Laai volkleur Onder Ons hier af
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
SONDAG 5 Desember
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
GEBEDSLYS
Hospitale
• Carina Boshoff
• Adam Engelbrecht
• Wanda Steyn VERLOF – DS COENIE
VERLOF
Ds Coenie is met verlof vanaf Maandag 29 November tot 12 Desember.
In dringende gevalle kontak asb die kerk-kantoor (018 2947939 / 0832976748).
BEWYS VAN LIDMAATSKAP ONTVANG
• Johan & Riekie Broodryk,
Walter Sisulustr 391
BELANGRIKE DATUMS
15 Des Kerkkantoor sluit tot 7 Januarie
25 Des Kersdiens (09:00)
31 Des Middernagdiens (18:00)
SUID WORD 65
Baie dankie vir almal wat sover bygedra het vir ons gemeente se R65-ste ver¬jaarsdag. Jy kan steeds jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor inbetaal (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deel¬name!! -ds Coenie
VERJAARSDAGHOEKIE
NOVEMBER
28 November: Marlize Franken, Lizé Mari Franken, Koos Jv Rensburg
29 November: Carina de la Rey, Susan Gerber
30 November: WS du Plessis
DESEMBER
1 Desember: Heide Goedhals, Lewellen Green
2 Desember: Hannes Dreyer
3 Desember: Pieter Marais (83jr), Lana de Jongh, Zander Kleynhans, Frikkie Labuschagne, Claudette Muller
4 Desember: Geen verjaarsdae
5 Desember: Charl Jackson (85jr), Tillie Botha (84jr), Thys Grobbelaar
6 Desember: Tharina Bezuidenhout, Franchésca Hefer, Sonja van Zyl
7 Desember: Nellie vd Merwe (93jr)
8 Desember: Wikus Pretorius, Sharon Prinsloo, Johanette Vosloo, Rolene Wilson
9 Desember: Ryan de Jongh, Meisie Geldenhuys, Valerie Visser
10 Desember: Jean van Rooyen (87jr)
11 Desember: Renier van Eck, Rhyner de Jongh
12 Desember: Christine Thomas, Ryk Cloete
13 Desember: Geen verjaarsdae
14 Desember: Koos Jonker, Rina Marais, Clalude Marais
15 Desember: Casandri Klopper, Marina Krüger, Elizabeth Nel
16 Desember: Willem Lemmer, Marietjie Ras
17 Desember: Mettie vd Heever (87jr), Renaldo Schoenfeld
18 Desember: Kobie Fourie, Ben Geldenhuys, Rina Meintjes, Cobus Müller, Espy Steyn
19 Desember: Len Cloete, Erigh Davids, Chantel Fouché, Walter Green, Tarien Jacobs, Monique Nel
20 Desember: Dolf Botha, Ankia Botha
21 Desember: Arlu de Jongh, Anita Saayman
22 Desember: Geen verjaarsdae
23 Desember: Joey van Schalkwyk (80jr), Phillip Marais, William Oats
24 Desember: Sarie Koekemoer
25 Desember: Geen verjaarsdae
26 Desember: Schalk du Plessis
27 Desember: Sara Strydom (88jr), Belinda Conradie, Micyla Smit
28 Desember: Elsa Bruhns
29 Desember: Joleen vd Merwe, Elsabé van Dijk
30 Desember: Belinda Blom, Marise Doman, Gerrit Thomas
31 Desember: Lucas Jv Vuuren, Jacques Jonker
JANUARIE
1 Januarie: Geen verjaarsdae
2 Januarie: Alida Viljoen
3 Januarie: André Jv Rensburg, Chris van Tonder, Jandré Venter
4 Januarie: Sarie van Zyl (85jr)
5 Januarie: Elfrieda Klopper, Werner Stoppel
6 Januarie: Jakkie Botes, Herman Pretorius
7 Januarie: Rudi du Toit, Elanze Mans, Heleen Swart
8 Januarie: Hester de Beer, Francois Nell
9 Januarie: Andries Visser (81jr)
10 Januarie: Cobus Saayman
11 Januarie: Geen verjaarsdae
12 Januarie: Herman Mostert, Linda Nell
13 Januarie: Marthie Nel
14 Januarie: Thys Franken, Bianca Botha, Attie Fourie, Pieter le Roux, Koba vd Merwe, Vicky Venter
15 Januarie: Veronica van Tonder
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars¬daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
In noodsituasies
Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here.
–Jesaja 29:19
In Jesaja 29 kondig God ʼn oordeel oor Jerusalem aan omdat hulle so ver van Hom af leef. Tog word hierdie oordeel¬suitspraak weer gebalanseer met ʼn verlossings-boodskap: die mense in nood sal weer oor die Here bly wees.
In Die Burger van 26 Augustus 1998 was daar ʼn uitvoerige nuusdekking oor die bom wat die vorige dag in ʼn restaurant by die Waterfront ontplof het. In hierdie ontploffing is ʼn paar mense dood, en ʼn hele toeriste-gesin uit Engeland – pa, ma, twee kinders en groot ouers ernstig beseer. Die sesjarige dogtertjie het onder andere haar een voet verloor. Op bladsy drie van dieselfde koerant word voorgestel dat godsdienste gemeenskapsradiodienste van die lug moet verdwyn. Toe ek dié koerant so deurblaai, kon ek nie help om te wonder waarom die Here hierdie soort dinge toelaat nie. Hy kan tog ʼn stokkie daarvoor steek. Miskien het dit in die verlede met ons té goed gegaan sodat ons die Here nie meer nodig gehad het nie … Ek het ook gewonder of ons ooit weer soos Israel van ouds as volk saam bly sal kan wees oor die Here te midde van ons nood. Net in die volgende hoofstuk van Jesaja kry ek toe my antwoord: hier kondig die profeet aan dat die Here steeds gretig is om sy kinders genadig te wees (Jes 30:18).
Die Here sal jou ook genadig wees as jy na Hom roep om hulp. Hy wil elke dag jou krag en redding wees.
Hemelse Vader, dankie dat ek te midde van onrus en gewels my hoop aan U kan vasmaak met die seker wete dat u altyd daar sal wees vir my as ek na U roep om hulp. Amen. -Nina Smit
KRY JOU KOP REG [Lees Kolossense 3:2]
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raak¬sieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s dit hoog tyd dat jy jou kop vars instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig. Net dit. Dis regtig so eenvoudig én so lewensveranderend soos dit. Dan maak Hy ons harte op Sy beurt vol met Sy Gees. Dan dink en praat ons oor Christus tot eer van Sy Gees.
Ons moet ‘n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry. Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op Sy reispad te stap en as ons Sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink. Vul jou kop nou dadelik met die regte dinge… nee, vul dit met die regte Persoon! Dan is jou lewe oorvol. Dan maak sy Gees jou terselfdertyd bewus van almal, wat na Hom smag sodat jy hulle met jou gawes kan dien.
Gebed: Rig my hart op U, Christus. Laat my gedagtes en woorde vir U mooi wees. Amen. -Stephan Joubert [eKerk]
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
DAGBOEK
VANDAG 21 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Uitreik
SONDAG 28 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Kerssangdiens
UIT DIE WOORD:
Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
“Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word.
Hy sal in en uit gaan en weiding kry.” – Johannes 14:6 en 10:9
SUID WORD 65
Baie dankie vir almal wat sover bygedra het vir ons gemeente se R65-ste ver-jaarsdag.
Ons het die 3 maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie
DANKIE IS ‘N KLEIN KOSBARE WOORDJIE
Hoe se mens dankie?
Dankie vir Genade so groot.
Dankie vir Seëninge onverdiend. Dankie vir Liefde so groot en mooi.
