DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Terence Cooke
Teks: Johannes 20 :30-31.
Tema: Die opstanding – die wonder waarop ons wag.
10:00 Koffie en tee in die foyer

DINSDAG
18:00 Spesiale Kerkraadsvergadering

SONDAG 8 Mei – Moedersdag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Terence Cooke
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Wanda Steyn
• Anna du Toit
• Tannie Graaitjie Davis
• Bid asb vir die kerkraadsvergadering van 3 Mei waartydens ‘n nuwe dominee vir Suiderkruis beroep gaan word.

BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is tans op bystand vir die gemeente.
Vir enige dringende gevalle, kontak asb:
Die Kerkkantoor 018 2947939 / 0832976748, of
Ds Terence 0827759570.

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s Saloon: 21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay, 3/4 Junie, 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Hengelkompetisie: 20 Aug (Roelf v Aswegen)
• Spaanse aand: 23 Sept (Johanna Handford)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)

OPTREDE:
PIETER SMITH
As deel van ‘n fonds-insamelingsprojek kom Pieter Smith optree by The Farm Lifestyle Centre @Cocoa’s Saloon.
Dit is ten bate van Suiderkruis Gemeente. Die kaartjies kos R100 per volwassene en hoërskool leerlinge, R50 vir laerskool leerlinge. Daar gaan vanaf 16:00 pannekoek, vetkoek en maalvleis of skoon vetkoeke en sop te koop wees. Daar sal deurlopende ligte vermaak wees. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is Sondae na kerk beskikbaar in die foyer of by die kerkkantoor gedurende die week en by Yolandi by Cocoa’s Saloon 067 832 2337. Ons is dan ook op soek na paar dames (of manne) wat ons kan help met ‘n paar potte sop. Dankie aan Maryna Marais, Petro Kriel en Elsabé van Aswegen wat onderskeidelik vir ons die pannekoek-, vetkoek- en sop-verkope gaan hanteer. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar en heerlike koffie en cappuccino is te koop.

JESUS MORS NIE MET WOORDE NIE
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!”
Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog – ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke, langer vergaderings, langer samekomste, langer gesprekke, langer preke en langer gebede is blykbaar die geheim tot die ontsluiting van die waarheid. Wel, nie altyd nie. Langer is nie outomaties meer korrek, of meer betroubaar nie. Korter is dikwels beter.
Insig, deursigtigheid, wysheid en waarheid is nie afhanklik van ’n massa woorde nie. Dít leer ek by Jesus. Toe Hy op aarde was, het Hy nooit met woorde gemors nie.
Die meeste van Sy uitsprake is kort en kragtig:
“Salig is die wat honger en dors na dit wat reg is. Hulle sal versadig word.”
“Soek heel eerste die koninkryk van God en die res sal vir jou bygevoeg word.”
“As jy agter My wil aankom, moet jy jou kruis optel en My volg.”
“Wie eerste is, sal laaste wees en wie laaste is, eerste.”
Jesus se kort uitsprake is nie net mooiklinkende woorde nie. Of goed-voel lesse nie. Elke slag wil Jesus hiermee ‘n ruim venster oopmaak op God se wêreld. Sy kort woorde is ook uitnodigings om vars en anders oor God en oor die lewe te dink. Dit is lewensveranderende padwysers na God en na mekaar toe. Jesus se woorde gee lewe vir ewig, soos wat Petrus in Johannes 6 bely. Jesus het nie ’n stortvloed van woorde nodig nie. Al wat vir Hom saak maak, is die regte woorde!
Leer asseblief hierdie lewensbelangrike les by Hom. Leer dat die waarheid gewoonlik kort en kragtig is. Moenie morsig met jou eie woorde wees nie.
Leer dit oor en oor by Jesus. Leer dit ook by diegene, wat nie met woorde mors, wanneer hulle oor God en oor die lewe praat nie.
– Stephan Joubert
[eKerk]

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollekte¬sakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat sommer net tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel[ 0729005005]
• Mandjieprojek – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
Die Heilige Gees woon in jou
Toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword. Ek het na U geroep, Here. Ek het U om genade gesmeek. -Psalm 30:8-9
Die digter kyk hier terug op sy lewe. Dat niks ʼn mens so verwaand maak soos voorspoed nie, maar ook dat niks ʼn mens so nederig maak soos afhanklikheid nie, kan ons baie duidelik lees in hierdie psalm. Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê: “Niks sal my ooit laat wankel nie” skryf die psalmdigter in vers 7. Maar sodra daar probleme in sy lewe opduik, is dit ʼn perd van ʼn ander kleur: “Maar toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword” [vers 8].
Wanneer ons swaarkry, vra ons baie keer na die Here, net om te ontdek dat Hy vir ons ver en vreemd voel. As dit weer met jou gebeur, moet jy jou mooi afvra of dit God is wat Hom van jou onttrek het en of dit jy is wat van God afgedwaal het.
God belowe dat Hy jou nooit sal verlaat nie: deur sy Heilige Gees woon Hy in jou. As die skadu’s oor jou eie lewe val, is dit baie maal omdat jy self met jou rug na die Son staan, skryf Johan Smit.
As dit dus weer moeilik met jou gaan, draai gerus om sodat jy vir God kan raaksien. Hy sal weer Sy lig in jou lewe gee sodat jy Hom sal kan loof soos die psalmdigter.
Hemelse Vader, ek sien nou dat dit ek is wat van U weggedwaal het toe U vir my ver gevoel het. Dankie dat U nooit ver van my kan wees nie omdat U in my woon. Amen
Amen ~Nina Smit

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Annamarie Mans, Rina Matthee, AJ Oosthuizen
2 Mei: Adriaan Pretorius, Jaco v Zyl
3 Mei: Riekie Broodryk, Elouise Cloete
4 Mei: Werner Bruhns (83 jr), Reney Bronkhorst, Hannes Conradie, Schalk Mans
5 Mei: Shimmie Tesnaar, Mientjie Tesnaar, Anelle Aslett, Yolandé Grobler, Jean Nieman, Anette Niemand, Lois Sauer
6 Mei: Marietjie vd Leeuw, Olivia Sandrock, Tristan Rensburg, Logan Botha
7 Mei: Anna-Marie Oberholzer, Anton Nel, Pieter le Roux
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Opstandingsfees: Ds Terence Cooke
10:00 Koffie en tee in die foyer

DONDERDAG
16:45 Pre-advies kommissie-
vergadering

SONDAG 24 April –
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens: Ds Terence Cooke
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Wanda Steyn
• Drienie Kriel
• Oom Charl Jackson met die afsterwe van Tannie Nellie Nellie – haar roudiens is Dinsdag 19 April om 11:00 vanuit ons gemeente
• Antoinette Vosloo en familie met die afsterwe van haar pa verlede week.

BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is huidiglik op bystand vir die gemeente. Vir enige dringende gevalle, kontak asb die Kerkkantoor 018 2947939/ 0832976748 of vir Ds Terence 0827759570.

JOHANNES 20:6-7:
6 Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, 7 ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol.

WAS DIE OPGEROLDE KOPDOEK BELANGRIK? – VERSEKER!!
Om die betekenis hiervan te begryp, moet jy ‘n bietjie van die Hebreeuse tradisie van daardie tyd verstaan.
Die gevoude ‘servet’ het betrekking op die meester en sy dienskneg. Die dienskneg het die etenstafel vir die meester gedek en seker gemaak dat die presies is soos wat die meester dit verlang. Die dienskneg sal dan buite sig wag, totdat die meester klaar geëet het en hy sou dit nie waag om aan die etenstafel te raak, totdat die meester klaar was nie.
Sodra die meester klaar geëet het, sou hy opstaan, sy hande en mond afvee en sy baard skoonvee en dan die servet opgefrommel en op die tafel neergooi. Die dienskneg sou dan weet dat hy maar die tafel mag skoonmaak, want ʼn opgefrommelde servet beteken “Ek is klaar”. Maar, as die meester van die tafel opstaan en sy servet opvou, het dit beteken: “EK KOM TERUG! ~Vry vertaal

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s Saloon: 21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay, 3/4 Junie, 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Hengelkompetisie: 20 Aug (Roelf van Aswegen)
• Spaanse aand: 23 Sept (Johanna Handford)
• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
• Mandjieprojek: (Erika Pieterse)
• Snuffelwinkel: (Jacoba Ras)

OPTREDE: PIETER SMITH
As deel van ‘n fondsinsamelingsprojek kom Pieter Smith optree by The Farm Lifestyle Centre @Cocoa’s Saloon.
Dit is ten bate van Suiderkruis Gemeente. Die kaartjies kos R100 per volwassene en hoërskool leerlinge, R50 vir laerskool leerlinge. Daar gaan vanaf 16:00 pannekoek, vetkoek en maalvleis of skoon vetkoeke en sop te koop wees. Daar sal deurlopende ligte vermaak wees. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is Sondae na kerk beskikbaar in die foyer of by die kerkkantoor gedurende die week en by Yolandi by Cocoa’s Saloon 067 832 2337. Ons is dan ook op soek na paar dames (of manne) wat ons kan help met ‘n paar potte sop. Dankie aan Maryna Marais, Petro Kriel en Elsabé van Aswegen wat onderskeidelik vir ons die pannekoek-, vetkoek- en sop-verkope gaan hanteer. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar en heerlike koffie en cappuccino is te koop.

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Gerda Jansen, Henry Venter
18 April: Geen verjaarsdae
19 April: Wihan Aslett, André Jv Rensburg
20 April: Jannie Klopper, Rouxlinda Nieman, Christine Otto
21 April: Deon van Zyl
22 April: DJ Cloete, Ansonette Erasmus, Elmien Scheepers, Alta Teifel, Duvan van Niekerk, Rodger van Wyk
23 April: David Kruger
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

AS DIT DONKER IS OM MY
As jy nie verstaan nie
Dat ek die kwaad vermy het en met ʼn eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp nie, want elke dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe môre straf. -Psalm 73:13-14
“Here, ek verstaan nie,” is die bood¬skap van die psalmdigter. “Hoekom gaan dit dan so goed met die ongelowiges, terwyl ek wat nog altyd my bes vir U gedoen het, so swaar trek? Elke nuwe dag bring vir my teenslae en elke nuwe môre straf.”
Miskien het jy ook al so gedink soos die digter van Psalm 73: dat dit so moeilik met jou gaan terwyl die mense wat openlik ongelowig is net voorspoed ondervind.
Maar die Here maak anders somme as ons. Ons kan Hom nooit met ons menslike logika verstaan nie. Dis wonderlik dat Psalm 73 nie by vers 14 eindig nie. Wanneer die digter in vers 17 van aangesig tot aangesig met God kom, sien hy dinge heel anders. Die uiteinde van die “voorspoedige” goddeloses sal verskriklik wees, terwyl die Here van groot betekenis in sy eie lewe is.
As daar in jou lewe dinge is wat jy nie kan begryp nie, het dit vir ou tyd geword om in God se teenwoordigheid te ontdek dat daar niks is wat vir jou meer beteken as Hy nie. Dit maak ten slotte nie saak wat in God se hand vir jou is nie, maar wel dat jy in God se hand is. Eintlik skuld God jou (soos vir Job) heeltemal niks. Alles wat jy uit Sy hand ontvang, is suiwer genade. Onthou om vir Hom dankie te sê daarvoor.
Here, vergewe my asseblief dat ek U probeer verstaan met my klein menseverstandjie. Dankie vir die insig dat alles wat ek het, genade uit U hand is. Amen ~Nina Smit

DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat sommer net tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel (0729005005) – Elize

Follow us: