Skrywe aan die gemeente van Suiderkruis.
Paulus het aan die gemeente van Korinthe `n brief geskryf waarin hy hulle bemoedig het om te volhard in die geloof en daarom skryf ek ook vandag `n brief.
Ds. Coenie, kerkraad, broers en susters, ooms en tannies en kinders. Ek glo ek het almal hier genoem. Vir die afgelope 18 jaar wat ek in die gemeente van Suiderkruis is, het hier groot manne die amp van Leier Ouderling gedra. Ek dink aan oom Blackie, oom Charl en oom Ben Kriel. Dit gaan nie maklik wees om hierdie skoene vol te staan nie, maar as daar een ding is wat ek wel weet is dat die Here vir my die krag en leiding sal bied. In 2 Sam.22:29 & 30 staan daar geskryf – “Met my God loop ek `n bende storm en spring ek oor `n muur”. In my hart is die Met om saam aan `n uitdaging te werk. En ja dit gaan ook `n uitdaging wees in die tyd wat kom. So ek glo dat ek MET elkeen van julle sal kan saam werk. Die toekoms gaan beslis baie uitdagings vir Suiderkruis gemeente bring, en ons sal almal saam hande moet vat om die regte besluite en voorbeelde te stel. Ek is ook dankbaar om in `n gemeente soos Suiderkruis hierdie amp te aanvaar, want julle is net ongelooflike mense. Al die eer kom aan die Here toe en ek bid vir leiding en vra dat julle ook aan my sal dink in gebed, dat die pad wat ons sal stap die regte pad sal wees en dat hierdie gemeente van krag tot krag sal gaan. Ongeag wat die pandemie wil maak, glo ek dat hierdie gemeente sy stem sal laat hoor in die gemeenskap en dat ons altyd trots sal wees op elke lidmaat en mense in die samelewing.
Ons staan voor Kersfees 2021 en `n nuwejaar 2022. Ek wil namens my huisgesin aan elkeen van julle `n vreugdevolle Christus fees en `n baie voorspoedige nuwe jaar toewens. My gebed is dat ons saam MET God oor al die hindernisse sal kom en op die einde van die dag sal seëvier as Sy gehoorsame kinders. Voel asseblief welkom om my te kontak indien U `n besoek verlang of enige noodgevalle wil aanmeld. Groete en liefde. JvW.
Kontak besonderhede:
- Sel: 071 676 8679
- Huis: 018 297 5386
- e-pos: jm.vanwyk@vodamail.co.za
Aan die einde van die oujaar kom ons bymekaar om na te dink oor die oujaar maar ook om die nuwe jaar aan die Here op te dra. Dis een van die spesiaalste dienste in die jaar. Kom kuier en aanbid saam met ons…
Ons kersfees-diens is altyd een van die hoogtepunte in die jaar. Ons vier kersfees met ‘n sangdiens waar ons die klassieke kersliedere sing maar ook ‘n hele klomp eietydse kersliedere. Kom vir saam met ons die geboorte van God se Seun….
Laai volkleur Onder Ons hier af
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
SONDAG 5 Desember
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
GEBEDSLYS
Hospitale
• Carina Boshoff
• Adam Engelbrecht
• Wanda Steyn VERLOF – DS COENIE
VERLOF
Ds Coenie is met verlof vanaf Maandag 29 November tot 12 Desember.
In dringende gevalle kontak asb die kerk-kantoor (018 2947939 / 0832976748).