Dankie vir u Genade om wakker te word en te besef ons is gespaar.
Dankie vir nog ʼn dag om te ontvang uit U Hand, U Liefde, U Seëninge, U Genade.
Dankie Heer, vir U Seëninge. Seëninge van liefde deur mense onbekend.
Liefde deur U kinders.
Dankie Heer, dat U ons dra. Dra in tye wat ons wil opgee.
In tye wat als te veel raak vir ons.
Dankie Here, dat daar waar ons struikel, U ons optel en dra,
want ons was te swak om te staan.
Dankie Here, vir ons lewe, gesondheid, krag en geliefdes. Amen.
-Skrywer Onbekend
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Andreas Booyens, Henry Fourie, Linda Marais
22 November: Jacoba Ras, Ruan Blume, Marizann v Tonder
23 November: Koos Swanepoel
24 November: Stefney Rautenbach
25 November: Jakkie Botha, Leon Jordaan
26 November: André de Villiers, Melanie van Breda
27 November: Mynhardt du Preez, Sarel Pieterse
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
HOE WERK DIE GEES SE GAWES?
Lees 1 Korintiërs 12:3
Om te keer dat gelowiges nie hulle gawes tot hul eie voordeel gebruik nie, bied Paulus in 1 Korintiërs 12-14 ‘n omvattende “handleiding” oor hoe die Here se gawes reg gebruik moet word. Hierdie beginsels is só belangrik dat Paulus sê dat ons liewers moet ophou om ons gawes te beoefen, as ons dit nie hiervolgens gebruik nie. Gedurende die volgende paar dae gaan ons hierby stilstaan. Hoor egter weer wat Paulus se uitgangspunt is: ons moet ons gawes reg gebruik. Vir die Here is die regte gebruik van dit wat Hy aan ons gee, belangriker as die blote feit dat Hy gawes aan ons gee. Die heel eerste beginsel, wat Paulus oor die Gees se gawes met ons deel, is dat elke gawe bydra tot die belydenis dat Christus die Here is (12:1-3).
Ter wille van die Korintiërs, wat wonder of gebeure soos die praat in vreemde tale kan bydra tot onbesonne uitsprake oor Jesus, sonder dat die beoefenaar van so ‘n gawe daarvan weet, deel Paulus hierdie algemene beginsel. Hy maak dit duidelik dat waar die Gees aan die werk is, daar word Christus se heerskappy bely, oral en altyd. Dis die eerste en belangrikste toets vir die egtheid van elke gawe. Jesus se Heerskap oor almal en alles word bevestig en net nog verder onderstreep deur elkeen in wie die Gees kragtig werk.
Gebed: Ek bely Christus dat U die Here is. Amen. -Stephan Joubert [eKerk]
AS DIT DONKER IS OM MY
Waarom-vrae
As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek my saak voor Hom lê. Ek sou van Hom antwoord probeer kry, probeer verstaan wat Hy vir my wil sê. –Job 23:3-5
Joni Eareckson Tada, ʼn gewilde Ameri¬kaanse skrywer, is as tiener verlam in ‘n duikongeluk. Sy vertel dat sy pas na hierdie ongeluk vir God met vrae gebombardeer het. Hoekom juis ék, Here? Wou sy by Hom weet. Ek is dan nog so jonk, my hele lewe lê nog voor my. Maar sy het geen antwoorde gekry nie.
Soos Joni vra Job ook vir God waarom-vrae. Hy meen dat hy onskuldig is en kan nie verstaan waarom die Here hom so swaar straf nie. Sy drie vriende is geskok dat hy dit waag om God te bevraagteken. Maar God is nie geskok nie. Hy veroordeel sy kind Job ook nie vir sy bitterheid en verwardheid nie. Wat Hy wel doen, is om hom op ʼn wandeling te neem. “Kyk Job,” sê Hy vir hom, “kyk mooi na al die dinge wat Ek gemaak het.” En hoe meer Job na die wonders van die natuur kyk, hoe kleiner voel hy. Tot hy uiteindelik moet erken dat God bo vrae verhewe is, dat God hom niks skuld nie.
Sy het uiteindelik wel ʼn antwoord by God gekry op haar waarom-vrae, getuig Joni. Dié antwoord is in Romeine 8:38-39 opgeteken: Niks kan ons ooit van God se liefde vir ons skei nie. En dit is antwoord genoeg, ook vir elkeen van die waarom-vrae waarmee jy vandag worstel.
Hemelse Vader, dankie vir die wete dat ek al my waarom-vrae maar by U kan laat los omdat ek weet dat niks my ooit van U liefde kan skei nie. Amen. -Nina Smit
DIE VRUG VAN DIE GEES IS … VREUGDE
– Galasiërs 5:22. 1983-vertaling
Omdat vreugde deel vorm van die vrug van die Heilige Gees wat in elke kind van God se lewe teenwoordig behoort te wees, veronderstel dit dat ons elke dag van blydskap sal straal. Dat ander mense, ongeag ons omstandighede, aan die vreugdegehalte van ons lewens sal kan sien dat ons aan God behoort.
Dit is baie makliker gesê as gedaan. Geen mens kan dit regkry om elke dag vol vreugde en blydskap te wees nie. Elkeen van ons staan tog soms met die verkeerde voet uit die bed uit op, en daar kom oomblikke in ons lewens wanneer ons met die beste wil in die wêreld dit nie kan regkry om opgeruimd en bly te wees nie.
Die soort blydskap waarvan Paulus hier praat, is ’n blydskap wat van binne kom. ’n Blydskap wat glad niks te make het met hoe ons vandag voel of hoe dit vandag met ons gaan nie. Hierdie blydskap kom van Jesus self, en daarom sal die Heilige Gees dit vir ons moontlik maak om elke dag in te gaan met sy vreugde in ons lewens. Wil jy ’n lysie maak van hoekom jy vandag bly moet wees?
God het jou so lief dat Hy sy seun na die wêreld stuur. Jesus het vir jou sonde aan die kruis betaal. Die Heilige Gees is elke dag by jou. Hy woon in jou. Hy lei jou, leer jou en staan jou by. Dis mos oorgenoeg rede om elke dag van blydskap te straal!
Here Jesus, baie dankie vir u blydskap in my lewe. Sal U my asseblief help om altyd bly te wees, ook in dié tye wanneer ek nie daarna voel nie, sodat ander mense die vrug van die Gees in my lewe kan raaksien. Dankie dat U die bron van my vreugde is. Amen. -Oorvloedige liefde [Struik Christian Media]
DANKOFFERS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
DAGBOEK
VANDAG 14 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Kinderkerssangdiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
DINSDAG 16 November
17:30 GKF afsluiting
SONDAG 21 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Kerssangdiens
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Wanda Steyn
• Drienie Kriel
BELANGRIKE DATUMS
21 November : Kerssangdiens
MAALVLEIS EN WORS
Ons het weer maalvleis te koop @ R75 per kg. Daar is slegs een bees se vleis beskikbaar, plaas so gou as moontlik jou bestelling om teleurstelling te voorkom.
SUID WORD 65
Baie dankie vir almal wat sover bygedra het vir ons gemeente se R65-ste verjaarsdag.
Ons het die 3 maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardaggeskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Coenraad Viljoen
15 November: Anton Smit, Chantelle Nienaber
16 November: Annette Marais, Renier Nel
17 November: Geen verjaarsdae
18 November: Jopie Fourie
19 November: Trompie Burger, Cor du Toit, Johan Klopper
20 November: Monique Nienaber
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
MY GELYKENIS, MY STORIE
Gelykenisse help ons om terug te staan en eerlik te kyk na ons eie verhale saam met God.
Toe ek jonk en stout was, het ek een middag my sussie se Hyundai Accent geleen (as 15-jarige seun mag ek natuurlik nie bestuur het nie). Ek het gedink dit is cool om jou vriende op te laai en om voor te gee jy is meer volwasse as jou ouderdom. Ek en my vriende was op pad terug van die kuier geleentheid toe die kar snaakse geluide gemaak het en nie meer wou beweeg nie. Ons het toe nie meer petrol oor gehad nie en dit net omdat ons nie regtig geweet het waarmee ons besig was nie. Ons het petrolstasie toe gedraf en ’n 2 liter Coke Bottel vol petrol gemaak en dit in die kar gegooi net om weer terug by die huis te kom.
Tydens ons draffie na die petrolstasie het ek so skuldig gevoel oor wat gebeur het, omdat ek geweet het wat my ma en pa vir my geleer het oor vertroue en ek het dit toe verbreek. Toe ek by die huis instap was my ma net bly dat ek lewe, maar nogtans kwaad dat ek haar vertroue in my verbreek het. So ’n jaar later het ek weer sonder toestemming die Accent gevat en daarmee gery, hierdie keer om waarlik skade aan die kar aan te rig.
Hierdie is my gelykenis van ’n geleentheid waar ek gehoor het, maar nie geluister het nie. Ons kan dikwels dit hoor wat ons laat groei, dit wat goed is vir ons, maar nie werklik iets daarmee doen nie. Om te luister is om dit deel te maak van jou wese. Ek dink Jesus het iets hiervan probeer verduidelik deur die gelykenis van die saaier.
Matteus 13:1-9: [1] Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. [2] ’n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in ʼn skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. [3] Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “’n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het ʼn deel van die saad op die pad geval, en [4] die voëls het gekom en dit opgepik. [5] ’n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. [6] Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. [7] ’n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik.[8] Die ander saad het in goeie grond geval en ʼn oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig. [9] “Wie ore het, moet luister!”
As jy moes terug staan en na jou storie kyk sou jy kon sê dat jy luister, maar werklik luister. Met ander woorde, is jy besig om die wysheid van jou geloof deur jou wese deel te maak van wie jy is, of is jy soos Hanno toe hy ’n tiener was, die een wat ore het maar nie luister nie.
Elke geleentheid in ons lewens is geleenthede waar ons op die pad staan, op die klipbank, tussen die onkruid en op goeie grond. Hoe lyk jou storie?
Gebed: Here, ons bid dat die u wysheid sal deel word van wie ons is, dat dit op goeie grond sal val by ons. Ons bid dat ons sal kan terug staan en eerlik wees oor ons eie stories en waar ons is. Mag u wysheid groei in ons lewens. Amen
– Ds Hanno Ackermann
DIE OERSONDE WAT ONS VREDE STEEL
ʼn Bietjie vrees kan goed wees. ʼn Klein dosis tydige vrees kan ons help om in ʼn gevaarlike omgewing op die uitkyk te wees vir gevaar en uiteindelik te oorleef. Dis egter vandag asof vrees so volop is, dat dit ʼn groter pandemie as Covid geword het! Vrees is vandag oral te vinde. Almal het die een of ander vorm van vrees. Ons vrees moontlike dinge, wat kan gebeur. Ons vrees, omdat sommige dinge moontlik nie gaan gebeur nie. Ons vrees misdaad. Ons vrees die virus. Ons vrees ʼn onseker toekoms. Ons vrees die dood, veral nou dat Covid soveel mense se lewens geëis het. Hierdie soort vrees is vernietigend. Dit steel ons vrede. Dit beroof ons van perspektief. Breinwetenskap sê vir ons dat wanneer ʼn mens te veel vrees, jou brein later die vermoë kan verloor om enigsins nugter of objektief oor negatiewe emosies te kan oordeel. Ons verloor dan die vermoë om logies te dink en probleme te kan oplos. Wanneer dít gebeur, vrees ons op ʼn byna konstante basis alles sonder ophou.
Maar is daar is een soort vrees, wat veral digitaal aangehits of gestimuleer word en dit is FOMO – Fear Of Missing Out. Ons is tog so bang ons mis iets – geleenthede, flieks, nuwe kursusse, nuwe inligting, wat ons lewens kastig onherroeplik kan verbeter, die advies van selfaangestelde ghoeroes, die kitswysheid van enige iemand met ʼn opinie, foefies. Ons raak skoon angstig. Die angstigheid om nie iets te mis nie, lei ons aandag só af dat ons aan min aandag skenk aan wat wel die moeite werd is.
Ons moet egter onthou dat die groot oersonde, die eerste aardskuddende sonde, wat die wêreld in ʼn gans nuwe rigting gestuur het, ook FOMO was! Ek verwys spesifiek na Adam en Eva. Die slang het gevra of God dan werklik gesê het hulle mag van geen boom eet nie. Hulle sê nee hy het net beveel dat hulle nie van één boom mag eet nie. Die slang antwoord (Gen 3:4): … maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.
Dis die eeue-oue leuen, waarmee die slang vandag nog mense mislei: Pasop, julle gaan iets mis! Julle gaan dit misloop om soos God te wees. Julle gaan die lewe misloop. Wanneer ons dan besig raak om alles na te jaag wat ons kan misloop, mis ons juis die belangrikste: Ons loop God mis; ons verhoudings met mense rondom ons, asook die stilte en vrede, wat sou maak dat ons God beleef.
Jesus vra dan self wat help dit dat ons alles wen maar die lewe self misloop (Matt 16:26). Jesus self is die lewe. Ons moet dus kies of ons, aan die een kant, beheer gaan word deur FOMO en alles najaag, wat oor ons pad kom, of bereid gaan wees om baie dinge te mis sodat ons Jesus kan wen en die lewe kan verkry!
– Roedolf Botha [eKerk]
GEBED VAN ‘N REISIGER
Sny vir my, o Heer, ’n wandelstok of twee
uit die woud by Tsitsikama en loop met my mee oor die vlaktes van die Groot Karoo,
oor die berge van Natal, langs die kus af tot by Vleesbaai
tot by die groen van Riversdal.
Brand die hemel van die Vrystaat tot in my hart se dagboek in,
laat my nooit die lug vergeet nie wat aan die horison begin.
En Heer is dit dieselfde son wat by my reis se einde skyn?
Behou mens steeds die reuk van reën as jou geheue dalk sou kwyn?
Want ek vrees mos nie die vreemde nie, selfs die afstand laat my koud.
By U is daar geen leemte nie, U bly steeds my behoud.
Al reis ek oor die sewe see, skuif kontinente stil verby,
sal ek my voetval op U rig, my in die reis verbly.
Maar ek vrees tog wel die eensaamheid, ek skrik die groot alleen.
Dis dan wanneer U my moet dra want U weet ek gaan daarheen.
Laat die sterre dus my kompas wees en U steeds my ware Noord, lei elke voetstap voor my reis, o Heer
Want dit is soos dit hoort -Skywer onbekend
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorderopdrag: Vorms is in die voorportaal beskikbaar
Koeverte: In voorportaal beskikbaar
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekening,
Nr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van bg metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Feesdiens & nagmaal (Ds Coenie)
12:00 Fees-ete in die tuin (vooraf bespreek)
18:00 Uitreik
DONDERDAG 11 November
11:00 Senior Burger Ete
SONDAG 14 November
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Kinderkerssangdiens (Ds Coenie)
10:00 Koffie en tee in die foyer
GEBEDSLYS
Hospitale
• Carina Boshoff
• Abel van Staden
• Rudi du Toit
PANNEKOEK BY LIGGIEFEES
Ons gemeente bak in Desember pannekoek by die Liggiefees ten bate van ons gemeente. As jy beskikbaar is om te help deeg aanmaak bedags of pannekoek bak saans, kontak asb vir Maryna Marais (082 807 9954). Dit gaan baie pret wees!
SUID WORD 65
Ons gemeente is hierdie jaar 65 jaar oud! Ons vier vandag ons gemeente se verjaardag met ‘n groot feesdag. En soos dit is met verjaardae, gee mens gewoonlik ‘n geskenkie vir iemand wat verjaar.
Wil jy nie asb dit oorweeg om vir die gemeente vir haar 65e verjaardag ‘n kontantbedraggie van R65 te gee nie? Jy is welkom om baie meer te gee en as dit vir jou moeilik is, kan jy gerus ook minder gee. Ons het die drie maande van September tot November opsygesit as ons 65-fees. Betaal gerus enige tyd in hierdie drie maande jou verjaardag¬geskenkie by die kerkkantoor in (of via elektroniese oorplasing) en merk dit as 65-fees. Baie dankie vir elkeen se deelname! -ds Coenie
BELANGRIKE DATUMS
11 November : Senior Burger Ete
14 November : Kinderkerssangdiens
21 November : Kerssangdiens
WOORDE WAT GENEES [Lees Spreuke 12:18]
Wanneer ʼn mens elke dag met tieners werk, kan dit soms ʼn uitdaging wees. Ons ken almal tieners se nukke en grille. Ons ken ook hulle humeure en vry sê. Om met ʼn klaskamer vol van tieners te werk, bly daagliks ʼn voorreg, maar ook ʼn gewel¬dige uitdaging. Jy weet hoe dit soms in jou huis gaan, wat nog te sê in ʼn klaskamer vol van daardie ouderdom. ʼn Mens moet mooi dink en mooi praat om nie leerders te beledig of jou humeur te verloor nie. Hierdie teksvers het my persoonlik al baie aangespreek. Om te praat sonder om te dink, kan soos dolksteke wees. Ons het almal al die seer beleef van ongegronde woorde of woorde, wat jou deurboor. Ons het elkeen al ervaar hoe seer woorde kan maak. ʼn Mens hoor van so baie volwassenes, wat seer met hulle saamdra as gevolg van dolksteekwoorde.
Ons teksvers sê duidelik vir ons dat ons sulke woorde moet vermy. Dit gebeur wanneer jy self seer of kwaad is. Hierdie woorde het mos ʼn manier om sommer net by jou mond uit te val, voor jy dit kan keer. Die teendeel is egter dat woorde ook genesing kan bring. Wanneer jy in liefde praat, of wanneer jy opbouend jou kind of mense komplimenteer, bring woorde genesing. Ons is soms so krities op ons kinders. Hulle span moet ten alle koste wen, of ons kind moet ʼn sekere tyd hardloop. Jy ken al die stories. Dit is in die tweede kom of verloor wat jy die wysheid moet hê om die regte woorde te sê. Moedig liewers aan as afkraak. Dan praat ek nie eers van kragwoorde nie. Ons moet tog onthou dat ons die volwassenes in die verhouding is. Ons stel die voorbeeld. Jou kinders gaan maak soos jy vir hulle gewys het.
Hoe praat julle by die huis? Hoe praat julle van ander mense? Moet nooit uit die oog verloor dat jou kinders jou voorbeeld volg nie. Dink vandag na oor jou woorde en wat hulle die afgelope week beteken het. Was jou woorde dolksteke of het hul genesing gebring? -Marietjie Joubert [eKerk]
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Logan Smit
8 November: Herman Groenewald
9 November: Riana Bezuidenhout, Petro Kriel, Lohan Pretorius
10 November: Geen verjaarsdae
11 November: Jané Kruger
12 November: Johan de Beer, Spyker van Eeden
13 November: Henry Nieuwoudt
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
VIR MY
Lees Romeine 3:21-26
“Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word … vrygespreek vanweë die verlossing deur Christus Jesus” (23,24).
