Related Stories
01
07 '22
Love it 0
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
10:00 Bevestiging en Intreepreek:
Ds Tiaan Mostert
Teks: 1 Samuel 3:1-18
Tema: Luister na God se stem
11:00 Koffie en verversings in die kleinsaaltjie
SONDAG 10 Julie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
Geluk is om die goeie
in elke situasie te sien!
SELNOMMERS
Liewe lidmaat, ek vra mooi asseblief, indien enige van julle besonderhede verander (selnommer, adres) kontak asb die kerkkantoor sodat ek die databasis op datum kan hou. – Elize
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Dolores Erasmus
• Kobus Theron – knievervanging
WELKOM AAN DS TIAAN EN GESIN
Suiderkruis Gemeente verwelkom vanoggend vir ds Tiaan, Clarise, Tredeoux en Imenaïs as ons nuwe leraarspaar en gesin. Ons glo julle sal baie gelukkig wees hier by ons. Suiderkruis is ‘n unieke gemeente en hier het ons lidmate op wie ons met vertroue kan staatmaak.
WAT BETEKEN GESEËND?
Die bergrede begin met ʼn aantal seën uitsprake. Elkeen begin met: Geseënd is die … Die oorspronklike Griekse woord wat hier met geseënd vertaal word, is moeilik om te vertaal. In die ou Afrikaanse vertaling word van salig is die … gepraat. Die Interliniêre Bybel praat van gelukkig is die … op hierdie een woord staan hierdie hele gedeelte. Ek moet hierdie woord verstaan in die lig van die Hele Bybel: Wie is geseënd? Verstaan ek hierdie, dan gee dit my inhoud vir my lewe. Dan verstaan ek wat is die ‘ goeie lewe’.
Dan besef jy die inhoud van geseënd wees lê in die feit dat God die Een is wat die seën werk doen. Sonder Hom kan mens dit nie beleef nie. Saam met hierdie wete besef mens ook dit hou verband met verhoudings: Geseëndes se verhouding met God, en ook jou verhouding met ander. As predikant besef mens elke dag die waarde van hierdie verhoudings, hoedat die Here mense gebruik sodat jy God se goedheid en guns kan beleef. Elke mens wat die Here oor jou pad stuur beeld iets van die Here uit. Salig is jy as jy met die wete kan leef.
By die begin van ʼn nuwe reis, saam met Suider¬kruis beleef mens wat hierdie woorde beteken. Mag ons as gemeente hierdie nuwe pad wat die Here voor ons lê met vertroue in Hom stap. Mag ons God se geseëndheid ervaar maar ook God se seën gaan deel binne Sy wêreld. -Ds Tiaan
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Christa Prinsloo, DC Roodt
4 Julie:Mariaan de Klerk, Dirkie van Zyl
5 Julie: Carmen Botha, Alicia Davids, Willie van Zyl, Cherise Viviers
6 Julie: Aubrey van Niekerk
7 Julie: Lahniel Blom, Danel Cloete, Deidré du Toit
8 Julie: Molla Kearney, Corné Schoeman
9 Julie: Elsie Kok (99 jr), Wilmi Brouwer, Ellen Cloete, Thys Davids
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaars-daglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
GEMEENTEKAMP
Ons beplan om vanaf 16–18 September 2022 ‘n gemeentekamp te reël. Ek wil vir ons paar staan-plekke by Rietspruitdam (naby Ventersdorp) be-spreek, dis gerieflik naby aan Potch. Daar is lekker visvangplek en ‘n warmwater swembad onder dak. Die ablusies is baie netjies en die staanplekke is op gras. Pryse is soos volg: R600 per naweek wat 2 persone insluit. Vir elke ekstra persoon is dit dan R100 per persoon per nag. As daar dus 4 persone op ‘n staanplek is, is die koste R1000 vir die naweek. Indien jul belangstel om saam te gaan, kontak asb die kerkkantoor en gee jou naam op. Dit is nogal ‘n baie gewilde kampplek, ons moet so gou as moontlik bespreek en die deposito oorbetaal.
Die plek is nie baie groot nie en is staanplekke maar beperk. “First come, first serve” – Elize
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Pannekoek by Pick&Pay: 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
• Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
• Hengelkompetisie: 20 Aug (Roelf v Aswegen)
• Spaanse aand: 23 Sept (Johanna Handford)
• Snoekbraai en kersliedere:(Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
AS DIT DONKER IS OM MY
Reddingstou vir jou
Om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie, daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Klaagliedere 3:21-23
Wanneer die profeet Jeremia die boek Klaaglie¬dere skryf, gaan dit sommer baie sleg met hom. Hy ervaar die gevoel dat die Here weier om sy gebede te verhoor: “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor” (3:8). Net ʼn entjie verder kla hy: “Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here” (v 18).
Tog vervreem hierdie swaarkry nie vir Jeremia van God nie. Te midde van die swaarkry brand sy hoop op God steeds soos ʼn helder vlam en verlaat hy hom op God se ontferming.
Joni Earekson noem hierdie hoofstuk in Klaaglie¬dere haar “reddingstouverse”. Toe sy op haar moedeloosste was, het hierdie verse haar gehelp om moed te hou, om aan God vas te hou om op Hom te bly hoop.
Miskien voel jy ook vandag soos Jeremia dat dit klaar is met jou hoop op die Here. Langdurige swaarkry laat ons soms twyfel aan God se liefde vir ons. As daar weer ʼn krisis in jou eie lewe opduik, kan jy gerus die pragtige belofte in Klaagliedere 3:31-32 in jou Bybel onderstreep: “Die Here verstoot ʼn mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ʼn mens gebring het, ontferm Hy hom weer, want sy liefde is groot.”
Hemelse Vader, vandag wil ek U loof te midde van my swaarkry, omdat U liefde vir my so groot en onveranderlik is. Dankie vir die belofte dat U U weer oor my sal ontferm. Amen -Nina Smit
LEEF DEUR GELOOF.
“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” – Galásiërs 2:20 AFR53
• Daar is drie lewenspillare waar sonder ‘n mens nie kan lewe as Christen nie, en dit is geloof, hoop en liefde.
• Kom ons kyk vandag wat is geloof. In Hebr 11:1 is geloof dan ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
• Dws geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop. Maw jy vertrou die Here vir ‘n deurbraak in jou finansies, jy vertrou die Here vir geneesing in jou liggaam, Herstel in jou huwelik of bevordering by die werk ens.
• Geliefde, geloof word gebou op die onsienlike dinge. Geloof gee hoop met ‘n vaste vertroue God is in beheer.
• Leef deur geloof en vertrou die Here om die onsienlike dinge in vervulling te bring.
Gebed: Here al kan ek nie nou die deurbraak sien in my omstandighede nie lewe ek deur geloof en vertrou ek U om die onsienlike dinge in vervulling te bring. In Jesus naam. Amen -Mannawoord
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al u “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel [0729005005].
• Mandjieprojek – Elize
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………
Related
10
06 '22
Love it 0
DAGBOEK
VANDAG
Vandag is die eerste Sondag in Koninkrykstyd en vandag herdenk ons die werk van God-Drie-enig.
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens: Ds Terence Cooke
Teks: Psalm 8.
Tema: Die wysheid en grootheid van God-Drie-enig in ons lewens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens
DONDERDAG 16 JUNIE – Jeugdag
SONDAG 19 JUNIE
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
BEVESTIGING DS TIAAN MOSTERT:
3 Julie 2022
Soos julle almal reeds gehoor het, die bevestiging van ds Tiaan vind plaas op Sondag 3 Julie 2022 om 10:00. Vir hierdie bevestiging het ons groot asseblief weer hulp nodig met die verversings na die diens. Indien jul kan help, kontak asseblief vir Nunez van Zyl (082 922 9234) en gee jou naam op. Ons gaan vingerhappies, koffie/tee en sap bedien (kontantbydrae ook welkom). Help ons om van hierdie geleentheid ook ‘n groot sukses te maak. Ons Suiderkruisers kan mos!!!
BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is tans op bystand vir die gemeente. Vir enige dringende gevalle, kontak asb: Die Kerkkantoor 0182947939 / 0832976748, of Ds Terence 0827759570.
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
* Wanda Steyn
* Marie Marx
VLEISBESTELLINGS
Maalvleis te koop
Daar is nog ‘n paar pakkies maalvleis te koop.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
* Pannekoek by Pick&Pay: 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)
* Vleisprojekte: 20-22 Junie & 24-26 Oktober
* Hengelkompetisie: 20 Aug (Roelf v Aswegen)
* Spaanse aand: 23 Sept (Johanna Handford)
* Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Petrus Marx, Jan-Lucas Sandrock, Jacques Theron
13 Junie: June Viviers
14 Junie: Johan Erasmus, Hans Kleyn
15 Junie: Jas Fourie, Frikkie Labuschagne, Susan Schutte
16 Junie: Elsabé Botha (88jr), Wynand Erasmus, Gert Steyn
17 Junie: Jeanette Bronkhorst, Magda Green
18 Junie: Waltie Jv Rensburg (85jr), Elna Fick, Flip Minnie, Loureine Muller, Wanda Steyn, Tanya vd Merwe, Dawie van Zyl, Nunez van Zyl
NB: Indien u naam nie op die weeklikse verjaarsdaglys verskyn nie, kontak asb die kerkkantoor sodat ek kan vasstel waar die probleem is. – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
God weet die beste
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is My optrede verhewe bo julle optrede en My gedagtes bo julle gedagtes. -Jesaja 55:8-9
God kan nie met mense vergelyk word nie. Sy gedagtes en optrede verskil hemelsbreed van ons s?. Om hierdie rede probeer ons tevergeefs om God te verstaaan. Indien ons dit sou kon doen, sou God nie meer God wees nie. Hy is ewig en almagtig. Wat Hy doen, is goed en reg. Hy kan alles doen behalwe om foute te maak.
Job se vriend Sofar het vroeg reeds hierdie geheim ontdek as Job nog sukkel om God se weë te begryp. “Kan jy begryp wie God werklik is?” wil hy van Job weet. “Kan jy die Almagtige ten volle verstaan? Dit is kennis wat hoër is as die hemele. Hoe kan jy daarby uitkom”? (Job 11:7-8)
Soms lyk dit vir ons of God die verkeerde ding doen sodat ons wil sê” “Nie so nie, Here!” Soms werk die Here weer te stadig vir ons en wil ons Hom ? helpende hand bied soos Abraham se vrou Sara. Maar die Here weet altyd die beste.
Wanneer jy God nie kan verstaan nie, moenie eers probeer nie. Probeer dinge eerder vanuit God se perspektief sien. Dan gaan jy ontdek dat Hy altyd die beste weet, ook die kere toe jy aanvanklik nie met Hom saamgestem het nie.
Hemelse Vader, vergewe my dat ek so hard probeer om U te verstaan. Dankie vir die insig dat dit in elk geval onmoontlik is. Help my om te glo dat U altyd die beste weet. Amen -Nina Smit
AL VAN JESUS GEHOOR?
Godsdiens is gedurig in die spervuur en gewoonlik word die Christelike geloof ook sommer onder dieselfde kam geskeer. Onlangs het iemand weer die bekende ateïs, Steven Weinberg, aangehaal wat gesê het:
“Good people do good things and bad people do bad things, but to get good people to do bad things, that takes religion.”
Dis tog sekerlik waar. Niks is so effektief soos om ‘n goeie mens te oortuig dat hy God ‘n guns doen deur ‘n sneller trek of deur iemand te beswadder nie. Ons sien heeltemal te dikwels hoe godsdienstige mense geweld en onreg pleeg. Van die sondes van die Christelike kerk in die geskiedenis, soos die kruistogte en inkwisisies, het ons ook al tot vervelens toe gehoor. Ook die Ou Testamentiese oorloë word in die debat ingetrek as bewys dat Christene eintlik bloeddorstige fanatici kan wees, wanneer dit hulle pas.
Hoe antwoord ons ‘n ongelowige wat so ‘n beswaar teen ons geloof opper?
‘n Mens sou mý antwoord in ‘n vraag kon omsit:
Het jy al van Jesus gehoor?
Dit klink simpel, ek weet, maar dis ‘n retoriese vraag. Natuurlik sou hy al van Jesus gehoor het. My vraag vra egter vir dieper refleksie oor of hierdie persoon my geloof goed genoeg ken om te weet dat alles staan of val met Jesus. Hy verteenwoordig tog die finale inhoud van ons geloof. Hy is tog ons weg, ons waarheid en ons lewe. Hy bepaal tog ons lewe. Sy woorde bepaal tog ons optrede en gedrag.
Die vraag is dus eerder: Is hierdie afskuwelike dade, wat gepleeg is (in die naam van geloof) ‘n gevolg van Jesus se woorde of ‘n gevolg van die verontagsaming van Jesus se woorde? Hoe kan hierdie slegte dade gedoen word in die Naam van dieselfde Jesus, wat onder andere sê:
* Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie
* As iemand julle op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe
* Julle moet julle vyande liefhê
* Julle moet bid vir dié wat julle vervolg
* Gaan maak eers vrede met jou broer
* Vergewe sewentig maal sewe keer
* Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Hoe kan sleg gedoen word in die Naam van ‘n Here, wat Sy vyande vergewe van die kruis af? Mense kan dus maklik sê hulle doen iets in Jesus se Naam, maar dit beteken nie dat hulle Jesus reg verteenwoordig nie!
Hiermee word nie bedoel dat ons nie moet kan praat oor die moeilike vraag aangaande die geweld in die Ou Testament en die res van die geskiedenis nie. Maar Jesus is ons Troefkaart. Ná Jesus word die Ou Testament tog anders gelees as vóór Jesus! Wanneer ‘n bloedige menslike geskiedenis in die lig van die kruis van Jesus gelees word, dan sê dit tog dat God nie ongeërg is oor die lyding en onreg in die geskiedenis nie. Wanneer die pyn en lyding deur die bril van die opstanding gelees word, dan kommunikeer dit tog dat daar lewe en heling kan wees, ook vir mense se lyding! Dit beantwoord nie al ons vrae nie, maar dit sê vir ons dat God liefdevol, genadig en lewegewend is.
Ja, Steven Weinberg, godsdiens kan sleg wees. Maar het jy al van Jesus gehoor?
Want Hy is goed. – Roedolf Botha [eKerk]
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
* R2-projek: Neem ? pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollektesakkie.
* Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
* 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel[ 0729005005]
* Mandjieprojek – Elize
Wyse woorde mag dikwels
op onvrugbare grond val,
maar sagte woorde word
nooit weggewaai nie.

Elektroniese betaling: EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005 U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
?….?….?….?….?….?….?….?….?
Ek wil my debietorder verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………
Related
07
06 '22
Love it 0
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Pinksterfees en Nagmaal: Ds Terence Cooke
Teks: Galasiërs 1:6-11
Tema: Daar is geen ander evangelie nie
18:00 Uitreik
WOENSDAG 8 JUNIE.
09:30 Oudejeugaksie
SONDAG 12 JUNIE
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens
BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is tans op bystand vir die gemeente. Vir enige dringende gevalle, kontak asb: Die Kerkkantoor 018 2947939 / 0832976748, of Ds Terence 0827759570.

• Vleisprojekte:20-22 Junie & 24-26 Oktober

• Snoekbraai en kersliedere (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Wanda Steyn
• Marie Marx
• Jacoba Ras (ons Koster) en familie met die afsterwe van Pieter verlede Sondag.
PINKSTER-SOP
Baie dankie aan elke persoon wat ons so mooi gehelp het met sop en broodjies elke aand. Die samewerking in Suiderkruis is regtig die beste in die dorp. Julle is tops!!! Daar was elke aand meer as genoeg en ook ‘n heerlike verskeidenheid. Nogmaals dankie vir julle almal – Elize
DEURLOPENDE FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
• R2-projek: Neem ʼn pilbotteltjie in die portaal, vul dit met R2-stukke en gooi in die kollekte¬sakkie.
• Koperkruik-projek: Gooi al die “oorbodige” koper in die kruik wat in die voorportaal staan.
• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel[ 0729005005]
• Mandjieprojek – Elize
MANDJIEPROJEK
Baie dankie aan Erika Pieterse wat die inisiatief geneem het met hierdie projek. Ons wil asb vriendelik vra dat wanneer die mandjie by jou uitkom, stuur net ‘n whatsap aan Erika sodat sy weet hoe die mandjie vorder. Haar nommer en die instruksies is binne-in die mandjie. Indien moontlik moet die mandjie ook nie langer as 3 dae by een persoon bly nie. Baie dankie aan almal wat sover bygedra het. Vir diegene wat nie weet hoe die mandjieprojek werk nie, so maak mens: Wanneer jy die mandjie ontvang, kyk wat is binne-in. Indien jy iets in die mandjie wil hê, neem dit en plaas ‘n donasie in die blikkie of sit weer iets terug in die mandjie, dit kan selfs ‘n koek of lekker biltong wees. Gee dan weer die mandjie oor aan die volgende persoon.
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Louisa van Aswegen (99jr), Willem Otto, Chantelle Viljoen
6 Junie: Charl Marais
7 Junie: Willem Botes
8 Junie: Carlizette Oberholzer, Bruno Schoenfeld, Emmerentia Visser
9 Junie: Elsie vd Linde
10 Junie: Geen verjaarsdae
11 Junie: Charl Cilliers, Bianca Nel

God vee al jou trane af
God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. -Openbaring 21:3, 4
Eers wanneer dit donker genoeg is, kan ons die sterre raaksien, skryf Emerson. Trane is soms nodig sodat jy weer God se liefde en genade in jou lewe op ʼn nuwe manier kan raaksien. Net soos fisieke trane goed is vir jou omdat dit jou oë skoonwas, is seerkry ook goed vir jou omdat dit dikwels jou verhoudig met God verinnig.
Tog is trane vir niemand lekker nie. Christene kan van een ding seker wees: hulle trane sal nie vir altyd aanhou nie. Alhoewel trane deel is van jou lewe op aarde, gaan daar eendag ʼn einde aan hierdie trane kom. Die Here kan en wil jou trane afvee. Dit is deel van die groot wederkomslied.
In Openbaring 21 skryf Johannes oor die nuwe Jerusalem, die stad wat die woonplek van God en sy kinders sal wees, Daar sal die Here elke dat by sy kinders wees, en daar sal dan geen trane meer wees nie. Want God self sal al die trane van ons oë afdroog.
Alhoewel die lewe hier op aarde vol seerkry en swaarkry is, kan jy vashou aan die beloefte dat na al hierdie swaarkry die hemel vir jou wag, waar daar nie meer swaarkry of dood, leed, smart en pyn sal wees nie.
Here Jesus, U weet dat my lewe op die oomblik vol seerkry en hartseer is. Dankie vir u belofte dat daar eendag in die hemel vir altyd ʼn einde aan my trane sal wees. Amen -Nina Smit
HOEVEEL IS GENOEG?
Sommige mense (soos ek) eis darem heeltemal te veel van die lewe. Ek het nog altyd gewonder oor die eerste paar woorde van Psalm 23, naamlik Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. Dis nie oor die Herder-gedeelte wat ek gewonder het nie, maar die “ek kom niks kort nie” – deel. Ek meen, ‘n mens kom tog nooit by die punt waar jy werklik niks meer nodig het nie.
Toe gaan kuier ek een naweek vir my Zoeloe-vriend in sy gehuggie in Zandspruit informele nedersetting. Daardie kuier het my ganse lewens¬perspektief geskuif. Thabo se woonplekkie was maar ‘n skamele sinkhuisie met slegs twee klein vertrekkies. Die een kamer dien as die kuierarea en kombuis. Dan is daar nog ‘n vertrekkie met ‘n dubbelbed, waarin hy, sy vrou en hulle twee seuntjies saam geslaap het.
Tydens die verloop van die naweek sit ek op ‘n stadium in die kuierarea op ‘n tamatiekissie, terwyl Thabo vir ons koffie maak en toe merk ek dit op. Daar was geen versierings of foto’s teen die mure nie, behalwe een sinnetjie opgeplak wat eenvoudig gelui het:
I lack nothing.
Ek kon skaars my oë glo. Ek het gewoon in ‘n ryk voorstedelike buurt in ‘n vier- slaapkamer huis met ‘n hengse tuin. Thabo is ryker as ek. Hy kom niks kort nie, terwyl ek daagliks allerhande wense en begeertes gekoester het. Hy is ryker as ek, nie omdat hy meer as ek besit nie. Hy was ryker as ek, omdat hy gevoel het hy het genoeg om van te leef en te funksioneer as mens. Hy was tevrede met minder. Hy was baie meer realisties as ek oor die lewe. Hy het eenvoudig minder begeer as ek. Dit het my laat dink aan wat die Christenskrywer, GK Chesterton, gesê het:
There are two ways to get enough.
One is to continue to accumulate more and more. The other is to desire less.
Dit lyk vir my dat die Here in ons behoeftes voorsien, nie deur al ons gemaklikhede en luukshede te bevredig nie, maar om ons tevrede te maak met wat ons het. Die Herder van Psalm 23 lei die skape na waters, waar daar rus is, na groen weivelde. Hierdie dinge verteenwoordig ‘n skaap se mees basiese behoeftes sonder veel luukshede. Tog sê die skrywer dat sy beker oorloop van guns.
Om dus te sê ek kom niks kort nie, is nie iets wat met my gebeur nie. Dit het niks te make met my balansstaat of eiendomsportefeulje nie. Dis ‘n lewenskeuse, wat ek maak. Die Here het niks teen rykdom nie, maar as ons gedurig meer sekuriteit, meer gemak, meer emosionele veiligheid begeer, dan mag ons dalk konstant ongelukkig wees, omdat ons nie kry wat ons wil hê nie. Wanneer ons onsself gedurig probeer oortuig dat ons “beter verdien”, dan raak ons later bitter, omdat ons byna nooit kry wat ons dink ons verdien nie.
Wanneer ons Jesus egter ernstig opneem wanneer Hy sê dat die jakkalse gate het en die voëls neste, maar Hy kan nie iewers Sy kop neerlê nie, dan word elke bord kos, wat ek ontvang, elke aand wat ek warm slaap, elke dag wat my gesin veilig is, vir my die grootste vreugde en kan ek met opregtheid sê: Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.
-Roedolf Botha [eKerk]

21
05 '22
Love it 0
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Terence Cooke
Teks: Johannes 10:1-21
Tema: Ek is die Goeie Herder
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens
DINSDAG 24 MEI
18:00 Kerkraadsvergadering
DONDERDAG 26 MEI
18:00 Hemelvaart
Teks: Handelinge 1:1-8
Tema: Die Hemelvaart
SONDAG 29 Mei
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Terence Cooke
Teks: Handelinge 1 en 28
Tema: Word deel van God se oesfees
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Pinksterdiens
Teks: Galasiërs 2:15-21
Tema: Vrygespreek
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
* Wanda Steyn
* Pieter Ras

BEROEPING NUWE LERAAR
Dit is vir ons aangenaam om bekend te maak dat Ds Tiaan Mostert deur die Kerkraad beroep is as nuwe leraar van Suiderkruis Gemeente. Ons dank ons Skepper Heer dat Hy ons deur die hele beroepingsproses lig en leiding gegee het. Ons sê ook dankie aan almal wie se gebede ons deur die proses gedra het.
TEMAS VIR DIE RES VAN PINKSTER
Maandag 30 Mei
Teks: Galasiërs 3:1-14.
Tema: Hoekom is julle so dom?
Dinsdag 31 Mei
Teks: Galasiërs 5:1-6.
Tema. Staan vas in die vryheid.
Woensdag 1 Junie
Teks: Galasiërs 5:16-26.
Tema: Wie beheer ons?
Sondag 5 Junie
Teks: Galasiërs 1:6-11.
Tema: Daar is geen ander evangelie nie.
SOP VIR PINKSTER
Ons het ‘n hele paar potte sop en broodjies nodig vir die Pinkster (Maandag 30 Mei tot Woensdag 1 Junie). As jy dalk kans sien om ons te help, skryf asb jou naam op die lys in die foyer of kontak Elize by die kerkkantoor (0182947939 / 0832976748).
PANNEKOEKVERKOPE
Ons bak weer van 3 – 4 Junie pannekoek by Pick ‘n Pay. Ons benodig GROOT asb weer helpers met die aanmaak van die deeg op Donderdag 2 Junie en genoeg helpers op Vrydag en Saterdag. Indien jy kan help, kontak asb vir Maryna (082 807 9954) en gee jou naam deur.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
* Pannekoek by Pick&Pay, 3/4 Junie, 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)

* Snoekbraai en kersliedere (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Geen verjaarsdae
23 Mei: Henry Cloete, Johann Fourie, Arno van Zyl
24 Mei: Oosie Oosthuizen, Riaan van Breda
25 Mei: Pieter Nel
26 Mei: Wally van Niekerk
27 Mei: Elna de Bruyn, Esmarie Visser
28 Mei: Anna-Marie Botha, Madeleine Oosthuizen, Johanna Venter

YOCO KAARTMASJIEN
Ons gemeente het nou ‘n YOCO-kaartmasjien wat ook beskikbaar is vir enige inbetalings!! Baie dankie aan die persone wat die masjien vir ons geskenk het. Dankie Christelle van Wyk wat my met soveel geduld en liefde gehelp het om die masjien net aan die gang te kry! Tussen ek en Elsabé (musiekleier) sal die kaartmasjien elke Sondag beskikbaar wees vir inbetalings. Maak gerus gebruik van hierdie hulpmiddel. – Elize
NOG EENS, HEILIGE CHAOS!
Lees 1 Korintiërs 14:33
Terwyl te veel kerklike aktiwiteite doodveilig en voorspelbaar is, is die regte lewe daarbuite meestal onveilig en onvoorspelbaar. Die lewe is soms chaoties, seer en swaar. Mense se lewens val daarom nie ordelik uitmekaar nie. Dinge loop nie beskaafd buite beheer nie. Sommiges hou maar net ‘n vroom front voor, maar chaos kenmerk hierdie woeste lewe waarbinne ons leef. Storms woed. Donker wolke rol in. Chaos volg op die hakke van armoede, siekte, misdaad, wanvoeding, gebroke families en wat nog alles. Maar dis juis hier waar Jesus tuis is, maar vele kerkmense nie! Trouens, vele kerklikes se missie in die lewe is juis om sulke chaotiese situasies te vermy. ‘n Gereelde kerkganger sê nou-die-dag sy vermy haar aangetroude familie, want hulle is nie kerkmense nie. Moes dit nie andersom gewees het nie? Moes hulle nie juis saam met Jesus en die Gees te midde van die chaos geloop en geleef het om daardie mense te dien en hulle in Sy Naam terug te wen nie?
Dis nie ons werk om alles ordelik en voorspelbaar te maak nie. Ons moet chaos gedurig in heilige chaos omskep deur Christus te verteenwoordig te midde van die stukkendheid rondom ons. Ons moet God se hande, stemme en voete in die regte, deurmekaar lewe wees. Ons moet nuwe lewe verteenwoordig midde in die chaos. Helaas skitter ons te veel male in ons afwesigheid in die chaos, omdat ons godsdienstige ordelikheid gekies het.
Gebed: Here, stuur my in die chaos van die wêreld in, maar gaan asseblief self ook saam. Amen.
-Stephan Joubert [eKerk]
AS DIT DONKER IS OM MY
In krisissituasies
Dawid was in die nood, want die manne het daaraan gedink om hom met klippe dood te gooi. Toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God.
-1 Samuel 30:6
Daar ontstaan ? krisis-situasie wanneer Dawid en sy manskappe by Siklag aankom en sien dat die Amalekiete die stad totaal verwoes het in ? strooptog. Al die vroue en kinders was weggevoer en die stad afgebrand. Dawid se manskappe het alles verloor. Nou is hulle vir Dawid kwaad en wil hom stenig. Eintlik tree hulle heeltemal onlogies op. Dit was immers nie Dawid se skuld nie. Hy het sy eie twee vroue ook in die strooptog verloor.
Anders as sy manskappe hou Dawid kop en gaan soek hulp by God: “Maar Dawid het homself versterk in die Here sy God,” lui die 1953 vertaling. En God help dadelik: Dawid en sy manskappe slaag daarin om die vyand te verslaan en hul vroue en besittings terug te kry.
As ernstige krisisse in jou lewe jou by tye wil laat kop verloor onthou wat Dawid gedoen het, en raak kalm en fokus op God. Vra hul en raad by Hom. Alhoewel jy baie maal nie jou krisisse self kan hanteer nie, is die Heilige Gees beskikbaar om daarmee te help.
God se doel met swaarkry is altyd om jou nader aan Hom te bring; bely dus die dinge wat nog tussen jou en God staan. Kyk laastens na jou eie situasie deur God se oë. Hy is volkome in staat om jou te help en by te staan soos vir Dawid.
Hemelse Vader, vergewe my dat ek so baie maal kop verloor in my krisisse. Help my om van nou af op U te fokus en onmiddellik by U hulp te vra. Amen. -Nina Smit

Absa, Tjekrekeningnr 680580049

30
04 '22
Love it 0
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Terence Cooke
Teks: Johannes 20 :30-31.
Tema: Die opstanding – die wonder waarop ons wag.
10:00 Koffie en tee in die foyer
DINSDAG
18:00 Spesiale Kerkraadsvergadering
SONDAG 8 Mei – Moedersdag
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens – Ds Terence Cooke
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
18:00 Foyerdiens
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
• Wanda Steyn
• Anna du Toit
• Tannie Graaitjie Davis
• Bid asb vir die kerkraadsvergadering van 3 Mei waartydens ‘n nuwe dominee vir Suiderkruis beroep gaan word.
BYSTAND VIR DIE GEMEENTE
Ds Terence Cooke is tans op bystand vir die gemeente.
Vir enige dringende gevalle, kontak asb:
Die Kerkkantoor 018 2947939 / 0832976748, of
Ds Terence 0827759570.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE: 2022
• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s Saloon: 21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay, 3/4 Junie, 23/24 Julie, 9/10 Sept, 7/8 Okt (Maryna Marais)

• Snoekbraai en kersliedere: (Thys Franken & Elsabe van Aswegen)
OPTREDE:
PIETER SMITH
As deel van ‘n fonds-insamelingsprojek kom Pieter Smith optree by The Farm Lifestyle Centre @Cocoa’s Saloon.
Dit is ten bate van Suiderkruis Gemeente. Die kaartjies kos R100 per volwassene en hoërskool leerlinge, R50 vir laerskool leerlinge. Daar gaan vanaf 16:00 pannekoek, vetkoek en maalvleis of skoon vetkoeke en sop te koop wees. Daar sal deurlopende ligte vermaak wees. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies is Sondae na kerk beskikbaar in die foyer of by die kerkkantoor gedurende die week en by Yolandi by Cocoa’s Saloon 067 832 2337. Ons is dan ook op soek na paar dames (of manne) wat ons kan help met ‘n paar potte sop. Dankie aan Maryna Marais, Petro Kriel en Elsabé van Aswegen wat onderskeidelik vir ons die pannekoek-, vetkoek- en sop-verkope gaan hanteer. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar en heerlike koffie en cappuccino is te koop.
JESUS MORS NIE MET WOORDE NIE
In my kinderdae het dominees togas gedra, wanneer hulle preek. In sommige kerke het hulle ook ’n seremoniële lappie, bekend as ’n beffie, om hul nekke gedra. Toe iemand een keer vir ’n leraar vra hoekom hulle dit om hul nek dra, het hy droogweg opgemerk dat dit eintlik ’n servet is, “want ons is morsig met ons woorde!”
Ongelukkig doen baie mense dit vandag nog – ek bedoel hulle mors met woorde. Hulle glo daardie persepsie: “Langer is beter!” Langer navorsing, langer nadenke, langer vergaderings, langer samekomste, langer gesprekke, langer preke en langer gebede is blykbaar die geheim tot die ontsluiting van die waarheid. Wel, nie altyd nie. Langer is nie outomaties meer korrek, of meer betroubaar nie. Korter is dikwels beter.
Insig, deursigtigheid, wysheid en waarheid is nie afhanklik van ’n massa woorde nie. Dít leer ek by Jesus. Toe Hy op aarde was, het Hy nooit met woorde gemors nie.
Die meeste van Sy uitsprake is kort en kragtig:
“Salig is die wat honger en dors na dit wat reg is. Hulle sal versadig word.”
“Soek heel eerste die koninkryk van God en die res sal vir jou bygevoeg word.”
“As jy agter My wil aankom, moet jy jou kruis optel en My volg.”
“Wie eerste is, sal laaste wees en wie laaste is, eerste.”
Jesus se kort uitsprake is nie net mooiklinkende woorde nie. Of goed-voel lesse nie. Elke slag wil Jesus hiermee ‘n ruim venster oopmaak op God se wêreld. Sy kort woorde is ook uitnodigings om vars en anders oor God en oor die lewe te dink. Dit is lewensveranderende padwysers na God en na mekaar toe. Jesus se woorde gee lewe vir ewig, soos wat Petrus in Johannes 6 bely. Jesus het nie ’n stortvloed van woorde nodig nie. Al wat vir Hom saak maak, is die regte woorde!
Leer asseblief hierdie lewensbelangrike les by Hom. Leer dat die waarheid gewoonlik kort en kragtig is. Moenie morsig met jou eie woorde wees nie.
Leer dit oor en oor by Jesus. Leer dit ook by diegene, wat nie met woorde mors, wanneer hulle oor God en oor die lewe praat nie.
– Stephan Joubert
[eKerk]

• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat sommer net tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel[ 0729005005]
• Mandjieprojek – Elize
AS DIT DONKER IS OM MY
Die Heilige Gees woon in jou
Toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword. Ek het na U geroep, Here. Ek het U om genade gesmeek. -Psalm 30:8-9
Die digter kyk hier terug op sy lewe. Dat niks ʼn mens so verwaand maak soos voorspoed nie, maar ook dat niks ʼn mens so nederig maak soos afhanklikheid nie, kan ons baie duidelik lees in hierdie psalm. Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê: “Niks sal my ooit laat wankel nie” skryf die psalmdigter in vers 7. Maar sodra daar probleme in sy lewe opduik, is dit ʼn perd van ʼn ander kleur: “Maar toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword” [vers 8].
Wanneer ons swaarkry, vra ons baie keer na die Here, net om te ontdek dat Hy vir ons ver en vreemd voel. As dit weer met jou gebeur, moet jy jou mooi afvra of dit God is wat Hom van jou onttrek het en of dit jy is wat van God afgedwaal het.
God belowe dat Hy jou nooit sal verlaat nie: deur sy Heilige Gees woon Hy in jou. As die skadu’s oor jou eie lewe val, is dit baie maal omdat jy self met jou rug na die Son staan, skryf Johan Smit.
As dit dus weer moeilik met jou gaan, draai gerus om sodat jy vir God kan raaksien. Hy sal weer Sy lig in jou lewe gee sodat jy Hom sal kan loof soos die psalmdigter.
Hemelse Vader, ek sien nou dat dit ek is wat van U weggedwaal het toe U vir my ver gevoel het. Dankie dat U nooit ver van my kan wees nie omdat U in my woon. Amen
Amen ~Nina Smit
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Annamarie Mans, Rina Matthee, AJ Oosthuizen
2 Mei: Adriaan Pretorius, Jaco v Zyl
3 Mei: Riekie Broodryk, Elouise Cloete
4 Mei: Werner Bruhns (83 jr), Reney Bronkhorst, Hannes Conradie, Schalk Mans
5 Mei: Shimmie Tesnaar, Mientjie Tesnaar, Anelle Aslett, Yolandé Grobler, Jean Nieman, Anette Niemand, Lois Sauer
6 Mei: Marietjie vd Leeuw, Olivia Sandrock, Tristan Rensburg, Logan Botha
7 Mei: Anna-Marie Oberholzer, Anton Nel, Pieter le Roux

12
03 '22
Love it 1
DAGBOEK
VANDAG
3e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds. Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)
SONDAG 20 MAART
4e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (prof Fika van Rensburg)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel
KERKKANTOOR
Die kerkkantoor is vir Maartmaand slegs op die volgende dae en tye oop: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08:00–11:00. Baie dankie aan Jacoba wat vir my gaan instaan. -Elize
KOFFIE/TEE IN DIE FOYER
Indien enigeen dalk kans sien om ons te help op ʼn Sondag met die bediening van koffie en tee in die foyer, skakel asb vir Jacoba (0729005005). Die koppies word vooraf reggesit, die helpers moet net sorg dat die flesse vol kookwater is en die melkbekertjies vol bly. Help ons asb ook met hierdie projek.
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Wanda Steyn
• Jimmy Duncan
• Llewellen Pieterse
• Dawid Neethling na Nelia se afsterwe.
• Johan Loots na Wikus se afsterwe.
Bid asb ook vir die beroepingsproses in Suid:
• Duidelike leiding vir die pre-advieskommissie en dat die Here die regte persoon sal aanwys;
• Dat die gemeente een sal wees en sal saam-staan in die maande wat kom;
• Dat ons almal die nuwe dominee sal aanvaar en vir hom/haar ruimte sal gee om sy/haar roeping uit te leef;
• Dat Suid sal groei el al hoe meer word soos die Here ons wil hê.
FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Tydens ʼn aangename vergadering gehou op 21 Februarie het ons op die volgende projekte besluit:
• Spaanse aand: 23 September (Johanna Handford)
• Hengelkompetisie: 20 Augustus (Roelf van Aswegen)

• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s saloon:
21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay: 4/5 Maart, 8/9 April, ¾ Junie, 23/24 Julie, 9/10 September, 7/8 Okt (Maryna Marais)

• Mandjieprojek: (Erika Pieterse)
• Snuffelwinkel: (Jacoba Ras)
Skakel asb in en help ons om van elke projek ʼn groot sukses te maak. –ds Coenie
LAAT STAAN DAARDIE MINDERWAARDIGHEIDS-KOMPLEKS
“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dit het ek ’n onderwyser een keer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n baie ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ‘n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisies nie, maar innerlik wel. Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy aan jouself behoort te heg, is pure lyding. Boonop is dit ook onnodig. Hierdie kompleks steel die vreugde van die lewe onder jou uit.
Hoor hier, jy is nie minder werd as enigiemand anders hier op die planeet nie. Moenie dat die lewe of ander mense jou dit probeer wysmaak nie. Trouens, jou waarde is so hoog dat Jesus jou raakgekyk het, toe Hy ons almal se seer en oortredings op Sy eie skouers by Golgota gelaai het. Jou waarde is so hoog dat God jou op jou naam ken, omdat jy in Hom glo. Praat van kosbaar! God self gee hierdie hoë waarde aan jou. Moenie langer ly onder daardie kompleks, wat vir jouself probeer wysmaak jy is minderwaardig nie. Pak dit vir altyd weg, want dis nie die waarheid nie. – Stephan Joubert [eKerk]
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Luhan Erasmus, Stephan Steyn, Dulan vd Merwe
14 Maart: Petrus Jacobs, Hendrik Theart
15 Maart: Bettie Coetzer (88jr), William Erasmus, Marieta Fourie
16 Maart: Nellie Jackson (85jr)
17 Maart: Kobus van Deventer, Sonia van Zyl
18 Maart: Andrew Kruger
19 Maart: Tharina Jacobs

AS DIT DONKER IS OM MY:
Is swaarkry straf op jou sonde?
As jy vir God sou sê: “Leer U my wat ek self nie weet nie; as ek verkeerd gedoen het, sal ek dit nie weer doen nie,” sal God jou dan nog straf?
– Job 34:31-33
Job se vriende is van mening dat sy swaarkry eintlik sy sonde se skuld is en dat dit sal verdwyn sodra hy sy sonde bely. Maar Job weier, want hy weet dat hy onregverdig gestraf word. Ironies genoeg is Job glad nie so onskuldig soos hy dink nie, want voor God is elke mens sondig en verdien almal van ons God se straf.
In die Ou Testament is mense swaar gestraf vir hulle sonde. Ons leef, anders as Job, anderkant die kruis en ons weet dat ons swaarkry in hierdie wêreld nie verband hou met ons sonde nie. Aan die kruis het Jesus reeds eens en vir altyd die straf op my en jou sonde gedra. Alhoewel God se kinders nog by geleentheid tug om hulle te wys dat hulle op die verkeerde pad is, straf Hy ons nie meer omdat ons sondaars is nie.
Job is in sy eie oë ʼn “regverdige” man en tog tref die straf van God hom. Nie soseer omdat hy sondig is nie, maar omdat God sy almag aan Job wil demonstreer. In die laaste hoofstuk kry Job uiteindelik die boodskap en hy hou summier op om sy eie onskuld te proklameer.
Gelukkig straf God jou nie vanweë jou sonde nie; Hy leer jou wel daardeur. As daar weer probleme oor jou pad kom, vra jou af wat God jou daardeur wil leer.
Here Jesus, baie dankie dat U God se straf vir my sonde aan die kruis gedra het. Amen –Nina Smit
FONDSINSAMELINGS PROJEKTE VIR 2022

• 2e-Handse snuffelwinkel: Indien u enigiets het wat sommer net tuis in die pad is, skenk dit asb vir ons gemeente se winkeltjie. Kom kyk gerus ook wat al alles in die winkel is. Jacoba Ras is in beheer van die winkel (0729005005) – Elize
KYK EN SIEN!
“Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.” – Psalm 53:6 (53-vertaling).
Ons het die vorige keer gepraat van ons lewensdoelwitte en hoe Jesus Christus die sentrale plek moet inneem. Maar dan moet ons ook duidelik besef dat dit nie is wat die wêreld van ons verlang nie; inteendeel, ‘n mens kan baie maklik onder druk geplaas word om jou Christenskap te verloën! Dit lei dan tot innerlike spanning en konflik met die ongelowige wêreld.
Dawid het iets soortgelyks in sy lewe ondervind toe hy Psalm 54 gedig het. Ons sien ‘n bitterheid by hom omdat hy van alle kante bedreig word: “want vreemdes het teen my opgestaan en gewelddadige mense soek my lewe” (v 5; 2020 vertaling). Maar hy soek sy hulp by God en dit loop uit op die belydenis: “Kyk, God is my helper” – “Hy is die Een wat my lewe ondersteun” (2020 vertaling).
“Kyk!” sê Dawid vir homself. “Kyk” – hoe dikwels sien ons in ons lewe nié die hand van die Here raak nie! Dan word ons vasgevang in ons eie vrees en bekommernisse. Wanneer die Bybel praat van “kyk” bedoel dit daarmee ook “sien.” Jy moet nie net kyk nie, maar ook sien – raaksien.
Voordat jy na die aanslae van die wêreld kyk, moet jy eers introspeksie neem. Dit bestaan daarin om in diepte te besin oor jou eie optrede, oortuigings, emosies en gevoelens. Kyk na binne en sien met die oë van die hart dít wat diep in jou innerlike aangaan. Dan sal jy ook God raaksien.
“Kyk,” sê Dawid in sy neerdrukkende situasie. “Kyk, God is met my.” Soms vat dit lank voordat ons sien. Soms moet ons eers terugkyk op ons lewenspad om God se hulp en heilsame voetspoor in ons lewens raak te sien. En kyk, Hy is elke dag en elke nag by ons tot aan die voleinding van die wêreld (Mat 28:20; 53-vertaling). “Kyk!”
-Lukas du Preez
Die Weg

04
03 '22
Love it 0
6 MAART 2022
DAGBOEK
VANDAG
2e Lydensweek
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens (ds Coenie)
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel (in die foyer)
WOENSDAG
09:30 Oudejeugaksie
SONDAG 13 MAART

• Elize van Niekerk (knievervanging)
• Wanda Steyn
• Nelia Neethling
• Jaap Theron

• Duidelike leiding vir die pre-advieskom-missie en dat die Here die regte persoon sal aanwys;

DIENSWERKERS VERKIES
Op die Kerkraadsvergadering gehou 1 Maart is die volgende lidmate as Dienswerkers verkies:
• Jaco Oosthuizen
• Mariska van Wyk
• Christelle van Wyk
• GROOT dankbaarheid dat Sonette Coetzer se kankertoetse mooi skoon is.