BEWYS VAN LIDMAATSKAP ONTVANG
• Johan & Riekie Broodryk,
Walter Sisulustr 391
BELANGRIKE DATUMS
15 Des Kerkkantoor sluit tot 7 Januarie
25 Des Kersdiens (09:00)
31 Des Middernagdiens (18:00)
SUID WORD 65
Baie dankie vir almal wat sover bygedra het vir ons gemeente se R65-ste ver¬jaarsdag. Jy kan steeds jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor inbetaal (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deel¬name!! -ds Coenie
VERJAARSDAGHOEKIE
NOVEMBER
28 November: Marlize Franken, Lizé Mari Franken, Koos Jv Rensburg
29 November: Carina de la Rey, Susan Gerber
30 November: WS du Plessis
DESEMBER
1 Desember: Heide Goedhals, Lewellen Green
2 Desember: Hannes Dreyer
3 Desember: Pieter Marais (83jr), Lana de Jongh, Zander Kleynhans, Frikkie Labuschagne, Claudette Muller
4 Desember: Geen verjaarsdae
5 Desember: Charl Jackson (85jr), Tillie Botha (84jr), Thys Grobbelaar
6 Desember: Tharina Bezuidenhout, Franchésca Hefer, Sonja van Zyl
7 Desember: Nellie vd Merwe (93jr)
8 Desember: Wikus Pretorius, Sharon Prinsloo, Johanette Vosloo, Rolene Wilson
9 Desember: Ryan de Jongh, Meisie Geldenhuys, Valerie Visser
10 Desember: Jean van Rooyen (87jr)
11 Desember: Renier van Eck, Rhyner de Jongh
12 Desember: Christine Thomas, Ryk Cloete
13 Desember: Geen verjaarsdae
14 Desember: Koos Jonker, Rina Marais, Clalude Marais
15 Desember: Casandri Klopper, Marina Krüger, Elizabeth Nel
16 Desember: Willem Lemmer, Marietjie Ras
17 Desember: Mettie vd Heever (87jr), Renaldo Schoenfeld
18 Desember: Kobie Fourie, Ben Geldenhuys, Rina Meintjes, Cobus Müller, Espy Steyn
19 Desember: Len Cloete, Erigh Davids, Chantel Fouché, Walter Green, Tarien Jacobs, Monique Nel
20 Desember: Dolf Botha, Ankia Botha
21 Desember: Arlu de Jongh, Anita Saayman
22 Desember: Geen verjaarsdae
23 Desember: Joey van Schalkwyk (80jr), Phillip Marais, William Oats
24 Desember: Sarie Koekemoer
25 Desember: Geen verjaarsdae
26 Desember: Schalk du Plessis
27 Desember: Sara Strydom (88jr), Belinda Conradie, Micyla Smit
28 Desember: Elsa Bruhns
29 Desember: Joleen vd Merwe, Elsabé van Dijk
30 Desember: Belinda Blom, Marise Doman, Gerrit Thomas
31 Desember: Lucas Jv Vuuren, Jacques Jonker
JANUARIE
1 Januarie: Geen verjaarsdae
2 Januarie: Alida Viljoen
3 Januarie: André Jv Rensburg, Chris van Tonder, Jandré Venter
4 Januarie: Sarie van Zyl (85jr)
5 Januarie: Elfrieda Klopper, Werner Stoppel
6 Januarie: Jakkie Botes, Herman Pretorius
7 Januarie: Rudi du Toit, Elanze Mans, Heleen Swart
8 Januarie: Hester de Beer, Francois Nell
9 Januarie: Andries Visser (81jr)
10 Januarie: Cobus Saayman
11 Januarie: Geen verjaarsdae
12 Januarie: Herman Mostert, Linda Nell
13 Januarie: Marthie Nel
14 Januarie: Thys Franken, Bianca Botha, Attie Fourie, Pieter le Roux, Koba vd Merwe, Vicky Venter
15 Januarie: Veronica van Tonder
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars¬daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
In noodsituasies
Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here.
–Jesaja 29:19
In Jesaja 29 kondig God ʼn oordeel oor Jerusalem aan omdat hulle so ver van Hom af leef. Tog word hierdie oordeel¬suitspraak weer gebalanseer met ʼn verlossings-boodskap: die mense in nood sal weer oor die Here bly wees.
In Die Burger van 26 Augustus 1998 was daar ʼn uitvoerige nuusdekking oor die bom wat die vorige dag in ʼn restaurant by die Waterfront ontplof het. In hierdie ontploffing is ʼn paar mense dood, en ʼn hele toeriste-gesin uit Engeland – pa, ma, twee kinders en groot ouers ernstig beseer. Die sesjarige dogtertjie het onder andere haar een voet verloor. Op bladsy drie van dieselfde koerant word voorgestel dat godsdienste gemeenskapsradiodienste van die lug moet verdwyn. Toe ek dié koerant so deurblaai, kon ek nie help om te wonder waarom die Here hierdie soort dinge toelaat nie. Hy kan tog ʼn stokkie daarvoor steek. Miskien het dit in die verlede met ons té goed gegaan sodat ons die Here nie meer nodig gehad het nie … Ek het ook gewonder of ons ooit weer soos Israel van ouds as volk saam bly sal kan wees oor die Here te midde van ons nood. Net in die volgende hoofstuk van Jesaja kry ek toe my antwoord: hier kondig die profeet aan dat die Here steeds gretig is om sy kinders genadig te wees (Jes 30:18).
Die Here sal jou ook genadig wees as jy na Hom roep om hulp. Hy wil elke dag jou krag en redding wees.
Hemelse Vader, dankie dat ek te midde van onrus en gewels my hoop aan U kan vasmaak met die seker wete dat u altyd daar sal wees vir my as ek na U roep om hulp. Amen. -Nina Smit
KRY JOU KOP REG [Lees Kolossense 3:2]
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raak¬sieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s dit hoog tyd dat jy jou kop vars instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig. Net dit. Dis regtig so eenvoudig én so lewensveranderend soos dit. Dan maak Hy ons harte op Sy beurt vol met Sy Gees. Dan dink en praat ons oor Christus tot eer van Sy Gees.
Ons moet ‘n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry. Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op Sy reispad te stap en as ons Sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink. Vul jou kop nou dadelik met die regte dinge… nee, vul dit met die regte Persoon! Dan is jou lewe oorvol. Dan maak sy Gees jou terselfdertyd bewus van almal, wat na Hom smag sodat jy hulle met jou gawes kan dien.
Gebed: Rig my hart op U, Christus. Laat my gedagtes en woorde vir U mooi wees. Amen. -Stephan Joubert [eKerk]
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
DAGBOEK
VANDAG 21 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Uitreik
SONDAG 28 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Kerssangdiens
UIT DIE WOORD:
Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
“Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word.
Hy sal in en uit gaan en weiding kry.” – Johannes 14:6 en 10:9
SUID WORD 65
Baie dankie vir almal wat sover bygedra het vir ons gemeente se R65-ste ver-jaarsdag.
Ons het die 3 maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie
DANKIE IS ‘N KLEIN KOSBARE WOORDJIE
Hoe se mens dankie?
Dankie vir Genade so groot.
Dankie vir Seëninge onverdiend. Dankie vir Liefde so groot en mooi.
Dankie vir u Genade om wakker te word en te besef ons is gespaar.
Dankie vir nog ʼn dag om te ontvang uit U Hand, U Liefde, U Seëninge, U Genade.
Dankie Heer, vir U Seëninge. Seëninge van liefde deur mense onbekend.
Liefde deur U kinders.
Dankie Heer, dat U ons dra. Dra in tye wat ons wil opgee.
In tye wat als te veel raak vir ons.
Dankie Here, dat daar waar ons struikel, U ons optel en dra,
want ons was te swak om te staan.
Dankie Here, vir ons lewe, gesondheid, krag en geliefdes. Amen.
-Skrywer Onbekend
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Andreas Booyens, Henry Fourie, Linda Marais
22 November: Jacoba Ras, Ruan Blume, Marizann v Tonder
23 November: Koos Swanepoel
24 November: Stefney Rautenbach
25 November: Jakkie Botha, Leon Jordaan
26 November: André de Villiers, Melanie van Breda
27 November: Mynhardt du Preez, Sarel Pieterse
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
HOE WERK DIE GEES SE GAWES?
Lees 1 Korintiërs 12:3
Om te keer dat gelowiges nie hulle gawes tot hul eie voordeel gebruik nie, bied Paulus in 1 Korintiërs 12-14 ‘n omvattende “handleiding” oor hoe die Here se gawes reg gebruik moet word. Hierdie beginsels is só belangrik dat Paulus sê dat ons liewers moet ophou om ons gawes te beoefen, as ons dit nie hiervolgens gebruik nie. Gedurende die volgende paar dae gaan ons hierby stilstaan. Hoor egter weer wat Paulus se uitgangspunt is: ons moet ons gawes reg gebruik. Vir die Here is die regte gebruik van dit wat Hy aan ons gee, belangriker as die blote feit dat Hy gawes aan ons gee. Die heel eerste beginsel, wat Paulus oor die Gees se gawes met ons deel, is dat elke gawe bydra tot die belydenis dat Christus die Here is (12:1-3).
Ter wille van die Korintiërs, wat wonder of gebeure soos die praat in vreemde tale kan bydra tot onbesonne uitsprake oor Jesus, sonder dat die beoefenaar van so ‘n gawe daarvan weet, deel Paulus hierdie algemene beginsel. Hy maak dit duidelik dat waar die Gees aan die werk is, daar word Christus se heerskappy bely, oral en altyd. Dis die eerste en belangrikste toets vir die egtheid van elke gawe. Jesus se Heerskap oor almal en alles word bevestig en net nog verder onderstreep deur elkeen in wie die Gees kragtig werk.
Gebed: Ek bely Christus dat U die Here is. Amen. -Stephan Joubert [eKerk]
AS DIT DONKER IS OM MY
Waarom-vrae
As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek my saak voor Hom lê. Ek sou van Hom antwoord probeer kry, probeer verstaan wat Hy vir my wil sê. –Job 23:3-5
Joni Eareckson Tada, ʼn gewilde Ameri¬kaanse skrywer, is as tiener verlam in ‘n duikongeluk. Sy vertel dat sy pas na hierdie ongeluk vir God met vrae gebombardeer het. Hoekom juis ék, Here? Wou sy by Hom weet. Ek is dan nog so jonk, my hele lewe lê nog voor my. Maar sy het geen antwoorde gekry nie.
Soos Joni vra Job ook vir God waarom-vrae. Hy meen dat hy onskuldig is en kan nie verstaan waarom die Here hom so swaar straf nie. Sy drie vriende is geskok dat hy dit waag om God te bevraagteken. Maar God is nie geskok nie. Hy veroordeel sy kind Job ook nie vir sy bitterheid en verwardheid nie. Wat Hy wel doen, is om hom op ʼn wandeling te neem. “Kyk Job,” sê Hy vir hom, “kyk mooi na al die dinge wat Ek gemaak het.” En hoe meer Job na die wonders van die natuur kyk, hoe kleiner voel hy. Tot hy uiteindelik moet erken dat God bo vrae verhewe is, dat God hom niks skuld nie.
Sy het uiteindelik wel ʼn antwoord by God gekry op haar waarom-vrae, getuig Joni. Dié antwoord is in Romeine 8:38-39 opgeteken: Niks kan ons ooit van God se liefde vir ons skei nie. En dit is antwoord genoeg, ook vir elkeen van die waarom-vrae waarmee jy vandag worstel.
Hemelse Vader, dankie vir die wete dat ek al my waarom-vrae maar by U kan laat los omdat ek weet dat niks my ooit van U liefde kan skei nie. Amen. -Nina Smit
DIE VRUG VAN DIE GEES IS … VREUGDE
– Galasiërs 5:22. 1983-vertaling
Omdat vreugde deel vorm van die vrug van die Heilige Gees wat in elke kind van God se lewe teenwoordig behoort te wees, veronderstel dit dat ons elke dag van blydskap sal straal. Dat ander mense, ongeag ons omstandighede, aan die vreugdegehalte van ons lewens sal kan sien dat ons aan God behoort.
Dit is baie makliker gesê as gedaan. Geen mens kan dit regkry om elke dag vol vreugde en blydskap te wees nie. Elkeen van ons staan tog soms met die verkeerde voet uit die bed uit op, en daar kom oomblikke in ons lewens wanneer ons met die beste wil in die wêreld dit nie kan regkry om opgeruimd en bly te wees nie.
Die soort blydskap waarvan Paulus hier praat, is ’n blydskap wat van binne kom. ’n Blydskap wat glad niks te make het met hoe ons vandag voel of hoe dit vandag met ons gaan nie. Hierdie blydskap kom van Jesus self, en daarom sal die Heilige Gees dit vir ons moontlik maak om elke dag in te gaan met sy vreugde in ons lewens. Wil jy ’n lysie maak van hoekom jy vandag bly moet wees?
God het jou so lief dat Hy sy seun na die wêreld stuur. Jesus het vir jou sonde aan die kruis betaal. Die Heilige Gees is elke dag by jou. Hy woon in jou. Hy lei jou, leer jou en staan jou by. Dis mos oorgenoeg rede om elke dag van blydskap te straal!
Here Jesus, baie dankie vir u blydskap in my lewe. Sal U my asseblief help om altyd bly te wees, ook in dié tye wanneer ek nie daarna voel nie, sodat ander mense die vrug van die Gees in my lewe kan raaksien. Dankie dat U die bron van my vreugde is. Amen. -Oorvloedige liefde [Struik Christian Media]
DANKOFFERS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.