Hangkop, hande diep in sy sakke, sleepvoetend en kreupel, strompel John Scott waterfront toe. Dis aand. Die donker, roerende seewater is sy bestemming. ’n Skielike, harde uitroep laat hom in sy spore vassteek: “Gekruisig! Hulle het Hom gekruisig!” Hy kyk verskrik rond. Wie het geskree? Nou sien hy die halfversteekte dokke-saaltjie. ’n Man op die verhoog is besig om te preek. Natuurlik. Dit is Sondagaand. Godsdiens en kerk het nog nooit in John Scott se lewe plek gehad nie. Vanáánd tref dáárdie woord hom in die kern van sy lewe. Hy het dit sién gebeur. Dáárdie wrede ervaring dryf hom waterfront toe.
’n Jaar tevore is hy oorlog toe. Hy is ernstig gewond. Daarna bly hy siek. Ontslaan uit die weermag, onbevoeg vir oorlog of werk, dwaal hy in Bristol se strate rond. “Niemand gee om vir my nie!” skreeu sy gedagtes. Dít en sy skokervaring, dryf hom waterfront toe.
Hy gaan die saal versigtig binne en gaan sit. Die prediker se woorde begin hom boei. Hy raak by die vertelling betrokke. “’n Paar maande gelede,” vertel die prediker, “was die Britse en Duitse magte in ’n deel van Frankryk slaags. ’n Britse soldaat het ernstig gewond in ’n bomkrater tussen die gevegslinies geval en bly lê. Sy vriend skreeu vir hulle offisier: ‘My maat lê daar! Ek gaan hom haal!’ Hy het platgeval en na sy maat toe begin kruip. In die krater sien die gewonde man hoe sy maat nader en nader kruip. Amper daar,” vertel die prediker verder, ”sien ’n vyandelike patrollie die maat. Slaan hom plat en sleep hom weg. Teen ’n houtafdak spalk hulle hom oop; kruisig hom en laat hom in die versengende hitte hang om te sterf.” Toe die prediker die woord “gekruisig” uitspreek, verdonker John Scott se gesig. Die prediker gaan voort: “Hulle het gedink die man in die bomkrater is dood en hulle het hóm met rus gelaat. In die bomkrater het die gewonde man magteloos, doodstil, alles sien gebeur: die brutale wreedheid, die gekruisigde man se lyding en stadige dood. Hy sal nooit kan vergeet hoe sy vriend sy lewe só gegee het om hom te probeer red nie.” Na ’n oomblik van stilte sluit die prediker sy preek af: “Onthou ú nog die Man wat ook só vir u gely en gesterf het? Wat het u al gedoen om u dankbaar¬heid en u liefde vir Hóm te bewys?”
Die diens eindig en John Scott sluip vinnig deur toe. Die prediker is ook daar en by die deur lê hy sy hand op John se skouer. “My seun, het jy al die Here Jesus, wat vir jóú gekruisig is, aangeneem as jóú redder?” “Nee,” antwoord John, “maar ek wil. Ek het nooit geweet die evangelie is oor so iets nie. Vanaand verstaan ek dit. Ek verstaan dit baie goed. U sien. Ek was die gewonde soldaat in die bomkrater. Ek het gesien hoe sterwe Bill vir my.”
Hy en die prediker kniel saam. Die prediker maak sy Bybel by Romeine 5:6 oop en lees die woorde: “Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe … God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” John het geglo en Christus met ’n eenvoudige gebed as sy Verlosser aangeneem.
“Here, vandag weet ek U het vir my gesterf. Ek glo en dank U. Amen” – Wyle Manie Colyn
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Elektroniese betaling (eft) of Zapper:
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa, Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………