DAGBOEK
Vandag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Geen kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer

Dinsdag – Skole open

Woensdag 11 Oktober
09:30 Oudejeugaksie: ons gaan lekker speletjies speel

Sondag 15 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:30 Toneelopvoering: Judas

FOYERDIENSTE TERUG BY DIE KERK
Die Kerkraad het goedgekeur dat die Foyerdienste weer in die Kerkgebou sal plaasvind maar net op sekere Sondae en dan op ‘n vroeër tydgleuf van 17:00. Dit is weens veiligheidsredes, sodat lidmate nie te laat na hulle huise hoef terug te keer nie. Die tema van die Foyerdienste is Christelike leierskap en ons gaan die boek van Nehemia in die Ou Testament bestudeer. Nehemia was nie net ‘n gebedskryger nie, maar ook ‘n man van aksie. As Christene is ons almal leiers waar ons ookal be-weeg en ons kan baie by Nehemia leer hoe ons moet optree. Die subtemas vir elke geleentheid is as volg:
• 22 Okt: Kenmerke van ‘n Christelike leier
• 26 Nov: Uitdagings van Christelike leierskap

GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Kobus van Zyl
• Charl Jackson
• Marie Prinsloo
• Willem Botes
• Annemarie Mans: haar moeder is ernstig siek
• Nunez van Zyl: Kobus is nog steeds in die hospitaal en haar dogter en kleinkinders was verlede Sondag in ‘n motorongeluk. Die 2 dogtertjies is ernstig beseer.

SUIDERKRUIS WHATSAPGROEP
Moenie uitmis op belangrike nuus en gebeure in die gemeente nie. Stuur ‘n whatsap na Elize, 0832976748 en sy sal die skakel aanstuur. Net Ds Tiaan en Elize kan op daardie groep inligting plaas. Die afkondigings word weekliks daarop geplaas sowel as die skakel na Ds Tiaan se preke. Daar sal geen “gemorspos” op die groep wees nie.

HENGELKOMPETISIE – Laaste kans
Eerskomende Saterdag vind ons jaarlikse Hengel-kompetisie.plaas op Saterdag 14 Oktober 2023 te Klipdriftdam.
Die kaartjies kos R180 per volw en R90 per kind onder 12 jaar. Daar is slegs ‘n paar kaartjies beskikbaar. Daar is wonderlike trekpryse ook wat gewen kan word.
Die wenner van die midweek word ook aangewys, maar jy hoef nie teenwoordig te wees om dit te wen nie. Sien beriggie oor die midweek.
Kaartjies is beskikbaar by Roelf van Aswegen (084 402 8728)

VERJAARSDAGLYS
Vandag: Louis Raubenheimer, Sarie Theron
9 Oktober: Sanette Engelbrecht, Tiempie vd Merwe, Amanda van Wyk
10 Oktober: Rohan Botha, Anneke Viljoen
11 Oktober: Rina de Beer, Bekkie Theron
12 Oktober: Geen verjaarsdae
13 Oktober: Geen verjaarsdae
14 Oktober: Danie Beukes, Emmelike du Preez, Sheldine Saunderson, Elize van Deventer

WEN ‘N MIDWEEK BY DIKHOLOLO
Vir slegs R50 per kaartjie kan u ‘n midweek, 13-17 Mei 2024 by Dikhololo wen. Dit is vir 4 volwasse¬nes en 2 kinders. Die fondse is ten bate van Suiderkruis Gemeente. Die kaartjies is beskikbaar by Elsabé of die kerkkantoor. S
kryf u naam by enige nr op die tabel, u is ook welkom om ‘n paar kaartjies te koop om u wenkans te vergroot. Die trekking vind plaas op Saterdag 14 Oktober 2023.

DATUMS VAN FONDSINSAMELINGSPROJEK¬TE BEPLAN VIR DIE HUIDIGE BOEKJAAR
• Hengelkompetisie: 14 Oktober 2023
• Kersliedere-Kuier-Aand: 24 November 2023

GEWEEG EN SWAAR GENOEG BEVIND
“Geweeg, geweeg en te lig bevind.” So klink die woorde, wat daar in Daniël 5 teen die muur verskyn om koning Belsasar se regering op te som. Sy heerskappy was met ander woorde ’n liggewig aangeleentheid in die oë van die Here. Daarom was sy uiteinde op hande. Baie van ons sou graag hierdie woorde wou uitroep oor die politici van ons dag, maar wat sou die uitslag wees indien onsself ’n slag in God se weegskaal moet klim?
Sal ons die regte gewigsgrens haal, wanneer God ons weeg? Sal ons “gewigtig” genoeg wees? Sal ons aanvaarbaar in sy oë wees? Wel, ons kan ja sê op hierdie vrae, as ons toelaat dat Jesus Sy gewig ingooi aan ons kant van die skaal! Op eie stoom maak ons dit nie. Glad nie! Wanneer ons egter steun op Jesus se goedheid, asook op Sy offer in ons plek, verander die totale prentjie. Wanneer ons Christus se goeie boodskap omhels, word ons nooit deur God te lig bevind nie. Dit is juis die goeie nuus van die Nuwe Testament dat Jesus Sy eie gewig hier aan ons kant van die weegskaal kom ingooi het. -Stephan Joubert
[eKerk]

KALENDER 2024
Ek is besig met die nuwe kalender vir 2024. Indien daar enigiets is wat op volgende jaar se kalender moet kom, kontak my asseblief so gou as moontlik, 083 297 6748. Ons gaan die kalender 24/25 Oktober tydens ons jaarlikse personeelbeplanning finaliseer – Elize

DANIËL MANNE KONFERENSIE
Ons nooi al die manne uit na die Daniël Konferensie 4/5 November 2023. Sien advertensie. Bring jul vriende saam, die konferensie is oop vir al die manne in Potch! Dit begin Saterdagoggend 08:30 met koffie en beskuit, 11:00 weer koffie en ‘n soetigheidjie en om 13:00 ‘n ligte middagete. Sondagoggend lei Braam Grobbelaar die oggend-diens om 09:00.

JENSYL MATWASSERY
Vir die was van matte, meubels en skoonmaak van huise, kontak Jacoba Ras 0729005005

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb.
Naam: ………………………………………………………….
Selno: ………………………………………………………….

 

Follow us: