DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Vrydag 28 Julie
Pannekoek bak by Pick ‘n Pay
Saterdag 29 Julie
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay
Sondag 30 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
PROJEKTE WAT DEURLOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
SÊ DANKIE VIR ELKE NUWE PAAR SKOENE
Ek het myself uitasem geskrik, toe ek iewers ‘n grênd kar sien met nommerplate, wat uitroep: “Blessed.” Wat moet arm gelowiges dink, as hulle by sulke “geseënde” voertuie verbyloop? Dit het my herinner aan Mark Buchanan, wat iewers oor ‘n besoek aan ‘n dorpie in Uganda, genaamd Waraica, geskryf het. Een Sondag het hy ’n plaaslike samekoms van gelowiges bygewoon. Toe sê een van die vroue hardop: “Oh, brothers and sisters, I love Jesus so much!” “Tell us, sister, tell us!” het almal uitgeroep. “Oh, I love him so much I don’t know where to begin to tell you how good He is,” antwoord sy. Toe sê sy: “For three months I prayed to the Lord for shoes. And look!” Net daar wys die vroutjie toe haar doodgewone skoene vir almal. “Hallelujah, God is good,” het almal uitgeroep en saam feesgevier oor haar eenvoudige paar nuwe skoene. Mark sê hy was die enigste een, wat nie kon saamsing nie. In Kanada waar hy woon, bid niemand drie maande lank vir nuwe skoene nie. Nog minder sê enigiemand vir God hardop dankie, as hulle ’n stel nuwes kry.
Kom ons leer opnuut om dankbaar teenoor die Here te wees vir elke seëning uit Sy hand. Kom ons loof Hom vir elke paar skoene, elke bord kos en vir elke nuwe dag wat Hy ons gun.
-Stephan Joubert [eKerk]
Help my om vry te kom van haat en angs. Leer my om te vertrou dat
alles goed sal gaan selfs wanneer dit vir my onduidelik is hoe dit sal gebeur.
– Onbekend –
GEMEENTEKAMP – LAASTE KANS
Ons beplan om vanaf 15–17 September 2023 ‘n gemeentekamp te reël. Ons gaan weer hierdie jaar by Club Amigos (naby Ventersdorp) bespreek, dis gerieflik naby aan Potch. Daar is lekker visvang¬plek en ‘n onderdak warmwater swembad asook ‘n glybaan vir die “jongklomp”. Pryse is soos volg:
• R560 per naweek wat 2 persone insluit + R35 adminfooi
• R700 vir 3 persone + R35 adminfooi
• R840 vir 4 persone + R35 adminfooi
• R980 vir 5 persone + R35 adminfooi
• R1120 vir 6 persone (maks) + R35 adminfooi
Slegs een motor word toegelaat, vir ‘n ekstra motor is dit R50 per nag. Vir ‘n klein hondjie is dit R30 ekstra per nag.
Daar is ook chalets beskikbaar:
• 2 sleeper (slegs 2 persone) R1150 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito + R65 adminfooi – slegs 1 beskikbaar
• 5 sleeper (maks 5 persone) R2200 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito + R65 adminfooi – slegs 5 beskikbaar
Ek moet ongelukkig so gou as moontlik bespreek om te verseker ons kry staanplekke bymekaar. Daar is alreeds 10 staanplekke bespreek. Indien jul belangstel om saam te gaan, kontak asb die kerkkantoor en gee jou naam so gou as moontlik op. – Elize
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 28 en 29 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerkkantoor: 0182947939 / 0832976748.
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Wilma Wolfaardt
24 Julie: Zander Wolfaardt
25 Julie: Geen verjaarsdae
26 Julie: Stephan Smit
27 Julie: Elna Scholtz (80 jr)
28 Julie: Johan Klopper (84 jr), Mynhardt du Preez, Ruben Smith
29 Julie: Norah Viljoen
IS JY WIE JY MOET WEES?
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”
– Romeine 12:2.
Ons is soms geneig om ander mense na te volg sodat ons nie uitgesluit sal voel nie. Daarom dink en doen ons soos hulle. Dit word dan die norm waarteen ons onsself meet. En as jy dalk nie met alles saamstem nie, weerhou jy jou tog daarvan om jou eie beginsels voorop te stel. Jy is bang vir “wat die mense sal sê!” En hierdie “groepsdruk” mag dalk net ‘n bedreiging vir jou geestelike lewe inhou.
Maar die Woord van God laat jou anders na hierdie dinge kyk. As jy in die lig van God se Woord wandel, behoort jy te weet dat jy ‘n Hemelse Vader het wat die skat van die Heilige Gees aan jou gegee het, sodat sy wil voorop in jou lewe kan staan. Daarvoor het Hy sekere geestelike gawes aan jou gegee (1 Kor 12:7-11; Rom 12:6-8; 1 Pet 4:10-11; Gal 5:22). Verder weet jy dat wat vandag bestaan, dalk môre nie meer sal wees nie, omdat alles op aarde aan verganklikheid onderworpe is (Ps 39:6). Jy weet dat wat in die verlede gebeur het waaroor jy berou het, nie saak maak by God nie, omdat Hy in Christus Jesus al jou sondes vergewe het (Heb 10:17). Jy weet dat wat die Here aan jou geskenk het, jy vandag met vreugde kan geniet, maar dat daar ook ‘n verantwoordelikheid is om die Naam van God in alles te verheerlik (1 Tim 6:17). Jy weet dat die toekoms in God se hande is en dat Hy alleen weet wat op jou wag, omdat Hy die beskikker is van jou lewensweg – as jy maar net wil volg waarheen Hy jou lei (Ps 32:8). Jy weet dat ná hierdie aardse lewe daar ‘n nuwe lewe op jou wag in die heerlikheid van die Vaderhuis (Joh 17:24; Mat 25:34; Rom 8:17; 1 Tes 4:17; Open 21:4). Dít moet jou denke en dade bepaal en hoe jy met ander omgaan.
En omdat die Heilige Gees in jou woon, kan jy ook die waarheid van die leuen onderskei. Hy rig jou hart en jou verstand sodat dít wat vir God aanneemlik is, by jou meer gewig sal dra as dit wat die mense rondom jou sê en doen (Heb 13:21).
As jy leef na die wil van God en nie omgee oor wat mense sê nie, nie dink en doen soos hulle nie, dan kan jy wees wie jy werklik MOET wees, bevry van die groepsdruk en goedkeuring van ander mense wat jou optrede wil bepaal. Jy word dan ‘n sterk en vrygestelde persoonlikheid deur die krag van die Heilige Gees wat in jou woon. Jy raak jou ware self, soos God dit vir jou bestem het. -dw
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens en Doop
Teks: Genesis 25:19-34.
Tema: God se trou is meer as mense se
tekortkominge en sonde
Geen Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
Woensdag 19 Julie
18:00 GKF Vergadering
Vrydag 21 Junie
Pannekoek bak by Pick ‘n Pay
Saterdag 22 Julie
Pannekoekbak by Pick ‘n Pay
Sondag 23 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke na die oggendiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
VERLOF – DS TIAAN
Ons is baie bly om te noem dat ds Tiaan weer van môre af aan diens is.
SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur sommer nou ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aan¬stuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.
GEBEDSLYS
Hospitaal
• Marie Prinsloo
• Maritsa Botha
GOD HET GEEN KWOTASTELSEL IN PLEK NIE
God is nie soos ons nie. Hy het geen kwotastelsel vir vergifnis in plek nie. Anders gesê, nie een van ons het ooit so ver geval dat Jesus ons nie nogmaals kan in Sy greep van genade kan vang nie. Nie een van ons is ooit buite die reikwydte van Jesus se aanraking nie. Nooit bevind ons onsself buite die bandwydte van hemelse vergifnis nie. Vra vir Petrus. Volgens Matteus 18 het hy gemeen sewe keer se vergifnis vir oortredings teenoor mekaar, is ruim. Die godsdienstiges van sy dag het immers geglo drie maal is oorgenoeg. Dan was dit “game, set and match.” Daarna mag kwaad maar met kwaad vergeld word. Toe verras Jesus hom met ‘n nuwe hemelse formule: sewentig maal sewe, ad infinitum, oneindig, vir altyd en aanhou-dend! So werk vergifnis teenoor ander mense. Presies so werk hemelse vergifnis ook. God hou nie boek as dit by vergifnis kom nie. Hy tel nooit hoeveel keer jy Hom om vergifnis kom vra het nie. Hy het eerlikwaar nie ’n kwotastelsel vir vergifnis nie.
God is oneindig goed en eindeloos genadig. Dit is wie Hy is. Hy het ons lief ten spyte van wie ons is en wat ons doen. Hy het ons eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Hy het ons vir ewig lief, selfs al breek ons Sy hart. Nee, dit beteken nie Hy het aan ons ‘n lisensie gegee om in sonde rond te lê nie. God se ruim vergifnis is nie ‘n vrypas tot sonde nie. As ons wel die slag die pad byster raak, dan moet ons weet Jesus spesialiseer in droogmakers en struikelendes. Hy bring graag genadebedelaars se saak voor God in die reine. Hy begin graag oor met ons. Daarom nooi Hy ons opnuut na Hom toe uit. Christus se oop arms van genade is vandag vir ons bedoel. -Stephan Joubert [eKerk]
GEMEENTEKAMP
Ons beplan om vanaf 15–17 September 2023 ‘n gemeentekamp te reël. Ons gaan weer hierdie jaar by Club Amigos (naby Ventersdorp) bespreek, dis gerieflik naby aan Potch. Daar is lekker visvang¬plek en ‘n onderdak warmwater swembad asook ‘n glybaan vir die “jongklomp”.
Pryse is soos volg:
• R560 per naweek wat 2 persone insluit.
• R700 vir 3 persone
• R840 vir 4 persone
• R980 vir 5 persone
• R1120 vir 6 persone (maksimum)
Elke staanplek het dan ook ‘n R35 adminfooi betaalbaar. Slegs een motor word toegelaat, vir ‘n ekstra motor is dit R50 per nag. Vir ‘n klein hondjie is dit R30 ekstra per nag.
Daar is ook chalets beskikbaar:
• 2 sleeper (slegs 2 persone) R1150 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito plus R65 adminfooi – slegs 1 beskikbaar
• 5 sleeper (maks 5 persone) R2200 vir die naweek plus R300 sleuteldeposito pus R65 adminfooi – slegs 5 beskikbaar
Ek moet ongelukkig so gou as moontlik bespreek om te verseker ons kry staanplekke bymekaar.
Daar is alreeds 10 staanplekke bespreek. Indien jul belangstel om saam te gaan, kontak asb die kerkkantoor en gee jou naam so gou as moontlik op. – Elize
PROJEKTE WAT DEURLOOP TOT 29 SEPTEMBER
• Brandewyn: Vir slegs R10 per kaartjie staan jy ‘n kans om ‘n unieke bottel Drie Berge Brandewyn te wen. Dit is ‘n 5-jaar oue brandewyn en is glad nie hier in ons geweste te koop nie. By Makro kan jy hierdie bottel brandewyn bestel vir R1171!! Die vorms is in die foyer beskikbaar. Dankie aan Tannie Johanna Handford wat vir ons hierdie bottel geskenk het.
• Kwiltdeken: Vir R30 per kaartjie staan jy ook ‘n kans die pragtige kwiltdeken wat oor die klavier agter op die verhoog hang, te wen. Hy is handgemaak en geskenk deur ons Koster, Jacoba Ras. Die vorms vir hierdie pragtige deken is ook in die foyer beskikbaar.
DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Pannekoek bak by Pick ʼn Pay: 21 en 22 Julie; 6 en 7 Oktober
• Proe-aand: 29 September
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November
Ander projekte:
• Borg ʼn bank (besonderhede sal deurgegee word)
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
Indien daar enige idees is vir fondsinsamelings of as jul kan help by bg projekte, kontak asb die kerk-kantoor: 0182947939 / 0832976748.
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Ellie Geldenhuys, Lize vd Heever, Antoinette Vosloo
17 Julie: Johan Kok, Jaco vd Merwe, Jan van Wyk
18 Julie: Marie Prinsloo (83jr), Elize Harber, Elisma Jacobs
19 Julie: Dries de Bruyn, Joyce le Roux, Chrisna Stoppel
20 Julie: Louis Spamer, Moniece du Plessis, Francois Blom
21 Julie: Geen Verjaarsdae
22 Julie: Marina Joubert (81jr), Tommie Botha
GOD IS LIEFDE
“God is liefde!” lees ons in 1 Johannes 4:8,16. Liefde is nie ‘n eienskap van God nie, maar dit is Wie God is. Hy is totaal en al liefde. God se wese is liefde. God se liefde is egter volmaak want God is volmaak. Alles wat God doen doen Hy uit ‘n hart van liefde.
Soms het ons vrae omdat alles op aarde nie so goed en glad en mooi verloop as wat ons graag wil hê nie. Dan word daar maklik gevra: “Is dit hoe ‘n God van liefde slegte dinge toelaat?” Ons vra dit omdat ons nie God se liefde verstaan nie. Ons erken egter nie maklik nie dat óns nie volmaak is nie, dat óns die oorsaak is van die gemors op aarde. Dit is óns wat dikwels liefdeloos handel teenoor ons medemens, ja selfs teenoor ons man of vrou of kinders of familie. Steeds wil ons egter die slegte dinge voor God se deur lê asof God die bewerker is van die slegte. Tog is God se liefde in Jesus Christus alles omvattend.
Ons lees in Efesiërs 3:17-19 dat ons liefde moet verstaan soos dit in Jesus Christus se liefde geopenbaar is. Jesus Christus het in volle gehoorsaamheid aan sy Vader vir ons aan die kruis gesterf. Hy het ten volle betaal vir al ons oortredinge en vir al ons sondes. Daarom kan ons net verstaan wat liefde werklik is as ons die versoeningswerk aan die kruis verstaan.
Nooit het God alles net goedgekeur wat die mens doen nie. Hy het ook die volk Israel gestraf vir hulle oortredinge. Hy het Homself geweldig vertoorn oor Israel se sondes en daarom is hulle in ballingskap weggevoer. God se liefde is egter so groot dat Hy barmhartigheid en genade in Christus aan ons betoon het. Hy het die Heilige Gees gestuur om ons te lei. Hy het die Woord gegee sodat ons daardeur God en sy wil kan leer ken.
Efesiërs 3:19: “Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.”
-Ds Gerrit Kruger, Centurion
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek:
Vat ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek:
Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel:
Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005