe dominee sal aanvaar en vir hom/haar ruimte sal gee om sy/haar roeping uit te leef;
• Dat Suid sal groei el al hoe meer word soos die Here ons wil hê.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Tydens ʼn aangename vergadering gehou op 21 Februarie het ons op die volgende projekte besluit:
• Spaanse aand: 23 September (Johanna Handford)
• Hengelkompetisie: 20 Augustus (Roelf van Aswegen)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s saloon:
21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay: 4/5 Maart, 8/9 April, ¾ Junie, 23/24 Julie, 9/10 September, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
• Mandjieprojek: (Erika Pieterse)
• Snuffelwinkel: (Jacoba Ras)
Skakel asb in en help ons om van elke projek ʼn groot sukses te maak. –ds Coenie
LAAT STAAN DAARDIE MINDERWAARDIGHEIDS-KOMPLEKS
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n baie ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ‘n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy aan jouself behoort te heg, is pure lyding. Boonop is dit ook onnodig. Hierdie kompleks steel die vreugde van die lewe onder jou uit.
Hoor hier, jy is nie minder werd as enigiemand anders hier op die planeet nie. Moenie dat die lewe of ander mense jou dit probeer wysmaak nie. Trouens, jou waarde is so hoog dat Jesus jou raakgekyk het, toe Hy ons almal se seer en oortredings op Sy eie skouers by Golgota gelaai het. Jou waarde is so hoog dat God jou op jou naam ken, omdat jy in Hom glo. Praat van kosbaar! God self gee hierdie hoë waarde aan jou. Moenie langer ly onder daardie kompleks, wat vir jouself probeer wysmaak jy is minderwaardig nie. Pak dit vir altyd weg, want dis nie die waarheid nie. – Stephan Joubert [eKerk]
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Luhan Erasmus, Stephan Steyn, Dulan vd Merwe
14 Maart: Petrus Jacobs, Hendrik Theart
15 Maart: Bettie Coetzer (88jr), William Erasmus, Marieta Fourie
16 Maart: Nellie Jackson (85jr)
17 Maart: Kobus van Deventer, Sonia van Zyl
18 Maart: Andrew Kruger
19 Maart: Tharina Jacobs
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY:
Is swaarkry straf op jou sonde?
As jy vir God sou sê: “Leer U my wat ek self nie weet nie; as ek verkeerd gedoen het, sal ek dit nie weer doen nie,” sal God jou dan nog straf?
– Job 34:31-33
Job se vriende is van mening dat sy swaarkry eintlik sy sonde se skuld is en dat dit sal verdwyn sodra hy sy sonde bely. Maar Job weier, want hy weet dat hy onregverdig gestraf word. Ironies genoeg is Job glad nie so onskuldig soos hy dink nie, want voor God is elke mens sondig en verdien almal van ons God se straf.
In die Ou Testament is mense swaar gestraf vir hulle sonde. Ons leef, anders as Job, anderkant die kruis en ons weet dat ons swaarkry in hierdie wêreld nie verband hou met ons sonde nie. Aan die kruis het Jesus reeds eens en vir altyd die straf op my en jou sonde gedra. Alhoewel God se kinders nog by geleentheid tug om hulle te wys dat hulle op die verkeerde pad is, straf Hy ons nie meer omdat ons sondaars is nie.
Job is in sy eie oë ʼn “regverdige” man en tog tref die straf van God hom. Nie soseer omdat hy sondig is nie, maar omdat God sy almag aan Job wil demonstreer. In die laaste hoofstuk kry Job uiteindelik die boodskap en hy hou summier op om sy eie onskuld te proklameer.
Gelukkig straf God jou nie vanweë jou sonde nie; Hy leer jou wel daardeur. As daar weer probleme oor jou pad kom, vra jou af wat God jou daardeur wil leer.
Here Jesus, baie dankie dat U God se straf vir my sonde aan die kruis gedra het. Amen –Nina Smit
FONDSINSAMELINGS PROJEKTE VIR 2022
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollekte¬sakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat sommer net tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel (0729005005) – Elize
KYK EN SIEN!
“Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.” – Psalm 53:6 (53-vertaling).
Ons het die vorige keer gepraat van ons lewensdoelwitte en hoe Jesus Christus die sentrale plek moet inneem. Maar dan moet ons ook duidelik besef dat dit nie is wat die wêreld van ons verlang nie; inteendeel, ‘n mens kan baie maklik onder druk geplaas word om jou Christenskap te verloën! Dit lei dan tot innerlike spanning en konflik met die ongelowige wêreld.
Dawid het iets soortgelyks in sy lewe ondervind toe hy Psalm 54 gedig het. Ons sien ‘n bitterheid by hom omdat hy van alle kante bedreig word: “want vreemdes het teen my opgestaan en gewelddadige mense soek my lewe” (v 5; 2020 vertaling). Maar hy soek sy hulp by God en dit loop uit op die belydenis: “Kyk, God is my helper” – “Hy is die Een wat my lewe ondersteun” (2020 vertaling).
“Kyk!” sê Dawid vir homself. “Kyk” – hoe dikwels sien ons in ons lewe nié die hand van die Here raak nie! Dan word ons vasgevang in ons eie vrees en bekommernisse. Wanneer die Bybel praat van “kyk” bedoel dit daarmee ook “sien.” Jy moet nie net kyk nie, maar ook sien – raaksien.
Voordat jy na die aanslae van die wêreld kyk, moet jy eers introspeksie neem. Dit bestaan daarin om in diepte te besin oor jou eie optrede, oortuigings, emosies en gevoelens. Kyk na binne en sien met die oë van die hart dít wat diep in jou innerlike aangaan. Dan sal jy ook God raaksien.
“Kyk,” sê Dawid in sy neerdrukkende situasie. “Kyk, God is met my.” Soms vat dit lank voordat ons sien. Soms moet ons eers terugkyk op ons lewenspad om God se hulp en heilsame voetspoor in ons lewens raak te sien. En kyk, Hy is elke dag en elke nag by ons tot aan die voleinding van die wêreld (Mat 28:20; 53-vertaling). “Kyk!”
-Lukas du Preez
Die Weg
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………
6 MAART 2022
DAGBOEK
VANDAG
2e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)
WOENSDAG
09:30 Oudejeugaksie
SONDAG 13 MAART
3e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)
KERKKANTOOR
Die kerkkantoor is vir Maartmaand slegs op die volgende dae en tye oop: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08:00–11:00. Baie dankie aan Jacoba wat vir my gaan instaan. -Elize
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Elize van Niekerk (knievervanging)
• Wanda Steyn
• Nelia Neethling
• Jaap Theron
Bid asb ook vir die beroepingsproses in Suid:
• Duidelike leiding vir die pre-advieskom-missie en dat die Here die regte persoon sal aanwys;
• Dat die gemeente een sal wees en sal saam-staan in die maande wat kom;
• Dat ons almal die nuwe dominee sal aanvaar en vir hom/haar ruimte sal gee om sy/haar roeping uit te leef;
• Dat Suid sal groei el al hoe meer word soos die Here ons wil hê.
DIENSWERKERS VERKIES
Op die Kerkraadsvergadering gehou 1 Maart is die volgende lidmate as Dienswerkers verkies:
• Jaco Oosthuizen
• Mariska van Wyk
• Christelle van Wyk
• GROOT dankbaarheid dat Sonette Coetzer se kankertoetse mooi skoon is.
KOFFIE/TEE IN DIE FOYER
Indien enigeen dalk kans sien om ons te help op ʼn Sondag met die bediening van koffie en tee in die foyer, skakel asb vir Jacoba (0729005005). Die koppies word vooraf reggesit, die helpers moet net sorg dat die flesse vol kookwater is en die melkbekertjies vol bly. Help ons asb ook met hierdie projek.
DIE PAD VORENTOE
ʼn Spesiale kerkraadsvergadering is gehou op 1 Februarie waarby ʼn pre-advieskommissie aangewys is om die vakature wat op 1 April ontstaan, te bespreek.
Die pre-advieskommissie bestaan uit die volgende lede: Marius Dippenaar (voorsitter), Jan van Wyk (leier-ouderling), Gerda Jansen (leier-diaken), Antoinette Vosloo (finansies), Sarel Cilliers (visionêr), Anton Nel (jeug), Roelf van Aswegen (eiendom¬me), Wendri Eloff en Jolene Steenkamp (kundiges) en myself.
Elke vergadering word van ringskant af ook bygewoon deur Ds Marius de Beer (Grimbeekpark). Die pos is via Kerknuus geadverteer op 11 en 18 Febr 2022. Verskeie aansoeke is ontvang voor/op die sluitingsdatum van 27 Febr 2022. Die pre-advieskommissie het Donderdag vergader om die aansoeke te weeg en te sif en ʼn voorlopige groslys saam te stel. Die twee kandidate wat uitgesoek is sal DV in die volgende weke genooi word vir ʼn onderhoud en/of preekbeurt. Bid asb saam met ons dat die Here die regte leraar vir Suiderkruis Gemeente sal aanwys en dit duidelik vir ons bevestig. Groete, -ds Coenie
TYDSRAAMWERK
Hier is ʼn voorlopige tydsraamwerk vir die tyd wat voorlê:
• 27 Mrt: Afskeidspreek en demissie (Ds Coenie)
• Einde Maart: beroeping van nuwe leraar na Suid.
• April & Mei: Ds Terence Cooke neem leiding in Suid totdat nuwe leraar bevestig word – na alle waarskynlikheid teen 1 Junie 2022 (of soos ooreengekom).
Kom ons vat in hierdie tyd hande en droom saam, werk saam en bid saam ter wille van hierdie spesiale gemeente … -ds Coenie
UIT DIE KERKRAAD
Gedurende die afgelope week het ons eerste gewone kerkraadsvergadering vir 2022 plaasgevind – dit was soos altyd baie spesiaal en baie aangenaam. In my hart is ek so dankbaar (en tevrede) vir hierdie leierspan wat die gemeente help bestuur. Hier is ʼn paar sake uit die kerkraadsvergadering:
• Jan van Wyk en Sarel Cilliers sal saam met die jeugleiers dinkskrum oor die jeugbediening in Suid.
• Jaco Oosthuizen, Mariska van Wyk en Christelle van Wyk word as dienswerkers verkies – by voorbaat baie geluk!
• Die kerkraad keur die begroting en aanbevelings rondom finansies goed vir 2022/23. ʼn Finansiële oorsig sal mettertyd aan die ge¬meente gegee word. Groot dank aan Antoinette Vosloo vir reuse werk op hierdie gebied.
• Die DVK het enkele wysigings rondom personeelsake voorgestel – dit word so aanvaar deur die kerkraad.
• Die Kerkraad neem kennis dat die sinodesitting (10 Maart) onbepaald uitgestel is.
• Die Kerkraad keur Ds Coenie se bedanking as leraar van Suiderkruis gemeente goed.
• Die kerkraad neem kennis van die vordering in die beroepingsproses asook van die beplanning vir die tussenperiode.
ʼn Groot dankie aan elke kerkraadslid wat help om hierdie gemeente te bestuur.
–ds Coenie
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Tydens ʼn aangename vergadering gehou op 21 Februarie het ons op die volgende projekte besluit:
• Spaanse aand: 23 September (Johanna Handford)
• Hengelkompetisie: 20 Augustus (Roelf van Aswegen)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s saloon: 21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay: 4/5 Maart, 8/9 April, ¾ Junie, 23/24 Julie, 9/10 September, 7/8 Oktober (Maryna Marais)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
• Mandjieprojek: (Erika Pieterse)
• Snuffelwinkel: (Jacoba Ras)
Skakel asb in en help ons om van elke projek ʼn groot sukses te maak. –ds Coenie
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Geen verjaarsdae
7 Maart: Anna du Toit (87jr), Maryna Marais, Heleen Ras
8 Maart: Steve Kuhn, Anton Matthee
9 Maart: Theron Booyens, Karli Botha, Sonia Minnaar
10 Maart: GD Burgers, Anneke du Toit, Marie Esterhuizen, Annelie Fouché, Dawid van Vuuren
11 Maart: Johanna Handford (83jr), Cilia du Plessis
12 Maart: Hannes vd Merwe, Pieter van Zyl
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
ʼn Demonstrasiemodel
Toe antwoord die Satan: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.” –Job 1:9-11
Die duiwel merk baie gou dat Job ʼn model-Christen is. Hy sê dan ook vir God dis omdat dit so goed gaan met hom.
En dan gebruik God Job as ʼn demonstrasiemodel: Hy neem eers sy besittings dan sy kinders en dan sy gesondheid van hom weg. Job kan hierdie rampe wat hom tref nie verstaan nie, omdat hy geweet dat hy nie teen God gesondig het nie.
Met Job se verhaal wil die Here ons eintlik bederf: Hy gee vir ons ʼn kykie agter die gordyn. Job se getuienis is baie meer werd wanneer dit baie sleg met hom gaan as in die dae toe dit nog goed gegaan het. God toets Job om te sien of hy die geloofseksamen sal slaag en die duiwel verkeerd bewys. Dit is interessant dat die boek Job nie histories gedateer kan word nie, ook is die ligging van die stad waar hy gewoon het onbekend. Miskien is die rede hiervoor dat ons elkeen ons eie naam hier kan inskryf. Met die swaarkry in jou lewe maak God van jou ook ʼn demonstrasiemodel vir Hom; Hy wil Hy jou geloof toets. Juis omrede hierdie swaarkry wil Hy van jou ʼn beter getuie van Hom maak as in die tye tot dit net goed met jou gegaan het.
Hemelse Vader, vergewe my dat ek maar die meeste van die tyd ʼn swak demonstrasiemodel vir U is. Help my om juis wanneer ek swaarkry, ʼn helder getuie vir U te wees. Amen –Nina Smit
20 FEBRUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens &
Belydenis van Geloof
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel 2022
MAANDAG
17:00 Fondsinsamelingsvergadering
(alle belangstellendes welkom)
DINSDAG
18:00 GKF Begrotingsvergadering
SONDAG 27 Februarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel 2022
‘N SEËNBEDE VIR ONS JONG MENSE
Die Here is voor jou,
om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou,
om jou in Sy arms toe te vou.
Die Here is agter jou,
om die aanvalle van die bose af te weer.
Die Here is onder jou,
om jou te dra as jy mag val.
Die Here is binne-in jou,
om jou te inspireer.
Die Here is rondom jou,
om jou te seën.
Wáár jy ookal mag gaan,
dáár is HÝ!
– Uit Daelikse Woord
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Wanda Steyn
• Drienie Kriel
• Nelia Neethling
• Sonette Coetzer
Spesiale voorbidding vir Linda Brits na Johannes se tragiese dood.
PANNEKOEKVERKOPE
Ons begin weer hierdie jaar met pannekoekverkope by Pick ‘n Pay. Ons eerste na-week is reeds 4 & 5 Maart 2022. Ons benodig GROOT asb weer helpers met die aanmaak van die deeg op Donderdag 3 Maart en genoeg helpers op Vrydag en Saterdag. Indien jy kan help, kontak asb vir Maryna (082 807 9954). Ons het regtig julle hulp nodig om van hierdie fondsinsamelingsprojek ‘n sukses te maak.
WÊRELDBIDDAG VIR VROUE
Donderdag 3 Maart 2022
om 18:30
saam met Christelle Liversage by die
NG Gemeente Potchefstroom-Die Bult
Tema:
Ek weet wat ek vir jou beplan
Skrywerslande:
Engeland, Wallis en Noord-Ierland
BERADING
Beste vriende, ek hoop dit gaan goed. Ek is steeds beskikbaar vir berading – vanaf 1 Februarie 2022 by ‘n nuwe kantoor, Beyers Naudé Laan 156.
Ek bied emosionele ondersteuning, terapie vir die hantering van emosionele pyn met behulp van kleur, klei en verf, ondersteuning aan ouers met gestremde kinders, asook Snoezelen (ontspanning, hantering van stres en angs). Die fooi per sessie is R200.00.
Kontak my gerus by 079 773 4339. Groete, Emmerentia
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Adelle Jv Rensburg
21 Februarie: Dorette Burgers, Lizeth Louw, Suné Niemand
22 Februarie: Wilma Badenhorst, Jos Bosman, Annie Robertson, Lucas vd Heever
23 Februarie: Michellé Theron
24 Februarie: Geen verjaarsdae
25 Februarie: Dina Ludick (90jr), Brendan Klopper, Johan Klopper, Irma vd Merwe, Carla van Niekerk
26 Februarie: JJ Alberts, Lorraine Jonker, Wynand Moolman, Leon Nell, Leon vd Merwe
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
DEUR DIE HAND VAN DIE HERE AANGERAAK!
“En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles – hoe hy al die profete met die swaard gedood het. Daarop stuur Isébel ʼn boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen – sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; maar self het hy ʼn dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ʼn besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie. Daarop gaan hy lê en raak onder ʼn besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ʼn engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!” – 1 Konings 19:1-5 (53-vertaling).
“En kyk!” (v5). Dit klink soos ‘n jubelkreet. In hierdie woorde sit ‘n onverwagte en blye verrassing. Hierdie man is toegemessel in sy omstandighede. Menslik gesproke is daar vir hom geen uitkoms meer nie. Dit is die einde. Dit is verby met Elia. Hy het die einde van sy pad bereik. Dit is klaar met hom.
Maar hoor dan die jubel van uitredding en bevryding in die: “en kyk!” Dit breek deur alle newels heen. Dit breek deur alle menslike vooruit¬skouings van ‘n sombere toekoms. Wonderlik! Want kyk, bo dié donkere menselewe wat hom vir ‘n doodslaap neergelê het, is die hand van God – God se reddende, helpende hand.
Ja, deur die engel raak die Here hom aan. Die engel is God se hand. Die Here steek sy hand uit na hierdie verslae mens in die draaikolk van moedeloosheid. Die engel is ‘n openbaring van die Here se hulp en bystand. So prakties en daadwerklik is die Here se hand.
Dit is ook die boodskap vir alle mense wat hulself in hierdie lewe afgeskryf het. Vir alle lewensmoeë, eensame en wanhopige mense. Vir mense wat geen lig meer sien nie en miskien al met gedagtes aan selfmoord. Die Woord verkondig aan jou dat die hand van die Here uitgestrek is na dié mens wat neergeslaan is deur die lewe. God steek sy hand na jou uit! Maar wil die mens dit aanvaar? Ons hoor die versugting wanneer mense in moeilike omstandighede verkeer: “daar is niemand wat sy hand na my wil uitsteek nie, of as daar mense is wat tog wil help, is hul arms te kort en hul hande te swak.”
As jy voel dat jy in jou eie woestyn verkeer, weet dan dat die Here ook sy hand na jou toe uitsteek. As alles vir jou hopeloos lyk, as jy alleen is met jou bekommernisse en niks van iemand kan verwag nie …. dán … “en kyk, daar raak ‘n engel hom aan.” Daar is die Here se hand! -Ds Gabe van Duinen
De Stem achter U (effe aangepas)
DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ʼn wenslysie.
Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor kan afgegee word.
AS DIT DONKER IS OM MY
Vrees is onnodig
Die mense het hulle verwonder en gesê: Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?” -Matteus 8:27
Toe daar ʼn hewige storm oor die see van Galilea losbars en Jesus agter in die skuit bly slaap, maak sy dissipels Hom bevrees wakker. “Waarom is julle bang, kleinge-lowiges?” wil Jesus hierop weet. Hy het opgestaan en die wind en die see aangespreek en dit was dadelik kalm.
Daar word ʼn mooi verhaaltjie vertel van ʼn passasiersboot wat op pad van Londen na New York was en onderweg in ʼn hewige storm beland het. Almal was baie bang, ook die agtjarige dogtertjie van die kaptein. Toe wou sy weet: “Is Pappa op die brug?” Op haar ma se bevestigende antwoord het sy omgedraai en dadelik weer aan die slaap geraak. Sy het die volste vertroue gehad dat haar pa die boot veilig deur die storm sou stuur.
Christene se geloof vrywaar hulle nie van lewenstorms nie. Niemand kan seerkry en swaarkry vryspring nie; dit vorm ʼn onlosmaaklike deel van ons lewe. As jy aan God behoort, kan jy hierdie storms egter vreesloos tegemoetgaan omdat jy weet dat jou Kaptein op die brug is en dat Hy die stuurwiel van jou lewensboot veilig deur elke storm sal stuur.
God maak nou wel nie alle storms in jou lewe stil nie, maar Hy is by jou in die storm. Soos die dogtertjie van die skeepskaptein, hoef jy ook nie vir die storms bang te wees nie; jou Vader sal jou veilig daardeur lei.
Hemelse Vader, ek loof U vir die versekering dat U my nie van alle storms vrywaar nie, maar dat U wel belowe om my veilig deur die storms te lei. Amen –Nina Smit
13 FEBRUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Nagmaal (ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Uitreik
DINSDAG
18:00 Fondsinsamelingsvergadering
(alle belangstellendes welkom)
SONDAG 20 Februarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel 2022
18:00 Foyerdiens (aanlyn)
GEBEDSLYS
Hospitale in die afgelope week:
• Sonette Coetzer
Intensiewe kankerbehandeling:
• Nelia Neethling
• Wanda Steyn
Ander voorbidding:
• Bid vir die beroepingsproses en dat die Here vir ons die regte leraar sal stuur en bevestig.
UITNODIGING
In die afgelope twee tot drie weke het ons gesin se lewe dramaties verander. Die redelik-voorspelbare lewe van amper 26 jaar het skielik verander in ʼn baie onvoorspelbare tyd van ons lewe. In die vol¬gende dae moet ons ons werk hier afhandel, huis regmaak en verkoop, werk soek vir Tersia, ʼn trek reël vir alles wat ons het, saam met Corniël soek na ʼn meer vaste inkomste en verblyf, vir onsself ʼn klein woonstelletjie in die Kaap soek waar ons kan bly tot ons huis verkoop is, ens. Ek het nooit kon dink dat ʼn verskuiwing so uitdagend sou wees nie. Maar na amper 27 jaar in die bediening besef ek ook dat ek dalk mense oorgeslaan het vir wie ek moes besoek of dat ek selfs wetend of onwetend op iemand se tone getrap het. Ek sal graag wil regmaak waar ek iemand iets skuld – laat weet my groot asb. Groete, -Coenie
DIE PAD VORENTOE
ʼn Spesiale kerkraadsvergadering is gehou op 1 Februarie waarby ʼn pre-advieskommissie aangewys is om die vakature wat op 1 April ontstaan, te bespreek. Die pre-advieskommissie bestaan uit die volgende lede: Marius Dippenaar (voorsitter), Jan van Wyk (leier-ouderling), Gerda Jansen (leier-diaken), Antoinette Vosloo (finansies), Sarel Cilliers (visionêr), Anton Nel (jeug), Roelf van Aswegen (eiendom¬me), Wendri Eloff en Jolene Steenkamp (kundiges) en myself. Elke vergadering word van ringskant af ook bygewoon deur ds. Marius de Beer (Grimbeekpark). Die kommissie het die vakature soos volg omskryf:
Gemeenteprofiel:
Suiderkruis Gemeente is tans 65 jaar oud en geleë aan die Suidekant van Potchefstroom. Ons het tans ongeveer 750 lidmate en 103 doop-lidmate. ʼn Groot deel van ons lidmate is bo die ouderdom van 60 jaar. Ons bedien ook ongeveer 100 Afrikaanssprekende kinders van die Abraham Kriel kinderhuis. Die gemeente se visie is ”Lewe en liefhê in God se wêreld” en ons wil graag groei in ons missionêre kerkwees. Die gemeente het ʼn unieke bedieningstyl en erediensstyl ontwikkel en ons wil graag verder groei hierin. Jeug, jong volwassenes, volwassenes en bejaardes lê ons na aan die hart.
Leraarsprofiel:
Die ideale kandidaat moet ʼn geordende NG Kerk leraar wees, verkieslik tussen die ouderdom van 30-40 jaar wees en oor minstens 5 jaar bedieningservaring beskik. Hy/sy moet lief wees vir die Here asook vir mense van alle ouderdomsgroepe. Hy/sy moet beskik oor natuurlike leierseienskappe en bewese bestuursvaardighede ten einde die personeelgroep en die gemeente te lei. Dissipelskap, eredienste, lof en aanbidding (musiek), prediking, gasvryheid en ʼn passie vir alle ouderdoms-groepe is vir ons baie belangrik.
Ander vereistes:
Rekenaarvaardigheid en die gebruik van tegnologie in die bediening; uitsonderlike aanbiedingsvaardighede; passievol teenoor medemense in nood. Ondervinding in musiekbediening sal tot voordeel wees. Die kerk van Christus leef in uitdagende tye, daarom benodig ons ‘n leraar wat nuut kan dink oor ons roeping as kerk in ’n moderne tyd en in veranderende gemeenskappe.
Die sluitingsdatum is 27 Febr 2022 en alle aansoeke wat ontvang word sal na die sluitingsdatum gesif word deur ʼn werkskomitee waarna 5-6 kandidate uitgesoek sal word vir ʼn onderhoud. Waarskynlik sal twee of drie kandidate uit die ses kandidate genooi word vir persoonlike onderhoue ens – hierdie werkswyse sal in die volgende twee weke vasgemaak word.
Wil jy nie asb vir die volgende weke ook elke dag hiervoor bid nie. Vra vir die Here om die regte persoon vir ons te stuur en dit duidelik aan ons te bevestig.
Alle voorstelle en insette kan gestuur word aan oom Marius Dippenaar by:
vakature@suiderkruis.com
Die volledige bekendstelling is beskikbaar by:
https://kerknuus.com/ads2022/suiderkruis_feb2022.htm of op ons Facebook-blad. Groete, – ds Coenie
TYDSRAAMWERK
Hier is ʼn voorlopige tydsraamwerk vir die tyd wat voorlê:
• 27 Mrt: Afskeidspreek en demissie (ds Coenie)
• Einde Maart: beroeping van nuwe leraar na Suid.
• 10 Apr: Intreepreek in Onrusrivier Gemeente
• April & Mei: Ds Terence Cooke neem leiding in Suid totdat nuwe leraar bevestig word – na alle waarskynlikheid teen 1 Junie 2022 (of soos ooreengekom).
Kom ons vat in hierdie tyd hande en droom saam, werk saam en bid saam ter wille van hierdie spesiale gemeente … -ds Coenie
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Erus Hefer, Johni Steenkamp, Anton van Vuuren, MJ van Zyl
14 Februarie: Johannes Brits, Gerda Casley, Adam Engelbrecht, Carina Grobbelaar, Frans Marx, Juané Schoeman, Mariska v Wyk
15 Februarie: Nelia Neethling, Rosemary van Wyk, Phlippie Viljoen
16 Februarie: Martie Grobbelaar (84 jr), JP Beukes, Kobus van Zyl, Chris Viljoen
17 Februarie: Tommie Botha, Elmari Lemmer
18 Februarie: Mari-Lize Ackerman, Tersia Calitz, Shannon Hefer, Kobus van Schalkwyk
19 Februarie: Harriette Fourie
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ‘n wenslysie.
Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor kan afgegee word.
AS DIT DONKER IS OM MY
Moenie ʼn front voorhou nie
Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met Sy toorn geslaan. Hy het my laat loop op ʼn pad sonder lig. -Klaagliedere 3:1-2
Jeremia is ʼn profeet wat nie doekies omdraai wanneer dit sleg gaan met hom nie. Hy gaan kla by die Here oor elkeen van sy ellendes. Op die ou end ontdek Jeremia dat hy met gerustheid op die Here kan bly hoop, al lyk sy omstandighede ook hoe duister. “Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan Sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot,” getuig hy in vers 22-23.
Wat sê jy as die mense wil weet hoe dit met jou gaan? “Goed dankie,” alhoewel dit eintlik nie so goed gaan nie?
Christene hoef nie ʼn front voor te hou nie. Ons mag maar erken wanneer dit by tye minder goed met ons gaan Geloof beteken nie om altyd te sê dit gaan goed nie. Inteendeel, ʼn oop, eerlike verhouding met God beteken juis dat jy mag maar praat oor jou krisisse Dan bring dit genesing, soos ʼn dokters eers ʼn pitsweer moet oopsny voordat dit gesond kan word.
Ten slotte mag jy, soos Jeremia, weet dat krisisse en swaarkry nooit die laaste woord het in ʼn Christen se lewe nie. Die God in wie jy glo se liefde vir jou is onveranderlik. Sy ontferming vir jou is elke môre nuut. Daarom mag jy vandag, te midde van jou probleme, op God bly hoop. Hy sal weer vir jou uitkoms gee.
Hemelse Vader, dankie dat ek op U kan bly hoop en aan U beloftes kan vashou, al voel dit vir my ook ek ook soos Jeremia aan die loop is op ʼn pad sonder lig. Amen
–Nina Smit
6 FEBRUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (ds Coenie se huis)
DINSDAG
17:45 Pre-advieskommissie
WOENSDAG
09:30 Oudejeugaksie
SONDAG 13 Februarie
Belydenisklaskamp
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Nagmaal (ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Uitreik – maak ʼn verskil
OUDEJEUG VERGADERING – 9 FEBR
Johanna Handford en Martie Nel nooi graag alle Oudejeug hartlik uit na ons eerste vergadering op Woensdag 9 Febr 2022 om 09:30 vir 10:00 in die klein-saaltjie.
Kom geniet saam met ons tee en doen saam beplanning vir die maande vorentoe en neem deel aan heerlike geselskap terwyl jy ontspan! Groetnis
-Johanna & Martie
GEBEDSLYS
Hospitale
• Louis Spamer
• Frikkie Eloff
• Nelia Neethling (kanker)
DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ‘n wenslysie. Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor kan afgegee word.
GEBED OM OPENHEID VIR MEKAAR
Here! Ons loof U omdat U so vreeslik wonderlik is,
omdat U luister as ons met U praat –
nie net na ons woorde nie, maar ook na die diepste versugtinge van ons hart.
Gee ons die genade, Here, om met daardie selfde openheid na mekaar te luister
– sodat ons werklik sal hoor.
Skep U self ʼn stilwees in ons,
– sodat ons mekaar kan verstaan.
Te dikwels, Here, kan ander nie hoor wat ons sê nie, omdat ons te moedeloos of te gejaagd is om die regte woorde te probeer vind … en dan verwag ons dat familie en vriende en ander bevolkingsgroepe of nasies moet weet hoe ons voel of wat ons standpunt is!
Ons formuleer nie duidelik nie, en ons luister ook nie.
Here, ek weet ek is self hieraan skuldig. Verander my gesindheid.
Lê U self die liefde in my hart en die regte woorde in my mond.
Help my sodat my idees oor U, of oor ander mense, nie in die weg staan van die werklikheid nie.
O, Heilige Gees, verander my en maak my nuut.
Skep in my ʼn hart wat kan hoor en begryp.
Ons gesinne verbrokkel, o Here, omdat ons nie werklik kommunikeer nie.
Verhoudinge tussen die groepe in ons land kwyn omdat ons vaskyk teen karikature
wat ons self opgebou of deur die media geabsorbeer het.
In die Naam van ons Here, Jesus Christus, bid ek:
Here, gee ons oë om mekaar werklik raak te sien, en ore om te hoor sodat ons saam na U kan luister, ons hande na mekaar kan uitsteek en saam kan werk aan ʼn beter toekoms vir almal. Here, kom ons ongeloof tot hulp! –Annemie Bosch
(Uit Die Groot Gebedeboek,
saamgestel deur Piet Naudé,uitgegee deur Lux Verbi BM)
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Mariette Breytenbach, Alda de Villiers, Schalk du Plessis, Marina Fourie
7 Februarie: Hester Green (87jr), Wilna Fick, Juandré Scheepers
8 Februarie: Jolene Theron
9 Februarie: Corniël Calitz, Elbé vd Merwe
10 Februarie: Jolandie Kriel, Elmary Oosthuizen, Brenden van Niekerk
11 Februarie: Talida Ludick, Ansuné Smit
12 Februarie: CJ Viljoen, Mia Viljoen
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
Jy mag maar kla
Kyk tog, Here, en sien tog raak hoe verag ek is. -Klaagliedere 1:11
Die boek Klaagliedere bestaan uit vyf liedere wat die profeet Jeremia geskryf het terwyl die volk Israel ballinge in Babel was en baie swaar gekry het. In hierdie boek verwoord Jeremia sy verwar¬ring en seerkry oor die lot van sy volk. Hy pleit by die Here om die volk se swaarkry raak te sien en vir hulle weer uitkoms te tee.
Vir kinders van die Here help dit altyd om te praat oor die dinge wat pla. In krisissituasies mag jy ook, soos Jeremia, vir God vra: “Help tog, Here, sien tog raak.” Want God se kinders spring nie swaarkry vry nie: elkeen van ons kry sy porsie. Gelowiges hanteer hierdie swaarkry heel anders as ongelowiges. Hulle het ʼn onlosmaaklike band met God omdat Hy hulle uitgekies het as sy kinders en omdat Hy hulle van die mag van sonde verlos het.
Hulle weet dat krisisse hulle nie van God kan wegruk nie. Inteendeel, soms is krisisse juis die oorsaak van ʼn dieper en inniger verhouding met God. Soms gebruik die Here seerkry en swaarkry in jou lewe om jou weer ʼn slag nader aan Hom te bring. Hierdie feit kan jou, jou eie krisisse anders laat beleef. Alhoewel jy weet dat die swaarkry in jou lewe nie uitgevee gaan word nie, weet jy ook dat jy ʼn God het wat jou sal bystaan in krisissituasies. Hierdie wete gaan jou persoonlike stuk swaarkry baie makliker maak om te verdra.
Hemelse Vader, baie dankie dat ek seker mag weet dat u arms om my sal wees in elke krisis. Help my om nooit paniekerig te raak nie, maar my probleme na U toe te bring. Amen –Nina Smit
DIE KONING KOM, ONS HOOR SY VOET¬STAPPE, SELFS IN DIE NATUUR
“Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal aardbewings wees op verskil¬lende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ʼn begin van die smarte” -Mark 13:8 (53-vertaling)
Wanneer die natuurkragte in felle hewigheid losbreek, is God besig om sy oordeel te begin voltrek. Die tekens in die natuur is ook die uiting van die doodsworsteling van die skepping, wat op pad is na die einde. Maar meer nog: dit is die openbaring van die worsteling tussen lig en duisternis, tussen God en Satan. Aan die een kant sien ons daarin die mag en majesteit van God. Selfs die natuur werk mee in die verbreiding van die evangelie.
Natuurrampe en ellende bring die mens op die knieë voor die hoë God. Aan die ander kant woel en werk die mag van die sonde om mense weg te trek van God. Steeds skerper en feller word die stryd teen God. Uiteindelik vloek en skel die verharde mens teen die Skepper wanneer die rampe en nood in die skepping hom tref.
Aardbewings versteur die rustige bestaan van die mens. Die aarde wankel onder hom. Stede en dorpe verdwyn. Duisende mense sterwe. Merk op die naderende voetstappe. Moenie dat dit by jou verbygaan nie.
Hongersnood maai duisende af. Dit is asof die natuur self sat is van die las om die mensdom te dra en te voed. Aan die ander kant word duisende tonne graan en voedsel vernietig, want daar is geen mark daarvoor nie. Enkelinge lewe in weelde en swelg in wellus. So gaan die Skrif in vervulling. Luister maar: “’n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie” (Openb. 6:6; 53-vertaling). Aan die een kant die groot skaarste en nood, aan die anderkant groot weelde en voorspoed. Mense bekommer hulle nog oor olie en wyn – rykmansgenot – terwyl duisende veg om ‘n stukkie brood te koop.
In die katastrofes van die ontwrigte ekonomiese en maatskaplike lewe klink die klokkegebeier wat die koms van die Koning aandui.
-Ds M J Booyens
[Tel die sterre]
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.