31 OKTOBER 2021

DAGBOEK
VANDAG
HERVORMINGSONDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Reguitstr 13+
18:00 Belysel

DINSDAG 2 November
18:00 Kerkraadsvergadering

SONDAG 7 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Feesdiens & nagmaal (Ds Coenie) – 65 jaar van genade
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
12:00 Feesete in die tuin
18:00 Uitreik

BELANGRIKE DATUMS
7 November : Gemeente feesnaweek
11 November : Senior Burger Ete
14 November : Kinderkerssangdiens
21 November : Kerssangdiens

GEBED VIR ALMAL IN EKSAMENTYD
Ons dink aan al ons leerders, matrikulante en studente wat gaan eksamen skryf: Here, Ek bid vir U teenwoordigheid wanneer hulle lang ure moet studeer.
Dankie dat U weet hulle word moeg, gee hulle asseblief krag.
Ek weet U Gees bly in hulle in die eensame ure wat voorlê.
Maak hulle verstand helder …
Hulle gedagtes skerp …
Hulle hart rustig … asseblief Here.
Here, help hulle om getrou te werk en te volhard – al raak hulle moed min.
Laat hulle nee sê vir mense en dinge wat hulle aandag wil aflei.
Baie dankie vir hulle goeie verstand …
vir hulle gesondheid …
vir almal wat in hierdie tyd vir hulle bid … en vir hulle sorg. Dankie dat U hulle liefhet.
Ek glo U sal hulle vashou en U kan hulle dra deur die eksamen … ek wil U daarmee eer. Amen.
– Skrywer onbekend
Jy hoef nie jouself eers te verander voordat jy jou na God wend nie, want omdat jy jou na Hom wend, sal jy verander.

DOEN OOK DAARDIE TWEEDE 50%
Spreuke is nie slegs mooiklinkende waarhede nie. Vat maar Spreuke 10-15 se 183 verse. ’n Volle 163 hiervan is teenstellings. Hierdie 163 verse werk met twee teenoorgestelde waarhede en twee maniere van leef. In gewone taal: “’n Dwaas maak só, maar ‘n wyse mens maak só.”
Ons is goed daarmee om die eerste kant raak te sien, dwase en skelms s’n. Saam met Spreuke 10 se eerste kant, weet ons baie goed dat dwase se oorhaastige woorde moeilikheid bring (Spreuke 10:14). Of dat dit lei tot woede en sonde (Spreuke 10:19, 32).
Om egter net hierop te fokus, is nog nie wysheid nie. Wysheid gaan juis oor die tweede kant. Wyse mense sien dwaasheid raak, maar praat dan met insig. (Spreuke 10:14a) Hulle sien dwase praat oorhaastig, maar tel hulle eie woorde (10:19b en 32a).
Vir Spreuke gaan die lewe oor teenstellings tussen dwaasheid en wysheid. Die regte manier van leef voor God gaan oor die reg-doen-kant. Wysheid vra dat jy nie heeltyd jou bloeddruk opwerk oor alles wat verkeerd is nie. Dit vra dat jy elke slag raaksien hoe wyses in sulke situasies optree. Jyself kies ook om met wysheid te leef. Te midde van dwase en skelms leef jy eerlik. Jy vrees die Here, help armes en jy praat met insig. Jy leef wys. Jy leef daardie tweede 50%. -Stephan Joubert [eKerk]

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Pieter vd Linde, Henda van Schalkwyk, Dillon Viljoen
1 November: Geen verjaarsdae
2 November: Nicolene Pretorius, Hermien van Zyl
3 November: Joey Bubb (90 jr), Bella Tesnaar, Sharon van Graaff
4 November: Heinrich Blom
5 November: Geen verjaarsdae
6 November: Erich-Hein Botha
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

SUID WORD 65
Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!
Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.
Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee.
Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.

AS DIT DONKER IS OM MY:
As jou kragte wil ingee
Neem tog weg die smart waarmee U my getref het. Die las wat my opgelê het, laat my krag ingee. –Psalm 39:11
In die Ou-Testamentiese tyd het die mense alles, ook die negatiewe dinge wat met hulle gebeur het, aan God toegeskryf.
Die digter van Psalm 39 doen dit ook, maar tog hou hy nie op om op God te hoop nie. Vandag weet ons, wat anderkant die kruis leef, dat God wel die negatiewe dinge in ons lewe toelaat, maar dat dit nie noodwendig sy wil is nie. Hy bring dit nie oor ons nie. Met hierdie dinge wil Hy ons geloof toets. Met probleme in ons lewe laat God ons as’t ware “eksamen skryf”, kyk Hy hoe ons in die geloof vaar as dinge vir ons moeilik begin word. Wat doen jy met die krisisse in jou lewe? Blameer jy vir God soos Dawid, Job en Jeremia by tye gedoen het? Of het jy al geleer om aan God vas te hou midde-in jou krisis?
“U is my enigste hoop. U alleen sorg vir my.” Bely die psalmdigter (v8, 13). En hierdie belydenis is vandag steeds waar vir elkeen van God se kinders. Daardie tye wanneer jou eie krag wil ingee, is God se wonderwerkende krag nog altyd tot jou beskikking.
Onderstreep gerus Jesaja 40:31 in jou Bybel as jou eie las so swaar word dat jou krag wil ingee: “Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”
Hemelse Vader, baie dankie dat U krag altyd tot my beskikking is wanneer my eie krag te min raak. Gee dit asseblief ook vandag vir my. Amen. -Nina Smit

DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Elzeth)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Reguitstr 13+
18:00 Belysel (Wes)

DINSDAG
18:00 GKF Vergadering

WOENSDAG
08:00 Personeelbeplanning

DONDERDAG
08:00 Personeelbeplanning

SONDAG 24 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Reguitstr 13+
18:00 Belysel (Suid)

GEBEDSLYS
Hospitale
• Wanda Schoonen
• Gerhard van Tonder
• Marita Jacobs
• David Maree

BELANGRIKE DATUMS
19-20 Oktober : Personeelbeplanning
30 Oktober : Suidwes Basaar
7 November : Gemeente feesnaweek
11 November : Senior Burger Ete
14 November : Kinderkerssangdiens
21 November : Kerssangdiens

PERSONEELBEPLANNING
Al die personeel is Woensdag en Donderdag afwesig vir die 2022 beplanning.

SUID WORD 65
Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!
Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.
Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Janien vd Merwe
18 Oktober: Andre de Beer
19 Oktober: Ulrich Botha, Lourette Burgers, Eleen Engelbrecht, Elanie Kriel, Luané Niemand
20 Oktober: Geen verjaarsdae
21 Oktober: Geen verjaarsdae
22 Oktober: Danie Joubert (80 jr), Nanka Smith
23 Oktober: Jeanette Bronkhorst, Andre Kruger, Mary-Anne Loots
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

GOD IS IN BEHEER!
As jou trane vlakker lê as jou glimlag – HOOP
As jou hart seerder is as jou oë – HUIL
As jou antwoorde verder is as wat jy dink – BID
As jy voel jy kan nie meer nie – DROOM
As alles om jou breek – STAAN VAS

SUIDWES BASAAR
Ons hou basaar! 30 Oktober om 9:00 hou Suiderkruis en Wes saam basaar by Wes se kerkterrein. Wil jy nie asb aanmeld om te help by een van die stalletjies nie? Kontak asb die sameroeper van die stalletjie:
Stalletjie & Sameroepers
Pannekoek – Maryna Marais – 0828079954
Poeding – Johanna Handford – 0828061809
Stil-veiling – Jacoba Ras – 0729005005
Koeldrank – Pieter en Jacoba Ras – 0729005005
Koffiestalletjie – Nunez van Zyl – 0829229234
Kerrie en Rys – Petro Kriel – 0843012497
Springkasteel – Die belydenisklasse
Lekkergoed – Lisa Nel – 0847603198
Worsbroodjie – Coenie Calitz – 0845670410
Koeke – Kerkkantoor – 0182947939
Skyfskiet – Anton Nel – 0832679080
Om hierdie dag ’n sukses te maak benodig ons asb. die volgende:
 Koekmeel
 Rys
 Eiers
 Lekkers
 Kaneel
 Suiker
 Jellie
 Boksies vla
 Klapper
 Kondensmelk
 Maalvleis
 Olie
 Kleinkoekies
 Beskuit
 Gemengde groente
 Kontant donasies
* Poedings
* Maalvleis / wors
Bly op hoogte van die basaarreëlings by www.suiderkruis.com/basaar

KAN EK U NET EEN KEER SIEN, HERE!
“Kan ek U net een keer sien!” So klink Moses se versoek aan die Here in Eks 33. Op sy beurt vra Filippus in Johannes 14 vir Jesus: “Wys vir ons die Vader en dit is vir ons genoeg!” Nee, hulle het dit nie ligsinnig bedoel nie. Dit is nie asof hierdie een van hulle “bucket list”-wense was, voordat hulle eendag sterf nie. Moses en Filippus se versoek weerspieël iets van gelowiges se dieper dors na die Here regdeur die eeue.
Ons ken die skrywer van Psalm 63 se bekende woorde dat hy na God smag soos wat ’n wildsbok in die woestyn dors na water. Hy verlang met alles in hom om in die Here se teenwoordigheid te wees, om nog meer van Hom te ervaar. Hierdie dieper verlange na die Here gaan nooit weg, wanneer jy Hom ontmoet het nie. Aan die een kant raak jy al hoe meer bewus van jou eie gebrokenheid in Sy nabyheid. Jy weet Christus is die ware Brood van die Lewe, wat jou honger versadig. Maar aan die ander kant laat die Here se genade jou nog meer honger na Sy teenwoordigheid. Daarom hardloop jy aanhoudend na God toe. Jy weet by Hom bruis daar altyd nuwe fonteine met lewende water.
-Stephan Joubert [eKerk]

AS DIT DONKER IS OM MY:
As God sy rug draai
Kom ons te hulp!
Waarom slaap U, Here? Word tog wakker Moet ons nie vir altyd verstoot nie! Waarom draai U U rug vir ons? Waarom steur U U nie aan ons ellende en smaad nie? – Ps 44:24-25
In hierdie psalm verwoord die psalmdigter sy woede en verontwaardiging teenoor God. Vir hom lyk dit of God hom verstoot het, of God aan die slaap is hoewel hy aan God getrou gebly het. “Dit is oor U dat die dood ons gedurig tref, dat ons soos slagskape behandel word,” kla hy in vers 23. En dan slinger hy ʼn hele klomp vrae na God se kant toe. Hoekom slaap God? Hoekom draai Hy sy rug vir hom? Hoekom steur Hy hom nie aan sy ellende nie?
Vir baie gelowiges is dit onverstaanbaar dat so baie slegte dinge met hulle gebeur alhoewel hulle God liefhet en Hom dien. In tye van rampspoed probeer hulle soos Job van ouds tevergeefs om ʼn verstaanbare patroon in die krisisse raak te sien.
Dit is in orde om vir God kwaad te word, net solank rampe en teëspoed ons nader aan Hom bring. Ps 44 sluit met die gedagte dat ongeag die digter se omstandighede, God se troue liefde steeds daar is. Aan hierdie belofte kan jy vashou: al gaan dit ook op die oomblik hoe hopeloos met jou, God het jou lief. Ook al voel dit vir jou of Hy slaap en sy rug vir jou draai. Hy wéét van al jou swaarkry en Hy sal uiteindelik ʼn einde daaraan maak.
Here, vandag gaan dit so sleg dat ek ook wil vra waar U dan is en waarom U my bly verstoot en U rug vir my bly draai. Help my asseblief sodat ek opnuut van u troue liefde vir my verseker kan word. Amen. -Nina Smit

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.

 

 

 

VANDAG

08:00  Koffie en tee in die foyer

09:00  Oggenddiens (ds Coenie)

10:00  Koffie en tee in die foyer

Geen jeugbyeenkomste agv skoolvakansie

SONDAG 17 Oktober

08:00  Koffie en tee in die foyer

09:00      Oggenddiens (Ds Elzeth)

09:00      Kinderkerke

10:00      Koffie en tee in die foyer

18:00      Reguitstr 13+

18:00      Belysel

18:00      Foyerdiens (slegs aanlyn)

 

BELANGRIKE DATUMS

20 Oktober     :     Personeelbeplanning

30 Oktober     :     Suidwes Basaar

7 November   :     Gemeente feesnaweek

11 November :     Senior Burger Ete

14 November :     Kinderkerssangdiens

21 November :     Kerssangdiens

DANKIE, DANKIE, DANKIE

Die hengelkompetisie laas Saterdag was ʼn reuse sukses met meer inkrywings as ooit tevore – so gewens oom Ben kon daar wees om dit saam met ons te beleef. ʼn GROOT dankie aan Roelf en sy span vir puik reëlings en ʼn heerlike dag! –ds Coenie

 

GEBEDSLYS

Hospitale

  • Wanda Schoonen
  • Dina Ludick
  • Gerhard van Tonder

Ander:

  • Ons dank die Here dat die derde golf van die virus amper verby is en dat meeste dinge redelik normaal kan voortgaan.
  • Ons bid vir die komende verkiesings: dat die Here die regte leiers sal aanwys.

VERJAARSDAGHOEKIE

Vandag: Rohan Botha, Riekert Jacobs, Delene Smit, Anneke Viljoen

11 Oktober: Rina de Beer, Lizette du Plessis, Bekkie Theron

12 Oktober: André van Zyl

13 Oktober: Amelia Venter

14 Oktober: Danie Beukes, Emmelike du Preez, Elize van Deventer

15 Oktober: Herman Maré, Stiaan van Eeden

16 Oktober: Daan Prinsloo

NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars­daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

 

SUID WORD 65

Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!

Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.

Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees.

Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname!         -ds Coenie

 

SUIDWES BASAAR

Ons hou basaar! 30 Oktober hou Suiderkruis en Wes saam basaar by Wes se kerkterrein. Wil jy nie asb aanmeld om te help by een van die stalletjies nie? Kontak asb die sameroeper van die stalletjie:

Stalletjie

Sameroepers

Pannekoek

Maryna Marais

0828079954

Poeding

Johanna Handford

0828061809

Stil-veiling

Jacoba Ras

0729005005

Koeldrank

Pieter en Jacoba Ras

0729005005

Koffiestalletjie

Nunez van Zyl

0829229234

Kerrie en Rys

Petro Kriel

0843012497

Springkasteel

Die belydenisklasse

Lekkergoed

Lisa Nel

0847603198

Worsbroodjie

Coenie Calitz

0845670410

Koeke

Kerkkantoor

0182947939

Om hierdie dag ’n sukses te maak benodig ons asb. die volgende:

  • Koekmeel    Rys
  • Eiers    Lekkers
  • Kaneel    Kondensmelk
  • Suiker    Jellie
  • Boksies vla    Klapper
  • Maalvleis    Kleinkoekies/
  • Olie    Beskuit
  • Gemengde groente    Kontant donasies

Bly op hoogte van die basaarreëlings by www.suiderkruis.com/basaar

Volkleur pdf – laai af

DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Geen jeugbyeenkomste agv skoolvakansie

SONDAG 10 Oktober
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
Geen jeugbyeenkomste agv skoolvakansie

GEBED VIR LIEFDE
Hemel Vader, groot is u Naam,
Heilig en volmaak,
Oneindig u liefde en genade.
Heilige Gees,
kom maak ons bewus van liefde,
wek ons geestelik op,
sodat ons u liefde vir ons
kan ontdek, kan ervaar.
God van liefde, ons het u nodig,
help ons om mekaar lief te hê,
sodat ons nooit liefde weerhou nie.
Laat ons lewe in u Liefde,
met die begeerte na liefde,
sodat ons volmaakte liefde
teenoor ons medemens openbaar.
Want waar u liefde heers,
heers daar vrede.
Here Jesus leer ons van
u liefde, skenk ons u vrede
sodat ons dit kan lewe, vir u.
AMEN

GEBEDSLYS
Hospitale
• Pieter vd Linde
• Werner Bruhns
• Adam Engelbrecht
Bid asb ook vir:
Louis Spamer, Ronel en Louise met die afsterwe van Mercia Spamer.

SUID WORD 65
Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! In mense-terme is dit al redelik senior maar in kerk-terme is dit nog baie jonk want kerke word honderde jare en selfs duisende jare oud!
Ons vier DV ons gemeente se verjaardag aan die begin van November met ‘n groot feesdag (as die regulasies dit toelaat). Ons sal later baie meer hieroor vertel en julle solank opgewonde maak daaroor. En soos dit is met verjaarsdae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.
Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees.
Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie

VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Roelien Fraser, Pieter Roets
4 Oktober: Wendri Eloff, Reuben Goedhals
5 Oktober: Chrizet Burgers
6 Oktober: Werner de Beer, Sonette Pretorius, Mabel Viviers
7 Oktober: Wentzel Coetzer, Leon Prinsloo
8 Oktober: Doret de Jager, Louis Raubenheimer, Sarie Theron
9 Oktober: Sanette Engelbrecht, Zilla Steyn, Tiempie vd Merwe, Amanda van Wyk
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize

BELANGRIKE DATUMS
19 Oktober : Personeelbeplanning
30 Oktober : Suidwes Basaar
7 November : Gemeente feesnaweek
11 November : Senior Burger Ete
14 November : Kinderkerssangdiens
21 November : Kerssangdiens

SUIDWES BASAAR
Ons hou basaar! 30 Oktober hou Suiderkruis en Wes saam basaar by Wes se kerkterrein. Om hierdie dag ’n sukses te maak benodig ons asb. die volgende:
 Koekmeel  Rys
 Eiers  Lekkers
 Kaneel  Kondensmelk
 Suiker  Jellie
 Boksies vla  Klapper
 Maalvleis  Kleinkoekies/
 Olie  Beskuit
 Gemengde groente  Kontant donasies

AS DIT DONKER IS OM MY:
Geloofsvertroue
Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit ook in ons tyd. –Habakuk 3:2
Aan die begin van sy boek peper die profeet Habakuk vir God met waarom-vrae: “Hoe lank nog, Here? Waarom gebeur dit met my? Hoekom hoor U nie as ek roep nie?” Baie Christene vra steeds dieselfde vrae wanneer daar negatiewe dinge met hulle gebeur en dit vir hulle lyk of God nie na hulle gebede luister nie, asof Hy nie wil ingryp en help nie.
Nadat die profeet Habakuk voor God stil geraak het, verander sy gebed. In plaas van waarom-vrae luister hy nou na dit wat oor God vertel word, en hy word met ontsag vervul oor die dinge wat God doen. “Habakuk begin my twyfel-vrae, maar eindig met ʼn geloofsbelydenis,” skryf Die Bybellennium (p 1066). Hy wil vir my en jou kom leer wat werklike geloofsvertroue beteken.
Miskien worstel jy vandag met net soveel waarom-vrae soos Habakuk. Indien wel, volg die profeet se voorbeeld. Word stil in die teenwoordigheid van die Here. Vertel Hom van jou probleme. Dink na oor hoe groot en magtig Hy werklik is. Dan gaan jy ontdek dat jy ook met ontsag vervul word oor die groot dinge wat God doen. As Hy wel in jou krisissituasie ingryp en dit ontlont, maak baie seker dat jy alle eer aan Hom gee.
Hemelse Vader, U weet van al die waarom-vrae in my hart. U weet ook dat ek nie kan verstaan waarom U nie ingryp en my help nie. Ek wil nou stil word in U teenwoordigheid en net opnuut besef hoe groot U is. Ek wil alle eer aan U bring. Amen.
-Nina Smit

DIE ONMOONTLIKE OPDRAG:
OM KWAAD MET GOED TE VERGELD
Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry. 1 Petrus 3:9 AFR 83
Hierdie bly iets wat só teen die grein van menswees gaan. Wanneer ek deur iemand te na gekom word, begin ek so maklik dink hoe ek daardie persoon óf kan terugkry óf ten minste ‘n behoorlike skrobbering kan gee.
Ek moes self hierdie les leer, toe ons huwelik dekades gelede deur ‘n krisis gegaan het. Wanneer ‘n mens so seer is, is die versoeking groot om óf onder die bed te gaan wegkruip óf ‘n vreeslike bakleiery aan die gang te sit. Maar, om die Here se teenwoordigheid IN die situasie te beleef, maak dit beslis makliker om te vergewe en uiteindelik weer in ‘n heel verhouding te kan staan.
Telkens wanneer ek in gedagte gehou het dat Brink na die beeld van God geskape is, dat hy kosbaar is vir God, kon ek versigtiger wees met my woorde. God is mos besig is om my (en vir hom, wat my seergemaak het) te vorm om die mens te wees wat Hy in gedagte het. Daarom moet ek ons gesprek / konfrontasie eerder as ‘n bouperseel sien, waar my woorde boumateriaal is. En waar die eindresultaat kan wees dat beide van ons opgebou is.
As ek vandag terugkyk, besef ek wat die impak van hierdie stap-saam-met-Jesus was, nie net op my eie en my man se lewens nie, maar ook op ons kinders en kleinkinders én op talle ander, wat as gevolg hiervan hoop vir ‘n stukkende huwelik kon kry.
Uit eie ondervinding en ook na aanleiding van dié van ander, is dit die besef van God se liefdevolle teenwoordigheid ook in die pynlike ervaring, wat my in staat stel om te vergewe en op die regte tyd die kwaad met ‘n seënwens te beantwoord. Die wonder daarvan is dat Hy dit op ‘n manier ten goede kan gebruik. Hy laat soms wel die seer toe, maar soos in Josef se geval kan Hy dit jare later in groot seën vir my en vir baie ander verander.
-Alet Gardner, eKerk

METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………

 

Follow us: