DAGBOEK
VANDAG
Vandag is die eerste Sondag in Koninkrykstyd en vandag herdenk ons die werk van God-Drie-enig.
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens: Ds Terence Cooke
Teks: Psalm 8.
Tema: Die wysheid en grootheid van God-Drie-enig in ons lewens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens
DONDERDAG 16 JUNIE – Jeugdag
SONDAG 19 JUNIE
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
BEVESTIGING DS TIAAN MOSTERT:
3 Julie 2022
Soos julle almal reeds gehoor het, die bevestiging van ds Tiaan vind plaas op Sondag 3 Julie 2022 om 10:00. Vir hierdie bevestiging het ons groot asseblief weer hulp nodig met die verversings na die diens. Indien jul kan help, kontak asseblief vir Nunez van Zyl (082 922 9234) en gee jou naam op. Ons gaan vingerhappies, koffie/tee en sap bedien (kontantbydrae ook welkom). Help ons om van hierdie geleentheid ook ‘n groot sukses te maak. Ons Suiderkruisers kan mos!!!
BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is tans op bystand vir die gemeente. Vir enige dringende gevalle, kontak asb: Die Kerkkantoor 0182947939 / 0832976748, of Ds Terence 0827759570.
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
* Wanda Steyn
* Marie Marx
VLEISBESTELLINGS
Maalvleis te koop
Daar is nog ‘n paar pakkies maalvleis te koop.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
* Pannekoek by Pick&Pay: 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
* Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
* Hengelkompetisie: 20 Aug (Roelf v Aswegen)
* Spaanse aand: 23 Sept (Johanna Handford)
* Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Petrus Marx, Jan-Lucas Sandrock, Jacques Theron
13 Junie: June Viviers
14 Junie: Johan Erasmus, Hans Kleyn
15 Junie: Jas Fourie, Frikkie Labuschagne, Susan Schutte
16 Junie: Elsabé Botha (88jr), Wynand Erasmus, Gert Steyn
17 Junie: Jeanette Bronkhorst, Magda Green
18 Junie: Waltie Jv Rensburg (85jr), Elna Fick, Flip Minnie, Loureine Muller, Wanda Steyn, Tanya vd Merwe, Dawie van Zyl, Nunez van Zyl
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
God weet die beste
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo julle optrede en My gedagtes bo julle gedagtes. -Jesaja 55:8-9
God kan nie met mense vergelyk word nie. Sy gedagtes en optrede verskil hemelsbreed van ons s?. Om hierdie rede probeer ons tevergeefs om God te verstaaan. Indien ons dit sou kon doen, sou God nie meer God wees nie. Hy is ewig en almagtig. Wat Hy doen, is goed en reg. Hy kan alles doen behalwe om foute te maak.
Job se vriend Sofar het vroeg reeds hierdie geheim ontdek as Job nog sukkel om God se weë te begryp. “Kan jy begryp wie God werklik is?” wil hy van Job weet. “Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jy daarby uitkom”? (Job 11:7-8)
Soms lyk dit vir ons of God die verkeerde ding doen sodat ons wil sê” “Nie so nie, Here!” Soms werk die Here weer te stadig vir ons en wil ons Hom ? helpende hand bied soos Abraham se vrou Sara. Maar die Here weet altyd die beste.
Wanneer jy God nie kan verstaan nie, moenie eers probeer nie. Probeer dinge eerder vanuit God se perspektief sien. Dan gaan jy ontdek dat Hy altyd die beste weet, ook die kere toe jy aanvanklik nie met Hom saamgestem het nie.
Hemelse Vader, vergewe my dat ek so hard probeer om U te verstaan. Dankie vir die insig dat dit in elk geval onmoontlik is. Help my om te glo dat U altyd die beste weet. Amen -Nina Smit
AL VAN JESUS GEHOOR?
Godsdiens is gedurig in die spervuur en gewoonlik word die Christelike geloof ook sommer onder dieselfde kam geskeer. Onlangs het iemand weer die bekende ateïs, Steven Weinberg, aangehaal wat gesê het:
“Good people do good things and bad people do bad things, but to get good people to do bad things, that takes religion.”
Dis tog sekerlik waar. Niks is so effektief soos om ‘n goeie mens te oortuig dat hy God ‘n guns doen deur ‘n sneller trek of deur iemand te beswadder nie. Ons sien heeltemal te dikwels hoe godsdienstige mense geweld en onreg pleeg. Van die sondes van die Christelike kerk in die geskiedenis, soos die kruistogte en inkwisisies, het ons ook al tot vervelens toe gehoor. Ook die Ou Testamentiese oorloë word in die debat ingetrek as bewys dat Christene eintlik bloeddorstige fanatici kan wees, wanneer dit hulle pas.
Hoe antwoord ons ‘n ongelowige wat so ‘n beswaar teen ons geloof opper?
‘n Mens sou mý antwoord in ‘n vraag kon omsit:
Het jy al van Jesus gehoor?
Dit klink simpel, ek weet, maar dis ‘n retoriese vraag. Natuurlik sou hy al van Jesus gehoor het. My vraag vra egter vir dieper refleksie oor of hierdie persoon my geloof goed genoeg ken om te weet dat alles staan of val met Jesus. Hy verteenwoordig tog die finale inhoud van ons geloof. Hy is tog ons weg, ons waarheid en ons lewe. Hy bepaal tog ons lewe. Sy woorde bepaal tog ons optrede en gedrag.
Die vraag is dus eerder: Is hierdie afskuwelike dade, wat gepleeg is (in die naam van geloof) ‘n gevolg van Jesus se woorde of ‘n gevolg van die verontagsaming van Jesus se woorde? Hoe kan hierdie slegte dade gedoen word in die Naam van dieselfde Jesus, wat onder andere sê:
* Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie
* As iemand julle op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe
* Julle moet julle vyande liefhê
* Julle moet bid vir dié wat julle vervolg
* Gaan maak eers vrede met jou broer
* Vergewe sewentig maal sewe keer
* Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Hoe kan sleg gedoen word in die Naam van ‘n Here, wat Sy vyande vergewe van die kruis af? Mense kan dus maklik sê hulle doen iets in Jesus se Naam, maar dit beteken nie dat hulle Jesus reg verteenwoordig nie!
Hiermee word nie bedoel dat ons nie moet kan praat oor die moeilike vraag aangaande die geweld in die Ou Testament en die res van die geskiedenis nie. Maar Jesus is ons Troefkaart. Ná Jesus word die Ou Testament tog anders gelees as vóór Jesus! Wanneer ‘n bloedige menslike geskiedenis in die lig van die kruis van Jesus gelees word, dan sê dit tog dat God nie ongeërg is oor die lyding en onreg in die geskiedenis nie. Wanneer die pyn en lyding deur die bril van die opstanding gelees word, dan kommunikeer dit tog dat daar lewe en heling kan wees, ook vir mense se lyding! Dit beantwoord nie al ons vrae nie, maar dit sê vir ons dat God liefdevol, genadig en lewegewend is.
Ja, Steven Weinberg, godsdiens kan sleg wees. Maar het jy al van Jesus gehoor?
Want Hy is goed. – Roedolf Botha [eKerk]
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
* R2-projek: Neem ? pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
* Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
* 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel[ 0729005005]
* Mandjieprojek – Elize
Wyse woorde mag dikwels
op onvrugbare grond val,
maar sagte woorde word
nooit weggewaai nie.
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling: EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005 U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
?….?….?….?….?….?….?….?….?
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Pinksterfees en Nagmaal: Ds Terence Cooke
Teks: Galasiërs 1:6-11
Tema: Daar is geen ander evangelie nie
18:00 Uitreik
WOENSDAG 8 JUNIE.
09:30 Oudejeugaksie
SONDAG 12 JUNIE
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens
BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is tans op bystand vir die gemeente. Vir enige dringende gevalle, kontak asb: Die Kerkkantoor 018 2947939 / 0832976748, of Ds Terence 0827759570.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Pannekoek by Pick&Pay: 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Vleisprojekte:20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Hengelkompetisie: 20 Aug (Roelf v Aswegen)
• Spaanse aand: 23 Sept (Johanna Handford)
• Snoekbraai en kersliedere (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Wanda Steyn
• Marie Marx
• Jacoba Ras (ons Koster) en familie met die afsterwe van Pieter verlede Sondag.
PINKSTER-SOP
Baie dankie aan elke persoon wat ons so mooi gehelp het met sop en broodjies elke aand. Die samewerking in Suiderkruis is regtig die beste in die dorp. Julle is tops!!! Daar was elke aand meer as genoeg en ook ‘n heerlike verskeidenheid. Nogmaals dankie vir julle almal – Elize
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollekte¬sakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel[ 0729005005]
• Mandjieprojek – Elize
MANDJIEPROJEK
Baie dankie aan Erika Pieterse wat die inisiatief geneem het met hierdie projek. Ons wil asb vriendelik vra dat wanneer die mandjie by jou uitkom, stuur net ‘n whatsap aan Erika sodat sy weet hoe die mandjie vorder. Haar nommer en die instruksies is binne-in die mandjie. Indien moontlik moet die mandjie ook nie langer as 3 dae by een persoon bly nie. Baie dankie aan almal wat sover bygedra het. Vir diegene wat nie weet hoe die mandjieprojek werk nie, so maak mens: Wanneer jy die mandjie ontvang, kyk wat is binne-in. Indien jy iets in die mandjie wil hê, neem dit en plaas ‘n donasie in die blikkie of sit weer iets terug in die mandjie, dit kan selfs ‘n koek of lekker biltong wees. Gee dan weer die mandjie oor aan die volgende persoon.
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Louisa van Aswegen (99jr), Willem Otto, Chantelle Viljoen
6 Junie: Charl Marais
7 Junie: Willem Botes
8 Junie: Carlizette Oberholzer, Bruno Schoenfeld, Emmerentia Visser
9 Junie: Elsie vd Linde
10 Junie: Geen verjaarsdae
11 Junie: Charl Cilliers, Bianca Nel
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
God vee al jou trane af
God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. -Openbaring 21:3, 4
Eers wanneer dit donker genoeg is, kan ons die sterre raaksien, skryf Emerson. Trane is soms nodig sodat jy weer God se liefde en genade in jou lewe op ʼn nuwe manier kan raaksien. Net soos fisieke trane goed is vir jou omdat dit jou oë skoonwas, is seerkry ook goed vir jou omdat dit dikwels jou verhoudig met God verinnig.
Tog is trane vir niemand lekker nie. Christene kan van een ding seker wees: hulle trane sal nie vir altyd aanhou nie. Alhoewel trane deel is van jou lewe op aarde, gaan daar eendag ʼn einde aan hierdie trane kom. Die Here kan en wil jou trane afvee. Dit is deel van die groot wederkomslied.
In Openbaring 21 skryf Johannes oor die nuwe Jerusalem, die stad wat die woonplek van God en sy kinders sal wees, Daar sal die Here elke dat by sy kinders wees, en daar sal dan geen trane meer wees nie. Want God self sal al die trane van ons oë afdroog.
Alhoewel die lewe hier op aarde vol seerkry en swaarkry is, kan jy vashou aan die beloefte dat na al hierdie swaarkry die hemel vir jou wag, waar daar nie meer swaarkry of dood, leed, smart en pyn sal wees nie.
Here Jesus, U weet dat my lewe op die oomblik vol seerkry en hartseer is. Dankie vir u belofte dat daar eendag in die hemel vir altyd ʼn einde aan my trane sal wees. Amen -Nina Smit
HOEVEEL IS GENOEG?
Sommige mense (soos ek) eis darem heeltemal te veel van die lewe. Ek het nog altyd gewonder oor die eerste paar woorde van Psalm 23, naamlik Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. Dis nie oor die Herder-gedeelte wat ek gewonder het nie, maar die “ek kom niks kort nie” – deel. Ek meen, ‘n mens kom tog nooit by die punt waar jy werklik niks meer nodig het nie.
Toe gaan kuier ek een naweek vir my Zoeloe-vriend in sy gehuggie in Zandspruit informele nedersetting. Daardie kuier het my ganse lewens¬perspektief geskuif. Thabo se woonplekkie was maar ‘n skamele sinkhuisie met slegs twee klein vertrekkies. Die een kamer dien as die kuierarea en kombuis. Dan is daar nog ‘n vertrekkie met ‘n dubbelbed, waarin hy, sy vrou en hulle twee seuntjies saam geslaap het.
Tydens die verloop van die naweek sit ek op ‘n stadium in die kuierarea op ‘n tamatiekissie, terwyl Thabo vir ons koffie maak en toe merk ek dit op. Daar was geen versierings of foto’s teen die mure nie, behalwe een sinnetjie opgeplak wat eenvoudig gelui het:
I lack nothing.
Ek kon skaars my oë glo. Ek het gewoon in ‘n ryk voorstedelike buurt in ‘n vier- slaapkamer huis met ‘n hengse tuin. Thabo is ryker as ek. Hy kom niks kort nie, terwyl ek daagliks allerhande wense en begeertes gekoester het. Hy is ryker as ek, nie omdat hy meer as ek besit nie. Hy was ryker as ek, omdat hy gevoel het hy het genoeg om van te leef en te funksioneer as mens. Hy was tevrede met minder. Hy was baie meer realisties as ek oor die lewe. Hy het eenvoudig minder begeer as ek. Dit het my laat dink aan wat die Christenskrywer, GK Chesterton, gesê het:
There are two ways to get enough.
One is to continue to accumulate more and more. The other is to desire less.
Dit lyk vir my dat die Here in ons behoeftes voorsien, nie deur al ons gemaklikhede en luukshede te bevredig nie, maar om ons tevrede te maak met wat ons het. Die Herder van Psalm 23 lei die skape na waters, waar daar rus is, na groen weivelde. Hierdie dinge verteenwoordig ‘n skaap se mees basiese behoeftes sonder veel luukshede. Tog sê die skrywer dat sy beker oorloop van guns.
Om dus te sê ek kom niks kort nie, is nie iets wat met my gebeur nie. Dit het niks te make met my balansstaat of eiendomsportefeulje nie. Dis ‘n lewenskeuse, wat ek maak. Die Here het niks teen rykdom nie, maar as ons gedurig meer sekuriteit, meer gemak, meer emosionele veiligheid begeer, dan mag ons dalk konstant ongelukkig wees, omdat ons nie kry wat ons wil hê nie. Wanneer ons onsself gedurig probeer oortuig dat ons “beter verdien”, dan raak ons later bitter, omdat ons byna nooit kry wat ons dink ons verdien nie.
Wanneer ons Jesus egter ernstig opneem wanneer Hy sê dat die jakkalse gate het en die voëls neste, maar Hy kan nie iewers Sy kop neerlê nie, dan word elke bord kos, wat ek ontvang, elke aand wat ek warm slaap, elke dag wat my gesin veilig is, vir my die grootste vreugde en kan ek met opregtheid sê: Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.
-Roedolf Botha [eKerk]
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………