DIE PAD VORENTOE
ʼn Spesiale kerkraadsvergadering is gehou op 1 Februarie waarby ʼn pre-advieskommissie aangewys is om die vakature wat op 1 April ontstaan, te bespreek.
Die pre-advieskommissie bestaan uit die volgende lede: Marius Dippenaar (voorsitter), Jan van Wyk (leier-ouderling), Gerda Jansen (leier-diaken), Antoinette Vosloo (finansies), Sarel Cilliers (visionêr), Anton Nel (jeug), Roelf van Aswegen (eiendom¬me), Wendri Eloff en Jolene Steenkamp (kundiges) en myself.
Elke vergadering word van ringskant af ook bygewoon deur Ds Marius de Beer (Grimbeekpark). Die pos is via Kerknuus geadverteer op 11 en 18 Febr 2022. Verskeie aansoeke is ontvang voor/op die sluitingsdatum van 27 Febr 2022. Die pre-advieskommissie het Donderdag vergader om die aansoeke te weeg en te sif en ʼn voorlopige groslys saam te stel. Die twee kandidate wat uitgesoek is sal DV in die volgende weke genooi word vir ʼn onderhoud en/of preekbeurt. Bid asb saam met ons dat die Here die regte leraar vir Suiderkruis Gemeente sal aanwys en dit duidelik vir ons bevestig. Groete, -ds Coenie
TYDSRAAMWERK
Hier is ʼn voorlopige tydsraamwerk vir die tyd wat voorlê:
• 27 Mrt: Afskeidspreek en demissie (Ds Coenie)
• Einde Maart: beroeping van nuwe leraar na Suid.
• April & Mei: Ds Terence Cooke neem leiding in Suid totdat nuwe leraar bevestig word – na alle waarskynlikheid teen 1 Junie 2022 (of soos ooreengekom).
Kom ons vat in hierdie tyd hande en droom saam, werk saam en bid saam ter wille van hierdie spesiale gemeente … -ds Coenie
UIT DIE KERKRAAD
Gedurende die afgelope week het ons eerste gewone kerkraadsvergadering vir 2022 plaasgevind – dit was soos altyd baie spesiaal en baie aangenaam. In my hart is ek so dankbaar (en tevrede) vir hierdie leierspan wat die gemeente help bestuur. Hier is ʼn paar sake uit die kerkraadsvergadering:
• Jan van Wyk en Sarel Cilliers sal saam met die jeugleiers dinkskrum oor die jeugbediening in Suid.
• Jaco Oosthuizen, Mariska van Wyk en Christelle van Wyk word as dienswerkers verkies – by voorbaat baie geluk!
• Die kerkraad keur die begroting en aanbevelings rondom finansies goed vir 2022/23. ʼn Finansiële oorsig sal mettertyd aan die ge¬meente gegee word. Groot dank aan Antoinette Vosloo vir reuse werk op hierdie gebied.
• Die DVK het enkele wysigings rondom personeelsake voorgestel – dit word so aanvaar deur die kerkraad.
• Die Kerkraad neem kennis dat die sinodesitting (10 Maart) onbepaald uitgestel is.
• Die Kerkraad keur Ds Coenie se bedanking as leraar van Suiderkruis gemeente goed.
• Die kerkraad neem kennis van die vordering in die beroepingsproses asook van die beplanning vir die tussenperiode.
ʼn Groot dankie aan elke kerkraadslid wat help om hierdie gemeente te bestuur.
–ds Coenie

• Kuieraand saam Pieter Smith by Coco’s saloon: 21 Mei 2021 (Christine Thomas)
• Pannekoek by Pick a Pay: 4/5 Maart, 8/9 April, ¾ Junie, 23/24 Julie, 9/10 September, 7/8 Oktober (Maryna Marais)

7 Maart: Anna du Toit (87jr), Maryna Marais, Heleen Ras
8 Maart: Steve Kuhn, Anton Matthee
9 Maart: Theron Booyens, Karli Botha, Sonia Minnaar
10 Maart: GD Burgers, Anneke du Toit, Marie Esterhuizen, Annelie Fouché, Dawid van Vuuren
11 Maart: Johanna Handford (83jr), Cilia du Plessis
12 Maart: Hannes vd Merwe, Pieter van Zyl

ʼn Demonstrasiemodel
Toe antwoord die Satan: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.” –Job 1:9-11
Die duiwel merk baie gou dat Job ʼn model-Christen is. Hy sê dan ook vir God dis omdat dit so goed gaan met hom.
En dan gebruik God Job as ʼn demonstrasiemodel: Hy neem eers sy besittings dan sy kinders en dan sy gesondheid van hom weg. Job kan hierdie rampe wat hom tref nie verstaan nie, omdat hy geweet dat hy nie teen God gesondig het nie.
Met Job se verhaal wil die Here ons eintlik bederf: Hy gee vir ons ʼn kykie agter die gordyn. Job se getuienis is baie meer werd wanneer dit baie sleg met hom gaan as in die dae toe dit nog goed gegaan het. God toets Job om te sien of hy die geloofseksamen sal slaag en die duiwel verkeerd bewys. Dit is interessant dat die boek Job nie histories gedateer kan word nie, ook is die ligging van die stad waar hy gewoon het onbekend. Miskien is die rede hiervoor dat ons elkeen ons eie naam hier kan inskryf. Met die swaarkry in jou lewe maak God van jou ook ʼn demonstrasiemodel vir Hom; Hy wil Hy jou geloof toets. Juis omrede hierdie swaarkry wil Hy van jou ʼn beter getuie van Hom maak as in die tye tot dit net goed met jou gegaan het.
Hemelse Vader, vergewe my dat ek maar die meeste van die tyd ʼn swak demonstrasiemodel vir U is. Help my om juis wanneer ek swaarkry, ʼn helder getuie vir U te wees. Amen –Nina Smit
Related
18
02 '22
Love it 0
20 FEBRUARIE 2022
DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens &
Belydenis van Geloof
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel 2022
MAANDAG
17:00 Fondsinsamelingsvergadering
(alle belangstellendes welkom)
DINSDAG
18:00 GKF Begrotingsvergadering
SONDAG 27 Februarie
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
09:00 Kinderkerke
09:00 Reguitstraat 13+
10:00 Koffie en tee in die foyer
18:00 Belysel 2022
‘N SEËNBEDE VIR ONS JONG MENSE
Die Here is voor jou,
om die pad gelyk te maak.
Die Here is langs jou,
om jou in Sy arms toe te vou.
Die Here is agter jou,
om die aanvalle van die bose af te weer.
Die Here is onder jou,
om jou te dra as jy mag val.
Die Here is binne-in jou,
om jou te inspireer.
Die Here is rondom jou,
om jou te seën.
Wáár jy ookal mag gaan,
dáár is HÝ!
– Uit Daelikse Woord
GEBEDSLYS
Bid asseblief vir:
• Wanda Steyn
• Drienie Kriel
• Nelia Neethling
• Sonette Coetzer
Spesiale voorbidding vir Linda Brits na Johannes se tragiese dood.
PANNEKOEKVERKOPE
Ons begin weer hierdie jaar met pannekoekverkope by Pick ‘n Pay. Ons eerste na-week is reeds 4 & 5 Maart 2022. Ons benodig GROOT asb weer helpers met die aanmaak van die deeg op Donderdag 3 Maart en genoeg helpers op Vrydag en Saterdag. Indien jy kan help, kontak asb vir Maryna (082 807 9954). Ons het regtig julle hulp nodig om van hierdie fondsinsamelingsprojek ‘n sukses te maak.
WÊRELDBIDDAG VIR VROUE
Donderdag 3 Maart 2022
om 18:30
saam met Christelle Liversage by die
NG Gemeente Potchefstroom-Die Bult
Tema:
Ek weet wat ek vir jou beplan
Skrywerslande:
Engeland, Wallis en Noord-Ierland
BERADING
Beste vriende, ek hoop dit gaan goed. Ek is steeds beskikbaar vir berading – vanaf 1 Februarie 2022 by ‘n nuwe kantoor, Beyers Naudé Laan 156.
Ek bied emosionele ondersteuning, terapie vir die hantering van emosionele pyn met behulp van kleur, klei en verf, ondersteuning aan ouers met gestremde kinders, asook Snoezelen (ontspanning, hantering van stres en angs). Die fooi per sessie is R200.00.
Kontak my gerus by 079 773 4339. Groete, Emmerentia
VERJAARSDAGHOEKIE
Vandag: Adelle Jv Rensburg
21 Februarie: Dorette Burgers, Lizeth Louw, Suné Niemand
22 Februarie: Wilma Badenhorst, Jos Bosman, Annie Robertson, Lucas vd Heever
23 Februarie: Michellé Theron
24 Februarie: Geen verjaarsdae
25 Februarie: Dina Ludick (90jr), Brendan Klopper, Johan Klopper, Irma vd Merwe, Carla van Niekerk
26 Februarie: JJ Alberts, Lorraine Jonker, Wynand Moolman, Leon Nell, Leon vd Merwe

DEUR DIE HAND VAN DIE HERE AANGERAAK!
“En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles – hoe hy al die profete met die swaard gedood het. Daarop stuur Isébel ʼn boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen – sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; maar self het hy ʼn dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ʼn besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie. Daarop gaan hy lê en raak onder ʼn besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ʼn engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!” – 1 Konings 19:1-5 (53-vertaling).
“En kyk!” (v5). Dit klink soos ‘n jubelkreet. In hierdie woorde sit ‘n onverwagte en blye verrassing. Hierdie man is toegemessel in sy omstandighede. Menslik gesproke is daar vir hom geen uitkoms meer nie. Dit is die einde. Dit is verby met Elia. Hy het die einde van sy pad bereik. Dit is klaar met hom.
Maar hoor dan die jubel van uitredding en bevryding in die: “en kyk!” Dit breek deur alle newels heen. Dit breek deur alle menslike vooruit¬skouings van ‘n sombere toekoms. Wonderlik! Want kyk, bo dié donkere menselewe wat hom vir ‘n doodslaap neergelê het, is die hand van God – God se reddende, helpende hand.
Ja, deur die engel raak die Here hom aan. Die engel is God se hand. Die Here steek sy hand uit na hierdie verslae mens in die draaikolk van moedeloosheid. Die engel is ‘n openbaring van die Here se hulp en bystand. So prakties en daadwerklik is die Here se hand.
Dit is ook die boodskap vir alle mense wat hulself in hierdie lewe afgeskryf het. Vir alle lewensmoeë, eensame en wanhopige mense. Vir mense wat geen lig meer sien nie en miskien al met gedagtes aan selfmoord. Die Woord verkondig aan jou dat die hand van die Here uitgestrek is na dié mens wat neergeslaan is deur die lewe. God steek sy hand na jou uit! Maar wil die mens dit aanvaar? Ons hoor die versugting wanneer mense in moeilike omstandighede verkeer: “daar is niemand wat sy hand na my wil uitsteek nie, of as daar mense is wat tog wil help, is hul arms te kort en hul hande te swak.”
As jy voel dat jy in jou eie woestyn verkeer, weet dan dat die Here ook sy hand na jou toe uitsteek. As alles vir jou hopeloos lyk, as jy alleen is met jou bekommernisse en niks van iemand kan verwag nie …. dán … “en kyk, daar raak ‘n engel hom aan.” Daar is die Here se hand! -Ds Gabe van Duinen
De Stem achter U (effe aangepas)
DROOMHUIS
Baie dankie aan Lois Sauer wat so gereeld ons mense van Droomhuis by Witrand gaan besoek. Met elke besoek is daar natuurlik ook ʼn wenslysie.
Skenkings van koffie, tee, melk en suiker kan gerus by Jacoba Ras of die Kerkkantoor kan afgegee word.
AS DIT DONKER IS OM MY
Vrees is onnodig
Die mense het hulle verwonder en gesê: Watter soort mens is hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?” -Matteus 8:27
Toe daar ʼn hewige storm oor die see van Galilea losbars en Jesus agter in die skuit bly slaap, maak sy dissipels Hom bevrees wakker. “Waarom is julle bang, kleinge-lowiges?” wil Jesus hierop weet. Hy het opgestaan en die wind en die see aangespreek en dit was dadelik kalm.
Daar word ʼn mooi verhaaltjie vertel van ʼn passasiersboot wat op pad van Londen na New York was en onderweg in ʼn hewige storm beland het. Almal was baie bang, ook die agtjarige dogtertjie van die kaptein. Toe wou sy weet: “Is Pappa op die brug?” Op haar ma se bevestigende antwoord het sy omgedraai en dadelik weer aan die slaap geraak. Sy het die volste vertroue gehad dat haar pa die boot veilig deur die storm sou stuur.
Christene se geloof vrywaar hulle nie van lewenstorms nie. Niemand kan seerkry en swaarkry vryspring nie; dit vorm ʼn onlosmaaklike deel van ons lewe. As jy aan God behoort, kan jy hierdie storms egter vreesloos tegemoetgaan omdat jy weet dat jou Kaptein op die brug is en dat Hy die stuurwiel van jou lewensboot veilig deur elke storm sal stuur.
God maak nou wel nie alle storms in jou lewe stil nie, maar Hy is by jou in die storm. Soos die dogtertjie van die skeepskaptein, hoef jy ook nie vir die storms bang te wees nie; jou Vader sal jou veilig daardeur lei.
Hemelse Vader, ek loof U vir die versekering dat U my nie van alle storms vrywaar nie, maar dat U wel belowe om my veilig deur die storms te lei. Amen –Nina Smit