DAGBOEK
VANDAG
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
SONDAG 4 Desember
08:00 Koffie en tee in die foyer
09:00 Oggenddiens
10:00 Koffie en tee in die foyer
BELANGRIKE DATUMS EN TYE
25 Desember – 09:00
31 Desember – 18:00
1 Januarie 2023 – 09:00
GEBEDSLYS
Bid asb vir:
Hospitaal
• Anneke Noeth
KERKKANTOOR
Die kerkkantoor is gesluit vanaf Maandag 12 Desember 2022 en open weer op Maandag 9 Januarie 2023. Ek doen hierdie jaar die tuinroete en is telefonies beskikbaar. Skakel my gerus (083 297 6748) indien daar enigiets is waarmee ek kan help – Elize
ONS GOD TUSSEN ONS
Die hemel sou God se woonplek wees, en die aarde die mens se woonplek. Twee woonplekke miljoene en miljoene ligjare uit mekaar. Van die aarde af is die hemel onbereikbaar ver – geen manier hoe die mens op sy eie daar kan kom nie…
Regdeur die geskiedenis het mense met verwagting opgekyk na die hemel, na die plek waar God woon. Hulle het gebid tot die God in die hemel, offers gebring vir die God in die hemel, en dag vir dag gebuig voor die onbekende God in die hemel. Dit was hulle godsdiens, hulle diens aan God. Maar God het ver gebly… ligjare ver. Iewers in ʼn ontoeganklike hemel… Dikwels het die mense uitgeroep en gedroom van die dag wat die Here sou naderkom. Op ʼn dag 2000 jaar gelede, na miljoene jare se beplanning, het God die hemel oopgeskeur en neergedaal en ʼn gewonde mens geword…
Die grens tussen hemel en aarde is eens en vir altyd oorgesteek… God het op die aarde kom bly… hier op ons aarde en die hemel is vir die mens oopgesluit…
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die kosmos het hemel en aarde bymekaar gekom. Jesus se geboorte was meer as net ʼn geboorte, dit was die God se manier om die hemel by die aarde te bring, en ʼn stukkie van Sy hemel vir ons te wys.
Kersfees gaan nie oor ʼn babatjie in ʼn krip nie. Kersfees gaan oor baie meer. God het aarde toe gekom. Dis die enigste God wat aarde toe gekom het. Hy het die hemel oopgeskeur en hier kom bly. Hy het die hemel oopgesluit vir die mense en Hy het die aarde oopgebreek vir God. Daarom gaan Kersfees oor Immanuel: die God wat by sy mense kom bly het.
KERSPAKKIES
Ons wil graag tydens die Kerstyd pakkies opmaak om vir die mense te gee wat dit nie kan bekostig nie en om Kersfees bietjie spesiaal te maak. Ons sal enig¬iets waardeer, nie-bederfbare kos, seep, handeroom of wat ookal. Baie dankie
–Nunez van Zyl 082 922 9234
ONDER ONS
Vandag is dit die laaste getikte afkondigings vir 2022. Ek het (na 37 jaar diens) ‘n splinternuwe skoot-rekenaar gekry waarvoor ek ontsettend dankbaar is. Baie dankie aan die Kerkraad wat dit so goedgekeur het en ‘n spesiale dank aan Christelle van Wyk wat alles gereël het, van die aankoop tot die oorlaai van die data. Al my programme moes oorgelaai word en ons gemeente-data moes vanaf Pretoria oorgelaai word. Indien u naam dus nie op die verjaarsdaglys verskyn nie, kontak my asb, daar kon dalk data verlore geraak het. Geseënde Christusfees en ‘n voorspoedige 2023!! -Elize
FACEBOOK
Ons gemeente se Facebook-blad het verander. Ons gaan nie meer die ou Suiderkruis Gemeente-groep op Face-book gebruik nie. Ons het nou ‘n “page” en moet julle op die “pages” gaan, soek Suiderkruis Gemeente Potchefstroom en “follow”. Indien jule ook ‘n “ïnvite” sou ontvang, klik net op aanvaar en dan is jy outomaties op die bladsy. Al die inligting sal van nou af net daar geplaas word. Enigeen kan nog steeds volg en aansluit. Skakel gerus as daar onduidelikheid is.
GEBED VIR KERSFEES
Ek bid dat God jou dra, oor paaie van gevaar, Sy lig laat skyn oor al jou kommer en vrae.
Ek bid dat hierdie kersfees jy geen twyfel in jou hart sal dra, maar dat glimlagte en goeie dae, hierdie kersfees genoeg blydskap sal bring om vir ewig rond te dra.
Ek bid dat God jou geliefdes, al is van hulle dalk ver, saam jou gebede en toekoms hoop, sal toevou in Sy liefde, en hulle almal goed bewaar.
Mag hierdie goeie tyd net meer liefde in jou hart wakker maak om ‘n ander se hand te vat, al het hulle harte liefde vergeet. Maar bo dit alles hierdie kersfees,mag jy God se liefde ervaar, mag jy Sy teenwoordigheid in alles om jou gewaar.
Ek bid dat God jou optel en by Sy Vader voete laat rus sodat wanneer hierdie feestyd se dae, al minder raak, Hy jou in sy krag, die nuwe jaar, verder en hoër sal laat vaar. -Tarina Sadler
VERJAARSDAGLYS
Vandag: Sarel Pieterse, Mynhardt du Preez
28 November: Marlizé Franken, Lizé-Marie Franken, Koos Jv Rensburg
29 November: Greta du Toit (87jr), Carina de la Rey, Susan Gerber
30 November: WS du Plessis
1 Desember: Heide Goedhals, Lewellen Green
2 Desember: Hannes Dreyer, PW Botha
3 Desember: Pieter Marais (84jr), Lana de Jongh, Zander Kleynhans, Frikkie Labuschagne, Claudette Muller
4 Desember: Geen verjaarsdae
5 Desember: Charl Jackson (86jr), Tillie Botha (85jr), Thys Grobbelaar
6 Desember: Tharina Bezuidenhout, Franchesca Hefer, Sonja van Zyl
7 Desember: Nellie vd Merwe (94jr)
8 Desember: Wikus Pretorius, Sharon Prinsloo, Johanette Vosloo, Rolene Wilson
9 Desember: Ryan de Jongh, Meisie Geldenhuys, Valerie Visser
10 Desember: Jean van Rooyen (88jr)
11 Desember: Renier van Eck, Rhyner de Jongh
12 Desember: Christine Thomas, Ryk Cloete
13 Desember: Geen verjaarsdae
14 Desember: Koos Jonker (80jr), Rina Marais
15 Desember: Casandri Klopper, Marina Krüger, Elizabeth Nel
16 Desember: Willem Lemmer, Marietjie Ras, Johan Erasmus
17 Desember: Mettie vd Heever (88jr), Renaldo Schoenfeld
18 Desember: Kobie Fourie, Ben Geldenhuys, Rina Meintjes
19 Desember: Len Cloete, Erigh Davids, Chantel Fouché, Walter Green, Tarien Jacobs, Monique Nel
20 Desember: Dolf Botha, Ankia Botha
21 Desember: Imenais Mostert, Anita Saayman
22 Desember: Geen verjaarsdae
23 Desember: Joey van Schalkwyk (81jr), Phillip Marais, Pierre Joubert, Kobie Heymans
24 Desember: Sarie Koekemoer
25 Desember: Geen verjaarsdae
26 Desember: Schalk du Plessis
27 Desember: Sara Strydom (89jr), Belinda Conradie, Micyla Smit
28 Desember: Elsa Bruhns, Chariske Botha
29 Desember: Joleen vd Merwe, Elsabé van Dijk
30 Desember: Belinda Blom, Marise Doman, Gerrit Thomas
31 Desember: Jacques Jonker
1 Januarie: Geen verjaarsdae
2 Januarie: Alida Viljoen
3 Januarie: André Jv Rensburg, Chris van Tonder, Jandré Venter
4 Januarie: Sarie van Zyl (86jr)
5 Januarie: Elfrieda Klopper, Werner Stoppel
6 Januarie: Jakkie Botes, Herman Pretorius, Chrislie Thomas
7 Januarie: Elanze Mans, Heleen Swart
8 Januarie: Hester de Beer, Francois Nell
9 Januarie: Andries Visser (82jr)
10 Januarie: Cobus Saayman
11 Januarie: Geen verjaarsdae
12 Januarie: Herman Mostert, Linda Nell
13 Januarie: Marthie Nel
14 Januarie: Thys Franken, Ina Meyer, Bianca Botha, Attie Fourie, Pieter le Roux, Koba vd Merwe, Vicky Venter
METODES VAN DANKOFFERINBETALINGS
Debietorder-opdrag & koeverte is in die voorportaal beskikbaar.
Yoco Kaartmasjien
Elektroniese betaling:
**EFT of Zapper
Bankbesonderhede:
NG Kerk Potch-Suid
Absa Tjekrekeningnr 680580049
Takkode 632005
U is welkom om enige van die metodes te gebruik om u dankoffer in te betaal.
….….….….….….….….
Ek wil my debiet-order verhoog, kontak my asb. Naam: …………………………
Selno: …………………………